Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Wat om te skryf….

14 Kommentaar

Ek het lankal die “urge” om weer net my gevoelens op my blog neer te pen.

My vingers wil net nie tik wat my brein sê om te tik nie.  Hoekom het ek so blok om te skryf.  Ek mis my blog baie want hier het ek tussen al my vriende weer “heel” geword.  Ek mis die tye wat ons so lekker oor en weer gekuier het op mekaar se blogs.

Miskien moet ek maak asof ek ‘n nuwe blogger is en net weer van vooraf begin soek na lekker leesstof.

Zeethan word so groot, en is nog steeds my engelkind van bo.  Partykeer kan ek vir ure na hom staar en weereens besef hoe geseënd ons is dat hy in ons lewe is.  Hy maak ons donkerwêreld in ‘n oogwink lig….  My engelkind!

xx

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Wat om te skryf….

  1. Skryf sommer net wat in jou kop en in jou hart is – ons sal in elk geval kom lees🙂

  2. Ek kan maar net lag! 😆

  3. Ai Zee, ek voel ook soos jy. Voel amper soos ‘n weeskind tussen al die nuwe mense. Maar hier is oulike nuwe bloggers, as ek tog net meer tyd kry. Bly om weer ietsie hier te lees! ♥♥♥

    • Piks, ek het so bietjie begin om te lees, maar is maar weer so bietjie “skaam” om te comment, amper soos in die begin🙂

  4. Ja, Turksvy – lag maar!!!!! Van weg en weer en weg en weer is ons almal al getuies.

    Zee, ons almal kry daai ding – noem dit nou maar “skrywersblok”, maar fb het mens lui gemaak om te gaan sit en dink oor wat om te sê en wat nie, wat om te skryf en wat nie.

    Pikkie, tyd….. Soos die kinders groter word word my tyd net minder. Ai…

    Maar ek het darem ‘n verskoning – ek kan sê my kuierwerf is weggesmyt deur ‘n nare ou omie met geite. Dis net dat ek nie aan die gang kan kom op die nuwe een nie. Nie omdat die omgewing vreemd is nie, dit voel net nog nie na “mye” nie!

    • Huisvrou, jy is so reg… FB maak mens lekker lui.

      Snaaks, dalk is dit omdat Zeethan nou groter word en soos jy sê hulle soek meer en meer aandag, maar ek mis my middernagtelike ure van blog, nie dat ek nou slaap nie🙂, is net te lui om die laptop aan te sit. Ek het juis 3/4 van Oktober nie gebruik nie, en dit word gelukkig oorgedra November toe🙂

  5. Dink daar is baie van ons wat so voel…moet net weer in die ding inkom😉

  6. Dis goed om jou weer hier raak te loop! Tik sommer enige ietsie, die res sal later kom wanneer die vingers en die brein weer lekker saamgesels.😉 Langste wat ek ‘n breek gevat het was omtrent ‘n maand, daarna moes ek myself weer aan die gang kry met selfs goed soos die weer en wat ek gisteraand ge-eet het.

    Hoop om sommer vinnig weer baie goedjies hier te lees!

  7. Hi Zee, Dink ek het laaste geskryf in 2009? Dis 2012….. Ek sien baie bloggers is weg. Ek gaan ook maar weer begin skryf. Ek geniet dit om jou goeters te lees.😉

    Groetetjies
    Sonneblom

    • Blommie, jy sal moet skryf, ek het al gewonder of daar groot fout gekom het??

      So goed om jou “stem” ook weer te hoor…

      Maar ek sit alweer hier pleks ek huis regpak, en die vakansie lê al bykans op sy rug.

  8. Hallo Zee!

    Ek onthou jou nog van SSSB af, kan jy glo!

    Ek kan simpatiseer met die skrywersblok, ek het laasjaar al besluit om ‘n blog te begin maar kon net nie aan die skryf kom nie, toe skrywe ek maar oor skrywersblok!

    Hoop jy vind gou weer jou inspirasie.

    Groetnis
    Kalonkie

  9. Hi Zee.
    Ek kan nie eers meer onthou wanneer ek laas geskryf het nie – so baie het verander intussen, voel eintlik of ek iemand anders is.
    Het darem weer gaan ‘inloer’ by my eie blog, het begin skryf, maar kon dit nie post nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s