Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Regte plek, regte tyd

21 Kommentaar

God always answers Prayer

Vandag is dit 25 dae wat seun by die huis is. 

Dit gaan regtig baie goed. 

Hy het die naweek toe ons gaan jag het (die dag toe hy uitgekom het) baie geniet.  Hy was die Vrydag en Saterdag die hele dag in die veld op soek na ‘n ou rooibokkie, maar kon nie een kry wat vir hom wou stil staan nie.  Hy was pootuit en het vroeg aan die slaap geraak in die aande en die buitelug het hom goed gedoen en dit was goed om te sien hoe my kind lekker smul aan die kos.

Die volgende twee weke het ons hom maar baie besig gehou by die huis.  Hy het omtrent ons hele tuin skoon gemaak, bome en struike gesnoei en ja, die beste van alles, in die aande as ons tuis gekom het was ons aandete gereed.  (Ai, hoe mis ek dit nou nie)  Seun kon nog altyd die lekkerste kos maak uit sommer niks uit nie.

Saterdag ‘n week terug vra hy of hy kan gaan hallo sê vir iemand.  Hy kry vrye tyd tussen 08h00 en 12h00 op ‘n Saterdag.  Hy gaan kuier toe by die persoon wat nog altyd ook in hom geglo het.  So by 12h00 is hy toe terug en gaan aan met ‘n paar dingetjies om die huis.

Hier by 17h00 uur rond kry ek ‘n oproep van die persoon af.  Hy wil graag vir seun werk aanbied, en kan ek en seun hom so gou as moontlik kom sien.  Ons is toe Sondag laas week na kerk gou daar aan en hy bied toe vir Seun werk aan.  7 dae n week, vanaf 06h00 tot 19h00.    Elke tweede naweek is hy af.  Hy gaan hard werk.  Hy sal ook randomly getoets word sou hy dit nodig ag.  Sy salaris het my mond laat oophang aangesien ek dit nie verwag het nie.  Ons sal vir eers sy geldsake hanteer totdat hy 200% beheer daaroor kan uitoefen en hy is😎 met dit.

Vandag is dit ‘n week terug wat Seun begin werk het (ek mis my aandete, het ek dit al gesê🙂 ) en hy is baie moeg as hy in die aande by die huis kom en hy sê laas week vir my dit is die beste ding wat nou kon gebeur het, want hy slaap nou soos ‘n klip in die nag.

Nou kom ons by die prentjie hierbo…….

“God’s delays are not God’s denials.  God’s timing is perfect.  Patience is what we need in prayer”

Net toe ek al moed begin opgee het oor hoe ons vir Seun ‘n werk gaan kry, kom die oproep.  Sy nuwe werkgewer het presies geweet toe die pos vakant kom dat hy dit vir Seun moes gee, hy het ook genoem dat dit net “die regte plek, regte tyd” was en die Here hom gesê het dat hy Seun die kans moet gee.

GOD IS AWESOME!!!!

(Ps…. hy ken Seun se hele geskiedenis en hy weet presies wat die kans is wat hy vat om hom die werk te gee)

En nou vir die volgende stretch, al die finale reëlings vir Marcia se troue, ek kan nie glo dis oor minder as drie weke nie!

Volgende keer meer oor Zeethan en sy pa.

zeesig1

 

 

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

21 thoughts on “Regte plek, regte tyd

  1. Onthou jy – lank terug het ek jou gesê – alles sal regkom🙂

    Ons bid mos nie verniet nie!

  2. Dis fantasties Zee! Ek is so bly vir jou en jou familie dat dinge nou uiteindelik begin draai het.🙂

  3. Dis regtig baie goeie nuus Zee.

  4. Nou tjank ek sommer weer van voor af! Ek is BAIE bly, Zee!!

  5. Ek is baie bly vir julle almal, soos jy se; “God is in control.” Dankie tog dat dit nie net van ons afhang nie. Sterkte.

  6. Ons moet net vertrou dat gebeur alles op Sy tyd. So bly vir julle!

  7. Dis nou skitterende nuus!

  8. Hi Zee, jinne man dis wonderlike nuus, glo in Hom en ons worries is baie minder. Als van die beste

  9. Ai, as ek net vir die wêreld kon vertel hoe trots ek op M is. Ek se dit vir enigeen wat wil luister en baie vir M ook: Hy is my HERO! Om al 15 maande skoon van heroine te wees is ‘n wonderlike verhoring van gebed. Bid asb. saam met ons vir elke dag in sy lewe want hy het gebed baie nodig en hy besef dit ook.

    Dit is wonderlik om met hom grootmens geselskap te voer en na sy antwoorde wat sense maak te luister. Hy besef ook dat daar nog baie opdraande voorlê, maar met die Here se genade en krag sien hy kans daarvoor. Hy is ook so sigbaar dankbaar vir almal wat in hom bly glo het. Dit is ook vir hom ‘n openbaring dat die mense met wie hy te doen kry, hom nie soos ‘n uitgeworpene behandel nie, maar met ‘n liefde wat hy kan aanvoel.

    Ons het ook gepraat oor “tough love” en hy besef dat toe ons na baie trane en hartseer die bande met hom verbreek het, dit vir sy eie beswil gedoen is, en dat ons dit nie gedoen het omdat ons hom nie meer lief gehad het nie.

    Dankie vir al Zee se blogmaats vir die tyd wat julle haar so gedra het. Ek voorspel dat julle dit nog vir ‘n hele ruk sal moet doen. WEER BAIE DANKIE aan julle en aan ons Hemelse Vader wat altyd Sy Woord gestand doen.

  10. Wonderlik! Treetjie vir treetjie word julle gedra.

  11. (((((M))))), ons is almal erg trots op jou!

    Zee, ek is so bly vir julle almal. Sjoe… (((Z)))

  12. Baie Geluk Seun met jou nuwe werk. Mag jy baie lekker en gelukkig daar wees.
    Ek dink aan jou en bid vir jou.

  13. Zee, ek is regtig saam met jou trots op daardie jong man. Dit sit nie in elke ou se broek om te doen wat hy doen nie. Baie sterkte vir julle. Ek bid daagliks vir julle. Eintlik is ek nou so bewoë hier waar ek sit.

  14. Ek is baie bly vir jou!!!

  15. Zee, ek het nie woorde nie. Ek sit net met oë vol trane, dit laat my net weer dink aan wat manlief gister gesê het, ek is baie, baie bly vir julle!

  16. Ek is ongelooflik bly vir julle almal. Een daggie oppe slag val alles weer in plek!

  17. Ek is bly dit gaan so goed en is trots op M!!!

    ps: die seewater is lekker warm! 🙂

  18. Sjoe Zee ek is regtig baie bly vir julle.

    “God is groot en God is goed”

  19. Zee, ek is baie bly dinge gaan vorentoe. ‘n Les in hoe die hoop nooit beskaam nie!

  20. Jinne maar dit is sulke goeie wonderlike nuus, ‘n mens wonder altyd hoekom, waarom dinge gebeur, of hoekom dinge NIE gebeur nie, MAAr God het Sy eie tyd en wyse van dinge doen, bly net glo hoop en vertrou dat alles vir julle en vir jou seun gaan uitwerk, en jy sal sien oor ‘n paar jaar van nou af gaan julle terug kyk op hierdie moeilike dae en dink ….. my aarde het ons rerig deur al daai dinge gekom met die hulp van die Here? Byt vas, bly bid, glo en vertrou !!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s