Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Parool op ons voorstoep…

37 Kommentaar

Hallo julle…

Soos julle seker agtergekom het, is ek die laaste ruk maar baie stil.  Ek sal seker vandag ‘n bietjie deurmekaar skryf vir julle, maar dis maar omdat ek deurmekaar verby is op die oomblik…

Hoekom?  Want ek worry my gat af.  Ek is BANG!!

Vandag is die “D” dag vir seun.  Hy gaan vandag voor die parool kommisie staan en vandag word seker besluit wanneer hy gaan uitkom.   Ons kyk na ongeveer die middel Julie, maar sal seker eers later presies weet.

Die 12de was hy 13 maande in die tronk.  Gewoonlik word hulle op parool gesit sodra hulle die helfte van hulle vonnis uitgedien het.

Ek loop nou al seker vir weke met hierdie bang gevoel.  Hoe gaan ons dit hanteer?  Wat gaan ons met hom maak?   Daar is soveel vrae wat op die oomblik onbeantwoord bly wat net tyd gaan leer.

Saterdag 2 weke terug kry my dogter ‘n oproep van seun af, ek moet dringend kom, hy kom al Maandag uit.  Ek het amper van my kop af geraak, ek was nie reg vir hom om die Maandag uit te kom nie.  Reëlings moet mos eers getref word vir hom.  Ek het toe gou die Sondag deurgery en gaan hoor wat aangaan.  Marcia het heeltemal verkeerd verstaan.  Hy was “eligble” vir parool van die 1ste Junie af, maar sou eers die parool kommisie die 15de Junie sien.  Hy wou my net laat weet om myself te kan voorberei.  (Ek was baie bly om te sien sy mind begin darem weer aan ons dink)

Ek was eintlik baie bly dat ek gegaaan het, dit was die eerste keer dat seun sy vrese aan my openbaar het.  Ons het seker vir twee ure gepraat, iets wat ek seker 10 jaar laas met hom gedoen het.  Hy is onsettend bang oor hoe mense hom gaan hanteer as hy uitkom.  Hy is ook bang dat hy nie sterk genoeg gaan wees om NEE te sê nie.  En en….

Maandag oggend bel ek om uit te vind hoe kan ek met iemand van die parool kommisie praat, en hulle gee toe vir my ‘n nommer.  Ek het toe met die hoof wat aan die parool kommisie sit, gesels.  Hy het vir my die parool voorwaardes gefaks om vir my bietjie ease of mind te gee, en as daar enige iets was wat ek wou byvoeg kon ek.  Die voorwaardes is nogal baie streng.  Hy sal onder huis arres wees en mag net met toestemming uitgaan.  As hy werk gaan soek moet hy “proof” hê dat hy wel werk gesoek het.  Hy sal automaties toestemming hê om Sondae kerk toe te gaan.  Hy gaan ook community service doen, ons weet nog net nie hoeveel ure per week en waar nie.  Hy mag geen dwelms of alkohol gebruik nie, hulle kan random toetse kom doen by die huis, en die eerste keer wat hy positief is, gaan hy terug tronk toe.

Om heel eerlik te wees, ek kan eintlik nie wag dat my “KIND” huis toe kom nie, om hom weer van vooraf te kan leer ken nie, sonder die dwelms.

Hy kan klein goed onthou, soos toe sy pa hom geleer houtwerk doen het, hoe ons stories vir hom gelees het, maar hy sê dat sy memory baie swak is, en die klein goedjies wat hy wel onthou, kan hy nie wag om met sy seun te doen nie.  Zeethan het op Moedersdag vir hom  pappa gesê  (ons het vir hom gesê dis sy pappa en hy moet sy pappa roep), en die uitdrukking op daardie kind se gesig toe Z pappa sê was priceless….  Dit was asof iets regtig in M se hart geruk het, en hy kon Z net nie uitlos die res van die tyd toe ons daar was nie. 

Hy het my een ding gevra, en dit is dat sy “eerste” uitstappie met Zeethan asseblief Zoo toe kan wees, omdat hy kan hoor hoe lief Zeethan diere het.  Hiervoor sal ek natuurlik toestemming moet gaan kry.

Ons sal elke dag stappie vir stappie vat,  my kind het nog baie “healing” om deur te gaan, en ons as familie, en dan sê ek hier my HELE familie, nie net die wat in ons huis bly nie, gaan hom al die ondersteuning gee wat hy nodig gaan hê.  As dit meen dat ek weer nagte moet omry om hom na NA toe te vat, sal ek dit doen.  Ons Doom wil klaar vir hom ‘n ondersteunings groep stig voor hy uitkom dat hy dadelik met die regte vriende kan omgaan. 

Dis waar Sonkind se Witgepleisterde grafte hier ter sprake kom.  Sonkind, dankie vir hierdie post van jou, ek wens ‘n hele paar mense lees hierdie post van jou!  Ek het vir seun daardie Sondag omtrent dieselfde gesê, hy moet net sy kop hoog hou en die mense in die oë kyk, en solank as wat hy skoon is hoef hy nie skaam te wees nie, mense sal eerder opkyk na hom omdat hy so sterk SAL wees om die euwel uit te los.

“Wat maak een mens beter as ‘n ander? Wat maak my moraliteit reg en joune verkeerd? Wie gee enigeen van ons die reg om ‘n oordeel oor ‘n ander uit te spreek of selfs net te dink? Het jy selfs net een myl geloop in die skoene van daardie persoon waaroor jy nou agter jou hand fluister?”

“Dink jy… alle mense wat in die tronk is, is sleg? Het jy al ooit ‘n geliefde in ‘n tronk besoek? Het jy al ooit deur ‘n glasvenster gesien hoe lyk opregte berou, sonder dat jy kan vashou en troos? Het jy al ooit nagte lank in jou drome gehoor hoe knars sleutels in slotte, terwyl jy al hoe verder weggelei word, terwyl jy teruggaan na vryheid en ‘n stukkie van jouself agterlaat? As jy nie het nie, moenie jouself aanmatig om oordele uit te spreek nie. Jy ken net ten dele.”

Net tyd sal leer wat nou vir ons voorlê, en ons sal dit alleenlik kan doen met

1. Die ondersteuning en liefde van ons familie en vriende wat nog in hom glo en

2.  Sonder Hom sal ons dit nie maak nie, ons sal net op ons knieë moet bly en op Hom vertrou!

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

37 thoughts on “Parool op ons voorstoep…

  1. Zee, my hart gaan uit na jou/julle!!

  2. (((((Zee))))) Liefde vir julle. Ek glo dat jy die regte ritme sal kry as jy dit tree vir tree doen. Eendag gaan jul terug kyk hierna en sê: “Dit was aaklikg, maar dis nou verby!”

  3. Kan jy my asb jou epos adres laat kry.

    Sterkte dink aan julle

  4. Ai, Zee. Ek dink aan julle. Sterkte! (((Zee’tjie)))

  5. Zee,
    Anderdag het jy vir my gebid! Vandag bid ek vir jou!
    “Heer U het my geseen met ‘n besonderse internet vriendin wat soveel liefde vir haar medemens het. Sy en haar gesin gaan deur soveel emosies! Wil haar en haar omgee vir haar familie aan U opdra. Gee haar asb rustigheid en vrede in haar hart. AMEN.”

  6. ((((Zee)))) Voorspoed vorentoe.

  7. Baie sterkte vir julle Zee! (((Zee)))

  8. Zee, jy het my hier in trane. (soos jy my in trane gehad het toe ek jou blog die eerste keer ontdek het, jy sal onthou dit was juis ook die instkrywing wat ek gelees het oor Seun en alles rondom hom). My hart gaan uit na jou toe! Ek weet Jesus sal jou die krag gee om hierdie “probleem” te oorkom. Plaas jouself in Sy hande en glo en vertrou op Hom, moenie eens een sekonde huiwer nie. Weet dat Hy jou sal dra…jy ken die voetspore-verhaal, nou ja! Hy dra jou nou, daar is slegs een ry voetspore op hierdie oomblik. Ek dink aan jou spesiaal vandag en weet dat als vir jou en hom sal goed uitwerk. Daardie kleintjie het Seun nodig en Zeethan is op die ouderdom wat hy met Seun gaan WERK! Die uitstappie gaan vir hom baie beteken. Sterkte! ((((ZEE))) en vir Seun/Zeethan ook.
    Fillippense 4:6…lees in Afrikaans…hier is die Engels van die Internet

    “Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. 7And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus”

  9. Baie sterkte aan julle Zee! Ek dra julle op in my gebede en ek glo en vertrou dat julle hierdeur sal kom en dat alles reg sal uitwerk!
    Sterkstaan en vasbyt!
    (((Zee+familie)))

  10. ((Zee en familie)) Het vir jou ‘n briefie gelos op FB.😉

  11. Ai Zee. Ek sit net hier en bid dat dinge vir julle sal reg uitwerk.

  12. (((Zee)))
    Bid vir julle almal Zee! Jy is n ma DUISEND!
    Mag God vir seun in sy GROOT arms toevou elke tree van die pad!

  13. STerkte zee. jy het my skoon trane gegee. ek hoop dis die 2de kans waarvoor jy gewag het. en ek hooop dis die beste 2de kans ooit.

    dink aan jou….

  14. (((Zee en gesin)))

  15. Ek hou ook sterk duim vas, dit KAN oorwin word en moenie dat enige setbacks julle moed breek nie. Probeer net weer totdat julle bo uitkom.

  16. (((Zee))). Jy weet waar om my te kry as jy wil praat. Saam sal julle hierdie wa deur die drif trek. Dink aan jou.

  17. Sterkte (((Zee)))

  18. Sterkte Zee, dis ‘n groot stap vir julle. Ek hou duim vas dat dit vir die beste uitwerk.

  19. Sterkte Zee, ek dra julle ook op aan Ons Hemelse Vader! Jy is een van die wonderlikste moeders wat ‘n kind seker kan he! (((Zee)))

  20. Sterkte (((Zee))), babysteps!! Alles gaan reg uitwerk!

  21. Alle sterkte vir jou en jou familie, Zee.

  22. Laat ons positief wees en elke uur op sy eie hanteer. Ek weet ons Hemelse Vader kyk vandag na M en voel soos ek: Hy is my hero want die verslaafdes wat DERTIEN MAANDE al sonder heroine is, kan seker op mens se hande getel word. Laat ons hom ondersteun en SAAM met hom dinge doen sodat hy kan weet ons gee om en dat hy nie alleen staan nie. Laat ons bid vir GEDULD en WYSHEID en hom al die liefde gee wat ons kan. En dan bo alles laat ons hom van voor af leer dat die Here Jesus vir ons almal, en ook vir hom, aan die kruis gesterf het en dat by Hom niks onmoontlik is nie. Luv u.

  23. Ek hoop alles werk goed uit vir julle, Voorspoed vorentoe!!

  24. Ai, julle sal nie weet wat almal van julle se woorde vir my beteken nie.
    Dankie ook vir die e-posse, ek waardeer dit opreg.

    BAIE DANKIE!!!

    Ek het op hierdie stadium nog niks gehoor nie, seun sal seker maar bel sodra hy kan om te laat weet wat toe gebeur het.

  25. Ek bid so vreeslik hard vir julle!

  26. Julle kan net doen wat julle kan. Ek vertrou alles werk goed uit.

  27. Sterkte Zzz’tjie!! xx

  28. Hier is agteros ook.

    Baie sterkte. Seun het sy prys teenoor die gemeenskap betaal en het die volste reg om die lewe met altwee hande aan te gryp. Diegene wat dit nie kan aanvaar nie, wel, jammer om van hulle moeilikheid te hoor.

  29. Ek hou duim vas en dink aan julle. Dit gaan sekerlik nie maklik wees nie, maar deursettingsvermoë is die sleutel. En jy lyk nie na die opgee tipe nie.

  30. Ek het gistermiddag met die hoof van die parool kommissie gepraat en hulle het toe nooit Maandag gegaan nie, dis nou die goverment vir jou die!
    Hulle sal D.V. Vrydag gaan…..

  31. HI Zee

    Sterkte vorentoe, voorspoed. Hy het sy skuld betaal en ons bid dat hy nie weer sal val nie.

  32. Sterkte vir julle almal. Ek is seker dat na al die harde bene wat julle as gesin gekou het, dat julle die situasie sal deurmaak – nie net deurmaak nie, maar ook anderkant heel uitkom. Julle is almal in ons gebede

  33. Seun se parool ding was toe eers laasweek Dinsdag gewees. Hy kom die 30ste uit.

    Ek sal hom vroeg gaan haal seker hier by 11uur, dan gou na een van my boetieks P E P toe vir bietjie klere en dan val ons in die pad Naboom toe. Ek dink hy gaan dit geniet in die veld vir die paar dae.

    Dankie baie vir almal se gebede wat my dra op die oomblik!

    • Hello dit is susan van vredendal ek sit presies in dieselfde bootjie as jy my seun kom die 11 aug uit na 6 jaar en nege maande ek weet waardeer jy gaan ek bid vir jou en jou familie ek het ook n benoudheid in my hart want my kind het daar binne geleer vir pastoor en sy graad gekry daarvoor wat wonderlik is ek is so trots op hom maar nou weet ek nie lekker hoe om hom te hanteer as hy huistoe kom nie ek kan nie meer wag nie maar is ook taamlik benoud ek weet nie waaroor nie maar ek dink jy sal verstaan alles wat mooi is vir julle geniet hom ek gaan my kind so geniet ek weet dit mooi bly en koop vir hom mooi klere ek gaan dieselfde doen die vis motte het al sy goed gate ingebyt, maar ek dink hy moet nuut begin of hou lekker dag vir jou en pas jouself op die Here seën julle bye susan clark

  34. Baie sterkte Zee! Ons trek die 30ste, dus sal ek sommer aan julle dink ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s