Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Deal with it!

36 Kommentaar

Ek het Vrydagoggend wakker geword en besluit.  Vandag is die dag wat ek my hare gaan kort sny.  Ek bel vir Liefie om hom soort van voor te berei dat ek nou regtig hierdie dooie hare kort moet gaan sny.  Hy sê toe nee, dit is reg, en toe spot hy toe nog sommer ook dat hy dit sal doen, hy sal sommer sy weedeater gebruik.  Ek sê toe vir hom, ag, laat ons dit maar nou eers net in ‘n styl kry, dan kan jy dit maar vir my maintain, dit sal nie so moeilik wees nie.

Ek maak toe maar ‘n afspraak vir die geknippery.

Noddeloos om te sê, my haarkapper het eers geweier om my hare te sny, kan ons dan maar nie net die helfte afsny nie.  Jou man gaan my doodmaak.  Nope, sny, wil jy hê ek moet die sker vat en vir jou wys hoe kort ek dit soek.

(Julle moet weet, hierdie stap het my ‘n jaar gevat om die moed bymekaar te skraap want ek weet hoe my man voel oor kort hare, maar ek kon net nie meer die frizz, dik lang hare vat nie.)

Hy knip en knip en knip……

Eish… julle wil nie weet toe ek by die huis kom nie.  Hy kyk my so en vra die haarkapper se nommer.  Hoekom?  Want hy wil hom nou bel en sê hoe k$k my hare lyk.  Moenie laf wees nie man, hy het net gedoen waarvoor ek hom betaal het. O, en hy dog ek gaan net die dooie punte afsny….

Hy het sy kop in sy hande gevat en dit het gelyk of iets vreesliks gebeur het as jy sy lyftaal moes ontleed.  Jis, ek het sleg gevoel op daardie oomblik.  Nou ja, ons braai was toe sommer afgestel, en hy het eers Saterdagmiddag weer met my gepraat nadat hy gesien het, vandag budge ek niks nie.  Tot datum het hy nog nie weer ‘n woord oor my hare gesê nie, ook maar goed…

Liefie, ek weet jy hou van lang blonde hare, but…..

This is me, and the hairstyle…….Deal with it!

zeesig1

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

36 thoughts on “Deal with it!

  1. Mnr Zee, Wipneus dink jou liefie lyk baie mooi met die nuwe haarstyl. :mrgreen:

    Baie mooi Zee!!! Regtig!!! Skreeu ek Bravo!!! Yes, laat die hare waai as jy ‘n change soek! Want ‘n change is so goed soos ‘n vakansie, en glad nie so duur soos ‘n vaknsie nie.

  2. OE-hoe!! Ken ek daai een!!! Hiehiehie….. Manlief het ook gedink krullerige langerige hare is O So Mooi!!! Jonk en jeukerig het gedoen wat die Engel in Haar Lewe wou hê. Maar alte gou het die ou kat uitgeklim en naels gewys. Want ek het dun styl hare!!
    Gelukkig het hy gou geleer dat ek haarstyle verander soos ander vroue ‘n klerekas.
    Jy lyk Prastag Zee. en hy sal dit gewoond raak, want hy Lief Jou!!
    En Zeethan, wat sê hy van ouma se hare?

  3. Dit lyk goed Zee.

    Liefie sal maar gewoond moet raak.

  4. Die oom moet maar net weer beter voel! As hy vol nukke wil wees, kan hy mos maar buite slaap tot jou hare weer die regte lengte is.

  5. Baie, baie nice Zee. Jou gesiggie pas in kort hare.

  6. WOW !!!!

    Zee’tjie jy lyk stunning !!!

  7. Sy hele…klein blou dingetjie baie stink! 👿

    Ek dink jy lyk stunning, Zee! Baie soos Suzy Orman. 😉

  8. Pas jou goed, hoor. Werklik.

  9. Sjoe, dit lyk stunning!!!

    Jou man moenie worry nie, dit groei weer😉

    Hulle raak dit gou gewoond ook….

  10. Cool!!!!!! Jy lyk so jonk . . . . !

    Ek dink jy lyk fantasies! En as jy dit dalk laaaaaater weer wil laat groei, is dit mos maklik!

  11. En hier dog ek dis ‘n foto van Suzy Orman!!! 😳 😆 Zee, jy lyk ongelooflik!!!! 20 jaar jonger!!! Great man!!! Wow!

  12. Jy lyk werklik mooi!!! Het geen iedee van hoe dit gelyk het nie???, maar dit lyk werklik mooi.

  13. Zee,
    Ek weet nou nie hoe die lang hare gelyk het nie, maar as ek nou na al die vorige kommentare moet kyk, is die kort hare n groot verandering!
    Gee maar vir “oupsie” net n kans om gewoond te raak, en geniet jy intussen die “new-look”!
    Miskien kan jy vir ons n “before” en “after” foto plaas…
    Nimsi

  14. Ek het my hare so 2 maande gelede ook kort gesny en is nou alweer so lank. Mens se hare groei baie gou, maar kort hare lyk netjies en veral ons vrouens wat werk , in die oggend wil jy nie sukkel met hare nie. Ek was in die oggend hare en vinnig is dit geblow wave en daar gaan ek!!
    Ek het oulike strepies in laat sit en dit lyk sommer anders.

  15. Dankie dankie…

    Ek moet sê ek voel goed, al is die “kort” hare agter nie regtig wat ek wou gehad het nie. Maar hoe sê my pa altyd… daar is twee weke tussen n bad en good haircut.. So die kort kort agter sal seker so oor twee weke wees wat ek eintlik wou gehad het. Nimsi, ek sal bietjie vanaand ‘n foto van agter opsit om te wys hoe lank dit was.

    Hierdie foto wat ek geneem het, het ek net gel deur my hare getrek en nie eers droog geblaas nie.

    Vanoggend het ek dit geblaas en bietjie makeup aangesit (wat ek bitter min doen) en het regtig baie mooi komplimente by die werk gekry, party dat dit my sommer tien jaar jonger laat lyk.

  16. Ek dink ook jy lyk pragtig. Hy sal gewoond raak daaraan.😉

  17. Jy is not n HOT ouma🙂

    Jy lyk pragtig Zee…

  18. Jou hare lyk prastig! Love it

    *hugz*

  19. Jy lyk stunning Zee!! Ek stem saam met die ander, jou liefie sal gou gewoond raak daaraan.

  20. Dit vat guts, ek weet! Ek het dit al hoeveel keer gedoen. (dit vat net langer om dit lank te kry as om dit af te sny😉 ek weet nie hoe Helge myne verkies nie – ek weet regtig nie ek het nog nooit gevra hoe hy ‘voel’ oor lang hare nie (ok ok ek weet hoe hy voel oor sy eie ‘stertjie’ , maar ek reken ek love hom al sou hy besluit om bles te gaan – (i’d deal with it, I know). En ek weet ek gaan nie sommer weer kort gaan nie – maar hats off to you, girl!! En ja jy lyk supercool!!

  21. Whow dis “stunning”! Jy lyk baie jonk! Kan nie glo jy is ‘n ouma! Ja wys bietjie hoe het jy met lang hare gelyk! lekka dag!

  22. Dit lyk stunning. Ek stem saam met BB. Dit vat guts.

  23. Ek dink ook dit lyk baie goed. Toemaar hy sal gewoond raak daaraan.

  24. Zee jou lankal gese sny dit !!! Jy lyk stunning en 10 jaar jonger!!
    Hugs!!😛

  25. “This is me, and the hairstyle…….Deal with it!”

    Presies, seg vir hom Zee! Dit is na alles jou hare, en jou kop.

    Dit is nie te kort nie, dit lyk STUNNING!!!! ek is mal daaroor en dit is baie “with it”.

  26. Wicked man! Thumbs up Zee .. jou man moenie kla nie. Jy kon altyd met my ‘georganiseerde chaos’ op jou kop by die huis aangekom het.😈

    Ek het self sopas n 7-maande lange poging-tot-groei prysgegee. Helaas die borsels het nie so n goeie job soos die vingers gedoen nie. So Elf se koppie is weer messed-up .. no pun intended!😀

  27. Ek het die lang hare gesien en nou sien ek die kort hare en jy lyk STUNNING! Pragtig, mooi en jonk! Ek dink ek gaan knip sommer myne ook more🙂

  28. Ek het werklik geen idee hoe jy voorheen gelyk het met lang hare nie, maar ek kyk nou na die foto’tjie hierbo en al wat ek kan se is dit:

    Funky!!!

  29. WOW!

    Jy lyk darem pragtig, hoor!

  30. Die kort hare pas jou.

  31. Ek stem met almal dit lyk stunning en pas jou perfek!!

  32. Ek weet ook nie hoe jou lang hare gelyk het nie, maar niks fout met jou kort hare nie. Dit lyk mooi!My man het nou die dag weer gesê ek moet myne weer kort sny en rooierig maak soos voorheen, dit was so n spikey deurmekaar affêre , maklik hanteerbaar, net gel en daar gaat ek!

  33. /me buig dankbaar vir al die komplimente😆

    Ek LUV my hare, ek gaan dit nooit weer groei nie, dit vat my presies 3 minute in die oggend en dit sluit ‘n blaas in🙂

    Zeethan het so oor my hare gevryf en gesê “Ouma mooi”🙂

  34. Jinne Girl!! Jy lyk fantasties!!

  35. Pingback: Virtual makeover… « Zee Se Scribbles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s