Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Snork jy?

22 Kommentaar

Ons het so twee jaar terug Viet-nam toe gegaan en ek het gesweer ek sal nie ‘n oog op die vliegtuig toemaak as ek nog snork nie en besluit toe om ‘n dokter te gaan sien oor dit.   Hy sê toe dis geen probleem nie, want my neus binne is so bietjie krom en hy is omtrent 100% seker dat dit die oorsaak van my gesnorkery is.  Ons doen toe gou die operasie dat my neus darem nie so gekneus sal wees die dag as ons op die vliegtuig klim nie, en ek met ‘n geruste hart die 11ure plus vlug kan geniet en slaap as ek moeg is.  (Ja, toe kry ek sommer ‘n nose job….neus nou nie meer so windskeef nie)

Voor die operasie het ek alles op die mark probeer.  Van spuite, mondstukke, kussings, pleisters op die neus en nog vele meer…..

Raai wat, die operasie was nie suksesvol nie (Eina pyn vir weke) en ek snork nog steeds.  Ek snork so dat ek te bang is om te slaap in die aand omdat ek vir manlief wakker gaan maak. 

EK SNORK NOG. PUNT!

Ek het so bietjie gaan google oor snork.

Snoring is the vibration of respiratory structures and the resulting sound, due to obstructed air movement during breathing while sleeping. The sound may be soft or loud and unpleasant. The structures are usually the uvula and soft palate. The irregular airflow is caused by a blockage, due to causes including:

  • Throat weakness causing the throat to close during sleep
  • Mispositioned jaw, often caused by tension in muscles
  • Fat gathering in and around the throat
  • Obstruction in the nasal passageway

Snoring is usually an involuntary act, but may also be produced voluntarily.

Impacts

Snoring is known to cause sleep deprivation to both the snorer and those who hear him/her, as well as knock-on effects: daytime drowsiness, irritability, lack of focus, decreased libido. It has also been suggested that it can cause significant psychological and social damage to sufferers. 

Diagnosis

Ordinarily, snoring is recognised by a friend or partner who observes the patient sleeping. Besides the ‘noise’ of Snoring, more complex conditions such as sleep apnea can be consistent with the symptom of snoring. A sleep study can identify such issues. Patients can also assess their own condition to determine the likelihood of such problems based on the severity of their sleeping disorder.

Treatment

Almost all treatment for snoring revolves around clearing the blockage in the breathing passage. This is the reason snorers are advised to lose weight (to stop fat from pressing on the throat), to stop smoking (smoking weakens and clogs the throat), and to sleep on their side (to prevent the tongue from blocking the throat).

As ek so na bogenoemde kyk het ek 3 van die simptome wat snork veroorsaak…….

As ek nou drasties aan twee werk, sal die derde een miskien verdwyn en dan sal ek dalk ophou snork…..want dit is ook nie meer vir my lekker om myself wakker te snork nie.  Miskien sal ek dan meer slaap in die aande inkry en nie elke plus minus 2 ure wakker word nie!

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

22 thoughts on “Snork jy?

  1. Ek snork tog al te lustig myself – veral as ek verkoue het . . . en Lyfie as hy ‘n slaappilletjie in het (dan saag hy reënwoude deur).

    Ek raak altyd aan die giggel as ek myself wakker snork en vir Lyfie loer om te sien of hy agtergekom het . . . as ek die trek van sy mondhoeke sien, skater ek sommer kliphard van die lag . . .😀

  2. Ek het ook al gehoor hulle sê as jy op jou rug slaap, snork jy!
    Ek dink of hoop nie ek snork nie, maar ek is seker Teddie sou my al in die ribbes gepomp het. Mind u ek slaap ook so min deesdae, ek dink voor die snorkgeluide begin is ek alweer wakker!
    /Fluister as Teddie droom land toe vertrek sluip ek saggies uit die bed, rekenaar toe…. kyk die tyd😉

    Ek sou gesê het snork lustig voort Zee, maar ‘n vrou kort darem ook haar beauty sleep😉

  3. Zee, dankie vir hierdie inligting! Ek sit baie nagte en luister na die oom as hy snork… en dan hou hy so n paar keer tussen-in nog op met asemhaal ook!
    Gaan beslis hierdie inligting saam met hom bestudeer.
    Nimsi

  4. Zee, wederhelf het die huis wakker gesnork tot een aand toe snork hy net ligweg. Dit was ‘n openbaring – ons kyk toe wat anders was en besef dat hy elke aand voor slaaptyd sjokolade met neute geëet het OF sommer ‘n handvol grondboontjies. Hy sny dit toe heeltemal uit en VOILA, vandaar slaap ons almal meer rustig!
    Sterkte met JOU snorkery!

  5. Nee, ekke snork nie, maar Helge doen – hy snork harder hoe moeër hy is. En jinne ek kan vir jou sukkel as hy so lê en snork – ek probeer daai pomp ini ribbes – dit help tog nie. Dan staan ek maar op en gaan eet roomys… tot hy agterkom ek issie ini bed nie – dan kom soek hy my, vat die roomys bak en ek hol vir my plekkie, sodat ek in droomland kan wees, vóór hy weer inval:mrgreen:

  6. Francois snork ook dat die dak oplig. Ons sorg net dat ek voor hom aan die slaap raak, anders is dit chaos. Maar as ek eers in droomland is, kan hy maar snork. Ons’t wel die kinders baie vroeg uit ons kamer moes skuif, want pappa se gesnork het ingemeng met hul nagrus!!!

  7. Liefie sê ek snork soms – maar ek glo hom g’n niks! Nou wil hy die geluide opneem en vir my terugspeel…:mrgreen:

  8. Watch out vir YouTube Delsch!!!!😆 (Ek sien ‘n ander man se vrou het hom ook nie geglo nie – toe plak hy die video daar!!!😯 )

  9. Ai, ek het nou lekker gelag…

    Julle wil nie weet nie, my man stuur my gereeld hondehok toe sodat hy net ‘n bietjie kan doeks.

    /me gaan soek gou video op Youtube!😆 – net incase ek daar is dat ek dit kan delete, my man is mal genoeg.. Dellie ek sal kyk of ek een van jou ook daar kan raakloop!

  10. Ek het myself ook al ‘n paar keer wakker gesnork maar meestal pla dit my nie, ek kan myself gelukkig nie hoor as ek slaap nie! 😳 Maar dit was ook baie erger met my swangerskappe! Dankie vir die info! Sal bietjie verder gaan oplees!

  11. Baie mense kla dat die operasie nie werk nie! Ek is nogal nie verbaas nie.
    Baie mense snork ook net as hulle te veel gedrink het, ek se nie dis jy nie hoor, Zee! Maar dit is oor die swakker asemhaal nadat jy gedrink het. Diegene met erge sinus kan ook snork, vir hulle help dit om die sinus-kanale te laat “skoon-spuit”.

  12. Snork is niks – dis eintlik ‘n rustige geluid. Maar daardie ophou asemhaal wat Nimsi noem is absoluut skrikwekkend, en dis onmoontlik om te slaap as iemand dit doen. Dis gevaarlik ook – so iemand moet mediese raad soek.

  13. Ja nee, ek het altyd gedink ek snork nie en het manlief afgelag as hy vir my sê dat ek snork. Totdat hy vir my die selfoon video wys van hoe ek snork ……

    Hy was nie in my goeie boekies vir ‘n paar dae nie!

  14. soos ‘n saagmeul
    😦

  15. Ek snorkie dis net vir ou mans.

    Goeie more ek vra asb help my vrind “ Die Brein” hie is die link. http://die-werf.co.za/?p=2266#comments

    Geniet jou Sondag.

  16. Snork is een van my skaamdinge ook…ek klink soos ‘n stoomlokomotief wat nie die bult kan uitkom nie, maar ek het ‘n ma en pa wat snork en dit is veel erger – klink of hulle varke se kele afsny..dus ek het nou maar berus aan die feit dat ek snork. Dus skatte as jy snork beteken dit dat jy asemhaal en dit is positief…so sien ek die hele snork affere. hiehieha. slaap lekker almal.

  17. Dellie, jy sal bly wees om te weet ek het ons nie op YouTube gekry nie😉
    Katjie. ek dink ek moes hierdie post BALKE TOE genoem het (Welkom)
    Windhoek… ek issie ‘n ou man nie tsk! 😆 (Welkom)
    Pikkie, gelukkig hoor ek ook nie myself nie, behalwe as ek myself nou wakker s…
    Rosie… as dit maar was omdat ek gedrink het😉 Ek sukkel baie met die sinus ding, het al ook ‘n oopspuit of twee gehad. Ek dink my lot is maar net om te snork😉
    Eelt, welkom hier – dis eintlik waar wat jy sê, at least weet my man nog dat ek darem asemhaal as ek snork!
    Paula… ek hoop nie die selfoon video gaan op YouTube verskyn nie😆
    Riana – Jy moet ook lekker dux en van vandag af voel ek glad nie meer sleg oordat ek snork nie!

    Liefie – LEEF MET DIT!

  18. Hallo Zee en al die res,

    Wel wel, dis die eerste keer dat ek ‘n spul vroumense hoor erken dat hulle snork! Grappe opsy – ek en die Irishman hou kompetisies kom donker, en sy meen ek hou ook op asemhaal. Vir die afgelope 5 of 6 jaar al kry ek net so 2 ure se diep slaap in elke aand. Ek het wel nog altyd gesukkel om net eers aan die slaap te raak. Ek het ook gevind dat sjokolade – bruin – ‘n oorsaak is. Laat my hoes ook. Snaaks genoeg, geen probleme met wit sjokolade nie. Moegheid (wat feitlik permanent is!), rook, seerower-speel oordoen (Captain Morgan) en op my rug aan die slaap raak speel ook groot rolle. Die Irishman het al klaar ‘n video van my geneem met BAIE duidelike klank, om absoluut seker te maak dat ek haar glo dat ek snork. Voorspoed!

  19. Bwahahahaha…. watter nice topic is die tog nie. Ek saag ook lekker balke die dag as ek slaap, wat maar min gebeur deesdae. Vroulief weer like haar slaap en sy kan tog te lekker snork, of sy ny op haar rug, maah of sy slaap snork, snork sy. Ek het al in die sitkamer gaan slaap net om n nag rus in te kry, veral as ek n meeting die volgende dag het of as ek weer een van my 24 uur tot 72 uur skofte werk😛

  20. Hi Dion, welkom hierso… jou blog is net so oulik hoor!

    Ek is glad nie skaam om te erken dat ek snork nie, dis ‘n mediese probleem😉 Ai,hier kom die rook weer in… Miskien moet ek begin raak lees wat ek lees oor rook:-(
    Izak… Jy moet ophou so hard werk. Besef hulle nie dat as jy moeg is jy dalk net nie meer huisbesoek sal kan doen nie! AI, my man het my al wakker gemaak en gesê gaan slaap in die spaar kamer… tsk hy sal nie opstaan nie!

  21. Ek weet nie hoekom mense moet maak asof jy melaats is as jy snork nie, vir my is dit so rustig, toe ek verpleeg het en die mense begin so snork ai dan word ek so vaak. Maar mense laat jou skoon skaam voel as jy snork, liewe aarde ek wens mense wil na hulle eie swakhede kyk en daarop konsetreer dat ek lustig kan voort snok. Wil nie eers trou nie want ek is bang hy skei my as ek dalk harder as hy snork. Asseblief mense geniet jou maat e snork en snork rustig voort in sy arms want ek verlang na so ‘n LIEFDE !!!

    • Fransie, welkom hier…
      Toevallig het moeder vandag vir my so lekker kussing gegee vir die snork… EK gaan hom probeer vanaand🙂 Sterkte met die soektog na liefde…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s