Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Van krullebol tot niks…

10 Kommentaar

Woensdag oggend het ek besluit ek moet bietjie Zeethan se krullebolle tackle.  Ek sukkel elke liewe oggend met daardie krullebolle en moet altyd met ‘n gespartel die hare natmaak om hulle darem net weer mooi krullerig te kry.  Nie dat die hare was proses enige iets beter is nie.  Dit is ‘n gekerm en gespook om sy hare te was van die begin tot aan die einde. 

Ek het hom so bietjie voorberei oor die geknippery en toe ek van die werk af kom roep ek hom en sê kom ons moet gou bietjie jou hare sny.  Nee Ouma, willie.  Ek moes maar vinnig ‘n plan beraam om hom te oorreed om te kom sit op die stoeltjie, en verduidelik Kersvader sal nie kom as sy hare nie so klein bietjie gesny word nie.

Ons maak toe sy hare nat en hy gaan sit gedweë op die stoeltjie terwyl Marcia hom steun dat hy nou ook nie van die stoel afval nie.   Ek begin toe die hare te sny en daar kom Oupa aangestap.  Marcia hou aan ons moet sommer net die knipper gebruik op no 6 of so iets, dit sal ‘n mooi lengte wees.  Oupa sê hy sal dit doen want ek weet nou nie eintlik hoe die knipper werk nie.  Hy begin op die groot stelling sny en ek sien hy druk so elke nou en dan aan die knipper, min wetende dat hy dit stel om nog korter te sny.  Marius moet maar hand gee om die koppie te probeer stil hou🙂

Soos julle kan sien hier is die resultate.  Ons wou dit nou nie eintlik so kort gehad het nie, maar hy lyk darem maar net soos sy pa nou dat die hare so kort is, en ek sien sou ou gesiggie sommer dadelik raak en dan wil ek hom sommer opvreet.🙂

Het ek genoem dat seun al 19 maande skoon is?  :)

WOW look at me now

Ek moet net vanaand my kamera uit die kluis gaan haal, hierdie gryp van selfoon en foto’s neem werk net nie, die kwaliteit is net nie dieselfde nie!!

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

10 thoughts on “Van krullebol tot niks…

  1. NEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE

  2. Ag hy lyk te oulik! En baie geluk op jou seun se mylpaal ook – dis fantasties!🙂

  3. Louisa (bo) se net presies wat ek wou se!

  4. Ons het Donderdag vir Magnus ook gevat om sy hare te sny (vir die tweede keer by die haarkapper. Hy’t ook vooraf gekerm daaroor, maar Boeta’t gese hy sal eerste gaan. Toe dit Magnus se beurt is, het hy ewe gedwee gaan sit. Lippie eenkant opgetrek, soos hy maak as hy nie lus is vir iets nie, maar op die ou end het alles goed gegaan.

    Zeethan lyk mooi. Krulle was pragtig, maar ek kan verstaan dat dit moeite was.

  5. T.o.v. Zeethan – Ai oupa!😦
    En Seuna, Zee, dit is wraggies fantasties. SOOOO bly vir julle AlmaL

  6. Baie geluk aan jou seun vir sy deursettingsvermoe!
    Ag Zee, dit sal wel weer groei en om eerlik te wees, met ‘n aantreklike gesiggie soos daai, kan hy maar ENIGE haarstyl dra.

    Die Engelse kind het ook so ‘n blonde krullebol gehad, ek bere ‘n lok in ‘n spesiale keepsake plekkie saam met al sy ander spesiale goedjies uit sy kleintyd.

  7. Baie oulik, soos altyd!

  8. Nogsteeds pragtig! Zee n Geseende Kersfees vir julle!!!

  9. Hi Zee, wou net kom inloer en loop toe dié mooi gesiggie raak! Ag, sonde, nou verlang ek na myne wat daar ver is. Hy het sulke eina haartjies gehad, toe sê almal, sny af, dan groei dit dikker terug. Strooi! Al sy peuterfoto’s het hy kaalkop geloop en nou is die hare nog steeds dun! Ouvrou stories! Maar joune lyk te cute.

  10. Ag, mens kan daai gesiggie opvreet!! My oudste dogter se hare het ook so gekrul – sy het dit sommer self afgeknip! En daarna nooit weer so erg gekrul nie!
    Lekker Kersfees vir jou en jou familie – ek glo dit gaan ‘n heerlike een wees vir jou met al jou kinders in die huis!

    Liefde
    Ronelle

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s