Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Geseënde Kersfees…..

8 Kommentaar

Aan ieder en elk,
‘n geseënde Kersfees!
‘n Dag vol God’s liefde!
‘n Dag so spesiaal…

Kersfees kom,
en Kersfees gaan,
maar tog bly dit spesiaal!

Dis anders as enige ander dag,
dis die herdenking
van Jesus se geboorte,
Sy verjaardag,
so kom ons vier dit!
Kom ons leef vir Hom!

Jesus kinders,
laat ons gelukkig wees,
laat ons lag,
en laat ons opnuut besef
presies waaroor Kersfees gaan!

Geseënd sal elkeen wees!
Geseënd deur ons grote God!

Alice Pretorius

Kersfees

(n Opstel deur ‘n kind)

“Kersvees is die moiste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie, ek ook. Ons het ook ‘n krip in die sitkammer, wat Pa drie weeke voor kersvees daar ingebring het en ek en my klyn sissie kan ook help. Baie krippe is vevelig maar nie ons sin nie want daar is baie oulike figiere daar in.

Ek het eenkeer vir Josif en liwe Hesus op die stoof gesit dat hille nie kout kry nie toe was dit te warm. Liwe Hesus het swart geword en Josif het ytmekaar gebars, een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie ‘n mooi gesig nie. Ma was baie kwaat en gese dat nie eers die hyliges beskerm word deer my domgeit nie. As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie.

Maar ek het gelikkag baie figiere in myspeelgoed-boks en nou is Josif Donald Duck. Vir liwe Hesus wou ek vir Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is dat hy in die voerbak kan pas maar Ma het gese dat liwe Hesus tog nie Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liwe Hesus swart maar nog steets liwe Hesus.

Agter liwe Hesus staan twee osse, ‘n esel, ‘n seekoei en ‘n brontosauris. Die seekoei en die brontosauris het ek self daar ingesit want die osse en die esel het so aleenag gelyk. Lings van die stal kom nou net die drie wyse manne in.  Een van die wyse manne het laas kersvees geval toe Pa hom wou skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en ‘n wyse Batman.

Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liwe Hesus soos gout, wierrook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout ‘n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek. Die wyse Batman het ‘n pistool. Dit is nie eintlik ‘n goeie giskenk vir liwe Hesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosauris beskerm. Agter die drie wyse manne is ‘n paar rooihuid indiane en ‘n glasengel.

Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op ‘n moterviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie.

Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit. Sy het ‘n pizza vir ouma saamgebring. Ek het nie meer ‘n wolf nie, nou loer daar ‘n ninja tirtel agter die boom yt in die wolf se plek. Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg. In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig moi.

Ons sit om die krip en sing kersveesliekies. Pety is baie moi. As ‘n mens weer sien is kersvees veby en sommer die jaar ook. Die giskenke is ytgepak en ‘n mens kry niks voor
paasvees nie behalwe as jy voor die tyt vejaar. Maar een ding is veseker: kersvees kom altyt weer.”

Daneel Ferreira

Ek is so paar honderd blog inkrywings se lees agter😦

Ek sal seker so na Kerstyd bietjie kans kry om weer op te vang op almal se lief, leed en lag.

Baie geluk aan Louisa met die geboorte van haar dogtertjie Nicola…. Mag sy vir jou ewige vreuge en plesier bring!

‘n Baie geseënde Christus fees vir almal.



Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

8 thoughts on “Geseënde Kersfees…..

  1. Geseende kersfees en voorspoedige nuwe jaar vir jou en jou familie ook Zee!

  2. Dankie Zee en n mooi tyd vir julle ook! Zeethan lyk te mooi met die kort hare! Geluk Seun ons almal is trots op jou!!!!!!!

  3. Ag dankie Zee!😀
    Baie geseende Kersfees vir jou en jou mense ook.

  4. Geseènde Kersfees alles van die beste vir ‘n wonderlike jaar!

  5. Geseende Christusfees vir jou en jou familie!

  6. Geseënd en werklik vol vreugde vir julle Zee…
    Kom meisiekind huistoe, of is dit haar “weg”-Kersfees? Dit was vir my nogal ‘n aanpassing om nie elke jaar by my ma-hulle te Kersfees nie!

  7. Ek hoop jou Kersfees was Geseend! Voorspoedige Nuwe Jaar!!

  8. Kersfees het gekom… en gegaan en dis al amper weer kersfees… en Zee is MIA 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s