Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Virtual makeover…

21 Kommentaar

Ek het so bietjie gaan speel op Taaz nadat ek my hare gesny het omdat ek nie heeltemal seker was of ek dit moes gedoen het of nie.  Ek het hier oor dit geskryf.

Ek het lekker gespeel, met verskillende kleure make up, haarstyle en kleure.  Mmm, ek het agter gekom ek lyk beter met bietjie make-up aan🙂

Gaan loer gerus by Taaz as julle wil sien hoe jy gaan lyk met ‘n nuwe haarstyl.  Daar is redelik baie ander virtuele make overs, maar ek het hierdie een maar die maklikste gevind.

Zee1zee2zee3zee4zee5zee6zee7zee8zee9

Gaan speel gerus, dit was lekker om te sien hoe verskillende haarstyle mens se hele voorkoms kan verander.  As jy lus het, kom wys vir ons hoe jy lyk met jou nuwe looks!

zee sig 2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

21 thoughts on “Virtual makeover…

  1. Dankie Zee .. flip het ek nou lekker gespeel?!. Dis die eerste keer ooit wat ek (terug)kyk in die spieel en happy is met iets net soos dit is .. my hare. Perspektief is ‘n baie ‘underrated’ term!🙂

  2. Nommer 1 sal wees boonste ry heel regsTweede is boonste ry heel linksDerde is onderste ry heel linksKort hare lyk baie beter en meer soos JY.Ek moet se dat donkerder hare as jou werklike kleur jou regtig jonger laat lyk maar die groot geheim bly MAKEUP.   Mens moet versorg lyk meisie.

  3. Oe, hierdie is lekker!
    Het dit ook al gedoen en dis lekker maar heeltemal onrealisties as jy krulhare het, soos ek.

    Wou 3 keer stem maar mag net eenkeer, dus ‘in order of preference’:

    zee 1
    zee 2
    zee 6

    Maar ek wil net byvoeg dat jou nuwe styl beter lyk as bg. drie…

  4. Ek moes smile vir al hierdie ‘looks’! Veral die blonde krullebol! 😆

    Wag, laat ek gaan kyk hoe ek na ‘n make-over lyk… 😉

  5. Ekke dink jy moet bietjie meer eksperimenteer met rooi!❤

  6. Ek sal later bietjie gaan speel, lyk heel “lekker”🙂

  7. Vir my beslis Zee 7 (onderste ry links)

  8. Voor ek gaan speel…vir my die eerste een, Zee!

  9. Ek stem saam met Nimsi (7)

  10. Ek hou ook van nommer 7. Baie nice. Laat ek ook gaan loer…😉

  11. Boonste ry heel regs!!

  12. Ek stem ook vir bo regs

  13. Goed……ons het nou konsensus (spel mens dit so) bereik. Ek bestel vandag nog die kleur. Gelukkig is die hare klaar so gesny. Jy moet dit net oor die voorkop dieselfde kam.

  14. Jis Zee, ek dink dit is unanimous – Almal hou van die derde haarstyl!

  15. ek het drie gestem, kort hare pas jou.

  16. Ek het weer geloer soos volg
    1. links onder
    2. regs bo
    3. links bo
    die res pas nie jou gesig nie (lang hare), ook nie die rooi hare nie

    die blonde kleur links onder is pragtig. dit laat jou gesig sag lyk.

  17. Ek moet nogal se dat ek links onder (7) van hou, ek gaan nou bietjie groei en kyk hoe lyk dit.. as dit nie werk nie, knip ek maar weer🙂 alhoewel ek die kort hare so geniet… Wash en go, ok, miskien so 3min se blaas en dan sculpture putty op…. en ek is reg vir die dag.

    Moeder, ek sukkel maar met die make-up storie🙂

  18. Heel onder, links. Hot, hot, hot!

  19. No 7!!! Sexy, sophisticated, girly, super-über-cool – alles-in-een wat die kinners deesdae bestempel as “Chill”!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s