Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Sowwy!!

15 Kommentaar

Ek is baie jammer!

Nemo of is dit nou Dori of is dit Een of Twee.. (soos Dellie hulle herdoop het) is gisteraand dood.

Nemo (Twee) of Dori (Een) is in die vroeë oggend ure dood nadat ek gister bietjie hulle blyplekkie skoon gemaak. Die plantjie het begin vrek (ja ek weet hoekom, laas weet het ek dit per ongeluk in die bak gesit wat kookwater ingehad het en eers toe my hand brand het ek dit besef.  Ek het vermoed dat dit so vrek.) Ek dog toe, ok, ek weet mos nou hoe om dit te doen, die vissies het darem al ‘n hele week survive na laasweek se huis opsit.

Obviously het ek weer iets verkeerd gedoen.

Vanoggend dryf Nemo (Een) of was dit nou Dori (Twee) bo.

R.I.P.  Nemo,  of is dit nou Een, Dori of Twee….

Ek is nou so deurmekaar dat ek nie meer weet wat die vissie se naam is nie, maar ek glo Zeethan sal baie gou vir my sê!

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

15 thoughts on “Sowwy!!

  1. oops Zee!
    Mens kan seker nie so iets wegsteek nie!
    Sterkte met die verduideliking aan Zee

  2. Vergeet maar die vissies in die bak. Daar is ‘n yslike koipond met die mooiste en kleurigste kois in en nogal ‘n veiligheids net bo-oor. Laat hom maar die kois voer soos hy in elk geval doen en hulle name leer (hulle is in elk geval lankal gedoop). Dan hoef jy ook nie die bak (pond) skoon te maak nie.

  3. Ag jinne.

    Ek is ook daardeur – Pieter se twee vissies is oorle sonder waarskuwing. Op die ou einde het net Gary, die waterslak oorleef, maar hy’t ook die gees gegee in die tussentyd.

    Ek buig my kop in respek.

    Rus in vrede, Een en Twee.

    😉

  4. Dis hoekom ek nie van visse hou nie. Hulle vrek vir niks…sterkte!

  5. O wee, miskien is vissies nie so ‘n goeie idee nie?

  6. Ag sowwi Zee.
    Nimsi

  7. Ek word die vis moordenaar genoem😦 😆 elke keer as my man verby die vissie wat survive het verby loop vra hydie vissie hoe lank dink hy het hy nog om te gaan!

    Ek dink as Nemo soos Zeethan hom nou noem ook die tydelike met die ewige verwissel, sal hy maar soos A3 sê die kois moet grootmaak met ‘n naampie vir elke ene!

    Dankie vir julle meegevoel met die heengaan van Dori, of was dit nou Twee of Een… At least weet ons darem nou dis Nemo wat agter gebly het🙂

  8. Kyk nou mooi na Nemo!

  9. Die heel eerste keer lat ek smile hierrie week!
    Hierrie naweek issit ek en die twins wat gaan visse koop! Hier kom Bont & Case! James Bont en InCase…

  10. PS. Die vorige keer, toe die twins kleiner was het elkeen so lelike goue uitpeuloog vissie gehad. Ene vrek en ek soek spoedig `n plaasvervanger, maar kry net `n swart uitpeuloog! In die middag sien hulle hierdie snaakse verskynsel en wil weet wat aangaan?

    Ek verduidelik toe die vissie moet seker baie, baie siek wees. Na `n week toe die “siek-swart” vissie doodgaan, se een kind:” …hy was lelik siek, ne mammie?” Eish!

  11. Mens moet seker vir die kleintjies die waarheid vertel.

    My kleindogter in Mosambiek kry toe vir haar 5de verjaardag ‘n 8weke oud Labrador wat toe nogal oor die grens van Nelspruit af gesmokkel was met slaappille.

    ‘n Paar weke later gaan sy vir die naweek na haar ander ouma toe en haar pa ry toe ongelukkig oor die hondjie. Hulle vertel toe vir haar die dingetjie het weggeloop. Vir drie weke was dit ‘n tranedal. Met die volgende besoek aan Nelspruit word daar toe weer ‘n hondjie gekoop en met dieselfde prosedure in Mosambiek ingeneem.

    Sy was in ekstase oor die hondjie en het so met hom geraas want hoe kon hy so ver wegloop. Suid Afrika is verskriklik ver en hy sal verseker daar gesteel word. Nou pas sy hom soos goud op. (Of hy vir haar!)

  12. Demoerin – ek gaan hom soos goud oppas…. Altans ek gaan probeer!
    GypseyGirl… Ek is baie bly dat ek darem vir jou ‘n smile op jou gesig kon gee hierdie week!! Wat original name gaan jy vir hulle gee.. net jy kon daaraan dink🙂 Kan jy nou meer, ek het ook na daardie uitpeuloog vissies gekyk maar jinne, hulle was darem net te lelik, Een of Twee, of was dit nou Nemo en Dori was net ‘n klein bietjie mooier.. 😆 @ lelik siek, gelukkig vir jou😉
    A3, ek dink hy pas haar soos goud op!

  13. Jammer om te hoor van watse naam… (((hugs)))

  14. 😆 Izak…. Ek moet nou watse naam se bak skoonmaak, maar ek is te bang!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s