Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Oor my


Ek is mal oor duik, enige geleentheid wat ek kry is ek soos blits by die see.

Dis ‘n anderste adrenalien!!!

As jy eers daar onder is maak niks saak nie – die wêreld daar bo vergete en dit is regtig baie terapeuties vir my om van al my spinnerakke ontslae te raak!

duik-2.jpg ‘n Ou walsie onder die water saam met my Liefie!

Die haai was so 2 meter van my af!! Die kleine haai so 2 meter van my af, en ja ek het my alie afgeskrik toe ek ‘n haai vir die eerste keer raakgeloop het!

Klein mannetjie het al klaar sy vinne gekry!! Jinne hulle is so groot soos ‘n vuurhoutjie!

Dan is my ander passie natuurlik om dwelms van die aardbol te laat verdwyn.  Ek weet ek alleen kan dit nie doen nie, maar as jy sou dink om die euwel goed te gebruik gaan loer by Drugs / Dwelms om te sien wat se hel dit aan ‘n familie kan veroorsaak, die gebruiker en die wat die naaste aan so ‘n dwelm gebruiker is!  Hopelik as jy al die stories gelees het sal jy miskien 2 keer dink as om hierdie euwel goed te gebruik.

By Drug Poems kan jy gediggies kry wat deur dwelmverslaafdes geskryf is.

Vandag 28 Aug 2010 lees ek iets raak wat Huisvrou oor my geskryf het… Net die woorde wat my al lankal ontbreek. En so waar…..

“‘n Moeder wie se hart seergekry het, herstel het en weer geprik is. Dierbare mens wat haar hart oopgemaak het om ook ander in dieselfde hel in te lig en op te lig.”


30 thoughts on “Oor my

  1. Jou storie is baie goed, en ek is bly jy doen dit, dit help om alles uit jou hart te kry. Ek bid nog steeds vir julle almal,
    en is vrek lief vir klein Zee.

    Lovies

  2. Kom ek se vir jou wat ek van scuba dink: “Die beeldskone tonele onder water kan net God wees wat Sy kreatiwiteit vrye teuels gegee het”. Dit is ‘n plek waar ‘n mens besef hoe groot Hy is. Ek is so jammer ek kan dit nie meer saam met julle kinders geniet nie.
    Lovies,
    Mamma

  3. Yelooo!
    En wat gaan hier aan hmmm? Nog ‘n blog…

    Ek is op die oomblik bietjie skrikkerig vir water…daar woon seemonsters wat my stalk…ek verkies maar die bosveld en karoo…dis my spesialiteit om te oorleef…

    Scuba is AMAZING! Eks mal oor die reefs daar by Coral Divers…en ekke is mal oor seeperdjies!!!

  4. 007, ekke is ook mal oor seeperdjies, het hoeka al n hele klomp gesien toe ek daar by my boet in Moz gaan duik het, hulle het so lekker spot in die lagoon waar hulle bly. Het n “dooie” ene by die huis wat ek in glas laat monteer het.

  5. Hallo Zee, hemel, dis verskriklik van jou vriende se seuntjie. My hart bloei vir hulle.. weet nie wat om te sê nie maar ek sit nou hier en die trane vloei. Sterkte vir jou en hulle, julle is in my gedagtes…
    Koekie xx

  6. Hallo Zee
    Ek het op jou goed afgekom opsoek na meer inligting oor dagga. My seun is in graad 8 en wil sy expo taak of dagga doen. Weet jy waar mens meer inligting kan kry – nie net internet nie, maar ‘n plantjie, saadjie, wat noem jy dit ‘n “zol” en moontlik onderhoude met mense wat dit al gebruik het – self e-mail onderhoude wat hy kamtig net paar vrae vrae of foon onderhoude. Ek sal dit baie waardeer
    Mariaan

  7. Ek is ook mal oor die onderwaterwêreld, en spring ook van ‘n boot af by elke geleendheid wat ek kry! My favourite “spot” is Mavericks by Ponta Malongane.

  8. Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Lenity
    .

  9. Zee,

    Thanks for visiting my blog and letting me know about yours! Please give my best to Adri and everyone else!

  10. Heey Zeee my naam is Zet jy het n baie Cool Blog Do zo voort jonge Dame lol

  11. Ek hoop nie hierdie duik foto’s het ook weggeraak nie. Ek sou meer daarvan wou sien.

  12. Wip, ek is besig om deur al die foto’s te werk wat my ma vir my gegee het, hopelik is daar darem nog ‘n paar foto’s oor wat ons onder die water geneem het, maar die meeste is maar van manlief wat visse en haaie afgeneem het, sal bietjie kom wys as ek dit kry!

  13. Zee waar is `n behoorlike foto van jou ek dink jy lieg, die foto is van Jaques Goustau en sy vrou, ek kan ook `n foto van `n haai plaas wat ek gaan Google het.Ek gaan een van jou plaas saam met my en my vrou.

  14. Breintjie, nee… en dis regtig ons wat so wals!! As dit nou ‘n foto is wat ek gaan Google het, was dit seker baie duideliker, hierdie was van die eerste fotos wat ons onderwater geneem het!

  15. Interessante blog! Dankie vir jou kommentaar op my gedig -Oomblik in tyd-. Waardeer dit! Ek gaan bietjie rondloer hier by jou!

    Groete

  16. Hi Zee, eindelik kry ek kans om draaitjie hier te gooi. Ek like jou blog. Interessant. Sal gereeld kom loer. Groete. Zonika

  17. Zonika, dankie, ek is bly jy hou daarvan!

  18. nee kyk, hare op tande.

    ek het nie banghare op my kop nie, solank dit nie in die lug of onder die water is nie, ek het n fobie vir voete-van-die-grond af!

    gee my n vinnige kar, oop reguit pad en goeie music!

  19. My man is self ‘n Divemaster. Hy is op ‘n ander planeet van die oomblik wat hy by Umkomaas land en sommer dae nadat ons by die huis gekom het loop hy steeds met ‘n huppel in sy stap. Dalk eendag as die kinders groot is sal ma dalk uiteindelik haar Open Water1 kan gaan doen!

  20. Ogies, welkom hier.
    Ja nee, dit is nou regtig ‘n wonderlike ondervinding. Ons het so 15maande terug ook ons Nitrox gedoen, maar nog nie weer geduik van toe af nie oordat Zeethan te klein is. Maar ons gaan in Oktober bietjie Margate toe en al die oumas en oupa grote gaan saam, so ek hoop dat ons so duik of 3 gaan inkry. Probeer gerus, dit is awesome!

    Warlock, vir wat is jy so bangjan!!🙂

  21. Ek het ook ‘n waterfobie so ek dink nie ek sal dit maak nie! Hou van spoed en so aan maar nie water nie!! Maar dit lyk mooi en lekker daaronder!!

    Liefdetjies
    xxxx

  22. Zee nice blog girl, hou so aan. Wens net ek het meer tyd om deur als te lees, sal n paar aande se bietjie slaap inboet om als te lees🙂

    Lekker dag verder

  23. hello…sjoe ekt nie geweet mens kry sulke kewl blogs nie…assiti vir Izak was wat di link vir fixxxer gepaste het in main nie lol was ek nou nog innie duister…lol weeskinnirs is mos maar altyd nuuskierig en ek kon dit nie weerstaan om die link te volg nie….zeeeeee ek dink wat jy doen oorie drug goed is baie goed. wens meer mense wou betrokke raak by so iets. as almal saam staan kan daar ‘n groot verskil gemaak word.

    xxx

  24. Ek kuier lekker hier by jou blokkie…..

    Troedelkies

  25. hai zee dink jou blog is baie baie nice ek kom loer graag hier in.

    Lekker dagie vir jou

  26. Goeie dag, dis die eerste keer wat ek hier uitgekom het want ek persoonlik het so ‘n klein probleempie met slaap pilletjies. Hier is ‘n klomp goed wat great is op jou site.

    Ek wil verseker hier inloer en deel wees van julle webtuiste

    Groete

  27. Congrats Julle! Sy lyk stunning, herken haar skaars onder daardie pragtige wit rok. En klein Zee is so cute nou!

    Stuur asseblief groette van my en Willem.

    lol
    Monika
    xxx

  28. Goeie middag.

    Ek het vandag vir ‘n kind inligting gesoek oor dwelms en tale sonder maal het ek op jou blad gekom. Dankie vir die verhaal wat jy met almal gedeel het. Dit het my geraak. Ek het familie wat dwelms gebruik en het al self dit oorweeg. Maar wat kan ek sê ek is maar ‘n bangbroek. Dit laat my dankbaar voel dat ek eerder ‘n bangbroek is as ‘n dooie. Dankie

  29. Liewe Liza, ek is so bly jy is ‘n bangbroek!🙂 xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s