Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My kosbaarste kommentaar!

20 Kommentaar

Vandag kry ek hierdie kommentaar op een van my  “My storie” inskrywings.

My liewe Maritjie,

I can’t begin to tell you how much I respect you for this blog. I spent all morning reading every thing on your blog, and ended with this letter from M, and with C’s letter. I am an emotional wreck!

As your uncle, living in America, I am very much out of touch with what is going on with my family in South Africa. I had no idea about the heartbreak. the pain, the feelings of loss and despair experienced through these years. Yes, I had a hunch, but I chose to sweep it under the rug of my conscience.

Reading your stories about M and C broke my heart. Seeing the pictures with Marc and Zheethan tugged at my emotions, and I probably cried more this morning than I have in many years combined.

Since you were a baby I have always loved you and have always felt you were special. Those many years ago when your dad was killed in a car accident and your mom and the three of you had to move in with the rest of us, were very special to me as a young college student. No matter that I had to give up my bedroom and sleep in the living room so that the four of you could have my bedroom. That’s what family does for each other. You were probably two or three, living in a small house with ouma and oupa, and my three sisters, your brother and sister… nine of us – one happy family.

Now I know HOW much I love you, and HOW special you are.

How lucky we are to have such a special family, who cares so much for each other, over these many generations! How wonderful that you share these experiences. You cannot begin to understand how many other people you are helping and touching.

Oh, by the way, you writing is excellent. You mentioned that maybe someone could someday write a book about it. YOU should do that.

With all my love, admiration and respect,

Oom Willie

Boetie….. geen woorde wat ek hier kan skryf sal kan beskryf hoe ek op hierdie oomblik voel nadat ek ek gelees het wat jy spesiaal vir my geskryf het nie…

Die trane loop saggies langs my wange af….

Al wat ek kan sê…

I LUV ALL OF U 2 en ons mis julle oneindig baie.

PS. ek en Yuki praat gereeld op Skype, en ek dink ek is mees opgewonde hier in SA oor die nuwe pienkvoet wat eersdaags sy verskyning gaan maak!!  Onthou om dadelik vir ons foto’s te stuur!

All my love!!!!!!!

zeeava1

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

20 thoughts on “My kosbaarste kommentaar!

  1. Zee, dit is omtrent spesiaal, ek is bly vir jou.

  2. Zee,

    Ek lees elke dag Ingird se blog, om persoonlike redes en ek weet dit is omdat ek kommentaar lewer op van die ander persone wat haar blog lees dat sy so afgaan. Ek wens eintlik sy het my toegelaat om op haar blog kommentaar te lewer, mar ek weet sy sal nie, want dan sal almal wat daar lees en kommentaar lewer die ander kant van die storie ook hoor. Soos saam met baie van julle, kom ek ‘n lang pad saam vanaf SSSB en het kontak verloor toe die blog toegemaak het. Ek het egter nog met baie outjies e-pos kontak. As jy my wil moderate is dit ok, maar ek voel dat dit tereg soos jy gese het tyd geword het dat Ingird haar kinderagtigheid laat staan. ‘n Saak het altyd 3 kante, jou knat, my kant en dan die regte kant. Lekker dag!

    Renchia

  3. Zee, ek sit ook nou hier met trane in my oë! Kan ook net beaam wat die ander al gesê het – dit is BAIE spesiaal! En omdat ek jou familie ken, kan ek ook beaam dat julle ‘n baie hegte, spesiale familie is!!

  4. Thea…. jy sal weet hoe spesiaal hierdie vir my was. Willie was nog altyd en is nogsteeds my IDOL… van kleintyd af.
    Mefri, Boendoe en Kallvoetkind – Ek dink hierdie was nog die mooiste “brief” wat iemand ooit vir my geskryf het. Ek sal dit verewig koester!
    Renchia. Jy is meer as welkom om hier kommentaar te lewer.

  5. Dis so kosbaar Zee! En jy is ‘n baie spesiale mens, dit weet ons ook al almal. Dankie vir die deel.😉

  6. Dit is baie special!
    Ek ken jou glad nie, maar vandat ek jou blog lees, kom ek agter jy is n baie spesiale mens!
    SKRYF JOU BOEK!!!!

  7. Dit is baie spesiaal! … en ek kyk uit vir daardie boek!

  8. Sjoe!! Fantastiese uitdrukking van liefde vir jou Zee – ek sou dit ook verewig gekoester het

  9. Dankie Dellie
    Tweelingkind en Paula, ek gaan die boek doen, binnekort, ek het op ‘n link afgekom waar mens ook jou blog in ‘n boek kan laat doen!! Ek gaan bietjie rondspeel met dit.
    Sammi, is dit nie awesome nie, ek dink ek het hierdie al seker 20 keer kom lees vandag!

    Boetie….. dankie dat jy onwetend die link aan my verskaf het hom om met my eerste boek te begin…. Ek het nogal gewonder hoe jou twee boeke die lig gesien het!😉

  10. Dit is sooo kosbaar. Zee, daar is ‘n spreekwoord wat sê jou vriende kan jy kies maar jy word ge’issue’ met jou familie… Wel sommige van my familie is kosbaarder as die beste vriend. Hou so aan. Ek is ook mal oor jou blog.

  11. So lekker as mens iemand het wat voel….. regtig voel vir jou!!!!! Dit maak die band wat julle al soveel jare deel, net soveel sterker.

    Ek sien uit na jou boek …… sodra jy daaroor besluit het.

  12. Die hele oggend al sit die trane net so vlak agter my ooglede, en daar bars die dam.. Dit was nou regtig “special”.

  13. Hoekom sê almal altyd wat ek ook wou sê? Hehe! Hierdie is baie mooi en flippen special vriendin!

    Bravo 2 oor en uit!
    007 is bly om te sien daar is nog mense wat actually kan omgee!

  14. Ek kan niks se nie. Ek tjank….en tjank….en tjank…
    Mamma is baie baie lief vir julle almal en julle is so spesiaal.

  15. En daarom, maak nie saak wat mense sê nie, het blogs waarde. Jy weet, Zee, feitlik elkeen in my familie lees ook jou blog, aanvanklike gevolg vanaf my blogroll. My skoonsusters, ma, susters en broer, neefs en niggies en selfs van die ouer garde vertel my gereeld hoe hulle hier lees.

    Jou stories van dapperheid, uithouvermoeë en pure menswees is ‘n insperasie vir ons. 007Meisie, jy sal jou verbaas, as jy net bietjie rondkyk, hoe baie mense daar wel is wat omgee! Al is die in hierdie virtuele kuierplekke.

    (((Zee))) Dankie dat jy hierdie intieme, persoonlike oomblikke deel.

  16. Pikkie, Pampoen…..ek is MAL oor my oom. Weet jy, ek was so gelukkig so drie jaar terug. My oom het my ma en haar twee susters genooi om Amerika toe te gaan om vir Jessica te sien optree met die opvoering “The Boyfriend” wat deur Julie Andrews geredigeer is. Ek sê toe vir moeder ek klim sommer in haar tas, en net daar plant ek toe ‘n saadjie in Liefie se brein. Hy sou maar sy trailer verkoop dat ek kan saamgaan. Nou ja, dit was baie duur gewees en my oom hoor toe dat ons planne probeer beraam dat ek ook so graag wil saam.. Net daar koop hy vir my toe ook ‘n kaartjie en al wat ek moes vat was spending geld. (Sjuuut, hy het daar sommer vir my nog extra spending geld ook gegee). Dit sal ek hom seker vir ewig dankbaar wees want ek het nie net die gulde geleentheid gehad om my niggie op broadway te sien perform nie, maar ook om die USA te kon sien… En ek sê vir jou, ons was omtrent gespoil gewees, van hotelle tot toere!
    Amanda.. dankie weer vir jou inloer hier! Ja, hierdie sal ek vir ewig troetel.
    007tjind.. lewe jy nog?
    Mamma…. Lief jou!
    Emil… I am speechless! WOW, omtrent jou hele familie. Sê asb vir hulle dankie dat hulle die moeite doen om my beskeie blog te lees.. Emil weet jy, ek sien dit so, ek het die seerste seer al met julle gedeel, hoekom ook nie die “special moments” in my lewe nie! En jy is heeltemal reg…. as dit nie vir julle klomp virtuele vriende was nie, glo ek sou ek nie heeltemal so “sane”sou wees nie, julle het al in my baie donker dae baie vreugde verskaf. Praat nie eers van die paar wat ek al ontmoet het nie. Vriende voorwaar!

    Emil se familie.. Baie welkom hier by my!

  17. sjoe…….. die krag wat familie & vriende & liefde & respek net nie het en beteken in mens se elke dag leefstyl nie.

    Ek dink jy is ‘n great mens…… en net een een dag, gaan ek jou spesiaal ontmoet…
    EK KEN DIE PAD TOT BY JOU HEK!!!

  18. Pampoentjie…. ek wag vir my deurklokkie om te lui!!!

    Vandag het ek weer besef… ek het die greatste familie ooit!!
    D & J…. dankie, ek en Marc het nie woorde om vir julle dankie te sê nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s