Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Hoe beskerm ek my kind teen dwelms?

1 Kommentaar

Ek lees hierdie stukkie raak vandag, en soos julle weet is dit maar ‘n groot probleem in ons land.  Dalk kan die stukkie net vir iemand wat gereeld hier met soekterme “dwelms” help!


HOE BESKERM EK MY KIND TEEN DWELMS?

Enige ouer vrees in ’n stadium dat hulle kind met dwelms in aanraking sal kom – en hulle gaan! Daarom is dit belangrik dat jy as ouer voorbereid moet wees daarop.
(2012-02-14   Anjenita Hugo)

Dit is regtig belangrik dat ons as ouers dwelms moet ken, goed ken. Jy moet weet hoe dwelms werk en ook die dwelmwêreld verstaan. Die internet het ’n magdom inligting en ek stel voor dat ouers dwelmklinieke besoek en met mense gaan praat wat daarmee werk. Hoe meer jy weet, hoe makliker gaan jy die simptome soos gedragsverandering raaksien en leer om die tekens te lees.

Dwelmmisbruik is aan die toeneem. In 2009 het die behandeling van dwelm- en alkoholafhanklikheid met 25% gestyg en ’n derde van alkohol- en dwelmafhanklikes is onder 21 jaar.

Die meeste dwelm- en alkoholmisbruik kom in Gauteng voor. Die tipe dwelms wat die meeste deur kinders misbruik word, is alkohol en dan dagga. Verder is daar ook wat ons die klubdwelms noem, soos LSD, acid, ecstasy, kokaïen en natuurlik die alkohol wat daarmee saamgaan. As ouer moet jy weet in watter vorm dwelms verkoop word, hoe dit verkoop word en waar. Kinders kom meestal op partytjies daarmee in aanraking.

Daar is sekere risikofaktore waarna jy ook moet oplet, soos aggressiwiteit en ontoereikende impulsbeheer. Kinders met AT/HV is baiekeer meer geneig om van alkohol en dwelms afhanklik te raak as ander. Onopgeloste trauma is ook ’n belangrike faktor. Die meeste alkohol- en dwelmmisbruik gaan met emosionele probleme gepaard. Ons praat van ’n tweeledige diagnose, waar dwelmafhanklikheid saam met ’n geestestoestand voorkom, soos depressie, trauma en emosionele probleme.

Wanneer kinders nie goeie ondersteuning by hulle ouers of vriende kry nie, kan hulle maklik in die greep van dwelms beland.’n Afhanklike sal baiekeer die samelewing vir sy optrede of probleme blameer.

Die oorgangsfases in kind se lewe is gewoonlik die hoërisikotye. Elke oorgangsfase gaan mos maar met aanpassing en onsekerheid gepaard en dit is wanneer die meeste kinders baie sensitief en kwesbaar is.

Jy kan nie altyd jou kinders beskerm nie, maar jy kan hulle bemagtig. En daarvoor is ’n goeie fondament nodig. Vertrou hy jou al maak hy droog en stamp sy kop? Weet sy dat jy haar sal help sonder om haar te verstoot. Jy mag vir jou kind kwaad wees, maar hy moet nooit verwerp voel nie.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

One thought on “Hoe beskerm ek my kind teen dwelms?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s