Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Vertroue 2

15 Kommentaar

As jy hierdie video gekyk het, sou jy kon sien dat hierdie man die leeus absoluut met sy lewe vertrou.  Hy moet hulle vertrou anders sou hulle hom nie naby toegelaat het nie.  As jy ‘n dier (enige dier) nie vertrou nie het jy in jou onderbewuste ‘n vrees vir hom en hulle “ruik” dit aan jou.

Daar is beslis ‘n aangetrokkenheid tussen hulle maar ook ‘n versigtigheid van die mannetjie se kant af,  jy kan dit sien in sy lyftaal. Kyk weer na die begin van die video, jy sal sien die een jong mannetjie nader die ou van die kant af en hy word half gejaag met ‘n speel skop.

Dis tipies wilde dier se optrede …… val van die kant of agter af aan!

Vertrou die leeus hom?  Ek glo so, anders sou hy seker nie meer gelewe het nie.

(Bossie, dankie vir die beskrywing van die video!)

JEREMIA 17:7

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue op die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is. Vertroue is een van die magtigste aspekte van geloof. Dit is vertroue wat jou deur probleme dra. Geloof vra vir uitkoms in ‘n situasie, maar vertroue volhard terwyl ons op God wag. Ons almal het vertroue, maar ons kies self waar of in wie ons dit plaas.

Author: Eben Enslin for e-Woord

Ek het my vertroue in iemand gestel en laas week was my vertroue verby my kleintoontjie geskok!  Ek glo nie dat ek ooit weer daardie persoon sal kan vertrou nie, never mind nog voor my oë wil sien nie.

Bossie het laas Sondag toe sy agtergekom het dat iets nie lekker is nie, hierdie stukkie vir my gegee om te lees.

“Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters— húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.   Want Hy het gespreek en ‘n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.   Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes—hulle siel het vergaan van wee.   Hulle het getuimel en gewaggel soos ‘n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.   Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.   Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.”

Die Bybel sê die volgende:

Mattheus 18 vers 22 :21

Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra:  “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Mattheus 18 vers 22 :22

Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

Vrydag, nie eers ‘n week later nie, word Bossie groot ontnugter toe sy agterkom iemand wat sy net so vertrou het haar vertroue so geskok het, dat sy net soos ek, nie die bybel se raad kan volg en 70 x 7 vergewe nie.

Terwyl ek so besig is om hierdie inskrywing te doen gaan soek Bossie iets op, en net daar word ek en sy so subtiel oor die vingers getik….

MATTHEUS 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
MATTHEUS 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
MATTHEUS 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
MATTHEUS 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
MATTHEUS 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
MATTHEUS 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
MATTHEUS 6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Ek gaan regtig probeer vergewe, maar die vergeet weet ek nie so mooi van nie!

Hoe sou julle so ‘n situasie hanteer, want elke keer as ons net daaraan dink, stoot die naarheid op!

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

15 thoughts on “Vertroue 2

  1. Ek sukkel net so met vergifnis en die raad wat ek gekry het mens moet vergewe, anders maak jy jouself ongelukkig en siek. 🙄 Gewoonlik weet die ander persoon nie eers hoe jy stoei om te vergewe nie en dan soms is dit iemand wat in elk geval geen gewete het om sleg te voel oor gemors wat hulle aangevang het nie. Maar vergeet moet jy nie, dit was ‘n les wat jy moes leer. Onthou die les, dat jy dit nie weer oorkom nie. Sterkte Zee en Bossie.

    • Wip, vergeet sal ek nooit kan nie, maar watter waar woorde sê jy nie hier nie…
      “Gewoonlik weet die ander persoon nie eers hoe jy stoei om te vergewe nie en dan soms is dit iemand wat in elk geval geen gewete het om sleg te voel oor gemors wat hulle aangevang het nie.”

  2. Ek vertrou maklik.
    Maar o heng, verbreek daai vertroue net een keer, en jy kan vergeet.
    Ek het onlangs so ‘n stel afgetrap met my skoonsuster.
    Ons verkeer nog saam as familie en ek het haar seker al vergewe, maar sal haar nooit ooit weer vertrou nie.
    Kan net beaam wat Wip se: onthou die les.

    • Jis, hoe slaan jy nou amper ‘n spyker hier op die kop Maxi🙂
      Die ding is, ek vertrou ook te maklik, gee wonder mense vat my so vir ‘n ride nie!

  3. Ek het die deel 1 gemis.

    Ek het nou die dag iets baie sinies oor vertroue kwyt geraak. Weer tipies waarnemer is dit weereens iets wat ek gesien het en nie met my gebeur het nie.

    Ek wonder regtig of enige mens vertrou kan word. Ja sure, terwyl dinge goed gaan en julle beste buddies is, ja. Maar wat daarvan as die vriendskap versuur word? Dan word alle vuil wasgoed in die openbaar gewas. Dan eien mense hulle self die reg toe om vertroue te verbreek.

    Ek is jammer, as dit die definisie van vertroue is, dan is dit ‘n goedkoop stuk gemors waarmee ek niks te doen wil he nie.

  4. Ek weet die mening ontstel heelwat mense, maar ek is oop vir oortuiging.

    Self is ek ook skuldig, daar is ‘n paar mense – wat hier lees – wat hopeloos te veel sensitiewe inligting van my het. Ek WIL hulle graag vertrou.

  5. Ek vertrou net een keer… as jy dan my vertroue breek dan is dit nou maar so… Want dis al wat ek het om te gee en al wat ek verwag van mense…

    JA JA Xena… Ons al vir niemand vertel dat jy kan vlieg nie.. want dan het jy helemaal te veel stalkers op hande!🙄 Jou geheim is veilig hoor!

    Ek vergewe nou sommer als en almal… maar daarna wil ek nooit weer iets met jou te doen he nie.

    • 😆 Xena, ek hoop jy vat my saam na Wippie se maan toe as jy weer vir ‘n vlieg gaan hoor😆

      Girlie, ek stem so saam met jou, maar ek sal maar baie versigtig wees om regtig weer iemand te kan vertrou😦

  6. Xena, welkom!!

    Deel 1 weet ek myself nie eers hoe om in te gaan nie🙂 Ek het password opgesit en kan nie onthou wat dit is nie😦

    Jy sê…. “Ek WIL……”

    Ek WIL nie meer nie!

  7. Zee

    Ek het nog nie my gat gesien nie. My dag is seker oppad.

    Ek is mos al lankal welkom op jou blog. Jy weet mos, ‘n jakkals verander van haar, maar nie van snaar nie. 😆

  8. Self vertrou ek nie maklik nie. Regtig nie. Skepties gebore….
    Maar die vraag wat by my opkom, terwyl ons almal al sulke (of amper so erg, want…….) stelle afgetrap het, was ek nie dalk al self aan die ander kant nie? Het ek nie al die vertroue wat ander in my gestel het, vernietig nie?
    Mooi bly – en sterkte steeds!!

  9. The stupid neither forgive nor forget, the naive forgive and forget,the wise forgive but do not forget–Thomas Szasz
    ———-
    Ek hou van hierdie aanhaling. Dit pas nie heeltemal by jou inskrywing nie, maar tog moet mens nie naief wees nie. Ek glo mens moet nie voor die voet vertrou nie, maak eers seker wie die persoon is, veral in vandag se lewe waarin mens leef. Mense kan baie maklik voorgee. Ek wil altyd maklik vertrou, maar daar’s maar altyd die 6de sintuig wat my waarsku en my 6de sintuig het my min kere in die steek gelaat. Ek hou baie van jou aanhalings uit die Bybel, so baie waar!

  10. Onthou, Liewe Jesus het baie baie meer teleurstellings, smarte, pyn en nog wat als op aarde belewe maar Hy het altyd VERGEWE en VERGEET. Kom ons probeer Sy voorbeeld volg. Ek weet een ding –as mens nie kan vergeet nie, het jy nog nie heeltemal vergewe nie en dan word jy fisies en geestelik siek. Vra my, ek weet.

  11. A3, oor sekere goed stem ek saam, moet jy vergeet maar nie als nie, jy kan nie, dis deel van jou kultuur en geskiedenis. Moet ons dan die wereld oorloe vergeet…daardie mense wat daarin gesterf het vir ander? Nee, moet mens dan die boere-oorlog vergeet…hulle wat geveg het vir ons land…[dis ook ‘n “geveg” – innerlik ook/sielkundig ook] nee, ons kan die ander vergewe vir die oorloe, maar ons kan (of mag nie) vergeet nie. Ja, as iemand iets persoonliks teen jou gehad het, dan stem ek saam, vergewe EN vergeet dit, daarmee het ek geen probleem. Ek vergeet/vergewe sommer onmiddellik, dis nie vir my moeilik nie, ek doen dit dalk te maklik.

  12. (((Zee)))
    Bid vir jou vriendin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s