Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Scribbles…..

17 Kommentaar

Ek is getag deur Tweelingkind, Huisvrou en GvdS om my skribbels hier te kom wys.  In graad een het ek links begin skryf en die juffrou het my blykbaar op die hande gewiks totdat ek regs begin skryf het😦

Scribbles1

Handwriting Personality Quiz

Handwriting Personality Quiz

The results of your analysis say:

You like to be surrounded by four solid walls.
You are a person who thinks before acting, intelligent and thorough.
You are diplomatic, objective, and live in the present.
You are a talkative person, maybe even a busybody!
You enjoy life in your own way and do not depend on the opinions of others.

Ek weet nou nie so mooi van die talkative person nie, maar ek kan partykeer tog ‘n regte busybody wees  en ander se opinies tel tog in ‘n mate sterk by my🙂

Prys vir die mooiste griffels…..  BB, jy het die mooiste handskrif wat ek in ‘n baie lank tyd raakgeloop het,  sommer ‘n kombinasie van klein en groot letters, en ek hou van die pienk hoor, hoekom is ek nie verbaas nie, jy chat dan altyd in pienk😉

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

17 thoughts on “Scribbles…..

  1. Jou handskrif is weer hoe ek graag sou wou skryf. So mooi regop.

  2. So mooi!!!
    Dankie hoor.

  3. 😆 Moeilik met die muis, seg jy?!

    Jy’t ‘n mooi handskrif, Zee. Jou juffrou het goeie werk gedoen!

  4. Jy skryf mooi, wat klaag jy so!🙂

  5. Hier’s wat jou handtekening vir my vertel: (kortliks) jy hou jou emosies ‘in check’ – jy poog sovêr moontlik dat jou mind jou hart rule.
    Jou descending baseline wys dat jy dalk bietjie ‘moeg’ is??😕
    Jy het nie regtig konsentrasie probleme – behalwe wanneer dit by kleiner detail kom, dan verloor jy soms die ‘draad’ – jou gedagtegang is geneig om jouself in die rede te val – jy kan maklik deur iemand gevra word “waaraan dink jy” en as jy sê jy weet nie, jok jy nie, want daar’s so baie thoughts wat all over the show is, dat jy nie een spesifieke een kan oproep wat uitstaan…
    Jy is reliable en dependable – consistently – pasop dat dit nie ‘misbruik’ word nie
    Jy is vrek eerlik
    Jy het neigings tot filosofie en is baie verbeeldingryk, maar iets weerhou jou daarvan om moeite te maak met daardie talent (tyd dalk??)
    Jou approach tot die allerdaagse berus op sterk deeglikheid. Dis die spil waarom als draai. Dis vir jou die belangrikste – die balans: gesin, familie, finansies, werk – als moet gebalanseerd wees, jou hok word maklik geskud as die dinge wat jy voel jy behoort te kan handle nie in routine is. Jy hou van roetine. (ek weet almal haat dit tog maar eintlik, maar jy hou daarvan om te weet: what now… en what next… en so on…
    Jy lyk werklik of jy bietjie moeg is – of dan ‘af’ fisies dalk eerder – jy’s nie ‘n ekstremis nie – jy is nie ‘n materialis nie, maar als dui daarop dat jy tans (LW!!) nie vreeslik baie ‘krag’ het vir dinge nie… hel, ek mag totaal en al verkeerd wees, maar dit lyk of jy soms nie eers lus of ‘krag’ het vir eet nie; bietjie tekort aan ambisie – maar dit mag ook net wees a.g.v die energie tekort.
    Jy is easygoing en sien nie sommer ander se swak punte raak nie – m.a.w. jy is beslis nie bevooroordeeld oor mense nie en sal nie op hoor-sê gaan nie.
    Jy is nogal in beheer van jou finansies – as a matter of fact jy behoort nogal in daardie veld te werk – syfers…geld…soiets? Maar jy is cool met budgeting en stuff…
    Jou skrif dui als behalwe op talkative – ja dalk so tussen 2 van julle, maar in ‘n groep sal jy baaaie lekker terugsit en luister hoe die ander praat.
    Jy voel soms misverstaan of sukkel soms om in totaliteit jouself te verduidelik. M.a.w om jou opinie of gevoel behoorlik oor te dra. Jy is geneig om te dink “I should’ve said that” of “I meant to say this”.
    Jy sal eerder ‘n ding alleen aanpak of probeer as om vir hulp te vra – jy wil tog net nie moeite vir iemand anders wees nie.
    Jou ouderdom het niks te maak met die feit dat jy nog in jou hart soos jou ma se ‘dogtertjie’ voel nie.
    Dis dan al. Dankie😉
    ( ( ( Zzztjie ) ) )

    • BB Gaan ontleed myne bietjie toe seblief, jy doen dit so goed!

      Zee, dankie, en jy skryf mooi man!

  6. Ou Zee’tjie. Beduie bietjie vir ons hoe reg (of verkeerd) BB was toe? Sy was omtrent spot-on met myne, maar ek dink sy het gekroek want sy ken my.

  7. Ek is stomgeslaan BB!!
    Jy is so in die kol behalwe vir….

    “Jy is nogal in beheer van jou finansies – as a matter of fact jy behoort nogal in daardie veld te werk – syfers…geld…soiets? Maar jy is cool met budgeting en stuff”

    Ek het nogal ‘n oog vir syfers, het sertifikaat vir boekhouer maar ek hou nie eintlik van syfers nie MAAR, ek suck in my eie budgeting by die huis, voor ek my oge uitvee het ek nie geld nie, my man noem my nie verniet die “Big spender” in die huis nie. Maar ek moet sê, die laaste 16 maande het ek regtig ‘n effort gemaak om myself in toom te hou en probeer regtig hard aan ons budget werk, net so nou en dan slip ek op😦

    En ja, ek is moeg…. gelukkig is daar ‘n kort wegbreek vir ons volgende week op ‘n plasie en ek gaan rus, saam met my seun en sy seun… en ek sien regtig baie uit daarna!!

  8. Verskoon my – dan was ek alles “behalwe” verkeerd?? Jy het ‘n sertifikaat vir boekhou??? I rest my case:mrgreen: – jou ‘big-spending’ is dalk net ‘n manier om jouself te troos met ‘treats’ and things – en het dalk bietjie in ‘n ‘slegte gewoonte’ ontaard eerder as wat jou innnerlike natuur sou wees… Dis seker soos astrologie ook maar – invloede en things maak dit ook nie aldag akuraat nie…
    So sê my wanneer verjaar jy???:mrgreen:

  9. 6 Nov🙂
    Ja ok, jy was heeltemal reg gewees as ek dit van so ‘n oogpunt af bekyk🙂

  10. Zee se Scribbles is beautiful. Weereens gaan ek nie teen Beeps kompiteer nie…. Ek is mal oor jou “e’s”

  11. Geniet die wegbreek!
    Mooi handskrif…

  12. Ek hou baie van die skrif!

  13. Jissie Zee… Jy is voorwaar special as 3 mense jou tag!

  14. Zee mooi eenvoudige handskrif, niks fancy nie, so op die man af en haastig!

  15. Baie dankie dat julle dink my handskrif is mooi, ek verbloem maar altyd my skrywe met gekleurde penne op mooi papier🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s