Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor


13 Kommentaar

Zeethan’s Stars

Meneertjie is sticker mal op die oomblik.  Hy wil net plak.  Ek het vir hom ‘n Stars Scrapbook plakkaat gemaak en hy kan elke aand n sterretjie kies om te plak as hy soet was die dag by die skool en ook by die huis.  Hy moet luister en as ek sê tel op, moet hy optel…. (My rug wil nie meer nie 🙂 ) en dan net voordat hy gaan doedoe kan hy die sterretjie plak………

Ek het al vergeet hoe lekker dit is om Scrapbooking te doen, al was hierdie nou op ‘n plakkaat om op sy kas se deur te sit, sodat hy elke dag daarna kan kyk.

Vanmiddag vang ek hom toe hy die Wet Wipes se boksie reg voor die kas se deur gesit het om by die plakkaat uit te kom,  maar die beentjies is nog so bietjie kort 🙂

Die vergoeding om soet te wees ……..

Wanneer die vierkant vol sterretjies is, sal ek vir hom ‘n presentjie gaan koop, want ek is al mal van Kersfees af oor hy elke dag ‘n persentjie wil hê 🙂  Hy kan nie (of sal ek liewers sê hy wil nie) verstaan dat hy nie nou meer  ‘n presentjie kan kry nie, maar net op sy verjaarsdag en dan weer as Kersvader kom 😆 maar dan moet hy baie soet wees en luister……

Oumaaaaaaaaaa, ek is soet, ek wil ‘n sterretjie gaan plak……….  is nou die gereelde woordjies wat uit sy mond uitkom 😆

Advertisements


20 Kommentaar

My kosbaarste kommentaar!

Vandag kry ek hierdie kommentaar op een van my  “My storie” inskrywings.

My liewe Maritjie,

I can’t begin to tell you how much I respect you for this blog. I spent all morning reading every thing on your blog, and ended with this letter from M, and with C’s letter. I am an emotional wreck!

As your uncle, living in America, I am very much out of touch with what is going on with my family in South Africa. I had no idea about the heartbreak. the pain, the feelings of loss and despair experienced through these years. Yes, I had a hunch, but I chose to sweep it under the rug of my conscience.

Reading your stories about M and C broke my heart. Seeing the pictures with Marc and Zheethan tugged at my emotions, and I probably cried more this morning than I have in many years combined.

Since you were a baby I have always loved you and have always felt you were special. Those many years ago when your dad was killed in a car accident and your mom and the three of you had to move in with the rest of us, were very special to me as a young college student. No matter that I had to give up my bedroom and sleep in the living room so that the four of you could have my bedroom. That’s what family does for each other. You were probably two or three, living in a small house with ouma and oupa, and my three sisters, your brother and sister… nine of us – one happy family.

Now I know HOW much I love you, and HOW special you are.

How lucky we are to have such a special family, who cares so much for each other, over these many generations! How wonderful that you share these experiences. You cannot begin to understand how many other people you are helping and touching.

Oh, by the way, you writing is excellent. You mentioned that maybe someone could someday write a book about it. YOU should do that.

With all my love, admiration and respect,

Oom Willie

Boetie….. geen woorde wat ek hier kan skryf sal kan beskryf hoe ek op hierdie oomblik voel nadat ek ek gelees het wat jy spesiaal vir my geskryf het nie…

Die trane loop saggies langs my wange af….

Al wat ek kan sê…

I LUV ALL OF U 2 en ons mis julle oneindig baie.

PS. ek en Yuki praat gereeld op Skype, en ek dink ek is mees opgewonde hier in SA oor die nuwe pienkvoet wat eersdaags sy verskyning gaan maak!!  Onthou om dadelik vir ons foto’s te stuur!

All my love!!!!!!!

zeeava1


9 Kommentaar

Ek mis my mannetjie!!

piggy


Zeethan is by die see…… :mrgreen:

Ek mis hom  al klaar en dis nog nie eers 7 ure dat hy weg is nie!!   Ek het hulle al seker tien keer gebel om net seker te maak hulle is veilig.  En al wat hy sê is,  “See, saam  Marcia en Marius”

Ek hoop hy gaan dit hierdie keer geniet en lekker in die sand speel!

zee-7


14 Kommentaar

Wipneus to the rescue

Gisteraand het ek, Marcia en Zeethan na BB se CD launch toe gegaan.  Ek was baie opgewonde omdat ek haar vir die eerste keer kon ontmoet.

Die pad soentoe het my al klaar in ‘n spin gehad omdat hulle besig is met die Gautrein konstruksie en ek is nie juis verkeer gewoond nie.  Dit het al my konsentrasie gekos om net veilig anderkant te kom.  Op die koop toe het Zeethan besluit dat vandag is die dag wat hy nie in sy karstoeltjie wil sit nie en het omtrent die hele pad soentoe gekerm om uit te klim..  Toe raak ek nog meer verboureerd.

Ons het darem veilig by die Centurion teater aangekom en begin die hele pakasie uit die kar te kry  (Zeethan, handsak, doekesak).  Ons begin aanstap teater toe en ek maak my handsak oop om my beursie uit te haal want weereens het ek mos nie kaartjies vooraf gekoop nie.

Nou kyk, ek was al klaar geflush gewees van al die verkeer oppad teater toe. 

MY BEURSIE WAS NIE IN MY HANDSAK NIE!!!!

Ek het seker vir 15 minute gesoek maar nee, die beursie is spoorloos.  Intussen hardloop Zeethan die hele wêreld vol en raak al klaar vuil, nog voordat ons eers binne is.  Marcia sê toe, hoekom plaas ek nie gou geld met my selfoon na haar toe nie, dan kan ons maar gou gaan trek.  Mmmmm, my selfoon was in my beursie.  Jinne, ek wens julle kon my toe sien, my gesig het soos ‘n rooi lap gelyk so rooi was ek in die gesig. 

Dankie liefie dat jy my winkel toe gestuur het net voordat ons wou ry!!

Intussen het ek vir Wipneus se Jeep gesoek maar kon dit nie sien nie…  Sy sou mos raad hê vir my!

Volgende stap? 

  • Gaan na Krista en Jaco toe en verduidelik dat ons maar net gou ogies wys aangesien my beursie by die huis was…
  • Vra of ek maar die geldjies vandag vir hulle kan oorplaas?

Ek steek my trots toe maar in my sak en ons stap na die ingang toe, daar staan Jaco en Krista toe en ek verduidelik my dilemma.  Nee, dis geen probleem nie, ek kan maar gou vandag die geld vir hulle oorplaas.  (Jinne, as ek nou daaraan dink, het ek hulle ook nie eers ordentelik gegroet nie!!  😳  😳

JULLE WIL NIE WEET HOE EMBARRESSED EK WAS NIE!

Die voldgende oomblik stap Wippie en haar familie deur die deur.  Eish…. ek val haar om die hals (ek dink ek het vergeet om hallo te sê – alweer :oops:) en sê vir haar ek is nou so verleë.  Nou hoekom Zee?  Ek vertel haar toe die storie. 

Ai, julle moet omtrent dink ek het nie maniere nie, maar julle weet nie hoe onsteld ek was oor die hele storie nie!!  My ma het my mos maniere geleer… net jammer dat ek dit gisteraand vergeet het.  Lessie vir my.. fokus en onthou die belangrike ding!!

Net daar pluk sy haar ID boek (Ja, sy steek geldjies daar weg) uit en haal vir my die R200 uit.  Ek het diè toe vir Krista gegee, darem een struikelblok uit die weg.

Ons gaan sit toe in die teater en gesels toe so bietjie en daar word ek al weer verleë… 😳

Wat wil julle drink?  En die volgende daag daar ‘n bordjie eetgoed ook nog op!

Wipneus…. jy weet nie wat jy vir my gisteraand beteken het nie.  Ek skuld jou groot!!  (Ek wag nog vir jou bank besonderhede asb!!!)

Zeethan was alweer gespoil gisteraand deur tannie Wipneus!  Dankie tannie Wippie, ek en oupa het baie lekker gespeel vanoggend met my nuwe speelgoed!

Jaco en Krista dit was ‘n voorreg om julle gisteraand te kon ontmoet!

BB… ek het nie woorde nie!!! 

Jy was awesome gewees. 

Ek is so bly vir jou part dat jou droom gisteraand waar geword het!

Ek is net jammer dat jy te “famous” was gisteraand om regtig te kon gesels…  🙂

Ja, jou CD is in my CD speler vanoggend hoor!   😉

zee-7


22 Kommentaar

Volgende Brad Pitt?

echo-front-page1

Boskind het hierdie voorblad ingestuur na die publikasie raad toe vir goedkeuring vir hulle nuwe tydskrif wat saam met ‘n reeks streek koerante in die Mopanie distrik in Limpopo uitgegee gaan word.  Hulle web blad is Echopress en is ook op Facebook.

Hier dink ons almal sy rus nog bietjie saam met klein Franklin maar intussen was sy hard aan die werk om hierdie maatskappy op die been te bring.  Boskind en JB… alle voorspoed met julle nuwe venture!

Nou ja, natuurlik verkyk ek my aan my engelkind!

Angelina se Shiloh-Nouve en Katie se Suri…. staan opsy!!

zee-0


17 Kommentaar

Grandma and the cake

Grandma And The Cake

A little boy is telling his Grandma how
“everything” is going wrong.
School, family problems, severe health
problems,etc..

Meanwhile, Grandma is baking a cake.
She asks her grandson if he would like
a snack, which of course he does.
“Here, have some cooking oil.”
“Yuck” says the boy.
“How about a couple raw eggs?”
“Gross, Grandma!”
“Would you like some flour then?
Or maybe baking soda?”
“Grandma, those are all yucky!”

To which Grandma replies:
“Yes, all those things seem bad
all by themselves,
but when they are put together in the
right way, they make a delicious cake!”

“God works the same way.”
“Many times we wonder why he would let
us go through such bad and difficult times.
But God knows that when He
puts these things all in His order,
they always work for good!
We just have to trust Him and eventually,
they will all make something wonderful!”

Ruby Dannhaus

Baie dankie aan almal vir julle gelukwensings met Zeethan se verjaarsdag…  Mwah’s vir almal van julle van hom af!

Ek het hierdie koek laat bak wat ek sou nie nog ‘n “disaster” koek kon oorleef nie.  Zeethan is mal oor vliegtuie en helikopters op die oomblik en ek het op ‘n foto afgekom waar ‘n vliegtuig in ‘n oerwoud “gecrash” het.  Ek was baie in my skik dat die ou wat die koek gebak het dit so mooi na gemaak het.

Die tuig en kopper koek

Hierdie kersie is seker twintig keer dood geblaas.  Ons moes net aanhou aansteek sodat hy kon doodblaas

kers-doodblaas

Zeethan kon nie wag om sy “tuie” uit die koek uit te haal nie.  Hulle het sommer ‘n paar keer weer “gecrash’ in die koek.  Kyk hoe blou is daardie lippies al van die “icing”

tui-en-kopper

Ouma het mos gesê ek mag my hande in die “icing” insteek en lekker eet… maar sy het vergeet hoe sy gaan sukkel om my hande en my mondjie van die kleursel skoon te kry….

digg-in

Tannie Wipneus het spesiaal vir my hierdie pragtige video gemaak, en ai, is die woorde van die liedjie nie mooi nie!


33 Kommentaar

Zeethan word 2

zeethan

http://www.nuclearcentury.com/ - Glitter Maker

Zeethan, die laaste twee jaar kyk ek en oupa trots na elke nuwe beweging wat jy maak en al die nuwe woordjies wat nou so vinnig kom. Jy bring net plesier binne-in ons lewens in. Ons kyk elke dag in verwondering toe en sien hoe jy vorder en groei, van die dag toe jy twee jaar terug gebore is. Ons lief jou stukkend!!! Oupa en Ouma.

Hierdie jaar het ouma nie vir jou ‘n koek gebak nie want ek weet dat dit weer ‘n “disaster” sou wees. Ouma het vir jou ‘n vliegtuig koek laat bak omdat jy so mal oor “tuie en koppers” is op die oomblik…. Gaan grawe binne-in die versiering in en geniet jou presentjies want jy is een baie spesiale seuntjie.

JP Bekker het spesiaal hierdie gediggie vir Zeethan geskryf vir sy 2de verjaarsdag.

JP, baie dankie vir die mooi gediggie. My opregte dank aan jou!

Zeethan

Dis ouma se blou oog kind,
se voete so diep gesink
in die water waar donker
diep poele binne roer.

Met jou laggie wat in
my hart rinkink,
sal ouma jou seëninge tel.
my kind.

Elke krul op jou blonde
kop is getel my lief.
Nie een sal vermis raak
sonde Sy wete.

Met jou toekoms so wyd
verspreid, raak ouma se
bekommernis iets van die
verlede.

Maar eendag sal die tyd ryp
met opgewondenheid
jou meer vertel van
ouma en oupa se stryd.

Dis nou met jou tweede
wat ondervinding, gebed
en liefde jou nog meer
oulik gaan laat.

Onthou

Jy is ouma se hart se punt;
oupa se oogappel en
Sy liefdes geebaar
spesiaal aan ons.

JP Bekker