Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Bloedrooi blosery!

18 Kommentaar

VerleeNikta het die mooiste wordle gemaak, en dit het my laat dink aan my most embarrassing moment Vrydag middag toe ek dink ek gaan gou lekker shop by die SPAR :oops: 😳

Seun het gevra of ek gou by die video winkel kan stop en die movies gaan haal wat hy graag wou sien.  Geen probleem want ek moes gou SPAR toe gaan om ‘n paar goedjies te gaan koop.

Ek stop toe gou by die winkels en eers sukkel ek om parkering te kry want dis mos nou Vrydag middag en almal wil mos nou by die winkels wees.  Eerste stop die video winkel, kry die movies en stap oor na die SPAR toe.  Ek kry vir my ‘n trollie en gaan eers by die SPAR in.  Ek stap nog so lekker en die volgende oomblik tik iemand my op my skouer.  Die swart dame sê vir my.  “Mevrou, jou broek is geskeur.  En dis regtig baie groot”

Huh….

Ek draai my kop so en jou wrintie waar, my broek is geskeur van bo tot omtrent by my knieg en al wat jy sien is panty en lemoenskille :oops:  (As ek nou daaraan dink kan ek net dankbaar wees ek dra nie g-strings nie🙂 )

Ek staan daar, en al die emosies hierbo in my wordle gaan deur my.  Ek probeer die groot gapende gat vasvat en probeer aanstap om gou die paar goedjies te koop maar nee, toe sal daar nou ‘n oom en sy vrou verby loop en hy offer om die gat vir my toe te hou. Tsk!

Die storie van die gapende gat vashou wil nie werk nie, maar of ek nou uitloop en eers na die inkopies is seker maar dieselfde!!

Die swart dame wat my kom bewus maak het van die petaljie kom toe weer na my toe en offer haar my trui en sê ek kan maar vir haar bring sodra ek klaar was.

Ek dink toe by myself…. Van hier af moet ek nog kleuterskool toe ook en ek het nou regtig nie vir dit kans gesien nie.

Ek los toe die trollie net daar, loop uit die SPAR uit langsaan na A C Kermans (Julle weet mos by nou al dis een van my gunsteling boetieks🙂 en gaan soek ‘n nuwe broek vir my.  Die kleur wat ek toe kry pas nou glad nie by my bloes wat ek aangehad het nie, en koop toe sommer vir my ‘n nuwe bloes ook  (Dis nou maar een van die min kere wat ek tog wel iets vir my sal koop).  Ek gaan na die kassier toe en wil betaal, ek wens julle kon hulle gesigte gesien het, ek stap dan nou met heel ander klere uit as wat ek mee ingekom het :)  Ek betaal toe vir my aankope en is toe vinnig terug supermark toe om gou my inkopies klaar te maak….

Die dame… het ‘n boks tjoklits gekry🙂

Ns…. ek wonder nou nog waar en wanneer die broek geskeur het, by die werk, o jinne, dan dooi ek nog 10 ander dooies as dit wel so was :oops:  of het dit gebeur toe ek uit die motor geklim het toe ek by die supermark gestop het.

:oops:   😳

most

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “Bloedrooi blosery!

  1. Zee, dit was nou snaaks! Ek het heerlik gelees en kan net dink in watse penarie jy was! Daardie swart dame was gelukkig oulik om jou te kom se, anders….😆
    Jou wordle lyk oulik en daardie ander letter-ding het mooi uitgekom! Lekker goed om mee te speel!🙂

  2. eish! Jammer vir jou, maar ek sou my dood gelag het…na ek jou reggehelp het! Bwahahaha!
    Baie snaaks…

  3. Ai, shame, Zee!!!!! Ek kan my indink hoe vreeslik dit moes wees! 😯

    Ten minste sorg jy bietjie vir vrolikheid so oppie Sondagaand! 😆

  4. Ag nee sies vir jou man. Ek het jou al twee weke terug gewaarsku die broek is geskeur en jy dra dit wragtig nog steeds so stukkend !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Ha>>>>>>>>>>>>>>>>ha

  5. Whahahhaaahhhaahhhaahhaa lekker gelees en lekker gelag!

  6. Ek sal nie vir jou lag nie want dit het my ook oorgekom. Gelukkig was ek nog voor die huis in die motor toe ek die “koeler kol” voel en kon ek gaan aantrek — maar ongelukkig want anders kon ek ook nuwe klere gekoop het🙂

  7. Jinne, Zee, ek het nou lekker gelag!! Dankie – ek het dit nodig gehad. Maar aai, ek kan dink dit was ‘n verleentheid vir jou gewees.

  8. En kan mens nie op die onmoontlikste tye sulke goed oorkom nie!!!
    Veral as daar nog kinders ook betrokke is… 😉

  9. 😳
    Tot my bitter spyt moes ek vandag uitvind my broek het al by die werk geskeur. Ek kan nou nog nie glo dat ek dit nie agtergekom het nie😦
    Dalk is dit omdat ek hierdie “baggy” goed dra 😳

    Maar toemaar, ek lag vandag ook maar lekker daaroor🙂

  10. 😆 By die werk al? En niemand het jou vertel nie??????

    • 😦 Nope, eers toe ek vra Maandag oggend toe sê die een skoonmaker jip, sy het dit gesien maar was te besig om my te sê.

      Een consolation…… Ek weet ek het darem vandat sy my gesien het toe ek my motor geskuif het, die hele tyd in my kantoor was, het nie eers kans gehad vir pp nie🙂

  11. Ai Zee…. Ek ken van ek verstaan om die dood toe nie hoekom niemand vir jou wil se nie… Ek is van die tipe wat selfs vir vreemde mense vra of ek hulle tag kan terug druk as dit uitsteek ….

  12. Ek wil nie lag nie, ek gaan nie lag nie, ek mag nie lag nie…….. BWHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!! Ag *proes* shame *hik* Zee…*vee eers trane af*….
    Dit kan rerig enigeen oorkom!! Rerig!!!
    Ns. Het jy nie gevoel jou een boud kry kouer as die ander een nie?

  13. Lol! Eish, gelukkig bly jy nie op die klein dorpie waar ek bly nie! Dit was nou skreeusnaaks om te lees, maar ek kan dink dit was als behalwe snaaks toe dit gebeur het!!

  14. ai Zee, dit was nou snaaks. Ek het eenkeer straat op gestap in Engeland en moes gou by ‘n pub in om die toilet te gebruik. Ek kom toe uit en stap verder. Ek’t seker so 200 meter gestap toe ‘n outjie ( seker so 14jr oud) van agter af verbykom met ‘n fiets. Hy kyk toe so terug en se vir my: ” Your dress is up” Ek kon nie verstaan wat hy bedoel nie en hy herhaal toe “your dress is up”
    Mensig toe het is die soom van my rok toe al die tyd vasgeknyp in die rek van my onderklere en loop ek toe al van waar ek die toilet gebruik het, met my hele agterstewe wat uithang!
    Ek was baie beiindruk met die ‘kind’ wat my dit vertel het. Ek kan ook nie verstaan waarom mense, mens nie waarsku nie.

  15. My luck, sou ek vol selfvertroue die hele winkel vol paradeer het, en as ek by die teller kom om te betaal, sou een van die kids vir my gegil het op ‘speaker-mode’: “Mamma jou boude hang uit!”- Murphy’s law

  16. Zee, zee, zee……
    Jong ja, verleenthede kom en gelukkig gaan hulle ook…. maar😆 dit is regtig, wel, snaaks….:lol:

  17. 😳 nog steeds as ek hieraan dink, maar ek dink Eilandkind vat die koek hierso🙂😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s