Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Dwelms & Polisie (My storie 11 )

31 Kommentaar

Vanoggend oppad werk toe hoor ek op die nuus van die 4 senior polisielede wat op die Wesrand aangekeer is oor dwelms wat hulle gekonfiskeer het, weer aan die drug lords verkoop het.

Wat my die meeste gevang het oor hierdie spesifieke onderwerp is dat M & C in daardie area gebly het voor hulle tronk toe is.  Ek het bly wonder…..  was een van die vier dalk een van die twee wat ek gereeld kontak mee gehad het, wat ek gereeld gebel het om te hoor om die kinders nog lewe.  As ons vir lang rukke nie van hulle gehoor het nie, het ons vir Andre of Grant (hulle het hulle persoonlike sel nommers vir ons gegee) gebel om te gaan kyk of die kinders darem nog lewe.  Hulle het die kinders se belange op hulle harte gedra en het alles in hulle vermoeë gedoen om hulle te probeer help.

Vandag nog kan ek julle nie genoeg bedank dat toe ons nie die kinders laas Kersfees by ons wou hê nie, dat julle bereid was om hulle vir die dag saam met julle families te kon laat deurbring….. en vir hulle liefde gegee het, wat ons nie op daardie stadium kon doen nie…..

Vandag sê ek baie dankie dat dit nie hulle was wat so korrupt was nie.  Dankie dat daar nog sulke polisiemanne is soos julle wat wel omgee en nie korrupt is nie.  Dankie dat ek nie vandag julle name in die koerant gelees het nie.

Beeld het vandag sommer die vier korrupte manne se name ook vir ons gegee.  SHAME ON YOU…. ek hoop nie julle kinders val eendag in hierdie trap wat julle vir ander stel nie!

Senior polisielede vas oor dwelmsAmanda Roestoff

Vier senior Wes-Randse polisielede het glo groot vragte gekonfiskeerde dwelms weer aan die dwelmhandelaars terugverkoop.

Die mans is vermoedelik deel van ‘n groter sindikaat en is gister in Johannesburg en Krugersdorp aan die Wes-Rand aangekeer.

Hulle het hulle veral gehelp aan dwelms wat by die O.R. Tambo-lughawe gekonfiskeer is, maar ook dwelms verkoop waarop hulle tydens operasies in hul polisiëringsgebied beslag gelê het.

Al vier offisiere het glo van hul eie netwerke gebruik gemaak om die dwelms te verkoop.

Van die lede van die goed georganiseerde sindikaat werk glo ook by die lughawe.

Sr.supt Dumisani Jwara (45), Wes-Randse hoof van die eenheid teen georganiseerde misdaad, is tydens ‘n spesiale vergadering voor sy kollegas by die kantore van die Gautengse polisiehoof, komm. Perumal Naidoo, in Parktown gearresteer.

Kapt. Caphius Shange (34) is by die Wes-Randse kantoor teen georganiseerde misdaad in Krugersdorp gearresteer.

Sy 38-jarige kollega, kapt. Petros Victor Mpho Juili, is by sy huis in Westonaria aangekeer, waar groot bedrae Suid-Afrikaanse valuta gevind is.

Kapt. Landro Mokgosani (40) van Toekomsrus buite Randfontein het hom gistermiddag in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorhandig.

“Ons sal hulle (die korruptes) met wortel en tak uitroei. Ons is nie skaam om ons eie mense uit te wys en by die naam te noem nie. Die korrupte beamptes wat betrokke was, sal gejag word. Dis hulle wat nou mense bedrieg wat hulle gesweer het om te beskerm,” het sr.supt. Tummi Golding, nasionale woordvoerder vir misdaadintelligensie en interpol, gesê.

Die hoofkantooreenheid misdaadintelligensie en die direktoraat: koverte inligtingsafdeling onder bevel van komm. Mlangi Mphego, afdelingskommissaris, hou die mans sedert 2007 dop.

Die polisie het glo op bankstate en verskeie dokumentasie by Jwara se staatswoning in Blairgowrie, Randburg, beslag gelê.

Die polisie is eers toegang deur ‘n vrou en klein kind geweier, totdat ‘n lasbrief gewys is. Volgens Golding is die besluit of die vier weens handel in dwelms aangekla sal word in die hande van die vervolgingsgesag.

Al vier mans sal vandag in die landdroshof in Pretoria op aanklagte van bedrog en afpersing verskyn. Die polisie beoog om binnekort nog arrestasies onder senior offisiere, onderoffisiere en burgerlikes te doen.

Ek hoop die gereg sal hierdie keer ook sal geskied en dat julle vir jare in die tronk gaan sit.

 Opvolg op bogenoemde storie… Ag shame, ek kry julle so jammer👿 Kry vir julle!

Beeld – Polisie vrees aanhouding in tronk

zee-0
UPDATE
Vandag lees ek daar by Bosparra sy post oor Drug Raid.  Ja natuurlik sou dit my oog vang.  Wat my wel die hoenders in gemaak het is hierdie woorde van hom… 
Platkuif sê die volgende….
“Dit is vir my moerse unfair.
Na bewering het Jockstrap (as mens nou daai video kan ‘glo’), ‘n paar onwettige ’substances’ gebruik en tot dusver het die polisie NIKS daaraan gedoen nie.Tog dink hulle nie twee keer om skole te ‘raid’ nie…”
Hier is my siening!!

Weet jy nou nog nie dis nodig om die skole te “raid” nie.  Dis hoe die Druglords begin om ons kinders te vernietig……

Ek is trots op daardie skoolhoof dat hy wel die polisie genader het om die “euwel” uit sy skool te roei.  Nou moet daardie ouers van daardie kinders die nodige doen om hulle van hulle verslawing te probeer genees!  Ek hoop BAIE meer skoolhoofde volg hierdie skool se voorbeeld!

Platkuif, ‘n mens moet maar altyd versigtig wees om nie te vinnig te oordeel oor iets wat jy geen ervaring oor het nie.   As jy Joost en die related video wil aanval, moet dit nie in dieselfde lig stel as hierdie groot drug choas wat ‘n krisis is met ons jeug  nie! 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

31 thoughts on “Dwelms & Polisie (My storie 11 )

  1. Walglik!

    Ek hoop net die reg seevier hierdie keer.

  2. Dagse Zee
    Ek is dankbaar dat ander van hulle nog bereid is die regte ding te doen en korrupsie soos die hok te slaan en te poog om dit uit te roei.
    Sterkte vir julle, ek weet dat nuus soos die nie vir julle maklik kan wees nie en heeltyd ou wonder weer skaaf.
    Groete

  3. Boendoe, op MNET het hulle nou ‘n kompetisie wat jy kan voor inskryf om te sê wat jy net vir een dag in jou lewe wil wees. Ja, ek weet dit is verkeerd, maar ek wil ‘n “Skerpioen” wees met Carte Blanche… glo vir my, daar sal ‘n hele paar nie meer wees nie!

    WitRidder, dit krap my eintlik om, om te weet dat ons so magteloos is teen die druglords en korrupte polisie, want al hoe meer raak aan die euwel verslaaf, en van ‘n baie jong ouderdom af.

  4. Zee dit is so min dat mens hoor van polisie lede wat nog daar is om dit te doen wat hulle veronderstel is om te doen, ek haal my hoed vir julle af en bid elke aand dat God met julle sal wees en julle families. Die wat hulle skuldig maak aan sulke dinge soos hier genoem hoop en bid ek net julle gaan nie eendag julle kinders in die tronk of erger langs n graf moet loop staan nie.

  5. Die probleem is, dis hierdie paar wat die polisie ‘n slegte naam gee.
    Want ons het vandag die polisie se hulp nodig gehad, en ek kan net met lof van hulle praat. Wierda Polisie rock!!!

    Zee kom haal my as jy daai Skerpioen ding gaan doen!!

  6. Dis sleg dat die wat veronderstel is om ons teen hierdie goed te beskerm self daarby betrokke raak!

  7. Zee, ons woon in Krugersdorp, ja en ek kan ook regtig net vertel van n keer wat ek die SAP nodig gehad het en werklik goeie diens gekry het…die staat vriendin moet begin kyk na hulle mense se salarisse… ek weet, die oom het 13jaar vir die staat gewerk… 13jaar waarin ons krepeer het. EN DAARMEE WIL EK GEENSINS SE DAT WAT HIERDIE MENSE GEDOEN HET ENIGSINS AANVAARBAAR IS… Inteendeel… voel ek persoonlik moet hulle straf baie erger wees as die man op straat!
    Liefde vir jou Zee en sterkte!

  8. Ek’s saam met jou dankbaar dat jy twee engele het wat saam met jou na jou kinders omsien. Dis laakbaar dat mense in gesagsposisies hul mag so misbruik!

  9. Dis friggin sad en ongelooflik frightening – iemand het eendag dié vir my gesê: “What are the 10 most feared words in SA?” :
    “I am from the SAPS – I am here to help”.😦

    En dan moet ander polisiemanne probeer om die ‘pose’ te hou en die gemors en slegte naam in ere herstel… en ons weet almal baie goed dat negatiewe publisiteit mens baaaaie langer bybly as die goeie dade wat ‘n handjievol verrig…

  10. Dis ‘n blerrie skande… Ek hoop daai polisiemanne kry wat hulle toekom. Dit is egter so bitter hartseer dat 4 (of gaan daar dalk nog ontmasker word…) korrupte vrot appels die hele mag ‘n slegte naam gee. In Ouboet se oë is daar niks beter as ‘n polisieman nie en dit is NATUURLIK sy droom om eendag ‘n polisieman te word… Dankie tog vir mense soos jou Grant en Andre en my Werner en Marius wat nog ‘n polisieman se naam hoog hou en die admirasie in klein seuntjies se oë waardig is…..

  11. Wat sal nou ‘n goeie straf wees vir hierdie mense? Net gewone tronkstraf is nie genoeg vir my nie, want hulle het indirek lewens verwoes!!!!!

  12. dit wys jou nou net aan watse tipe mense ek my en my gesin se veiligheid moet toevertrou.

    Hoop die regering skaam hul vir ons POLISIE

  13. Mens weet nie meer wie om te vertrou in die polisie nie.Daar is so baie korrupsie.

  14. ek so bly hulle’t die ******* gearresteer. ek het geen respek vir polisie personeel nie, want so baie van hulle is dodgy en dis sad want nie almal is so nie…maar jy weet nie wie jy kan trust nie en wie net voorgee om ‘n goodguy te wees nie…jis dit upset my….my pa was ‘n polisie man, en ek wou dit ook na skool gan doen het maar in vandag se tyd kan jy nie, daars nie ‘n kans nie….en die crazyste ding is (of wel dit verbaas my nie eers nie) een van my vriende is so paar maaande terug gevang deur die polisie net na hy dagga gekoop het, hulle wou hom arresteer en het sy dagga gevat, maar raai wat, dit het hom R50 gevat om vry te kom en vir ‘n bonus gee die polisie man sy dagga ook vir hom terug en en en wag vir dit en sy sel nommer en se vir my vriend as hy dagga nodig het moet hy hom net bel dan kan hy by hom koop want dis veiliger, i mean, come on!! wtf!! waar in jou lewe!!! Ek wou hom sommer aankla maar wou nie my vriend in die moeilikheid kry nie….

  15. Is arrestasie genoeg?

    Maar mense, as die geagte regter dan verhewe is bo die wet, hoekom nie die “gewone” polisieman nie?

    Weet jy, Zee, ek het nogal, toe ek die nuusberig oor die radio hoor, só aan jou gedink (eintlik doen ek verkeerd, jou man gaan deur dieselfde hel). En gewonder…hoe moet iemand in jul situasie sulke nuus aanhoor en verwerk?

    Ons het ‘n oud-polisieman in die dorp wat nou ‘n sekuriteitsfirma besit. Wanneer daar enige, maar enige krisis opduik – is dit die man wat gewoonlik geskakel word, Vóór die SAPD.

    Ai, sal dit ooit weer regkom?

  16. Wat moet mens dink?

    Ek dink nou maar aan elke geval wat ek hoor en van weet, afsonderlik.

    My suster bly in ‘n woonstelblok. So ‘n ruk terug was daar ‘n insident – helder oor dag. Twee mans het ‘n jong vrou met draad vasgebind het. Dit was om ‘n lee erf langsaan. Ons het die polisie, die brandweer, die spesiale nooddienste nommmer en nog ‘n paar ander gebel vir help. Tot vandag het daar nog niemand opgedaag nie. Die tuinjong van die kompleks en ‘n paar inwoners het haar toe gehelp.

    Maar daar is ook die teendeel. Verlede nag, gedurende ‘n inbraak, is ‘n 80jarige ou oom hier in die aftreeoord kompleks waar ek bly, doodgeskiet en sy vrou beseer. Dit met al die sekuriteit wat ons het!. Binne 10 minute na die skoot het dit gewemel van polisie, speurders, honde en tot die helikopter. Ons het geen idee waar almal vandaan gekom het nie, maar hulle is nog steeds besig om die kompleks asook die groter buite omgewing met lang gras en bome te fynkam vir bewyse.

    So, soos in enige situasie is daar die goeies en die vrottes. Ek is seker die vrottes is in die minderheid maar nou ly die meerderheid ook onder die slegte naam. Dis so jammer. Kom ons hoop dat hierdie dwelm-ding meer vrottes sal uitroei sodat ons almal veiliger kan voel in ons eie land.

  17. Hier vergeet ek skoon die belangrikste dankie😳

    Kaptein J Tellis. Dankie dat jy nog een van die polisiemanne is wat omgee vir ons as mense. Dankie dat jy elke keer daar was vir ons in die middel van die nag, jou slaap opgeoffer het om na ons huis toe te kom om ons te help.

    Dankie dat jy nog steeds na al die jare se bystand die moeite doen om gou ‘n draai by ons te kom maak om te hoor hoe dit met ons gaan. Dit is beyond jou plig as polisieman. Jy het nie nodig om dit dit doen nie. Maar jy doen dit omdat jy omgee!

    Dankie dat jy die euwel van ‘n taxirank naby ons probeer uitroei.

    Dankie…. is eintlik nie genoeg nie.

    Ek wens daar was meer polisiemanne soos jy en jou sersantjie!

  18. Aag, nou’s ek sommer weer trots op my pa ook. Hy was so ‘n omgee-Polisieman. Lekker om te weet daar is nog van hulle Zeetjie.

  19. Ek lees nou jou update:

    Kyk mens moet leer om ‘n wag voor jou mond te sit. Ophou om stupid uitlatings te maak. Dis hoekom daar ‘n ding soos “google” is. Dit keer dat jy nie van jouself ‘n aap maak nie! 👿

  20. Wip… kyk ek was sommer blind hierdie kant toe ek sy uitlating sien. Ek kan sommer net uit sy skrywe aflei dat hy geen cooking clue het hoe erg die dwelm probleem in hierdie land is nie. As die polisie dan nou wel goeie werk gaan doen, is dit in sy ogies nou ook nie meer goed genoeg nie. VIVA vir die polisie wat dit gedoen het, en VIVA vir die polisie wat dit nog sommer baie gaan doen! Om nou die twee gevalle met mekaar te vergelyk… die een dalk nie eers waar nie… nee man! Die man moet sy oge begin oopmaak en nie sommer net snert skryf omdat skryf skryf is nie!

  21. Nou`t ek `n vraag.
    Een van my kids, ne? Sy hol ront soos `n mal haas en speel haarself kapot, maar kom slaaptyd, dan is daar 100 strorietjies om uit die bed te bly…van toonseer, kopseer, beenpyn…ens ens ens. en dan wil sy niks, maar niks anders as Panado drink nie. Sy weier om te luister, weier om vasgehou te word, weier dat ek by haar le, warm coco, enigeiets! Man, sodra sy Panado kry kap sy darie bed en half minuut, dan slaap sy. (ek kan dit ignore, maar ons gaan 3 ure se kak met haar he)

    Kan sy verslaaf raak?

    • GypseyGirl… jong ek dink nie dis goed vir so kleintjie om te “demand” om ‘n pilletjie te drink nie. Ek gaan bietjie uitvind vir jou. Sodra ek uitgevind het sal ek jou laat weet, tensy hier iemand is wat hier lees en dalk vir Sigeuner ‘n antwoord het voordat ek uitgevind het!

  22. Ps. Dit gebeur so 3 keer per week.

    • Sover ek weet is Panaodo nie verslawend nie. Ek dink dit vat dalk die plek van iets soos ‘n comfort beertjie of doek. Wat van as jy haar winkel toe vat, dat sy SELF die stunningste, mooiste kombersie (Baba-bersie dalk???) uitkies. Verduidelik vir haar dat dit nou die plek van die muti gaan vat in die aand en sy mag heelnag met haar bersie net by haar slaap. Of maak tee aan en gooi dit in ‘n leë bottel panado?

  23. Ogies, dankie die idee van tee in die Panado bottel is great!
    Die Panado drinker is al 7 jaar oud en het al dosyne “bersies” gehad…I love it too! Sy slaap egter nog steeds met nice sagte fluffy teddies. Sy like dit as ek beurte maak om by hulle twee te le tot hulle slaap, maar as sy bedonnirt raak, moet niemand aan haar vat nie! Ek het haar al vasgedruk ek gedwing om gesus te word …wat ook al gehelp het (amper soos gatlek) Sy soek troos, maar jy moet dit afdwing, verstaan? Maar ek wil nou nie elke keer drukkies in haar keelgat afdwing nie…dit kan iets anders trigger soos aandag-soek-oppe-kak-manier. Ek probeer egter om elke mood van hulle te akkomodeer.

    Ek het al panado pille gegee en sy is selfs heel happy daarmee. Solank dit klink na Panado. Nou het ek al tissue-sout pille nr. 6 geruil vir Panado (somtyds) en dan se ek vir haar:” hierrie pil is baie sterk…die beenpyn, koppyn of watookal sal binne 2 min wegwees.

    Wat my dronkslaan…is dat sy sal aanhou karring oor pyn as ek haar `n placebo gegee het! As sy kla van pyn (en ek dink dis onnodig) en die tissue-pille gee, dan sal sy aanhou kla van die pyn!

    Nou die aand se sy net sy voel nie lekker nie, maar kan nie se WAAR nie. Boeta, sy het net geskreeu tot sy Panado inhet en KAPLAKS! Dan is sy kalm en pass sy uit in haar bed.

    Dit worry my baie, baie erg. En haar neus bloei vir die geringste. Elke 2de dag se storie.

  24. hello miesie met die mooi kjent

    hierdie matekwa blare goed hy es dangerous mavis siet elke dag hoe die mense heil oor die molato wat die bossies maak

  25. sjoe sigeuner. dis amper of haar breintjie geprogrameer is vir daai medisynetjies. dis maklik vir ons om te se kry ‘n plaasvervanger maar daar is dalk rerig ietsie fout? soos groeipyne in haar lyfie, bene of waar ookal. ek het laaaank gedink my dogter (16) soek aandag as sy se haar hart pyn..(aduh?) en toe vind ons eendag uit na ‘n jaagsessie na ‘n hospitaal sy kry reflukse in haar slukderm wat net so seer soos ‘n hartpyn is!…dieselle vir my seun wat altyd sou se sy oe is seer…en dis gewoonlik as hy moet gaan slaap…toe is dit skeelhoofpyne oor hy eintlik ‘n brilletjie moet kry….ek bid jou vir jou en jou ou dogtertjie. dat jy ‘n oplossing kry

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s