Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Die nood!

23 Kommentaar

Vanmiddag is ek gou bietjie Ouma A3 toe, sy is al die hele week nie lekker nie, en na ‘n paar drips by die dokter se spreekkamer nog steeds nie beter nie, maar van hospitaal toe wil sy niks weet nie.   Sy vra toe of ek vir haar bietjie jelly kan bring want haar keel het ook nou infeksie en sy sukkel om enige iets anders in haar lyf in te kry.

Ek stop toe eers gou by die kleuterskool en tel vir Zeethan op en gaan haal toe ‘n paar pakkies jelly en weg is ons na Ouma A3 toe.

Toe ons by die ouetehuis indraai sê meneertjie dadelik…. **Dis darem maar wonderlik hoe daardie klein breintjies al plekke kan identifiseer** “Dam toe Ouma” – ai, die kind is darem maar lief vir die buitelewe.  Ons gaan groet toe gou eers vir Ouma A3 en kuier so bietjie.  (Die deur moet gesluit word anders sal hy sommer net verdwyn dam toe)  Later sê ek  dis nou tyd om huis toe te gaan,  maar moenie dink meneertjie het van die dam vergeet nie…..  Ek moes maar my belofte nakom en hom gou bietjie dam toe vat🙂

Die foto’s het ek sommer met my selfoon geneem en gou hierdie video aan mekaar geslaan..

So, as jy wil weet waaroor DIE NOOD gaan, kyk die video🙂

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

23 thoughts on “Die nood!

  1. Zee, hy is te sweet vir woorde, sal hom sommer opvreet. Dankie dat jy dit met ons gedeel het

  2. Zee, hy is te sweet vir woorde, sal hom sommer opvreet, dankie dat jy dit met ons deel.

  3. darem maar n pragtige kind die Zee!!

  4. (((ZEE)))
    Hoop ouma A3 is gou weer haar ou self! Zeethan is regtig die mooiste ou seuntjie.
    Jou dogter was die mooiste bruid Zee – baie geluk aan hulle.

  5. Kosbare oomblikke en ‘n baie oulike video Zee! Hoop ouma A3 word gou beter ook! Sê asb groete en beterskap vir haar.

  6. Jou video is erg kosbaar!

    Ek dink so baie aan julle.

  7. Alle sterkte en beterskap vir ouma A3.
    ‘n Mens kan sommer die klein mannetjie opvreet van liefde! Hy is pragtig!

  8. En hier le ek wraggies in die bed en mis alles. More is vakansiedag. Bring sy baaibroek. Ek voel met die genade regtig baie beter vannaand en sal graag more saam met hom ‘n tydjie by die ibisse, tarrentale, ganse en ander voels spandeer. Ek maak al die hele week kos bymekaar dat hy hulle kan voer. Luv julle!

  9. En hy het nie geweet sy ouma gaan dit vir die hele blogwereld wys nie🙂. Lekker om klein t wees!

  10. Hy is dierbaar! Kyk net die mooi blonde koppie!
    Baie geluk met jou dogter se troue ook,sy het so pragtig gelyk en die saal is asemrowend!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s