Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Yay Yay!!!

7 Kommentaar

Hallo julle, ek was so bietjie baie besig laas week, het nie geweet of ek kom of gaan nie, en bietjie gesukkel om uit ‘n diep put te klim (een waar ek nie eers lus was om my laptop aan te sit nie) maar ek het darem diè se baas geraak en voel sommer weer myself. 

Hierdie is een van die (‘n lang ene) copy en paste posts van my, maar soos julle weet loop hierdie onderwerp my baie na aan die hart!

Nou ja, julle hoef nie te wonder vir wie ek gaan stem as julle die volgende berig lees nie!!

YAY!

As DA regeer sal hy dwelms, drank pak 

Suid-Afrika se maatskaplike probleme – veral die stryd teen misdaad – kan slegs opgelos word as die probleem van dwelm- en alkohol-afhanklikheid opgelos word, het mnr. Mike Waters, DA-woordvoerder oor gesondheid, gesê.

Waters het gesê as die DA regeer, sal hy sorg dat wetgewing rakende dwelmhandelaars streng toegepas word.

Die narkotiese buro weer op die been bring; Die toekenning van geld aan die sentrale dwelmowerheid verdriedubbel; Dit moeiliker vir dwelmoortreders maak om borgtog te kry; Genoeg geld vir rehabilitasie bewillig; Vereis dat tronke dwelmvry is; Aandring op  dwelmtoetse in skole; Geld bewillig om die stryd teen alkoholmisbruik te verskerp; en Onwettige drankverkope hokslaan. – Rajaa Azzakani

YAY YAY!!! 

As julle al in Hillbrow gery het, en gesien hoe daar “gedeal” word… sal julle weet hoe bly ek oor hierdie konfiskeering is… ‘n Hele paar mense gaan nie heroin kan kry nie! Bl!#$@s

R22 miljoen se heroïen by grenspos gekonfiskeer

In die grootste dwelmvonds tot nog toe in die Laeveld is eergisternag op heroïen met ‘n straatwaarde van meer as R22 miljoen beslag gelê.

In die grootste dwelmvonds tot nog toe in die Laeveld is eergisternag op heroïen met ‘n straatwaarde van meer as R22 miljoen beslag gelê.  Die deurbraak is gedoen toe lede van die departement van doeane en aksyns se honde-eenheid die dwelms by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort gekry het.

Die swartsak waarin die dwelms was, is in ‘n sleepwa versteek.

Die 35-jarige verdagte was met ‘n motor en sleepwa op pad van Mosambiek na Suid-Afrika toe hy kort ná 23:00 aan die Suid-Afrikaanse kant van die grenspos vasgetrek is.

Dit is nie duidelik hoe hy met die sowat 30 kg dwelms deur die Mosambiekse grensbeamptes deurgelaat is sonder dat hulle dit opgemerk het nie, het ‘n Beeld-bron by die grenspos gister gesê.  Ek weet hoe, hy/sy is seker “gebribe”, niks wat ‘n paar Rande nie kan doen nie!

Die verdagte, ‘n Mosambieker, word tans by die eenheid teen georganiseerde misdaad in Germiston aan die Oos-Rand aangehou. In die opvolgoperasie is nog twee verdagtes – ‘n Mosambieker en Kongolese vrou – gistermiddag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die dwelms was skynbaar bestem om aan hulle oorhandig te word.

Volgens me. Malerato Sekhe, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), is dit ook die grootste dwelmvonds wat tot nog toe deur hul honde-eenheid opgespoor is.  Die eenheid is drie jaar gelede op die been gebring, juis om in die stryd teen smokkelhandel gebruik te word.

Die verdagtes sal waarskynlik môre in die hof verskyn. Malerato sê nog inhegtenisnemings word verwag. 

  • Top cops busted for drugs
  • SA drug mule numbers soar
  • Another huge airport drug bust
  • R170m drug bust at OR Tambo
  • Drugs ‘destroying communities’
  • R200m cocaine seized at Dbn harbour
  • Minister’s wife in drug scandal
  • ‘All airlines face drug problems’
  • Drug smugglers ‘targeting SAA’
  • Crew held for drugs worth R4.3m
  • Drug mules getting inventive
  • West Africa ‘becoming drug hub’
  • Cocaine seized at 2 main airports
  • Ek het op hierdie interessante stukkie afgekom.  Wens so ek het van hierdie geweet in 2001…

    Ontstellende dwelmtonele in TV-dokkie – May 07 2001 

    ‘n Veertienjarige seun word deur een van sy beste vriende geskiet. Oorvol tronke in die VSA beteken dat gevaarlike misdadigers op parool vrygelaat word. Jong mense stry wanhopig om as heroïenverslaafdes te oorleef.Die eerste van hierdie dokumentêre programme is Black Tar Heroin: Dark End of the Street.

    Dit bied ‘n ongewone kykie na twee jaar in die lewe van vyf jong heroïenverslaafdes.

    Jake, Jessica, Tracey, Oreo en Alice, drie jong vroue en twee jong mans tussen 18 en 25 jaar, worstel met die gevolge van ernstige verslawing aan sterk dwelmmiddels: misdadigheid, prostitusie, verkragting, tronkstraf, vigs, oordosisse en die dood. In een ontstellende toneel besluit die 18-jarige Jessica sy moet high raak voordat sy uitvind of sy MIV positief is. Die kyker sien hoe sy heroïen in haar hand inspuit, knik en blou raak. Oomblikke daarna kom sy by, steek ‘n crack-pyp aan en vat ‘n sluk whisky.

    Terwyl sy weer in die bedwelming wegsak, kry sy ‘n treurige uitdrukking op haar gesig en mompel: “Ek het aan ons huis gedink; my ma.” 

    Die dokumentêr wys die wreedheid en vernedering van die dwelmlewe, maar ook die verslaafdes se pyn en hul rou verlange om ‘skoon’ te raak, verhoudings staande te hou en weer met hul gesinne verbind te wees.

    Hoewel die dokumentêr ontstellend is, kan dit dalk ‘n goeie idee wees om tieners aan te moedig om dit te kyk. Só ‘n skoktaktiek word met redelike sukses in Holland gebruik, waar ontstellende programme oor dwelms en dwelmgebruik op gereelde grondslag op televisie gewys word.

    Dis tog ‘n feit dat dwelms deesdae oral beskikbaar is en dit kan dalk net jou kind se herinneringe aan sulke tonele wees wat maak dat hy of sy op die ou einde omdraai en nee sê . . .

    zee-6

    Author: Zee

    Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

    7 thoughts on “Yay Yay!!!

    1. Ai, Zee. Dis ‘n verdomde euwel. Jy weet, ek dink dis flippen maklik om met dwelms te ‘deal’ in SA. Ek het weer twee plante ingesmokkel. Sweet dat dit klap toe ek wag by die carousel, maar nee, my tas daag nie op nie. Dis reguit van Luanda deurgestuur Richardsbaai toe! Dis nie hoe dit veronderstel is om te wees nie. Alles moet mos eers deur customs gaan. Wat as ek ‘n ‘drugdealer’ was? Mos baie lekker!

    2. Nou weet ek ook vir wie ek moet stem:mrgreen:
      Zee ek is bly as daar sulke positiewe nuus is, want dwelms verwoes lewens! Veral dan nou heroïen!

      Ek is bly jy het uit die put geklim! Ek wou jou al daar gaan uithaal het!

      Geeënde Paasfees vir jou en jou geliefdes! 🙂

    3. Hello Zee

      Dit is verblydend om sulke nuusberigte te lees. Dit gee mens hoop dat die euwel wel aangevat word en dat daar hoop is om dit wel uitgeroei te kry. Vir elke gram van die gemors wat van die strate afgehou kan word, kan ‘n lewe gered word.

      Hoop dit gaan rustiger by die werk na die naweek, ai vriendin die mense wat so aangaan 😯 en dan juis oor Paasnaweek

      ‘n Baie geseënde Paasfees vir jou en die hele familie

    4. (((ZEE)))
      Dankie vir hierdie berig en ja, my kruisie sal beslis nou daar getrek word.
      Bly jy is weer met ons ek was kort op Wippie se hakke om vir jou te gaan uithaal uit daardie put.
      Sterkte, Geseende paasfees en ons praat weer iewers in volgende week.
      Nimsi

    5. ((Zee)) – nie te veel paaseiers eet nie, hoor!😉

    6. Welkom terug! Ek is bly jy voel weer jouself!

    7. Boends, ek is net bly jou plantjies is ok🙂 Nee kyk, dit wys jou nou net hoe goed is ons stelsels by die lughawens. En hier dog ek na die laaste 2 groot busts met SAA staf is die sekuriteit opgewarm….

      Wipneus, jy weet nie hoe goeie nuus hierdie heroin bust vir my was nie. Jy weet, M het my, sy suster en sy seun eendag met ‘n “vinnige ompad” oppad om hom by sy blyplek in Roodepoort af te laai, eers in Hillbrow laat stop, eers daar naby die Ponte gebou in ‘n doodloop straat laat beland en ek sê jou, dit het gewemel van dealers (My opinie).
      Jy moes sien hoe vinnig hulle na jou kar toe beweeg maar op ‘n baie slinkse manier. Toe ons daar uit is, word ons reguit in Hillbrow ingevat, jy moet weet, ek is clueless by padaanwysings, en hy sê ek moet gou stop.
      Ek stop toe gou (ja ek weet ek moes nie) en ons wag en wag en wag. Hier kom hy en die dealer rustig aangestap, so asof hulle op ‘n Sondagmiddag uitstappie is, klim in die kar en sê ons kan maar ry. Nou kyk, ek was klaar so op my nerves gewees dat ek dit moes rustig vat al wou ek uitklim en hulle vermorsel.
      Op elke straathoek het hy my die dealers uitgewys. Onthou, dit was hulle plek om “goedkoop” heroin teen R20 ‘n sakkie te kry. Ek eis nou nog as ek dink aan daardie dag hoe hy ons lewe in gevaar gestel het.
      Tog sou hulle nie aan ons raak nie, maar blykbaar sou die polisie as hulle daar sou verby kom, my stop en vra wat ek daar soek, dis hoekom ons so vinnig daar moes uit nadat hy sy fix gekry het. Weet net, ek het geen idee gehad dat dit is wat hy wou doen nie, ek dog dis ‘n kortpad, en as ek daar ‘n scene sou veroorsaak het hy my gewaarsku dat hy uit die kar sou spring wat meer aandag sou trek en ons lewens in gevaar sou stel.
      Jis, hier skryf ek alweer ‘n opstel.
      Bossie…..Ek stem so saam met jou, net daardie eerste gram herion vir ‘n eerste gebruiker is dit tikects vir hom/haar
      Nimsi, dankie vir die omgee… dis was maar moeilik om uit die put te klim – but I made it. Snaaks hoe ek nou in die laaste tyd so vinning daarin dan sak, maar ek is weer op my pille om bietjie te help cope, alhoewel ek probeer om hulle nie elke dag te drink nie, net as my maag so draai maak dat ek nie meer kan uithou nie.
      Krista, jis ek het juis ‘n boks wat ek net nie in my lyf kan kry nie, dis die hot cross bun paaseiers, dis net nie so lekker nie… maar as die nood nou te veel gaan word, sal ek hulle maar verorber😉
      (((Ogies))) dankie vir jou mail!! Ek sal bietjie later terug mail!

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

    Connecting to %s