Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor


2 Kommentaar

Hoe beskerm ek my kind teen dwelms?

Ek lees hierdie stukkie raak vandag, en soos julle weet is dit maar ‘n groot probleem in ons land.  Dalk kan die stukkie net vir iemand wat gereeld hier met soekterme “dwelms” help!


HOE BESKERM EK MY KIND TEEN DWELMS?

Enige ouer vrees in ’n stadium dat hulle kind met dwelms in aanraking sal kom – en hulle gaan! Daarom is dit belangrik dat jy as ouer voorbereid moet wees daarop.
(2012-02-14   Anjenita Hugo)

Dit is regtig belangrik dat ons as ouers dwelms moet ken, goed ken. Jy moet weet hoe dwelms werk en ook die dwelmwêreld verstaan. Die internet het ’n magdom inligting en ek stel voor dat ouers dwelmklinieke besoek en met mense gaan praat wat daarmee werk. Hoe meer jy weet, hoe makliker gaan jy die simptome soos gedragsverandering raaksien en leer om die tekens te lees.

Dwelmmisbruik is aan die toeneem. In 2009 het die behandeling van dwelm- en alkoholafhanklikheid met 25% gestyg en ’n derde van alkohol- en dwelmafhanklikes is onder 21 jaar.

Die meeste dwelm- en alkoholmisbruik kom in Gauteng voor. Die tipe dwelms wat die meeste deur kinders misbruik word, is alkohol en dan dagga. Verder is daar ook wat ons die klubdwelms noem, soos LSD, acid, ecstasy, kokaïen en natuurlik die alkohol wat daarmee saamgaan. As ouer moet jy weet in watter vorm dwelms verkoop word, hoe dit verkoop word en waar. Kinders kom meestal op partytjies daarmee in aanraking.

Daar is sekere risikofaktore waarna jy ook moet oplet, soos aggressiwiteit en ontoereikende impulsbeheer. Kinders met AT/HV is baiekeer meer geneig om van alkohol en dwelms afhanklik te raak as ander. Onopgeloste trauma is ook ’n belangrike faktor. Die meeste alkohol- en dwelmmisbruik gaan met emosionele probleme gepaard. Ons praat van ’n tweeledige diagnose, waar dwelmafhanklikheid saam met ’n geestestoestand voorkom, soos depressie, trauma en emosionele probleme.

Wanneer kinders nie goeie ondersteuning by hulle ouers of vriende kry nie, kan hulle maklik in die greep van dwelms beland.’n Afhanklike sal baiekeer die samelewing vir sy optrede of probleme blameer.

Die oorgangsfases in kind se lewe is gewoonlik die hoërisikotye. Elke oorgangsfase gaan mos maar met aanpassing en onsekerheid gepaard en dit is wanneer die meeste kinders baie sensitief en kwesbaar is.

Jy kan nie altyd jou kinders beskerm nie, maar jy kan hulle bemagtig. En daarvoor is ’n goeie fondament nodig. Vertrou hy jou al maak hy droog en stamp sy kop? Weet sy dat jy haar sal help sonder om haar te verstoot. Jy mag vir jou kind kwaad wees, maar hy moet nooit verwerp voel nie.


31 Kommentaar

Dwelms & Polisie (My storie 11 )

Vanoggend oppad werk toe hoor ek op die nuus van die 4 senior polisielede wat op die Wesrand aangekeer is oor dwelms wat hulle gekonfiskeer het, weer aan die drug lords verkoop het.

Wat my die meeste gevang het oor hierdie spesifieke onderwerp is dat M & C in daardie area gebly het voor hulle tronk toe is.  Ek het bly wonder…..  was een van die vier dalk een van die twee wat ek gereeld kontak mee gehad het, wat ek gereeld gebel het om te hoor om die kinders nog lewe.  As ons vir lang rukke nie van hulle gehoor het nie, het ons vir Andre of Grant (hulle het hulle persoonlike sel nommers vir ons gegee) gebel om te gaan kyk of die kinders darem nog lewe.  Hulle het die kinders se belange op hulle harte gedra en het alles in hulle vermoeë gedoen om hulle te probeer help.

Vandag nog kan ek julle nie genoeg bedank dat toe ons nie die kinders laas Kersfees by ons wou hê nie, dat julle bereid was om hulle vir die dag saam met julle families te kon laat deurbring….. en vir hulle liefde gegee het, wat ons nie op daardie stadium kon doen nie…..

Vandag sê ek baie dankie dat dit nie hulle was wat so korrupt was nie.  Dankie dat daar nog sulke polisiemanne is soos julle wat wel omgee en nie korrupt is nie.  Dankie dat ek nie vandag julle name in die koerant gelees het nie.

Beeld het vandag sommer die vier korrupte manne se name ook vir ons gegee.  SHAME ON YOU…. ek hoop nie julle kinders val eendag in hierdie trap wat julle vir ander stel nie!

Senior polisielede vas oor dwelmsAmanda Roestoff

Vier senior Wes-Randse polisielede het glo groot vragte gekonfiskeerde dwelms weer aan die dwelmhandelaars terugverkoop.

Die mans is vermoedelik deel van ‘n groter sindikaat en is gister in Johannesburg en Krugersdorp aan die Wes-Rand aangekeer.

Hulle het hulle veral gehelp aan dwelms wat by die O.R. Tambo-lughawe gekonfiskeer is, maar ook dwelms verkoop waarop hulle tydens operasies in hul polisiëringsgebied beslag gelê het.

Al vier offisiere het glo van hul eie netwerke gebruik gemaak om die dwelms te verkoop.

Van die lede van die goed georganiseerde sindikaat werk glo ook by die lughawe.

Sr.supt Dumisani Jwara (45), Wes-Randse hoof van die eenheid teen georganiseerde misdaad, is tydens ‘n spesiale vergadering voor sy kollegas by die kantore van die Gautengse polisiehoof, komm. Perumal Naidoo, in Parktown gearresteer.

Kapt. Caphius Shange (34) is by die Wes-Randse kantoor teen georganiseerde misdaad in Krugersdorp gearresteer.

Sy 38-jarige kollega, kapt. Petros Victor Mpho Juili, is by sy huis in Westonaria aangekeer, waar groot bedrae Suid-Afrikaanse valuta gevind is.

Kapt. Landro Mokgosani (40) van Toekomsrus buite Randfontein het hom gistermiddag in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorhandig.

“Ons sal hulle (die korruptes) met wortel en tak uitroei. Ons is nie skaam om ons eie mense uit te wys en by die naam te noem nie. Die korrupte beamptes wat betrokke was, sal gejag word. Dis hulle wat nou mense bedrieg wat hulle gesweer het om te beskerm,” het sr.supt. Tummi Golding, nasionale woordvoerder vir misdaadintelligensie en interpol, gesê.

Die hoofkantooreenheid misdaadintelligensie en die direktoraat: koverte inligtingsafdeling onder bevel van komm. Mlangi Mphego, afdelingskommissaris, hou die mans sedert 2007 dop.

Die polisie het glo op bankstate en verskeie dokumentasie by Jwara se staatswoning in Blairgowrie, Randburg, beslag gelê.

Die polisie is eers toegang deur ‘n vrou en klein kind geweier, totdat ‘n lasbrief gewys is. Volgens Golding is die besluit of die vier weens handel in dwelms aangekla sal word in die hande van die vervolgingsgesag.

Al vier mans sal vandag in die landdroshof in Pretoria op aanklagte van bedrog en afpersing verskyn. Die polisie beoog om binnekort nog arrestasies onder senior offisiere, onderoffisiere en burgerlikes te doen.

Ek hoop die gereg sal hierdie keer ook sal geskied en dat julle vir jare in die tronk gaan sit.

 Opvolg op bogenoemde storie… Ag shame, ek kry julle so jammer 👿 Kry vir julle!

Beeld – Polisie vrees aanhouding in tronk

zee-0
UPDATE
Vandag lees ek daar by Bosparra sy post oor Drug Raid.  Ja natuurlik sou dit my oog vang.  Wat my wel die hoenders in gemaak het is hierdie woorde van hom… 
Platkuif sê die volgende….
“Dit is vir my moerse unfair.
Na bewering het Jockstrap (as mens nou daai video kan ‘glo’), ‘n paar onwettige ’substances’ gebruik en tot dusver het die polisie NIKS daaraan gedoen nie.Tog dink hulle nie twee keer om skole te ‘raid’ nie…”
Hier is my siening!!

Weet jy nou nog nie dis nodig om die skole te “raid” nie.  Dis hoe die Druglords begin om ons kinders te vernietig……

Ek is trots op daardie skoolhoof dat hy wel die polisie genader het om die “euwel” uit sy skool te roei.  Nou moet daardie ouers van daardie kinders die nodige doen om hulle van hulle verslawing te probeer genees!  Ek hoop BAIE meer skoolhoofde volg hierdie skool se voorbeeld!

Platkuif, ‘n mens moet maar altyd versigtig wees om nie te vinnig te oordeel oor iets wat jy geen ervaring oor het nie.   As jy Joost en die related video wil aanval, moet dit nie in dieselfde lig stel as hierdie groot drug choas wat ‘n krisis is met ons jeug  nie! 


36 Kommentaar

Dagga

Ek het so met my surfing op die net op ‘n blog afgekom wat dink dagga is glad nie verslawend nie.  Een van die comments het my na Loki Listens toe gevat.  Ek het vir hom ‘n e-pos gestuur en gevra hy moet vir my vertel hoekom hy dagga gebruik.  Hier is sy antwoord aan my.

Zee,

After thinking about this blog entry for you, I’ve realized that there’s not much that can be said that isn’t already said better elsewhere.  I think the best thing your readers’ can do is to check out the link below for Top 10 Pros and Cons of Medical Marijuana.

Medical marijuana pro con

After that, think about who said each thing.  Doctors are saying the Pros and US Government is saying the Cons, in almost every case.  Whose best interest do you think it would be in each instance.  While I would never argue that marijuana is not harmful, I do feel that it is no more harmful(most likely much less) than the use of alcohol or even tobacco.  You hear a lot of stories of ‘potheads’ who have no focus and seem ‘brain dead.’  What you hear is the worst of the worst.  The world is never as evil as some people would like me, and you, to believe.  It’s actually quite nice here.

Then there’s me.  Smoking almost daily for 10 years now.  No signs of physical or mental deterioration.  I’m just one person.  I can’t change the laws or the way people react to them.  But if we all thought together instead of thinking apart, we might find a safe happy solution to problems like this.

Zee, I am honored to have written this, with the utmost sincerity to you.

Jack
I Listen.

Thanks!
Jack Lhasa
http://www.associatedcontent.com/qualityzen

Wat dink julle?  Is dagga verslawend of nie?  Vir my bly dit maar ‘n dwelm wat jy aan verslaaf kan raak wat kan ly na die volgende stap…. harde dwelms! 


25 Kommentaar

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde?

“Want Uno-man is wel uiteindelik deur die polisie opgespoor, maar hy is ‘n dwelmverslaafde wat in sy Uno bly. Hy is al voorheen gevang vir ander klein misdade en sy ma het hom maar elke keer uit die tronk kom “bail”. Ek dink nie ek sal ooit ‘n sent sien nie.” Rosalin Franklin het hierdie post op 19 Februarie geskryf en ek wil graag uit die “ma” se oogpunt iets hieroor lewer.

Na ek hierdie storie van Rosalin gelees het, het ek wel gelag oor die komieklikheid daarvan maar aan die ander kant het ek ook die erns en swaarkry daarvan besef.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde elke keer as iemand aan jou deur klop of jou bel vir:

  • Jou kind het my seun se Diesel skoene verloor
  • Jou seun het my selfoon gesteel
  • Jou seun het hier by ons gekuier en ons video kamera is weg, nie dat ons nou sê dat dit hy is nie maar net hy en ons kind was by die huis
  • Jou seun het my beursie gesteel

Ek kan hier aangaan en aangaan maar ek dink julle verstaan wat ek hier probeer sê!

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde elke keer as jou vriende kom kuier en jy vir hulle moet vra om asseblief hulle handsakke en selfone in ons kamer toe te sluit of dit liewer by die huis te los.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer die “Nigerians” jou dogter begin “harass” op haar selfoon vir die geld wat haar broer hom skuld.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer die “Nigerians” wel by jou huis opdaag om die geld van jou te eis anders word jou dwelmverslaafde seun en jou hele familie uitgewis.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer sy besef dat haar juwele wat gesteel is en sy die huishulp blameer het eintlik nie die huishulp was nie

Ek het in die begin al hierdie “goed” vervang of die geld aan die betrokke ouers terug gegee want dit was my kind wat dit gevat/verloor het.  Op daardie stadium het ek nog nie regtig besef wat die omvang was nie. 

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde as mense jou bel of aan jou deur kom klop en jy nie meer die geld het om hulle skade te betaal nie?

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde as jy NIE MEER WIL BETAAL om jou kind uit dit tronk te hou nie?

HARTSEER, VERNEERDER, USELESS, jy voel hoe jou gesig rooi word van SKAAMTE as jy jou voordeur oopmaak en daardie te bekende rympie word herhaal…….. Jou seun het……………..


19 Kommentaar

Never Alone

Gaan loer gerus ook by Dellie en Sonkind en by Karoles oor die verskillende tipes dwelms, gebruike en simptome.

 Vandag is jy 24.  Vanoggend bel ek jou om vir jou geluk te wens maar ek glo nie dat jy eers bewus was van wat ek vir jou gesê het nie. Jy was seker “high”.  Eers later sou ek uitvind dat jy net wakker geword het, ek is jammer dat ek geglo het dat jy so vroeg al onder die invloed van dwelms was.

Ek tjank al die hele dag oor jou.  My hart is al die hele dag so seer.  Jy is ver van my af, letterlik en figuurlik en ek kan nie eers vir jou ‘n drukkie gee nie.  Geluk met jou verjaarsdag, mamma is baie lief vir jou en ek weet dat jou Guardian Angel oor jou waak.  Ek wens dat eendag op jou verjaarsdag ek jou weer in my arms sal kan toevou en net drukkies en soentjies kan gee.

Onthou jy toe mamma jou in die tronk laat sit het om jou te probeer help het,  het ek hierdie liedjie vir jou gegee om elke dag te lees om te onthou dat jy nooit aleen hoef te wees nie.  Weet dat sodra jy Hom vra om jou te help jy verlos sal word!

When you’re sitting on your own in a room that feels so cold,
I am here in every place and time when the cry of your heart is echoing in the dark.
I am here for every tear that falls, I’ll dry it up
For every storm in your heart, it’s in Me you must trust.

You will feel the warmth of sun in your life; you won’t run I am here,
Give your body a brand new breath; give your walk a brand new step,
No mountain to high,
I am here for every tear that falls,
I’ll dry it up for every storm in your heart,
It’s in Me you must trust.

You’re never alone, no need to be alone, cause I am everywhere,
I’m the rock that you lean on, you’re never alone.
I’m right in your heart right by your side, you’ll never be lonely.

Even if a whisper scares you any day any time and place,
Even if a dark clouds ahead you or a raging storm takes you on,
Know that….

YOU’RE NEVER ALONE

 (Liedjie deur Rory McLaren)