Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Wie de flenter is jy?

14 Kommentaar

Wie de flenter is jy?

Skrywer onbekend

Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en gewonder ‘wie de flenter is jy!?’  Well. It happened to me a few days ago.  Staan op, stort, trek aan ens ens. Toe ek voor die spieel staan lyk ek vir myself nie so lekker nie.  Neeeee. Dit was nie oor my broek te styf gesit het of my hare nie te hot gelyk het nie!  Iets het net vir my laat besef ek’s seriously besig om myself te fool!

Daar staan ek elke oggend op, all holy and spiritual en al daai lekker dinge! “Here, ek gee vandag vir U, seën dit asb… Tralalala. En Here, ek werp al my bekommernisse op U, want ek’s nie sterk genoeg om dit te dra nie. Blah blah blah”  Jy ken seker daai gebedjie.  Anyway. Ekke staan so vir myself en kyk inni spieel en besef net dat as ek  regtig sooo vreeslik op die Here vertrou om my crap uit te sorteer Dan moet ek dit genuinely let go!  Al die dinge wat my gees so onrustig maak, meeste dinge wat lankal geïdentifiseer is!

As ek regtig die Here vir iets vertrou, moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself eintlik in die posisie sit sodat ek nie Anders kan as om Hom te vertrou nie. Om afhanklik van die Here te wees is om onafhanklik van jouself en die wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers, jou wat ook al!

Soms is dit nodig om in die diep Kant in te spring en te vertrou dat God jou sal uit trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit met jou hele wese (hart, siel  EN KOP!!!) doen!

Anders, what’s the use of jumping in the deep side and trying to survive on your own! Die branders sal jou soos ‘n slap vel rondgooi, teen rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy met ‘n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit en het eintlik nogsteeds niks bereik nie. Nie waar nie?

Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en ‘n gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels. Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse op die Here. Nie gee jou bekommernisse vir Hom nie, werp dit op Hom.

Hy verduidelik toe dat werp ‘n volleyball term is. Dit is om iets van jou af weg te stamp – buite jou eie bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee, Dan kan jy dit terug vat (want Dan’s dit nog in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom werp! Wow!  Dan’s dit ‘n bewustelike besluit wat jy maak om dit verewig te let go.
Want jy stamp dit Dan weg van jouself af – buite jou bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.

Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my G-A-T af met die een!  Dis MOS baie makliker om self te sit en worry oor iets as om te erken jy kan dit nie self hanteer nie. Joyce Meyer het op een van haar programme gesê: “to worry is a manifestation of pride .” Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks ‘worry’. Toe, dink gou.

Daar’s nogal ‘n hondhuis vol Klein goedjies, né? Die Here HAAT trots!  Gaan lees net so bietjie Daniel se stories. So, deur te sit en ‘worry’ oor iets (maak nie saak hoe groot of Klein nie) wys jy eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is om jou probleem te hanteer nie.  SJOE, ja, ek weet. Heavy stuff, NE? Well, it’s true, think about it.

Om werklik op die Here te vertrou, bid in  volle geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die ‘tests’ waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir swaarkry, dankie vir sukkel, dankie vir voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,sien, praat, voel, sommer net dat jy jou groottoon kan beweeg elke oggend as jy wakker word !

Julle, God stel belang in ons  karakter, nie jou goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis hoekom ons getoets word, hoekom ons soms sukkel met goed, hoekom ons nie altyd ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike situasies gegooi word by die werk of by die huis, hoekom ons soms victims is van iets aakligs. Nie sodat die Here ‘n kick kan kry uit ons swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni Bybel staan dat ‘n kind van God dit maklik sal hê nie.

Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus saam met jou! Jy’s Sy kind! ‘n Prins, ‘n Prinses!  Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind! Sien dit as karakter vorming. Sien dit as ‘n tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan word! Dis ‘n voorreg om deur so iets te gaan saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit glad nog nie lekker nie, maar wow, what a privilege to know that God cares enough about you to shape you after His own image!

Julle, nog ‘n klein ietsie wat tannie Joyce gese het. You can’t have a testimony without a test. otherwise you will only have the mony’s. *hehehe* So true, né?

Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1 (veral vers 6).  My gebed is dat elkeen van ons sal leer om God toe te laat om ons te shape, dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan waarin ander Jesus in ons oë kan sien!

Ek kon net sowel hierdie myself geskryf het……..

zee-7

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Wie de flenter is jy?

  1. So baie waar…dankie vir die post!

  2. Laat mens bietjie weer gaan dink, ne.
    Thanx

  3. Ons grootste bekommernisse gee ons halfhartig vir hom en as Hy dit nie in Sy tyd uitsorteer nie, dan vat ons dit maar terug en sukkel weer daarmee aan.
    I am a child of God Almighty, dis wie ek is. Ek werp my probleme voor hom neer. Ek vra vir als wat ek nodig het (en soms net sooo graag wil hê😳 ) – nes my kinders my ook maar vra (met die wete dat ek alles in my vermoë sal doen om hulle wens te bewaar) – en ag,hoe GROOT is Sy vermoë nie??!!!! ). Ek vertrou Hom netsoos hulle my vertrou om hulle te verdedig en te beskerm en te voorsien – en dan moet ek verstaan dat Hy soms, net soms van beter weet en iets nie gee nie, omdat dit dalk net nie op daardie stadium van my lewe vir my sal goed wees nie. I fail to understand how we don’t get that? Our kids do. So should we, shouldn’t we?? The problem is, that we ‘grown-ups’ can’t think simply – we have to figure everything out scientifically and mathematically and any other -cally way we can – just no easy way… and why not??
    (((Zzz)))

  4. Dankie …. So waar!

  5. Zee, dankie.

    Dit is gr8t! Ek moet nou juis ‘n paar bekommernisse vir hom gee; nee wag, weg WERP.

  6. Zee’tjie JY is darem baie spesiaal – weet jy dit? Weet jy HOE lekker hierdie was om deur te lees? Hmmm?
    Onthou jy van daardie outjie wat na die sielkundige gegaan het met ‘n sak vol klippe en soos hy elke klip uithaal en uitpak voor die man, praat hy homself so vas dat hy aan die einde van daardie sessie met daardie vol sak weer daar weg is. Terug gepak.
    Ons is geneig om dit te doen, ons is geneig om te veel te praat en nie daardie daad by woord te voeg nie.
    My mams het my iets baie eenvoudigs geleer – Hoekom bekommer jy so oor iets wat jy tog NIKS aan kan doen nie – daardie het my groot perspektief gegee.
    En wanneer ons kan laat gaan soos jy beskryf, is daardie sak later leeg.
    Dankie Zee

  7. Dis so waar…….Ons gee al ons probleme en sorge oor aan Hom maar as dinge nie gou genoeg na ons sin gebeur nie, vat ons dit terug en maak dan ‘n vreeslike gemors van alles. In die meantime was uitkoms dalk net om die draai, maar ons begin nou weer van voor af. Ons moet leer om te weet dat ons dit NIE beter as ons Vader kan doen nie, en dat Hy alles op Sy tyd laat gebeur. Met ander woorde, ons moet sterk staan in VERTROUE IN HOM. Dankie Zee en Adele vir wat ek uit hierdie posting geleer het!

    Kom ons bid saam: My Hemelse Vader, dankie dat ek weet dat U in beheer is, dankie vir al die genade en liefde wat ek uit U hand ontvang. Neem asseblief my bekommernisse wat ek nou na u WERP en werk in my sodat ek dit nooit weer terug sal vat nie. My Vader ek vertrou u volkome. Ek loof en prys U, AMEN

    Baie lief vir jou Zeetjie,
    Mamma

  8. Zee, as Hy soveel vir die Mossies omgee dat hy vir hulle sorg, hoeveel nie te meer vir ons ook nie! Dit word mos in die Bybel gese. Ek glo dat Hy sorg vir Sy kinders. Dan ook… Die Herder ken die stem van sy skape..dus, as ons bly glo en Hom dien, waarom sal Hy dan nie luister nie? Ons moet net seker maak dat ons in kontak met Hom is en nie net op tye wanneer ons glo ons in “nood” is nie, dan sal Hy ons stem “herken”. Daarmee wil ek nie se dat ‘n ongelowige nie gehelp gaan word nie, glad nie. Jesus het altyd plek vir nog meer..soos ‘n tipiese Suid-Afrikaans taxi…altyd plek vir nog een…🙂 Baie goeie inskrywing!

  9. So waar! Thx Zee.

  10. Jinne, nog ‘n lewensles so laat in die aand.
    Ek dink ek gaan nog baie hier op jou blog leer en het nog BAIE leeswerk om in te haal.

    Dwelms is ‘n baie teerpunt by hierdie stadskind. Die liefde van my lewe het sy stryd verloor laas jaar.

    Ons praat gou weer….🙂

  11. Vir die eerste keer sit ek met n mond vol tande en weet nie wat om te reply nie😳 Dankie vir al julle mooi woorde!!!!!

    ((((((GvnS)))))) welkom hier, hoop dat jy nog lekker gaan kuier!!!

  12. WOW (((Zee)))
    Baie dankie!
    Nimsi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s