Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Sonbrilletjies

25 Kommentaar

Saterdag hol ek gou by een van die boetieks in waar ek gereeld klere koop vir Zeethan.  Hier het PEP toe ‘n paar sonbrilletjies vir R20 daar waar mens moet betaal.  Hoekom hulle altyd hierdie lekkergoed en oulike goed vir die kinders by die betaal punte moet hê weet nugter alleen.  Anyway….. ons is daar weg met lekker warm slaapklere vir hom en tjokkie en die paar sonbrilletjies.

Hy het vir ons ‘n paar ure se vermaak gesorg maar ai tog, ek het te laat besef ek het nie my kamera in my hand nie.

Ek was op soek na Al Debo se Sonbrilletjies maar ai tog…. skaars soos hoendertande!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Sonbrilletjies

  1. Heita, dis een cool dute die !!!

  2. Aaaaah!!! Tannie Wip se cute mannetjie! Ek vreet hom sommer heel op en spoeg net die beentjies uit!

    Te oulik Zee😆

    Lekker week
    x x

  3. Te cute Zee.

  4. Cute, Cuter, cutest…. Eich ek sukke nog altyd met die spelreëls.

  5. Ag Zee, hy is te sexy vir sy brilletjies man! Baie ou tannies soen hom seker in die straat? Ek weet ek sou!
    Nimsi

  6. Dit is regtig te dierbaar, Zee!!🙂

  7. Ken ek nie daardie sonbril WIL hê nie. Franco is al deur 3 pare PEP sonbrille. Maar ai. Elke keer sê ek vir hom dis nou die laaste keer. Maar ek kan myself nie help nie. Dis darem net te blêrrie cute vir woorde!! Zee, hy is net so pragtig!!!

  8. Sjoe, maar hy raak nou groot en so vinnig. Hy is pragtig

  9. Zee dit lyk vir my of hy sommer eweskielik so gegroei het, daai baba gesiggie is nou sommer n regte groot seun gesig.

  10. Hoe dan nou anders. Sonbrille is ‘n moet! Hy lyk te oulik en ek moet saam met Parkes stem. Ewe skielik lyk hy nie meer soos ‘n baba nie.

  11. Daai krullebol is darem maar oulik.😉

  12. Te pragtig!

  13. Nee my liewe jel, Wipneus! Jy sal die kind mos seermaak!
    Zee, ek bieg…die kids het ook darie boetiek brille!
    Zeethan is genuine oulik verby. En so se almal van ons!

  14. Daai brilletjies is soooo sweet, maar wie wil nou sulke mooi ogies agter ‘n bril wegsteek??? 😈

  15. Zee, dit was steeds ‘n lekker projek, al was dit toe nie Langenhoven nie, want ek tussendeur ‘n paar ander uitsonderlike versies gevind wat ek stelselmatig gaan plaas! Dankie vir jou! Swaai die vaandel vir Afrikaans, en bring die “ware” Afrikaans uit die argiewe.

  16. Pragtigste Engelgesiggie dié Enetjie, ja!! xx

  17. Hy raak net al hoe ouliker.

  18. Jy okey Zee?

  19. Daai sonbrilletjies is baie cool 😎

  20. ai miesie zee djou kleinbasie hy kruip somme hie binne mavis se regterhart kamer in

  21. Agge jitte, hy lyk te kostelik! Opvreetbaar1

  22. Boskind – Dankie, ek het ook gedink hy is😎
    Wipneus! – Mmmm… en hoe het hy geproe?
    Alta – Dankie!
    Riaan Oosthuysen – Ag jinne, wat sal ons nou worry oor die spelreëls hierso!
    Thanks Kaalvoetinireen
    Nimsi –😆 ek moet bieg, ek word baie gestop en gevra wat die oulike dogtertjie se naampie is..
    Dankie Ninette
    Ogies – Ai tog, die paar is stukkend, nou neul hy in my ore vir nog ‘n billetjie.. sal maar gou boetiek toe moet die naweek en sommer so 3 koop vir net incase!
    Pampoen – Nee kyk, hy groei ook nou te vinnig na my sin..
    Parkes1 – Daardie gesiggie word nou te gou groot… Ek verkyk my aan hom!
    Roer – Hy is van kleins af mal oor sonbrilletjies, ek dink die eerste foto wat ek nog vir Wip gestuur het, was een in sy kar stoeltjie toe hy so 9 maande oud was!
    Dellie –😦 ek word nou “geforce” om die krulle te knip die naweek, dit lyk net te onnet na Marc se sin
    Dankie Paula
    Sigeuner – Nooit, ek is bly ek is nie die enigste een wat by daardie boetiek shop nie!!😆
    Pikkelik – Whahaha, ek sal moet kyk wanneer hy dit opsit, dalk wanneer hy kattekwaad aangejaag het
    Emil – Ek moet vir jou dankie sê vir jou moeite😉 en ja, dis darem so oulik die kinders met hulle :coo: sonbrilletjies🙂
    Dankie Tannie BB!!
    Oopkop – Dankie, maar wanneer sien ons bietjie weer ‘n foto van daardie skatlike dingetjie van jou?
    Mavis – ek dink jy gaan ook daar in sy hartjie kruip wanneer jy hom gaan oppas een van die dae!!🙂
    Tweelingkind – Thanks, nee kyk, ek dink ek wil hom ook baie dae opvreet, hy het my omtrent gered laas week sê ek vir jou!

  23. kan nie glo hy het al so groot geraak nie. sjoe, het hy al ‘n girlfriend. pragtig zee, pragtig….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s