Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My hero!!

16 Kommentaar

My hero!!

Jane het eendag vir Ben10 vertel (ek het gaan soek op haar blog maar kry nou ongelukkig nie die inskrywing nie😦 )  Sy het vir haar nefie as ek reg kan onthou die horlosie gesoek want dit was al wat hy ook nog gekort het van Ben10 en ek het geen clue gehad van wie sy praat nie. 

Mmmmm, glo my, vandag weet ek presies wie Ben10 is, want Zeethan wil net Ben10 voor en Ben10 agter, as ons in ‘n winkel is moet ek baie groot draaie om die karakter loop :)  Nou die dag was ek gou Woolies toe en daar het hulle die Ben10 swem stelletjie vir seuns, ek haal af om na dit te kyk want die somer is hier en hy kort nuwe swem klere,  meneertjie sien dit raak en wil net kyk, nou ja, hy het dit vasgeklou asof hy nooit weer iets in sy lewe gaan kry nie, en ek moes toe maar die swem stelletjie koop🙂

Gelukkig werk sy pappa nou en hy kan nou die nuwe gier vir hom koop.  Nog elke maand sover met sy salaris die afgelope 3 maande kry Zeethan net Ben 10 gadgets, klere, kombers en rugsakke.  Hy het vir hom tot die regte Ben 10 uitrusting gekoop.  (Foto onder)  Sodra Ouma A3 die broek korter gemaak het, sal ek hom bietjie afneem en vir julle kom wys🙂

ben10

Ben10 lyk my is Zeethan se hero op die oomblik, maar hierdie kind sal seker maar altyd my HERO bly🙂

Het ek al gesê die kind eet en slaap Ben10🙂

zee sig 2

PS…. het ek genoem dat Zeethan weer BLOU aan het  vandag🙂

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

16 thoughts on “My hero!!

  1. Die ding is as jy nie self kinders het nie – kan jy nie regtig tred hou met die nuwe giere nie… onthou ek was by ‘n kleinnefie se verjaarsdag laas jaar, en het ook hierdie verjaarsdag koek so gekyk en gewonder wie del hel is hierdie nou weer – was my eerste, en nie laaste kennismaking met Ben10!

    Ek sal graag net ‘n klein ou persentasietjie van die profyt wil hê wat uit hierdie Ben10, HS Musical, Hanna Montans ens. ens. se verkope gegeneer word.

  2. 🙄

    Ken ek vir Zeethan ‘n ander kleur klere koop?

  3. Nou weet ek ook wie is Ben 10!

  4. Join the club, Zee! Dit maak my so flippen moeg! 😆

    • 😆 die probleem is hy wil nou aantrek wat hy wil en nie wat ek wil nie🙂 En party dae is die wat hy wil aantrek nog nie gewas nie, dan is dit darem ‘n gespook in daardie huis vir jo hoor!

  5. Ai ek deel jou pyn skoonsus…. Ben 10 irriteer al die lewende lyfgoggas uit my uit, maar Ben 10 is dit… 😀 Maar hierdie Witkoppie van my word by die dag ouliker!

    • Dankie tannie P, ek sê vir hom.

      Ja, as dit nie Spiderman of Superman is nie, is dit Ben10, wonder wat is volgende🙂

  6. Jy onthou goed Zee! (Ek word duidelik oud!)

    Ek het nou die dag die fout gemaak om my peetkind te vra wie op sy hemp is. “Ben10 duh!” sê die rakker vir my. En die ander karakter, wil ek nog weet. (hoe moes ek nou weet dis een van Ben10 se impersonations?!). “BEN10!! Don’t you listen?” kry ek weer die antwoord…

    • 😆, tannie J, jy moet luister hoor!

      Ek het so gesoek na daardie post van jou, maar kon dit net nie opspoor nie🙂

  7. hey Zee, jinne uiteindelik kan ek weer bietjie kom oë wys, hy lyk te sweet, laat my dink aan my broer se seun, hy is net so mal oor Ben 10, ek het toe een dag die fout gemaak en gesê 10 Ben, nou ja ek is nou nog nie vergewe nie…

  8. Hierdie foto is soooooooo CUTE! Sjoe! Die mannetjie raak nou groot en hy gaan ‘n groooooooooot hartebreker word – indien hy nie al klaar een is!🙂 Hy lyk na ‘n gebore gentleman!

  9. oums het vir hom ‘n Ben10 pakkie van Margate af. Wanneer kom hy dit haal?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s