Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Operasie skoonmaak!

12 Kommentaar

“We make a living by what we get, but we make a life by what we give.”

Winston Churchill

Ek het hierdie lang naweek bietjie gebruik om huis skoon te maak en alles wat oorbodig is weg te gee… (en amper nie op die internet gegaan nie, my mindset was, pak reg…. gee weg….)

Ek het net my “laundry” kas bygekom.  Ok, diè van julle wat weet, die is so groot soos ‘n enkel motorhuis, met net rakke waar jy kyk (enige vrou se droom vir pak plek).

Ek was moeg om te soek vir ‘n duvet slope, handoeke sonder vlekke, klere wat pas.  Ek het begin uitsorteer en dit het my van Donderdag aand tot Saterdag aand besig gehou.  Jis, ek het pyne wat mens nie kan beskryf nie, het seker my jaarlikse oefening ingekry met al die beweging.

Ek het al Zeethan se ou klere in sakke gesit.  Die gaan net so na Emily se kleindogter toe al is diè nou seuntjie klere.  Net sy skoentjies alleen het ‘n twee groot Mr Price sakke vol gemaak.  Liewe land, van die goed lyk asof hy dit nie gedra het nie, en net daar het ek besluit, basta met sulke baie klere, hy het mos net ‘n paar goedjies nodig, want hy groei darem nou te vinnig.

Volgende aan die beurt was my handdoeke.  Kyk, as moeder A3 Kaap toe gaan, kan sy die nie weerstaan om verby die handdoek fabriek verby te ry nie, en so het ek ‘n hele paar handdoek voorraad opgebou.  Ek het nooit van hulle uitgegooi nie, want ek was te jammer vir hulle, al het hulle nou ‘n vlek of wat opgehad.  Ek het ‘n paar stelle vir Marcia uitgehaal, seker gemaak ek het “genoeg” vir ons en die res moes gaan.

Julle wil nie weet hoeveel duvet stelle ek het nie, dieselfde storie… as moeder A3 verby ‘n bargain geloop het kan jy maar weet daar is ‘n ietsie vir my gewees.  Ek self is ook maar lekker skuldig hieraan, want ek kan nie ‘n mooi duvet cover weerstaan nie.  Ek het begin uitsorteer en weer bietjie na Marcia se kant toe gegooi, myne uitgehou vir die verskillende seisoene, Zeethan se paar en die res in die sitkamer gaan sit.

Handsakke wat ek vir jare nog nooit gebruik het nie, gordyne wat ek nooit weer sal gebruik nie, klere wat in die “laundry” kas was wat nog nie die laaste jaar gebruik was nie, en natuurlik te klein is, ens. ens.  is ook sitkamer toe geneem.

Ek het die sitkamer so bekyk en gedink, jinne, waar gaan ek met al die goed heen.  Net daar bel ek vir Emily en se sy moet haar man vra om asseblief Sondag die goed te kom haal.  Hulle het toe gistermiddag daar aangekom en alles in sy karretjie gelaai, sy kattebak en sy agterste sitplek was VOL.  Hy spot toe so en sê, ai hy hoop nie die polisie stop hulle nie.  Nee wat, bel maar net, maar ek glo darem nie dat hulle gestop sal word nie.

Die dankbaarheid op hulle gesigte net voor hulle daar weg is met al my ou goed sal ek nooit vergeet nie……

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

12 thoughts on “Operasie skoonmaak!

  1. Genade, maar Emily en haar familie is gelukkige mense, maar ek waarborg jou sy gaan dit weer uitdeel aan die wat dit nodig het. Ek het vergeet om jou te se dat toe ons Doreen se huis in Centurion reggepak het, het sy alles (van potte en panne en breekgoed tot beddegoed en klere, tv, dvd ens) wat nog nie in die laaste jaar gebruik was nie na Emmie se huis in Daveyton toe aangery want haar goed kom mos nou terug van Angola af. Jy weet seker dat Emily ‘n klere bank het wat sy saam met haar ma bedryf om mense te help. UITREIK!!! Of dit nou by die kerk of Tugela Ferry by die sendingstasie of Daveyton of waar ook al is, is dit wonderlik dat daar ‘n uitreik na ander gedoen word. Terselfdetyd verryk ons ook ons eie lewens. Love u

  2. As die gier jou weer beetkry… onthou ons hou basaar 4 Julie en het ‘n Witolifant tafel…:)

  3. Zeeeeeeeeeeee….

    My garage staan vol bokse wat wag vir my om geinspireerd te word. 😦 Jy laat my nie beter voel nie, hoor! 😆

  4. Sjoe maar jy is fluks!
    Ons voorportaal staan volgepak met my oorlede sussie se bokse, daarmee vat ek maar my sweet time.
    Maar in die garage is bokse wat (na 7 jaar in Gauteng!!!) steeds wag om raakgesien te word.

  5. Zee, kan ek my adress vir jou stuur sus? hier is genoeg regpak om jou nog n naweek mee besig te hou!
    Nimsi

  6. As ek net my liewe Mudder ook sover kan kry om te werk aan haar un-gathering . . . maar sy klou sooooooo vas aan al haar ou-ou goeters . . .

  7. Elke slag as ek trek word my goed minder! Nee hel, ek haat trek, so dan gooi en gee ek weg sover ek gaan! Ek kan ook maar lekker opgaar, maar dis baie werk om als in te pak en uit te pak…

  8. Dit is vir my ongelooflik bevrydend om so reg te pak. Ek verloor myself daarin om alles te orden en reg te pak. En dan as mens vir iemand (gewoonlik kry my Regina al die goed) wat dit regtig nodig het gee…. Priceless!

  9. Dis lekker as alles weer netjies en georden voel – ek moet ook die moed bymekaar skraap en begin uitgooi ….

  10. Zee dis die regte ding om te doen, mens gaar op en waarvoor, ek myself het al n ton klere uitgegooi, sakke vol skoene ook, maar my kaste is maar weer so vol en skoene vir afrika.
    Dis weer tyd vir uitgooi.

  11. Zee, dis heerlik!!
    By my broer-hulle in NZ pak ‘n mens so reg en “gooi weg” op straat. Basies beteken dit dat jy bloot dit wat jy nie meer wil of kan gebruik nie op die sypaadjie uitpak (gewoonlik op ‘n Saterdag) en dat enige verbygangers dan kan koop of vat, afhangend van of jy ‘n prys daarop sit.
    ‘n Ander manier van “recycle” né

  12. Huisvrou, dit laat my dink aan my broer in Amerika. Daar hou hulle wat die Yanks noem “garage sale” waar mense dat ook dinge wat hulle nie nodig het nie, verkoop. Daar is tot spesiale bordjies met aanwysings na die naaste garage sale. Ek dink miskien is dit bietjie vals trots by ons want wat sal my bure dink as ek my goed op die sypaadjie sit, en dan het dit nogal pryse op ook!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s