Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Zeethan’s Stars

13 Kommentaar

Meneertjie is sticker mal op die oomblik.  Hy wil net plak.  Ek het vir hom ‘n Stars Scrapbook plakkaat gemaak en hy kan elke aand n sterretjie kies om te plak as hy soet was die dag by die skool en ook by die huis.  Hy moet luister en as ek sê tel op, moet hy optel…. (My rug wil nie meer nie🙂 ) en dan net voordat hy gaan doedoe kan hy die sterretjie plak………

Ek het al vergeet hoe lekker dit is om Scrapbooking te doen, al was hierdie nou op ‘n plakkaat om op sy kas se deur te sit, sodat hy elke dag daarna kan kyk.

Vanmiddag vang ek hom toe hy die Wet Wipes se boksie reg voor die kas se deur gesit het om by die plakkaat uit te kom,  maar die beentjies is nog so bietjie kort🙂

Die vergoeding om soet te wees ……..

Wanneer die vierkant vol sterretjies is, sal ek vir hom ‘n presentjie gaan koop, want ek is al mal van Kersfees af oor hy elke dag ‘n persentjie wil hê :)  Hy kan nie (of sal ek liewers sê hy wil nie) verstaan dat hy nie nou meer  ‘n presentjie kan kry nie, maar net op sy verjaarsdag en dan weer as Kersvader kom😆 maar dan moet hy baie soet wees en luister……

Oumaaaaaaaaaa, ek is soet, ek wil ‘n sterretjie gaan plak……….  is nou die gereelde woordjies wat uit sy mond uitkom😆

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

13 thoughts on “Zeethan’s Stars

  1. Ek dink daai plakkaat is te groot en dit gaan te veel sterretjies vat ouma🙂. Die eerste een moet darem baie kleiner wees dink jy nie of miskien moet die sterretjies groter wees!😉

    • Mmm jy is reg. Miskien moet ek die blok in n paar kleine dele verdeel en dat hy die sterrejies bietjie verder van mekaar af plak. Het nou nie daaraan gedink nie🙂
      Ek het gisteraand gou daar by jou gelees. Ai daardie waterpark is darem maar cool.

  2. Ek wonder of dit vir ‘n agtjarige sal werk… Ek het so nie meer krag om hom te looi as hy stout is nie, dalk moet ons eerder probeer beloon as hy nie is nie!

  3. Die sterretjiestelsel is so oulik, het soos ‘n bom gewerk met die Engelse kind, vandag is hy ‘n voorbeeldige tiener wat absoluut uitblink in alles.
    Ek verkyk my altyd so aan die mooie kind…

  4. Die kind word groot, Zee… 😯

    Ek stem saam met Sandra: daai plakaat is te groot! Jy’s darem rerig ‘n harde ouma! Maak die ding kleiner – ‘n presentjie een keer ‘n week is mos nie te erg nie? 😆

  5. Ai Zee – Zeethan is darem maar die mooiste kind! Net daarvoor kan hy maar n extra sterretjie kry ouma!

  6. Hy is te pragtig, maar ag asseblief tog, moenie weer sy mooi krulle so kort sny nie😉

  7. Wonder of dit vir Cois sal aanspoor om sy klere IN die wasgoedmandjie te gooi????????
    Ai, die kind van jou is net te mooi vir woorde!!

  8. Ai, waar is die dae van onskuldig kind wees.

  9. Dis half onmoontlik… maar ek sweer die knaap word net al hoe mooier!

  10. Hier is iets baie kosbaar om met julle te deel:   Zeethan sit Sondag by my op die mat voor die tv.   Eerste ding wat hy uithaal is die Rummikub dan my bybelsak met bybel en klein zip sakkie met penne. Toe vra hy: “Oumie, ek Sondag jou bybel kerk toe vat” ek antwoord hom dat hy sy eie bybel het hy moet dit maar vat. Sy antwoord was dat hy nie in sy bybel mag skryf nie. Het natuurlik al die merkies en aantekeninge in my bybel gesien.

  11. Die star chart werk soos n bom… Triston het iets soort gelyk, sy bord is net opgedeel in kamer, kos, bad en bed… vir elkeen wat goed gedoen is kry hy dan aan die einde van die dag n sticker. Einde van die maand as al die blokkies n sticker het dan gaan ons op n outing. Raad op die geskenkie storie (as ek mag) n deur skynende geld bussie, as Triston iets uitmuntig goed gedoen het of gedoen het sonder dat ek moet vra dan kry hy n geld stuk… ons tel die geld elke naweek, as hy by R40 kom dan kan hy vir homself met sy eie geld n speelding gaan koop. Hulle kry dan vinnig n konsep van geld en dat n sekere hoeveel heid geld net n sekere hoeveelheid goed kan koop. Buiten dit is dit vir hulle iets om op trots te wees, dat hulle weet hulle het dit verdien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s