Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Tuiskoms (My storie no 13)

23 Kommentaar

M en Z

Donderdag het gekom en gegaan.

Ek was Donderdag oggend hier om en by 09h30 by die korrektiewe dienste se kantore.  Seun sou ongeveer 10ho0 daar aankom.  Hulle arriveer net so na 10h00.  ‘n  Mens kon sommer die blydskap op sy gesig sien omdat hy huis toe kom.

Ek het gestaar en gestaar en kon nie glo hoe goed my kind lyk nie.  Skoon geskeer en die hare netjies gejel… (Soos altyd toe hy nie op die euwel goed was nie)

Ons stap in die kantore in en hy is ongeveer 3de in die ry.  Ok, dit sal gou gaan want hulle is nie te veel nie.  Toe nie😦

Die korrektiewe dienste het geskuif ongeveer 2 maande terug (lees mooi 2 maande) en hulle daar staan net bokse orals waar jy kyk.  Die meubels is net neergeplak en lees weer mooi…… geen rekenaars nie.  Huh….

Papiere net waar jy kyk.  Toe begin ander parolee’s instroom.  Daar was maklik 20 van hulle en seun word nie gehelp nie.  Hier by 12h30 rond kook my bloed seker al by kookpunt maar die “pose” moet gehou word.  Ek nader toe een van die personeel daar en vra hoekom dit so lank vat en werk hulle met ‘n sisteem.  Ja sê hy, en ek moet asseblief nie voorkeur verwag nie.  ‘First come first served” Ek het baie ampertjies om my perdjie geklim maar net baie “polite” vir hom gesê nee ek vra maar net want my seun was 3de in die ry en dit lyk nie asof hy gehelp word nie, maar wel ander.  Ek het toe maar liewerste in die kar gaan sit en wag.

By die tyd was Zeethan al heel omgekrap en ek het hom laat begaan in die kar net om hom stil te hou.  Hy het ouma se hele boks sneesdoekies uitgetrek en ek glo my neus was 50 keer afgevee.  Blaas ouma, blaas.  Hy het piesangs op die sypaadjie gesien en toe moes ek geldjies uithaal en vir hom ‘n piesang koop, en ai tog, die hele kar was besmeer met piesang.

13h00 klop seun aan die venster en sê ons kan maar gaan, net nadat ek daar weg is het hulle hom kom roep en toe is al die papierwerk gedoen (Ek wonder of hulle ooit weet waar hulle alles bêre🙂 ) en al die ander sit nog steeds.

Ons stop toe gou by een van my gunsteling boetieks P E P en koop gou vir hom ‘n paar goedjies ( nee kyk, dit bly maar goeie waarde vir jou geldjies) en jaag huis toe, waar ons lift al vir ons wag want Liefie het al 5uur die oggend gery en ons het in die pad geval.

Seun kan eers verlof kry om iewers heen te gaan op fase 3, hy is nou fase 1  (Go figure)

Ons het sowat 5 uur op La Pumba aangekom.

Watter rustige gevoel het oor ons gedaal……

Ons was in die bos….

Ons het gerus….

Ek het nie eers ‘n teelepel gewas nie…

Ek dink die foto vertel die res….

Word vervolg….

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

23 thoughts on “Tuiskoms (My storie no 13)

  1. Liewe ((Zee))

    Dit is die mooiste, mees perfekte foto…. kon vir lank net daarna staar.

    Dis is skitterende nuus dat hy terug is. En dat hy lyk na sy ou selwers.
    Julle bly in my gedagtes.

  2. Ai, Zee. Ek is bly vir julle.

  3. (((Zee)))
    Ek stem dit is die mooiste foto! Ek sit en huil soos net n ma saam met n ander ma kan…
    My liefde en gebede omring julle almal Zee!
    Baie welkom tuis aan Seun en baie Sterkte vir hom!

  4. Dis ‘n beautiful foto Zee! Mag dit die begin van ‘n wonderlike en mooi pad vir julle almal wees!

  5. Ek vee trane af, pragtig!

  6. Die traantjies sit ook vlak in ogies Zee … ek is so bly vir julle!😉

  7. Zee

    Julle bly in my gebede. Sterkte, ek weet dit sal goed gaan

  8. Ai (((((ZEE))))) Mag God se genade vir julle krag gee en mag sy liefde julle deur hierdie tyd dra!

  9. Ek’s bly vir julle almal, Zee!🙂

  10. Ek is bly vir jou Zee! Baie goeie nuus en baie sterkte met als daar!! Die foto is pragtig….jy moet die foto mooi bewaar!

  11. Hugs Zee… ek is so bly vir julle. Ons almal bid dat dinge net vir die beste sal uit werk. Alle sterkte vir die toekoms

  12. Wonderlik Zee,
    Mag Vader die res van jul pad met rose besaai.
    Julle bly maar in ‘n mens se gedagtes. Geniet elke oomblik van saamwees, en ons bid vir jou in besonder.

  13. Die foto se dit alles!

  14. Ek is so bly vir jou part, dit wys jou net maak nie saak waardeer ‘n ma gaan nie, sy sal by haar kinders staan kom wat wil, ek sal vir die Here bid dat Hy julle sal dra op Sy hande en ‘n ogie oor julle sal hou, want julle is spesiaal, jou kind is by die huis en julle is weer ‘n familie🙂

  15. Uiteindelik! Ek wens hom die beste toe en vertrou ‘n nuwe rigting is waaroor hy in die gevangenis kon besin. Die foto is hartstogtelik mooi.

  16. Ek is bly saam met jou dat jou seun tuis is. Ek bid saam met julle!

  17. WOW stunning foto! Baie bly jul het bietjie gerus…en heng jyt nie eens nodig gehad vir skottelgoed was nie! Dis nou ‘n bargain! Blessings vir julle daar!

    Bravo 2 oor en uit!

  18. Soos Emil kan ek dit nie beter sê nie: Hartstogtelik mooi. Netso. Keeltoetrek-hartoorloop-mooi! Dankie Zzz’tjie!! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s