Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Skraap, ‘n Afrikaanse blogsensus

18 Kommentaar

header_bg[1]

Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in ‘n baie dik boek! Vir ewig!

Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van Johan Swarts se tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en twee velde oor die Afrikaner. Slegs die eerste twee is “verpligtend”, hoewel hy dit nogal sal waardeer as jy die moeite aangaan om die ander twee ook te beantwoord.”

“My naam is Johan Swarts en ek is ‘n nagraadse student aan die Universiteit van Stellenbosch. My tesis (’n literatuurstudie) handel oor identiteitsvorming in die Afrikaanse blogosfeer. Ten einde dit suksesvol te voltooi, benodig ek die adresse van soveel moontlik Afrikaanse blogs, sodat ek dit met ‘n webskraper en teksontrekker – spesiaal vir die doel van die studie geskryf – kan ontleed. Op my eie sal ek egter nooit ‘n omvattende lys van Afrikaanse blogs kan saamstel nie en daarom doen ek ‘n beroep op jou om my op die volgende manier te help: deur ander te tag”

Ek tag vir Boervrou, Wipneus, GvdS om vir Johan te ondersteun op hulle blog’s sodat ons kan sien wat met hierdie tesis van hom gaan gebeur🙂

zeesig1

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “Skraap, ‘n Afrikaanse blogsensus

  1. Hallo, Zee! Ag, dinge lyk soveel rooskleuriger by jou as ‘n paar maande gelede! Dis fantasties. Ek val sommer nou hier in met ‘n heel ander storie, maar ek het dringend jou hulp nodig. My vriendin se boetie is deurmekaar met dwelms en ons hande is afgekap. Hy bly in Vrystaat (naby Welkom) en ons in die Kaap. Wie kan ek kontak in die Vrystaat om van rehabilitasiesentrums uit te vind? Of wat doen ‘n mens?! Sal die Salvation Army kan help? Dellie, as jy hier lees, is daar rehabilitasiesentrums by julle?

    Ek is op die oomblik by die huis en log net so nou en dan in met my foon. (het ‘n knie operasie gehad). Maar ek sal kom lees wat jy antwoord of julle kan my mail, asb. (tdpk@acicc.co.za)

    Dankie Zee, en baie sterkte met die troue!

    • Nella, ek was nie gister by my computer nie, maar het vir Dellie ge e-pos van my sel af, sy sê sy kon jou help met ‘n naam in Bloemfontein. Hoop julle kom reg!!

      Sterkte daardie kant!

  2. Sal gaan help waar ek kan🙂

  3. Ekke het my tag gekry en gedoen! 😉

  4. Ek sal my huiswerk doen 😉

  5. Pingback: Skraap vir Johan!! « Onder die Maan en Sterre…….

  6. Hi Zee, net gou kom inloer om te sien hoe dit gaan, jy is mos nou se besig met die “farming”😛 lekker dag almal

  7. Hello Zee😳
    Jy is getag!!! Sorry ek return net die favour!! 😛

  8. Gaan loer gou in op my blog! Ek het jou getaggg!

  9. Izak, ek dink Zee het ‘n algehele misoes gehad met haar farming want sy reel nou net troue.   Zeetjie, kry vir jou, ek het my beurt gehad> Nog net 2 daggies.

  10. Antie Zee

    Ons is al twee tags aan… en jy is nerens te bespeur nie!

    Als okay daar by jou❓

  11. ZEE!!!! Jy’t huiswerk! Ek koes maar ok!😆

  12. Hoe was die troue? EK glo alles het perfek afgeloop – hoop ons kry foto’s te siene!

  13. Vitel, vitel!!! hoe wassie troue???? Foto’s!!! Ons soek baaaaaie foto’s ook!!! xx

  14. http://clevergames.wordpress.com/2009/09/11/games-news-chess-and-education-in-germany/
    Zee, ek weet nie meer waar is die link waar ons oor skaak gepraat het nie, maar ek het gedag jy sal nogal hierdie link interessant vind. – jy het mos genoem oor Zeetan dalk leer om skaak te speel en was nie seker watter ouderdom nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s