Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

I am Spiderman

6 Kommentaar

Zeethan het gister gedink hy is ‘n regte Spiderman.  Ons het vir ons lekker hang stoele in die lapa opgehang wat my broer al seker 4 jaar terug vir ons gegee het.

Sy eerste woorde was….  “My jungle gym”🙂

“Nee engel, dis stoele, Nee Ouma, my jungle gym”

Ons het hom laat hom maar laat swaai en klouter (ek het ‘n paar blou kolle soos hy oor my geklim en klouter het) en die volgende woorde was net te kosbaar🙂

“Look Ouma, I am Spiderman, I can fly”

Ek dink die foto’s spreek vanself hoe hy homself gate uit geniet het🙂

Baie dankie vir almal se kommentaar wat ek nog nie beantwoord het nie😳 maar ek sal nog daarby uitkom.  Ek lees darem nog gereeld almal se blogs op my google reader, maar deesdae kry ek nie eers kans om vir myself koffie by die werk te maak nie, en ons internet “suck” by die werk, my konneksie by die huis is vinniger as by die werk en ek is op 3g, en die tyd wat dit vat om net iewers te probeer kommentaar lewer is nie goed vir my humeur nie.

Dit gaan goed met ALMAL van ons, Seun inkluis, ek kan nou nog nie glo dat dit so goed met hom gaan en dat hy 2weke terug deur ‘n toets is wat hy geslaag het……  Heeldag naby dwelms en kon sterk staan en NEE sê.

Dankie ook aan my 3 vriendinne wat my party nagte deurgehelp het toe ek down en under was, vol stres en my vol moed ingepraat het, en wat meer in hom geglo het as ek.  Julle weet nie hoe ek dit waardeur nie!!!!!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

6 thoughts on “I am Spiderman

  1. Hy lyk soos ‘n trapese artist! Oulike pics en ek is bly dit gaan so goed met julle!

  2. Dit lyk na lekker vet pret en mens het nodig om te droom, al is jy ook “spiderman”. Bly alles gaan goed daar.

  3. (((((m)))))

  4. Ek is so bly alles gaan nou goed Zee. Die mannetjie is oulik op sy jungle gym😆

  5. Eintlik wil ek sê: Dankie Ouma – Dankie dat jy vir seunskind toelaat om SpiderMan, Tarzan en al die ander manne te wees – sonder om te koes en keer vir die meubels en “ouer” lywe. Dis so wonderlik om te sien dat mannetjie geleentheid het om SEUN te wees.
    Bly dit gaan goed met almal…

    • Huisvrou weet jy wat is die beste van als? Terwyl ons gister so in die sandput sit en speel vra hy my so uit die bloute….. “Het jy my gemis?”. Ek wou hom opvreet want wys jou hoe werk daardie brein. Hy het net vir n uur gedux en dan moet ek hom dan mis.😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s