Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor


9 Kommentaar

Dankbaar!

Vandag is ek dankbaar.

Dankbaar vir my man. Dankbaar vir my moeder.

In Desember 2007 het ons omtrent elke dag gehoor dat daar ‘n kleinding verdrink het in ‘n swembad.  My man het daar besluit dat ons nie eers moet wag dat Zeethan eers moet loop voordat ons ‘n swembad net moet opsit nie.  Ons het kwotasies gekry vir die swembad en koipond.  Ek het nie genoeg geld gehad om vir altwee te betaal nie, dis waar mamma ingekom het. Sy het vir ons die helfte van die geld gegee om die nette op te sit.

Gister toe ek by die werk kom moes ek hoor dat een van my kollegas se 2jaar oue seuntjie verdrink het in hulle swembad.  Ek het yskoud geword.  Wat as ek nie die geld bymekaar geskraap het nie, wat as ek nie die nette laat opsit het nie.  Ek wil nie eers daaraan dink nie.

Hulle moes gister Brian se kluis sleutels van hom wegvat.  Wat gaan deur hierdie ouers se koppe.  Ek kan myself nie indink wat hulle moet deurgaan nie.  Soos ek hier tik kry ek koue rillings en die trane rol oor my wange.  My hart is so seer vir hulle part.  Dit is nie nou net meer is statistiek nie, dit is iemand wat ek ken.

Brian, my hart goes out to you and your family, may God provide you with peace and hold you and your wife in His loving arms and comfort you. 

Dankie Dada (manlief) en Mamma, dat julle ‘n plan gemaak het, ek dink nie ek sal dit kan oorleef as dit met klein Zee gebeur nie. 

My versoek aan almal wat swembaddens het, klein kindertjies, gaan maak skuld, sit ‘n net op, nou nou is dit nie meer net ‘n statistiek nie.