Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor


13 Kommentaar

Halloween 1993


Bottertjie het my die 11de September getag om my kreatiwiteit te laat vloei.

Ek het gedink aangesien Oktober Halloween is doen ek maar iets oor Halloween,  ek het foto’s gaan uitkrap van jare terug en hulle ingescan.  Dalk is dit ook hoekom die kwaliteit van die foto’s nie so goed is nie.

Ek het eers gedink, a hierdie gaan sommer baie maklik wees omdat ek mos die ware jacob doen.  Hoe moeilik kan dit nou wees.

Mmmm, ek het my lekker misgis.  Dit was toe nie so maklik soos ek gedink het nie omdat ek Photoshop CS wou gebruik.  Dit het my omtrent laat search op die web na instruksies hoe om Photoshop CS te gebruik.  Ek het sommer ‘n hele paar ander programme ook afgelaai en o ja, sommer baie scrapbook kits ook.  Geen wonder my cap het so vinnig verdwyn nie.

Sondag het ek uiteindelik die baie basiese beginsels van photoshop bemeester met natuurlik so bietjie baie hulp van Chantie af.  Maandag aand doen ek my projek en toe ek al die layers begin toemaak…..  nee julle wil nie weet nie, ek save toe nie my projek nie, en dit nadat ek tot 1.30 die oggend gesukkel.  Nou ja, ek het maar weer begin (die oefening laat mens dit darem al vinniger doen) en hier is my eind produk.  Vir my lyk dit maar bietjie blurry maar ek sal dit ook nog regkry.  Ek sal maar moet rondspeel met die resolution ding ook.

Photoshop sal nie my baas word nie. 😆

Ek het geen idee vir wie om krediet te gee nie behalwe vir Jeni Hopewell Designs waar ek die template afgelaai het.  Al die ander papiere en snaakse goeters wat ek gebruik het, het ek gekry op die links op my scrapbook blogrol gekry.

Nou ja Chantie, uiteindelik is my huiswerk ingehandig! *bloos*