Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Rookvry

43 Kommentaar

Vandag stel ek julle voor aan my nuwe rook maaitjie… Esig

Van vandag af gaan ek hard probeer om rookvry te wees.  Ek is die eienaar van ‘n nuwe elektroniese sigaret. 

Voor ek die Twisp gekoop het, het ek dit “ge-test drive”.  Ek wou seker maak dat dit wel voel asof ek ‘n sigaret rook.  Groot was my verbasing!!  Alhoewel dit natuurlik swaarder is as ‘n regte sigaret, het ek presies dieselfde gevoel gekry toe ek maak of ek rook!!!

Ek kan nie wag dat my nuwe sigaret 8 ure gecharge het nie.   Nou kan ek as ek lus het vir ‘n sigaret in my kantoor rook, ek kan in die kar rook, ek kan orals rook want dit is nie regte rook wat daar uitkom nie.

Dit is gesonder…

Ek het ons maand se rook begroting gaan gebruik vandag om hierdie e-sigaret te gaan koop, en nooit weer (hopelik) sal ek my hande aan die ware jacob sit nie.

WISH ME LUCK!!

Twisp

Twisp powered by Janty!

Twisp South Africa, is partnered with Dutch electronic cigarette manufacturer Janty to produce our personal vaporisers.

Janty has over the last 4 years proven themselves to be the leaders in research, development and produce the highest quality products on the international market, as well as being voted “Best electronic cigarette” by Mixmag and others.

Twisp is thrilled to have been awarded exclusive distribution rights for Africa for Janty products, which will be branded with the Twisp logo.

As of December ’08 all Twisp branded products feature the Janty components and we are exited to offer this superior product along with the best service available!

Twisp Smoking isnt Smoking!

Twisp is not a real cigarette, but a personal and portable vaporiser, that uses micro-electronics and a lithium polymer cell to evaporate nicotine in “smoke” from a replaceable cartridge.

The vapour does not smell nor does it contain tar, carcinogens or smoke particulate found in first and second hand cigarette smoke, but it feels, tastes and looks just like the real thing.

Best of all you can “smoke” your nicotine machine virtually ANYWHERE!

Twisp electronic cigarettes represent the very latest technology in micro vaporisers, being the smallest, lightest and most reliable on the market.

Backed by our 3 month warranty, your Twisp electronic cigarette should pay for itself in less than 6 weeks, not to mention the benefits of not inhaling tobacco smoke.

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

43 thoughts on “Rookvry

  1. Laat ek die eerste wees om GOOD LUCK te se. Hoe lank vat dit om die vaporiser te los en net gewone lug in te asem?

  2. Uhm, Zee, wat kos hierdie megafterkie? Ek sal graag jou progress dophou… baie sterkte!

    NS. Onthou, sien jou vanaand oppi plaas!😉

    • Dellie, dit is hier by die R800 rond. Ek het dit by ‘n supplier gaan koop wat eintlik duurder was. ‘n Mens kan dit direk van die internet af koop en dit gaan jou goedkoper uitwerk.. Ek het ‘n ekstra vaporiser gekoop en die ouens het seker ‘n 200% markup op dit gehad, ek het hulle gebel en gevra hoekom rip hulle ‘n mens so af, en glo vir my, moremiddag na werk is dit ek en hulle. Nou ja, haastige hond verbrand mond nê👿

  3. Zee, Ding is self op soek na so ‘n nommer. Het verlede week daarvan uitgevind en wag nog vir terugvoer. Sal jy vertel hoe dit is? Op die langer duur? Asseblief? Ding sal maar sy camels mis, maar dit maak net sin – net soos jy geredeneer: een maand se rookgeld en siedaar…

    Oeg, Ding kan homself net voorstel in alle “rook verbode” areas met sy e-twakkie😈

    • Ding, kliek net op die Twist link en dan vat dit jou sommer reguit na hulle web toe, bestel aanlyn en woerts warts het jy die gadget. Ek sal bietjie Maandag terugvoer gee hoe ek uithou🙂

  4. As dit werk is dit great! Sterkte!

  5. Wow, ek het nie eers geweet van so n gedoente nie. Sal like om te sien of dit werk! Indien, sal ek ook probeer. Sterkte!!!

  6. My aarde…onthou om hom nie dood te druk nie.🙂
    Ek weet nie wat om te se nie….dit is voorwaar ‘n vreemde ding! Wowie.

  7. Zee Sterkte met die afle van die gewoonte.Dis eintlik maklik ek het in 1980 toe was ek in standerd agt begin rook. Ek het in 1989 vir my vrou gese ek gaan nie weer rook nie, dis nou na `n nege jaar gewoonte.

    Ek wou my sigarette breek ,maar sy wou dit bere vir ingeval, daardie dag maak mybroer `n draai en ek gee hom die pakkie Paul Revere, en sedert daardie dag het ek nooit weer gerook nie, dis nou 20 jaar later.So al wat jy moet doen is se dit en doen dit.

    Maar al kuier ek nie so baie hier nie, like ek jou en Dellie kwaai julle is net oulike mense.

  8. Sterkte Zee. Ek weet dit vat ‘n groot mind shift. Ek hou styf duim vas. Wie weet, dalk eendag…

  9. Ek sug ook Pikkie, maar hierdie klink vir my asof dit actually kan werk.

  10. +- 24ure later….

    Ek het nog net 2 regte sigarette gerook van gisteraand af. Ek gaan nie nou al sê, jipppppppie nie, maar van 8uur vanoggend af nog niks nie!! Dis asof die troos dat daar wel iets is my brein troos.

    Ek “het” ongeveer 20-30 sigarette per dag gerook.

    As die nie werk nie, sal ek beslis vir julle sê!

  11. Blikssskottel! Dis wonderlik. Sterkte.

  12. Ons hou jou vordering dop! Sterkte, hoor!!!

  13. Het onlangs ‘n geselsprogram gesien deur kenners oor o.a. Twisp.
    Lang storie, sal jou more epos.

  14. Zee, ek het die gesien hier by ons en dit kos 80 dollar en ek oorweeg dit regtig. Sal jy my laat weet of dit werk asseblief. Hulle se jy gaan nie ophou rook nie maar jy gaan nie die gifstowwe inkry nie. is dit regtig soos hy werk. Jy kry nogsteeds die nikotien in maar nie die ander bollie nie.
    Sterkte. as dit vir jou gaan werk, gaan ek dit beslis ook probeer.

  15. Wel sterkte Zee en hoop regtig jy hou uit. Dink net aan al die ekstra geldtjies elke maand…..

  16. Sterkte Zee, en hou ons op hoogte of dit werk want dan gaan
    ek ook probeer.

    Dan wil ek net weet, ek het noudie dag op iemand se blog afgekom
    en haar hele storie gevolg, maar kan om de dood nie weer die blog kry nie. Is van iemand wat getroud is met die ou en toe Namibia toe gegaan het, net rukkie na troue het dinge skeefgeloop.

    Kan iemand my dalk help asb?

  17. Baie sterkte. Ek hou styf duim vas.

  18. Zee laat weet bietjie vir Wip hoe dit gaan met die ophou rook stories??? 😉 😆

    Jy kan dit doen!! Sterkte!

    • Wippie….. Die lekkerste vir my is dat ek nou sommer in my huis kan “rook”, geen rook of as of reuke nie. Vir nou werk dit soos ‘n bom vir my🙂 Ek dink ek moet kom kuier dat jy self kan sien😉

  19. Man, Zee….. sterkte

    Ek is vandag 5 weke rookvry en het boonop Brongitis. Die dokter vertel my dat rook ‘n immuun booster is, want jou liggaam raak gewoond aan al die gunk wat jy met die rook inasem so om ‘n verkouetjie te kry gaan moeilik wees want die nikotien is erger as die virus.

    Hoop jy kan so hou as moontlik helemal ophou! Sterkte

    • GvdS, geluk jong, 5weke sonder ‘n gadget wil gedoen wees. My bors is hoeka al vir die laaste twee weke nie lekker nie, so ek hoop nie ek gaan nou ook sieker word nie. Hoop jy voel al baie beter….

  20. PS. Jy weet oor jy dit nou public gemaak het, moet jy nou regtig probeer ophou want baie ogies hou jou dop!😉

  21. Update…..
    Ek is baie trots op myself. Ek het die hele naweek net 5 sigarette gerook. (Dis nou toe die BLOU BULLE………………… gespeel het.)
    Ek kry nie meer so lus in die nag (ek het partykeer vyf keer deur die nag wakker geword om te gaan rook., gisteraand net een keer) vir rook nie, en ek het so lekker geslaap gisteraand.
    As ek lus word vir rook, vat ek so twee of drie “suigies” en dan gaan ek weer aan. Ek dink hierdie is ook maar baie sielkundig want jy weet as die lus vir rook kom, kan jy aan iets suig wat net soos rook is.

  22. /me is op pad Twisp-shop toe!!! het nou die dag ‘n email gekry hieroor en die hele storie fyn bestudeer en besluit – ditsem!! en toe ek vir Helge vertel, toe bied hy sommer aan om die hele starter-pack vir my te koop!! Ek weet van alles van rook sal ek die geur wat in my klere hang die minste mis – en die res… wel die gaan ek mos nog steeds kry. Man!!! ek hoefie meer ini winter buite oppie stoepie te loop staan en tanne klap virre ou kalm-walmpie nie:mrgreen:

    • BB… Rook jy? Ek val nou amper hier van my stoel af🙂
      Nee kyk, dis hoeka die regte tyd gewees vir hierdie Twispie…..
      Kyk, ek moet nou heel eerlik hierso wees, dis nou nie die ware jacob die nie, mens moet maar gewoond raak aand die “hubbly bubly” smaak in jou mond, en ek het nou uitgefigure die “drip” smoking is die beste om nie van die druppels in jou mond te kry nie. Laat weet as jy dit gekry het en dit vir jou ook werk hoor!!

  23. Oops!!😳 – ek wou nog seg: “Dankie, Zzz’tjie!!!” x

  24. Ek is sooooooooo trots op jou. Ek dink die crave na die sigaret is erg maar om nie te weet wat om met jou vingers te doen nie, is net so erg.

    Kom ek sal jou leer hekel!!!

  25. Whoooooooooooooooppeeeeeee!!!! Ek het my Twisp gekry!! ‘n elegante “Titanium Twisp”!! Hy lê nou en charge… oulike ou dingetjie… dood onskuldig lê hy daar en wag virrie antie om hom te suig👿 mette awesome menthol flavour…
    Sal laat weet hoe dit gaan tussen die twee van ons, maar ek dink hierdie isse match made in non-smoking heaven:mrgreen:
    Ek is soooooo excited!! Nie hieroor of daaroor nie maar spesifiek hieroor: no more goete wat ini longe kom lê – geen teer #1!! #2: my klere en hare gaan uiteindelik smoke-smell-free wees! Dit was seker (behalwe vir die gesondheidsaspek) my grootste frustrasie van rook *YUCK*!!). #3: en en my Lovey gaan nooit ooit ever weer dikbedonnerd heen en weer op soek wees na ‘n eetplek/kuierplek/sitplek waar ons altwee geakkommodeer kan word! (Hy het al soooo baie opofferings gemaak vir my😳 – tot walms en koue getrotseer, as ek saans waffer tyd nogge ou mentholtjie loop suig oppie stoepie, net om tyd saam te spandeer.) Nou kan ek deurnag voorie laptoppie en ‘rook’ dat die bolle staan!!
    A3 – jy is so reg! Dis nie nét die ‘fix’ of crave nie – dis hoekom plakkers en kougom dit nog net nooit vir my ‘gedoen’ het nie… dis ‘n hele spul faktore wat bydra tot my kinda way vir ontspanning o.a.
    Koffietjie en ‘n mentholtjie en BB isse happy girl😉

    • Wag, laat ek gaan kyk hoe lyk jou gadget….
      Snazy hoor…
      Weet jy BB, as ek net gedink het, sou ek ook daardie “smart” ene gekoop het, met die extra USB charger en extras kon ek net sowel die “Queen” of the range gekry het!!
      Ps… het jy vir jou methol druppeltjies gekry? Ek rook nou Vanilla🙂

  26. Nee – ek het mint cartridges gekry… my vriendin het die druppels bygekoop, maar hel Zzz!!!😯 jy sal ‘n nicotine overdose in NO time as jy daai druppels ook nog bysit!! Mens kry dit in cherry, berry, mint, coffee🙄 en what-else-nog als flavours – maar ekke dink ek drink eerder my koffietjie, dankie😉

  27. en Zzztjie – hier’s die BESTE nuus nóg: ek ken die alleenverspreider in Pretoria en hy het my sommer inge’sign’ en toe ek nog 4 mense van die kantoor saamschlepp virre koffie en ‘n dampie en die demo en al 4 bestel hulle s’n – toe word ek sommer agent!!! Waaaaahaha!! Ek kon nog nooit niks aan niemand verkoop nie!! ek isse baie bad saleslady!! (ek gee weg😳 ) – anyways – daar’t ek sommer 4 people ‘onder’ my – en netnou kom Cloud hier ingedraf en sê sy bestel 4 asb!!! So, I’m in business!!

  28. Hi Zee

    Nog nooit van die elektroniese sigaret ding gehoor nie. Ek het hulle pryslys een kyk gegee en besluit om eerder die regte ding te gebruik. Daar is immers net een manier om op te hou en dit is om op te hou.

  29. hells bells, ek sal rerig dooi sonner my kis spykers, maar sal seker moet daaraan dink om so gedoente aan die hanne te kry. Die rook wat ek op brande inasem en dan nog die kis spykers daarop is nie so gaaf nie. Hou ons nou mooi op hoogte oor die deng werk asb. ermmmmm en sterkte met julle try ophou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s