Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Net 15 minute oor?

29 Kommentaar

Elke oggend oppad werk toe luister ek Jacaranda 94.2.  Een oggend die week praat hulle oor ‘n “sogenaamde” meteor wat 3 keer groter as die aarde is en wat ‘n planeet getref het.  (Hulle het ook gesê dat dit nie waar is nie omdat dit nêrens in die koerant of op TV was nie)

Darren vra toe die volgende vraag.

What would you do if you know you have only 15 minutes to live until the world is wiped out?  (Seker nou nie die presiese vraag nie, maar dit was iets in die lyn)

Die heel eerste ding wat in my gedagte opgekom het was “I’ll pray to God” en ek het dit skaars klaar gedink toe sê Darren, I will listen to my 5 favourite songs.  Hy vra toe die vraag aan een van die omroepers en die antwoord, “I’ll do my wife” wat ek nie gedink het baie smaakvol was nie, maar dis nou net my siening.

Eers daarna het ek mooi gedink, ek sou dadelik eers my familie bymekaar gekry het, die wat dan nou op daardie stadium in die omtrek was, en dan op my knieë gegaan het.

Maar tog bly die vraag in my kop afspeel, wat sou jy doen?

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

29 thoughts on “Net 15 minute oor?

  1. Zzztjie – ek dink ek en jy het al meer as een keer virtueel en spiritueel ‘knieknoppe geraak-raak’, nê??😉 So, ja in daardie laaste 15 minute, sal ek en jy mekaar weer beslis in daardie posisie raakloop (of issit raakknie?) – Watter enige ander sin sal ek tog kry in 15 minute – behalwe dalk net die totale oortuiging dat my ewigheid in Hom om 15:01 begin….
    Take care Zzztjie!! xx

  2. Dis ‘n maklike vraag!! Ernstig. Ek sal saam Cois (indien moontlik) dagma toe jaag, my kids kry en sommer net pret hê. Ek sal hulle kielie, drukkies gee en soen. My man ‘n drukkie gee en die ewigheid ingaan met die klank van my kinders se lag in my ore en ‘n smile op my gesig. Natuurlik is ek bang vir die fisiese pyn, maar ek is SOOO reg om Jesus te ontmoet.

  3. Ek sal graag by Dianay en Didi wil wees en ook bid en waarskynlik sing. 15 minute is maar ‘n kort tydjie.

  4. hi Zee, ek dink ek sal dieselfde doen as wat jy sou doen, hopenlik met my familie by my.

  5. Ek het dit toevallig ook op Jac gehoor. My vlak gedagte was om iewers n prime spot te kry, waar die laaste paar minute kan kyk. Mense se reaksies en op ek iets kan sien van hoe die ewigheid ons inhaal.

  6. Die vraag laat my nogal aan die titanic dink. Daar is die een toneel waar n ma, in die laer klas, haar kinders in die bed sit en hulle aan die slaap sus. Wetende dat hulle nooit weer wakker sal word nie. Hopende om hulle die angs van die onvermydelike dood te spaar.

  7. Zee,
    hierdie is verseker n vraag met n miljoen antwoorde! Ek sou ook graag die laaste 15minute saam met my man en kind wou deurbring – net weer vir hulle wys hoe baie lief ek hulle het…. saam met hulle kniel en die Vader dank vir 2 sulke wonderlike mense in my lewe.

  8. In die vaste wete dat hulle saam met my die ewigheid gaan deurbring, sal ek miskien my kinders wou vashou omdat “wiped out” ook ‘n meteoor of ander katastrofiese natuurramp mag wees en vrees daarmee mag saam gaan. MAAR (die gedagte skiet my te binne – of ek dit sal kan doen….. ope vraag) moet ek nie probeer om in daardie 15 minute nog een siel na Jesus te lei nie? Of twee of drie? Miskien moet ek en my kinders elkeen ‘n “iemand” soek om die Woord net nog ‘n laaste maal mee te deel.

  9. My antwoord sluit min of meer aan by Adrie s’n.
    Ek sou graag doodkalm wou bly, die Engelse kind ‘n sterk slaappil ingee en doodseker maak hy weet hoe lief ek hom het.

  10. Wilnie weet nie, ek het te veel sondes

  11. Ek sal iewers rustig wil gaan sit en my selfoon nader trek en soveel moontlik mense in daai tydjie bel.

  12. Sal dit met my vrou en seun spandeer en maar oë toeknyp en hulle vasdruk as die laaste sekonde aftik.

  13. Dieselfde as joune Zee!!!

  14. Ek sou seker half histeries eers rondhol vir 5 minute en dan die laaste 10 minute wil ek net by my man en kinders wees.

  15. het jy al Knowing van Nicholas Cage gekyk??

    daarin het die familie maar in ‘n kring gestaan en hug, en toe word die aarde deur vuur verswelg …

  16. Hi wil net ietsie se, dit objek wat Jupiter getref het het ‘n merk so groot soos die aarde gelaat. Dus was hy veel kleiner. Jupiter beskerm ons in ‘n groot mate.

    Maar, in die meeste gevalle sal ons nie ‘n waarskuwing kry nie. Selfs al weet die kenners dit, oor die histerie wat dit veroorsaak.

    Jy sal net die vuurbal in die lig sien en dan DOEF.

    As ek daarvan hoor, met my geliefde. Lekker vraag.

  17. Ek sal van my kop af raak omdat ek seker nie by (a) my man of (b) my twee kinders sal wees nie. Ek sal wie ek by my het, bymekaar roep, die ander bel, en net styf teenmekaar wag vir die einde. Mag dit nooit gebeur nie.

  18. Oi Zee wat n moeilike vraag, wel my instink sal seker na vore tree en kyk hoeveel mense ek kan red… wat mors van tyd natuurlik sal wees. Ek hoop ek sal naby genoeg wees om by my vrou en seun te wees, hulle die laaste keer kan sê hoe lief ek hulle het (ek doen dit elke keer voor ek by die huis uitgaan omdat ek nie weet of ek hulle vanaand of die volgende oggend weer gaan sien nie). Saam sal ons die laaste keer saam bid vir almal wat Hom ken en ook die wat Hom nie ken nie om gered teword. Mag dit wees dat ons dit nooit sal ondervind nie, wie weet…..

  19. Ja ek het ook daai oggend in die kar gesit toe Darren daaroor praat, seker maar net jou geliefdes groet is die belangrikste die ander goed waaraan jy geheg is moet jy maar vergeet van.(aartse goed)

  20. Welleeeheeeee… Ek het nou nie man of kind nie… Sal maar saam die kat op die gras sit en wag…

  21. Ek sal by my geliefdes wil wees en net bid bid bid ….

  22. Ek het nou so lekker gesmile vir Girl van die Suburbs se comments!

  23. LOL Parkie… Die ou siel en ek het ook net mekaar. Ek glo hy dink hy is ‘n hond en volg my soos ‘n skaduwee..😆

  24. Ek het nou weer gedink. Glo nie ek sal rondhardloop ens. nie, ek is te prakties daarvoor… sal seker ‘n tassie pak vir net ingeval😆

  25. Zee ek sou dieselfde as jy gedoen het, ek sou die VADER om vergifnis smeek en sy genade oor my bepleit en ook my geliefdes almal `n laaste keer wou sien, hoor en aan hulle vat.

    In baie van die Amerikaanse flieks is die ouens op die laaste of is in `n lewens gevaarlike situasie met letterlik `n paar sekodes of minute oor en dan sal hulle nog die Allerhoogste se naam belaster.

    As jy kan se asb iets hier http://die-werf.co.za/?p=3397

    Lekker dag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s