Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

The tender side of Me

14 Kommentaar

tender side of me

Toe ek hierdie stukkie lees, het ek gevoel dit is presies hoe ek voel.  Ek is ‘n persoon wat maklik trane in my oë kry, good or bad.

Op n oomblik wat ek nie verwag het nie, kontak ‘n vriendin my, en ek weet, sy het my nie vergeet nie, al het ek so gedink, en my oë was skielik vol trane, en as sy hier lees, sal sy weet dit is sy.  Hierdie stukkie is spesiaal vir jou!!

Ek sit al vir meer as ‘n week met “panic attacks” wat ek nie kan wegkry nie.  Ek is moeg vir die gevoel dat my hart met my weghol.  Waarvoor ek nou weer so voel weet ek nie, maar ek het al geleer dat as ek sulke aanvalle kry, iets gebeur, wat dit sal wees kan ek nie sê nie, maar whatever dit is moet nou kom… dat ek met dit kan deal en ek net weer myself kan wees!

Tot later……

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “The tender side of Me

  1. Dis pragtig. En skielik wens ek .. ek kon meer vir jou wees. Dieselfde klippe uit jou pad rol waarmee jy myne gelykgemaak het. Daardie einste klippe neem en vir jou n fort bou wat jou sal beskerm .. dag en nag. Zee se fortress. Jy is en bly n engel in ons midde .. xx

  2. Ek ken daai gevoel al te goed en dit kan mens mal maak met tye!
    Baie sterkte en ek dink aan jou!

  3. Baie sterkte en pas jouself mooi op! ‘n Mens se gesondheid kom altyd eerste…bo wie ookal! al is dit moeilik. As jy nie gesond is nie, kan jy nie na die ander om jou omsien nie.

  4. Zee, ek dink aan jou! Soentjie vir daai blonde kop!

  5. ( ( ( Zzz’tjie ) ) )

  6. 😳 Dankie en Sterkte ((((Zee)))!!
    Mens kan jou nie maklik vergeet nie, want jy is special!!

  7. Zee ek weet presies hoe jy voel, ek voelook soms so, dit voel soms of my hart wil uitklim, ek het altyd kalmeerpilletjies by my, Met my man se ongeluk het ek soms daai dae wat ek voel dis te veel, maar ons word tog daardeur gedra.
    STERKTE!!!

  8. Ken ook daai gevoel maar te goed…Sterkte. Ek het ook kalmeerpilletjies of Rescue drops as dit te erg raak.

  9. Sterkte. Mens voel soms alleen, maar dan is daar mense soos die wat hier kom skryf wat mens laat besef jy is nie alleen nie.

  10. (((Zee))) Bel my as jy wil gesels – of mail. Jy weet mos, ek kommentaar maar min, maar ek bid nog al dag🙂

  11. Sterkte Zee….. Panic attacks is bitter goor… ek het ook al gehad. Ek hoop jy werk uit waar dit vandaan kom.

    Groot HUGS!!!!!

  12. Dankie julle…

    (((Elf)))
    BB, dankie vir my drukkie, partykeer is dit seker ook al wat mens nodig het.. Wip preek hoeka al vir twee dae vir my dat my man se drukkies baie meer vir my gaan beteken as enige iets anders🙂
    Ogies, ek geen net vanaand vir hom daardie soentjie!
    Parkes, praat so van jou man, hoe gaan dit nou met hom? Dit is al n hele rukkie nou na die ongeluk nê!
    Tweelingkind, ek gaan daardie drops kry vanmiddag, die apteker het vanoggend vir my vir die tussentyd Restin gegee.
    Nikita, jy slaan die spyker op die kop @ Gesondheid, Ons het vandag n Wellness @ Work, het my bloeddruk laat neem, 176/97 en cholestrol is 6.4. Het seker maar ook ‘n faktor in my attacks, weet nie. Ek dink dit is seker maar tyd dat ek by die dokter uitkom.
    Wip, die chemist sal vandag vir my die Rescue spray bestel, hy het nie van dit gehad nie. Hulle het net die pilletjies en drops gehad, maar nou sien ek Tweelingkind se sy gebruik die druppels, dalk moet ek bietjie dit in dit tussentyd kry.
    Sonkind, dankie, ek sal!!
    GVDS, ek probeer al vir twee weke uitpluis, maar ek dink daar is net te veel hooi op my op die oomblik, weet nie watter een dit veroorsaak nie.
    Attie, dit is so goed om hier te lees ek is nie alleen nie, en dat daar ander mense ook is wat soos ek voel, bly jy is terug, en moet ons nooit weer vir solank verlaat nie, ek het jou inskrywings gemis, al het ek nie altyd daar kommentaar gelewer nie!

  13. Zee dit gaan goed met hom, hy kry net erg pyne in albei sy bene, maar die dokter het x-trale geneem van sy rug en die dokter beveel aan hy moet n rugoperasie kry probleme in die lae rug. Nou ja ek het toe die dokter se motiveringsbrief gefax na Ongevalle komissaris en hulle het dit afgekeer, want volgens hulle het die rug niks uit te waai met die been se besering, maar volgens die dokter is dit maar agv die been en hy loop effe mank met die kunsbeen.
    Ek het toe weer n brief terug geskryf aan WCA, so nou wag ek maar anders sal ek SAL kontak en hulle moet maar plan sien, want dit was besering aan diens.

  14. Die Rescue werk ook vir my. Sterkte, jong. Hierdie angsaanvalle is geweldig stremmend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s