Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Die eina seer wil nie weg nie…

24 Kommentaar

Dit het my baie lank gevat om te besluit of ek hierdie op my blog wil sit of nie….

Ek het die besluit gevat na baie maande se wik en weeg, en het besef daar was baie mense wat my gedra het in my donker dae, en dat hulle net die reg het om te weet hoe dit met “ons” gaan.

Dit het regtig baie goed met M gegaan, hy het n werk gehad en dit was lekker om hom weer by die huis te he.

April 2010

Sowat twee weke voor Paasnaweek het ek begin agterkom iets is nie lekker nie.  Het hom dopgehou maar kon net nie agterkom wat die probleem was nie.  Die Donderdag voor PaasVrydag bel sy baas my en se M se hy moet parool kantoor toe gaan, ek se toe nee, ek weet niks nie.  M het toe daar “perform” en storm toe net daar uit.  Ek bel hom toe en waarsku hom dat as hy nie meer ‘n werk het oor sy gedrag nie, hy ook nie meer ‘n huis sal hê om na toe terug te kom nie.  Hy beter terug gaan werk toe.  Hy het toe nie.  Daardie aand toe sê ons vir hom hy kan sy klere vat en dan moet hy asb gaan, want ons reëls beteken niks vir hom nie.  Hy is toe daar weg sonder niks.  Die Saterdag hou hy toe aan om sy suster te sms en bel, en vra sy moet met ons praat dat hy kan terug kom voor hy relapse.  Intussen het dieselfde gedagte by my en manlief opgekom, en ons besluit toe saam ok, laat ons maar WEER probeer, maar op ons streng voorwaardes. 

Die Maandag kom ek agter nee hel, iets is nie lekker nie, en vat sy arms, en (eina) daar sit die kolletjies waar hy weer gespuit het.  DIt was so hartseer om te dink na amper twee jaar dat  hy weer begin het, intussen moes hierdie al aangegaan het, soos ek genoem het ek het iets vermoed maar kon nie pin point wat dit was nie.  (Na soveel jare sal mens dink jy ken die tekens, of miskien wou ek dit net nie weer weet nie)  Ons het hom toe rehab toe gestuur en die dag na hy uitgekom het, het ons gaan jag.  Die Maandag oggend moes hy opstaan en gaan werk soek, en ons sukkel om hom op te kry, en die aand se ek dis verby, hy bly nie in my huis in die dag en rondlê nie, hy sal opstaan en die huis verlaat wat hy wel gedoen het.  Die res van die week staan hy op en gaan soek konsuis werk…
 
Mei 2010

Maandag oggend 10 Mei staan hy op, trek aan, maar nie soos wanneer mens gaan werk soek nie, en vra hom uit daaroor. Nee dis vir n bar job, dis ok, en ek mention even a bar job wat ons in elk geval glo nie die job is vir jou in ag geneem jou probleem, trek mens nie so aan nie.  Hy ry toe saam met Liefie en hy laai hom af.  Liefie moes terug huis toe gaan om iets te gaan haal, en wie lui die klokkie en slaan die garage deur en skreeu vir Emily om oop te maak, M!  (n uur en half na manlief hom afgelaai het) Manlief vat hom toe aan oor hy so te kere gaan en hy se dis omdat die bediende nie oopgemaak het nie.  Maar hy lui die klokkie en dan loop hy weg waar die kameras mens nie optel nie, en toe hulle nie oopmaak nie gaan hy so aan. 

Anyway, daardie aand toe ek by die huis kom, het ek dadelik geweet hy het gespuit, hy sê nee, hy het nie, en ek kyk sy arms, niks… maar merk toe die naaldmerk op op sy voet, en bly stil.  Die hele aand het hy aangegaan, dan in die kombuis, dan rook, dan tee maak, dan dit, en ons het omtrent nie geslaap nie.  Ek HET geweet hy het weer gebruik.  Dit was baie besig by die werk, en kry toe nie kans om n toets te gaan koop nie, en Woensdag oggend toe ek gou by die garage stop om water te koop, gee sy eks baas vir my vier toetse, sodat ek hom die Woensdag aand kon toets…… maar ek kon nie want…..
 
M se parool was die 11de Mei klaar, en die volgende dag (Woensdag) het hy net verdwyn.  Die Donderdag middag bel Candice (Zee se ma) se ma my en vra of hy by die huis geslaap het gisteraand.  Sy was amper seker dat sy hom daar by haar gesien het.

Bietjie terug…

Ek het sms’e gekry van ‘n Kenneth af wat vir M soek.  Ek het dit net ignore.  Toe bel die ou my.  Ek vra toe van waar ken hy vir M.  Nee, hulle was saam in die tronk.  Ek sê toe ek sal die boodskap vir hom gee as ek hom sien, hy bly nie by my nie (wit leuntjie).  Ek het besluit dat ek nie vir hom sal sê nie, nie omdat ek gedink het my kind is beter as die ou nie, maar eerder versigtig.

Die Saterdag sowat 8h30 lui my klokkie by die huis.  Ek kyk op die kameras en sien dit is ons tuinjong.  Ek maak toe die garage deur vir hom  oop, en die volgende staan daar ‘n ouerige man buite.  Hy se toe hy is Kenneth, en kan hy asb vir Maric sien.  Nee, hy is nie hier nie (meantime slaap hy).  Hy moet hom dringend sien.  Hoekom?  Nee, een van hulle vriende wat saam in die tronk was Tony le op sterwe en hy wil graag vir M totsiens se.  Ek sal die boodskap oordra.  Sowat ‘n halfuur later lui hy weer die klokkie.  Hy se hy was op die highway en het omgedraai, want dit pla hom dat M nie vir Tony gaan sien nie.  Ek sal die boodskap gee as ek hom sien.

M word toe wakker en vra hom of hy ‘n Kenneth ken, nee… en ‘n Tony?  Nee… en vertel hom toe die storie, en hy sê ek moes hom kom wakker maak het.  Ons los dit toe maar net daar. 

Donderdag oggend gaan ek garage toe en praat toe met M se eks baas en hy vertel my toe dat Candice Saterdag by die garage was, en hy is seker dit is sy want sy het gesê sy is die ma van M se kind.  Sy was saam met n ouerige man in n Corsa – en net toe slaan dit my dat dit die Kenneth ou is.

Toe maak alles sin, die gesoekery na M, die ma se oproepe na my toe.

Hy was weg van die Woensdag (het toe nou uitgevind hy is wel by Candice) sonder een woord van hom af.  Het agtergekom ons DVD speller is ook weg.  Saterdag wat nou verby is kry ek n please call me.  My dogter bel toe, en dit is toe M.  Hy is in die hospitaal.  Ek bel die hospitaal en vra hoekom is hy daar – severe depression se hulle, maar hy is ingeboek sonder my toestemming, en ek se ek sal nie verantwoordelik wees vir enige shortfall nie.  My ma sê toe vir my dat terwyl die medies betaal, hy miskien maar nog daar moet bly, ek bel toe terug en sê, ok los hom daar totdat ek met die dokter gepraat het.  Maar ek weier om einige oproepe van hom te vat, as ek hoor dit is hy, sit ek die foon neer.

Dinsdagaand bel hy my.  Kan ek hom asb kom haal, hy is ontslaan en hom Salvation army toe vat.  Sorry, nee, jy moet maar self daar kom.  Toe bel hy sy sussie, sy pa en ons almal weier. Seker ‘n halfuur later bel die suster van die saal my net om vir my te se dat M uit is (free time) en agtuur die aand moet teurg wees. (Ek het haar gevra om my te laat weet, sodat ek net n idée dat hy binnekort seker op ons deur sal klop) Toe is ek lekker kwaad, dat hy nog steeds vir ons lieg.

Woensdag bel die eks baas  my en se M was nou net by hom, hy het vir my papiere van die hospitaal gelos.  Ek bel toe die hospitaal en hulle sê hy is ontslaan en dit is n voorskrif vir kroniese medisyne Subratem of iets wat baie sterk is, en sou hy dwelms saam met dit gebruik om hoog te word, hy dood kan gaan.  Anyway, nog steeds geen woord van hom af nie.

26 Mei 21h00 lui ons klokkie, en manlief was vinnig genoeg om die kanaal te verander, en sien dit is hy met n bottel in sy hand.  En niks verder nie. 

Vrydagoggend kry ek boodskap van sy vriendin af dat hy 6uur by haar huis was toe sy ry, en dat sy regtig geskrik het, want hy het agter die kar aan gehardloop en toe haar pa hom stop, se hy dat hy moet met haar praat omdat ons baklei het vanoggend. (Ons het hom nie eers gesien nie)  en hy al van 3uur vanoggend daar gewag het om met haar te praat.

Nou is ek bietjie bang…. Want as ek ry en hy is buite, ek wil hom nie sien nie.  Manlief het gery en soos gewoonlik was ek alweer laat omdat ek laat geslaap het omdat ek amper nie n oog toegemaak het deur die nag  nie.  Toe ek die garage deur oopmaak sien ek hom sit op die randsteen oorkant die pad.  Hy het gewag dat die garagedeur eers toe is (sjoe ek was bang hoor) en toe kom staan hy langs my.

My hart was so seer toe ek sy wilde oë sien, rooi van nie slaap nie, maar ook so glaserig en deurskynend…. En dit het my hart gebreek!!!

Maar ek was sterk, veral toe hy sê ek moet hom help want hy gaan vrek.  Hy wou hê ek moes hom social worker toe vat, maar ek het net geweier en gesê sorry, jy is op jou eie want wat ons gedoen het was nie goed genoeg vir jou nie.  Gaan terug na Candice toe, of waarookal jy wil, maar jy is nie meer welkom in ons huis nie.  Het ma vir my geld ek het gisteroggend laas ge-eët, not my problem maar ek gee toe vir hom R30 en sê, vat die geld, gaan koop iets en gebruik die res om na die social worker van die parool te gaan en sien of hulle jou kan help, en waarsku hom toe ook as hy weer die klokkie sou druk, sy pa die polisie sal bel.

Behalwe die oë, het dit my hart gebreek toe Zee hom sien en skreeu….. “M hallo drukkie my” 

Vir nou eers genoeg, sal later weer verder vertel……..

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

24 thoughts on “Die eina seer wil nie weg nie…

  1. Ouch. Ek het nie woorde nie. Dink aan julle almal, regtig.

  2. Ons moet net aanhou bid en bid en bid. Bly net Glo! Sterkte ons dink aan julle!

  3. EINA!!!

    Sterkte, vir almal wat vir M lief is.

  4. Ons dink en bid vir julle almal Zee

  5. ((Zee)) … eish …

  6. Jis, my hart is sommer seer vir jul part.
    Ek dink baie aan julle en hou jul in my gebede!

  7. Ai Zee ….. sterkte vriendin, sterkte!!!!! (((((((((zee)))))))))))
    Mag God se hand oor jou rus.

  8. Zee, ek het ‘n paar jaar terug geblog en toe reeds gereeld jou blogs gelees. Vandag bietjie tyd gehad en weer deur almal se blogs gegaan. Ai ek het regtig deernis vir jou , dat jy telkens weer deur al hierdie krisisse moet worstel….en steeds bly jy staande en kry krag! Ek bid regtig vir julle vir nog meer Krag en Insig om alles te kan hanteer! Sterkte!!!!!!!!

    • ((Almal))
      Marina, partykeer voel dit maar of ek so vinnig sink met my bootjie, maar dan kon Zee se ou gesiggie voor ons op en dan swem ons vir ‘n vale. M se probleem vat lekker aan ons. Rosalind het vir my ‘n boek gestuur wat ek besig om te lees en ek hoop om uit die boek te leer wat om dalk volgende te doen.

  9. Ai ou Zee, wat kan mens sê. Daar is nie woorde nie, ek moes seker die stuk 10 keer lees want ek kom so in die middel dan is my oë so vol trane dat ek weer van voor af moet begin. Dis enige ouer se nagmerrie. Ek is deur ‘n soortgelyk ding (alkohol verslawing) met my boetie vir jare en hy is al volwasse man met kinders maar dit kom en gaan nog steeds. Sterkte girl en mens kan al hierdie dinge net in God se hande plaas…..

  10. ‘n Ouer kan net soveel doen, nie meer nie. Ons is lief vir ons kinders – en niks sal dit verander nie – maar partykeer hou ons nie van die dinge wat hulle doen nie. Sterkte vir julle.

  11. Zee – hoe gaan dit met Zeethan?? My hart bloei vir hom…

    • Huisvrou… ek moes vir seun vra om te gaan, vir Zeethan se onthalwe. Ek het al hoe leliker met M geraak en Zee het alles opgetel. Hy het party dae vir M gesê jy kan nie saam ons ry nie, my ouma soek jou nie by haar nie ens… alles wat ek kwytraak sonder om te besef hy is naby my en hoor alles.

  12. Ek weet nie hoe jy dit doen nie! Jy is ‘n ongelooflike mens – ek sou lankal geknak het! Ek het 2 tiener dogters en ek is so bang dat hulle die verkeerde pad sal vat.
    Ek stuur vir jou emmers vol drukkies!! Sterkte en baie liefde.
    XX

  13. ((((((((((((((Zee))))))))))))))))))

  14. Hi Zee ek lees bittermin blogs is vreeslik besig by werk maar het besluit om n break te vat en bietjie weer blogs lees, En my hart gaan uit na julle. Een van my vriendinne se twee seuns het dieselfde probleem en hulle wil net nie regkom nie, sy het hel met die 2. STERKTE!

  15. Sjoe, ek weet nie wat om te se nie. Baie, baie sterkte. Ek hoop binnekort gaan als beter.

  16. hi, ek bid vir jou. My seun het selfde geval gehad en ek kan net die Here dank dat hy kon hulp vra. Die seerkry, gevoel waar het ek gefaal en dan die besef Ons aanbid ‘n Lewende Here. Ek bid en se Here vandag los ek my seun by U voete; wees U die pottebakker, vorm hom en doen net U wil Heer. Vandag Prys ek Die Here uit volle bors, Hy het my gebed gehoor
    Ek sal jou en Familie in my gebede hou.
    STERKTE

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s