Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Slaaploosheid

42 Kommentaar

Het jy geweet dat jou slaaploosheid kan dalk wees as gevolg van ‘n gebrek aan magnesium of kalsium in jou gestel? Deur die balans daarvan in jou liggaam te herstel, kan jou slaappatrone drasties verbeter. (Nota aan myself.. drink die milk of magnesia in jou kas, dis nou as dit kwalifiseer vir magnesium)

Hier is ‘n verskeidenheid natuurlike aanvullings en gesondheidsprodukte beskikbaar soos multivitamien en mineraaltablette, immuniteitsversterkers (ook vir kinders), anti-oksidante, natuurlike antibiotikas, maaltydvervangers, produkte vir persoonlike higiëne, sade, neute en natuurlike heuning. (Mmm… miskien moet ek suiker met heuning vervang)

    Die nodige essensiële vetsure word nie meer deur ons moderne eet patrone verskaf nie. Essensiële vetsure (EFA’s) is voordelig en noodsaaklik vir die volgende redes: (Wat sal EFA wees, geen clue nie…)

  • dit verbeter energie en stamina;
  • dit versterk die immuunstelsel;
  • dit verbeter breinfunksie en visie;
  • dit help met gewigsverlies;
  • dit reguleer organe en kliere bv. lewer, niere en skildklier;
  • dit versnel heling;
  • dit is noodsaaklik vir die brein ontwikkeling van ‘n fetus;
  • dit verbeter die vertering van voedsel;
  • dit verminder infeksie en inflammasie;
  • dit verbeter beendigtheid;
  • dit verbeter die algemene kondisie van die vel, hare en naels. 

Types of Insomnia

There are two types of insomnia: primary insomnia and secondary insomnia.

  • Primary insomnia: Primary insomnia means that a person is having sleep problems that are not directly associated with any other health condition or problem.
  • Secondary insomnia: Secondary insomnia means that a person is having sleep problems because of something else, such as a health condition (like asthma, depression, arthritis, cancer, or heartburn); pain; medication they are taking; or a substance they are using (like alcohol).  (Ek sien ietsie hier wat ek beslis het)

Ek lei al ‘n hele paar maande aan hierdie slaaploosheid, en ek lees by Elf dat sy ook soort van dieselfde probleem het as ek, ek kan nie langer as 2 ure op ‘n slag slaap nie.  Is my brein te aktief deur die nag, is daai ietsie wat my pla en wat ek net nie kan afskud nie (niks met seun te doen nie) of het ek ‘n tekort soos hierbo? 

Ek het maar gister ietsie gaan kry by die dokter, dat ek darem net een aand ‘n goeie nagrus kan inkry.  Ek lyk al soos ‘n zombie met die swart kringe om my oë!

En raai wat, ek het vir drie ure geslaap toe is ek WEER wakker… so, ek sal maar liewer nie weer die slaap pilletjie neem nie!

10 Tips to Get Better Sleep

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

42 thoughts on “Slaaploosheid

  1. Zee, as jy weer verby die Pick ‘n pay wandel gaan kyk tussen die kruie tee goeters (gewoonlik redelik onder op die rak) daar’s een van ek dink Vital wat genaamd is Dreamland/Droomland. Proe nie te onaardig nie en dit sal ‘n olifant uitsit sonder dat jy die volgende dag voel asof jou kop vol wol is.

  2. Nou ja, ek is die master van nie kan slaap nie. Wat het op die einde vir my gewerk?? Ek staan 04:00 in die oggend op, come hell or high water. Die eerste week is absolute hel want dis gewoonlik 04:00 wanneer ek aan die slaap kon raak. Na ‘n week, was ek oormoeg en kon ek nog minder slaap, maar ek het getrou opgestaan as my wekker afgaan. My mense kon nie met my huishou nie. Dit het omtrent twee weke gevat voor ek die slaap van die dooies geslaap het en nou nog steeds staan ek 04:00 op en begin met my dag. 22:00 is ek so moeg dat ek nie my oe kan oophou nie en dan slaap ek kliphard tot 04:00. Probeer dit, dit is al wat vir my kon werk. REscue en al daai slaappille goed werk ja, maar die oomblik wat jy dit los kan jy weer nie slaap nie.
    Sterkte mens, ek weet wragtag hoe jy voel…

    • Dit is presies waarvoor ek bang is, as ek dit los gaan dieselfde weer gebeur. Nou wat doen jy dan as jy so vroeg opstaan? Ek sal dit bietjie probeer, dalk werk dit vir my ook!

  3. As ek slaap, SLAAP ek. Maar om tot slaap te kom… 🙄 Dit help ook nie dat ek omtrent 20 koppies koffie ‘n dag drink nie. (Ja, regtig! Ek drink 2 opgehoopte lepels koffie per koppie, en drink omtrent 5 -6 in die oggend, en dieselfde in die aand – voor slapenstyd…) 😳

    • Ek en Boendoe slaap nie!! Slaap is boring!! Ons speel op die net tot son opkoms!!

      Maar ek sal tog die ou pilletjies probeer Zee! Mens weet nooit!:mrgreen:

      Boendoe ek drink ook so baie koffie😯

      Wait I need my coffee…. coffeeeee, bring my pills… click. …..
      Stop it behave…. Is it weekend yet??? Hellooo is there somebody out there??? What’s the time??? I see dead people …… Sleep oh blissss!!!!!

      whahahahaha

      • Wip, ek weet julle twee slaap nie, ek sien dan as julle post so in die vroeë oggendure🙂

        Boendoe, jis jy klink nou soos die porras… sulke sterk slegte koffie😆

        O ja Wip, hoe is daardie fancy koffie masjien van jou.. ek gaan hom nog kom probeer

      • O jinne, Wippels, as ek so na jou kyk vandag, het jy ‘n oor-oordosos koffie in. :mrgreen:

        • Zee ek het nog nie eers daai masjien eenkeer gebruik nie. Ek blog, ek het regtig nie tyd om nog masjiene te leer nie. Maar as jy kom kuier sal ons hom inlyf… hoe klink daai??? Ek drink instant cappucino!! Om presies te wees Jacobs se Cappuccino! Die goed sit jou op vlerke! Ek wil vir hulle gratis advertensie op my blog doen!

          Boendoe ek vertel jou mos hulle gooi goed in ons koffie. Ek het eenkeer gehoor hulle vertel: die winkels gooi goed in die air conditioners om mense meer te laat koop!!!

          Wie sê hulle gooi nie goed in die koffie nie? Ek voel dit in my water, want as ek die laaste slukkie van my koffie vat dan skreeu ek alweer vir die volgende koppie!!

          Ek is verslaaf aan koffie ook!!!

          Addictive personality!! Ye baby!! Blogging, blogmaats, koffie, Lindt tjoklits, my teddie …. nee ek kan nie nog skryf nie, Zee se blog gaan crash !!! 😆

  4. Ek het vir solank as wat ek kan onthou, gesukkel om te slaap. Maar vir die laaste sowat twee maande slaap ek, en dit is wonderlik! Ek weet nie regtig wat gehelp het nie, ek het Clicks se sproei met laventel op my kussing gebruik, ek het rescue pille gesuig en pille gedrink om my rustig te maak en ek het koffie heeltemal gelos. Of dit ‘n kombinasie van dit alles was, weet ek nie, maar ek doen niks van dit meer nie en drink nou so 2 na 3 bekers koffie ‘n dag en slaap nog steeds elke nag heerlik – behalwe op vreemde plekke. Vandag wonder ek hoe ek vir soveel jaar kon funksioneer sonder behoorlike slaap.

    • Xanika, dis wonderlik dat jy nou so goed slaap. Mind jou, laventel hoor ek help vir baie goed.. Nog ‘n iets wat ek sal probeer! Ek het gelukkig van die sproei by die huis! Koffie kan dit nou nie vir my wees nie, want ek drink glad nie koffie by die huis nie, miskien so twee koppies twee van ek by die huis kom, die res van die tyd is dit maar water.

  5. Zeetjie, ek hoor wat jy sê maar ek dink tog dit het ook iets te doen met ons pajamadril… Jy weet mens leer jou lyf en brein dat jy sê maar elke twee ure of wat moet gaan kyk of die outjies orraait is… Na twee jaar is dit nie meer rerig nodig nie, maar die brein wil/kan nog nie ophou om elke twee uur vir jou lyf te sê loop kyk of die kleintjies orraait is nie….
    Sterkte, ek WEET hoe jy voel!

    • Pikkie, jy praat nou so waar, ek draai elke keer in Zeethan se kamer om te sien of hy darem nog toe is, en die doek nie te nat nie. Eintlik moet ek dit nie meer doen nie, want hy slaap nou al deur, en gewoonlik is sy doek nie te nat in die oggend nie, want hy drink nou net een bottel voor hy gaan slaap en niks meer in die dag nie..

      Ai, dis maar moeilik om mens se gewoontes net so te verander.

      Ek dink ek gaan Carina se voorstel probeer, miskien is dit die tyd wat ek nodig het vir myself, om goed te doen wat ek net nie meer voor kans kry nie, soos die regte scrapbooking ding en meer stiltetyd!

  6. Zee, in die inrigting🙂 8):mrgreen: waar hul my 2jr terug opgeneem het, het ‘n ou suster vir my louwarm melk met ‘n knippie witpeper ingegooi. Weet nie hoekom nie, maar 5 minute later was ek uit soos ‘n kers!!!!

  7. Dis al die bloggery – glo my😉 toe ek nog so baie geblog het, kon ek ook nie goed slaap nie – brein beslis te aktief oor die volgende inskrywing EN baie beslis ook soos Pikkie beskryf. Kon vir NEGE jaar nie slaap agv hardloop agter die kjenners aan nie.
    Blog minder, lees meer lekker storieboeke, moenie upbeat musiek luister naby slaaptyd nie, drink daar cal-mags en al die Vit B’s en staan vroeg op soos Carina.
    Maar dis ‘n blixem om nie te kan slaap nie, ai!

  8. Bly om te sien ek is nie die enigste ene nie! Ek is so moeg ek kan nie my oe oophou nie, maar laat ek nou net die lig afsit en in die bed klim! Ek kan slange vang so ge-irriteerd is ek met myself! Ek lyk soos ‘n pandabeer! War paint onder die oe!
    My brein wil nie ophou hardloop nie en ek drink omtrent geen koffie nie, so dit kan nie dit wees nie!
    Pille help nie en ek gaan dit ook nie weer probeer nie!

  9. Ek hou van slaap en sukkel nie daarmee nie. Roer sien kussing, Roer val op kussing, Roer slaap! Sterkte Zee. Ek hoor ‘n rooi wyntjie help.😆

  10. Ek het net 3 magic woordjies vir slaaploosheid:
    eeeeehhhhhmmmm
    /me maak keel skoon
    /me loer rond🙄
    (issie kinners al ini bed??)
    ok: hier’s dit:
    scroll down only if you’re over 18:mrgreen: (yeah right, like they’d listen!!)
    ok, ek sukkel hiermee – dis soos vloek – ekke sukkel met daai een ook…😆
    1. Seks
    2. Gym (ok as daar genoeg #1 is, kan jy dalk die gym soms ‘n skip gee😉
    3. Abstinence (nie van #1 nie!!! vannie pc!!!!! jy kannie glo hoeveel mense wat met hulle hande werk en nie heeldag voorie skerm sit, slaap net soveel beter nie – die hele friggin mensdom ly deesdae aan slaaploosheid en 90% van hulle spandeer ure voor die pc. en dis ongelukkig hoe dit is – mens moet eintlik vir jou tyd skeduleer vir die pret ook – ons is vinnig om ons kinders te vertel hoe skadelik dit is om heeldag en ure aanmekaar tv te kyk – en dis nie net oor LSV nie – dis oor dit jou brain op overdrive sit. As jy saans voor jy gaan slaap die pc ‘n uur vroeër afsit, op jou treadmill klim virre halfuur – ‘n lekker lang warm bad vat, vir liefie behoorlik nag sê😉 , gaan jy elke aand soos ‘n baby slaap…
    Daarsie genoeg pille op die aardbol om mense te genees van slaaploosheid nie – you gotto find the cure for you within you – think back – what was different a few months/years ago when you used to sleep well?? en nee, dis nie all of a sudden hormones nie – dit tref mans en vroue ewe hard en dis persistent – disse silent killer, want met dit kom depressie en lusteloosheid en disse bose kringloop, want hoe slegter ons slaap hoe langer tyd sit ons voor die pc… hoe slegter slaap ons…😦

    • Ok here goes…

      Gisteraand maak ek myself reg vir no 1.
      Liefie bel en sê hy gaan gou bier drink by die Dros… en bietjie krieket kyk. (Ok, hy het dit maande laas gedoen)
      Ek vat lekker borrelbad
      Ek raak aan die slaap
      Ek word wakker en hy snork lekker langs my
      Ek gaan maak bietjie melk met swart peper in
      Ek klim weer en die bed en doeks rustig voort tot vanoggend 7.30
      WOW ek voel goed vandag!

  11. Ek is elke oggend doodmoeg. Ek droom elke aand ek is wakker. 😆
    Het baie van hierdie aanvullings nodig.

  12. Sweet Dreams Zee! 😉

  13. ja wel. seksieBBseks . mar ek drink mar my wyn, my milk of mag, my calmette nite, want ek het baie slaap nodig anners cope ek nie met my vier kids in die dag nie en arme Jayde se hondjie, Bluebell, Yorkie terrier, is juis vanoggend doodgebyt om kwart oor sewe net voor skool, so ek moes reg wees en trooswoorde en smile, so ja, ek slaap.

  14. Ai Zee, my innige simpatie. Ek sukkel al jare met die probleem. Het ophou baklei daarteen. Maar gaan beslis party van die raad hierbo probeer.
    As jy slaap… slaap lekker!
    Nimsi

  15. Na my man se ongeluk kan hy ook glad nie slaap nie, die dokter skryf slaappille voor en hy neem elke aand n slaappil, soms werk dit, maar soms slaap hy glad nie.
    Ek het ook van daai dreamland tee gekoop, maar glo nie ek het dit al vir hom gegee nie, sal vanaand dit probeer, hy drink wel elke aand Fennel tee.
    Ek hoor ook n bietjie wisky met melk help.
    Sal verseker ook Milk of Magnesia gaan kry.

  16. Hallo daar

    Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer! http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

    Groete van huis tot huis

  17. O ja, ek sukkel ook erg met slapeloosheid. Die info is regtig insiggewend! Dankie!

    C.

  18. Zee,
    Ekself het nogals nie ‘n probleem met slaap nie, my ouers sukkel wel albei – snaaks genoeg op verskillende tye van die nag, dan sal die wakker een maar uitsluip en rekenaarspeletjies gaan speel, wyl die ander slaap!! Ek vermoed in hul geval is dit (a) ouderdom, maar veral (b) spanning en depressie.

    Goed, dit gesê, ek het iewers gelees oor ons onderbenutting van onse longe. Ons haal te vlak asem, dus, trek jou longe propvol vars lug (en die skrywer reken dit werk vir min slaap ewe veel as vir wakkerbly ???) en asem ‘n paar keer sulke teue vol lug. Bad met laventel, drink daai warm melk (as jy nie sinus kry van suiwel nie) en BB se raad werk vir my. As ek oormoeg en minste “lus” is, het ek dit dikwels die nodigste….😉

  19. As mens in ‘n “patroon” is, kom jy moeilik daaruit. Ons was al in die patroon van hier by 1uur/2uur gaan slaap en het moeilik uit dit gekom. Rooibostee met warm/kookmelk!🙂

  20. Baie dankie vir almal se raad, lyk my die warm melk sluip orals in, en ek moet sê, dit het nogal gisteraand so bietjie gewerk.

    Ek het my patroon so bietjie verander die laaste maand of twee, ek sit nie meer tot die vroeë oggend ure op die laptop nie, maar tog het die slaap my ontwyk…..

  21. Ek het laas agt ure slaap gehad voor ek swanger geraak het met Marco. En selfs al slaap Magnus goed (een of twee keer se wakkerword snags) is ek nog steeds slapeloos. Simpel. Ek sal my hele brein moet herbedraad lykit my. Sterkte aan die mede-slapeloses!

  22. Ek moet hormoonvervangings plakkers gebruik – is net 37 jaar oud laas jaar historektomie gehad en nou 3 weke terug eierstokke verwyder. Ja ek rook en weet moet nie – kan glad nie slaap nie. Wil nie op slaap pille gaan nie – bang om verslaaf te raak. Help asseblief – wat kan ekke gebruik.

    Gee ook raad wat kan ek saam gebruik soos yster of kalsuim. – My vel naals – alles slegte toestand. help!!!!

    • Hi Corena
      ek het dieselfde probleem
      Ekt histerektomie en eierstokke verwyder in Aug 09. Ek gebruik hormoonpil Livifem. My vel is baie baie droog. ek kan ook nie slaap nie. Ek het op ‘n stadium slaappille gebruik maar het dit gelos. Ek tel maar nou skape. Iemand help asb. watter vitamins en vel produkte kan ek gebruik
      denise

      • hi corena wat dink jy van die LIVIFEM WAT OP DIE OOMBLIK NIE BESKIKBAAR IS NIE. EK WAS VIR NET 6 MAANDE OP DIE HORMOONPILLE ALS OKAY GEWERK EN NOU IS DIE BLEDDIE GOED NIE BESKIKBAAR NIE.GLO EEN PLEK WAT ANDER PLEK OORGENEEM HET. SO IETS. NOU HOELANK KAN DIT PAPIERWERK NOU VAT. INTUSSEN SUFFER EK MY DOOD. SLAAP OOK BAIE SLEG IN DIE NAG. VOEL MOET IN DIE OGGENDE .WAT GAAN AAN IN HIERDIE NUWE SOGENAAMDE SUID AFRIKA. EK VRA NET
        ESTHER

  23. heya.ek is n 15 jarige meisie, ek sukkel deesdae om te slaap, en as ek slaap is ek die volgende dag nogsteeds moeg. ek is die heeltyd net moeg en soms baie naar. as enige iemand raad het ek sal dit baie waardeur. my eindeksamen le ook voor die deur en ek is te moeg om te konsentree. ek sters ook baie en goed… maar dankie vir as julle raad het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s