Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Zeethan se tweeling

12 Kommentaar

Zeethan se tweeling!

redcaporandaspair

Foto: Roderick Santos

Saterdag besluit ek…. Vandag is die dag dat ek vir Zeethan sy eie vissie gaan koop.  Ek is mos gestuur om vir die Koi’s viskos te gaan koop en vat toe my kans waar om vir hom sy eie Nemo te kry wat hy na kan kyk.  Nou ja, ek het alles gekoop wat nodig was maar nie ‘n lugpompie nie want die plantjie sou die suurstof verskaf.  Hulle het vir my instruksies gegee en ek het dit probeer navolg.  Let Wel… probeer want vanoggend toe ons opstaan dryf Nemo.

Ongelukkig het ek dit nie eerste raakgesien nie en Zeethan wou net weet hoekom swem Nemo nie.  Ek het nie geweet wat om vir hom te sê nie, sy vissie was dan dood.  Gelukkig het ek die tranedal vrygespring hierdie keer want ek dink hy is regtig nog te klein om dit te kon verstaan.

Ek is toe Sondagmiddag na ‘n ander troeteldier winkel toe om nog ‘n Nemo te gaan koop.  Ons loop so en bekyk al die vissies en ek sien toe dat hulle baba vissies het van die Red capped oranda wat ek gister wou koop maar teen R180 was dit net te veel vir my sak!!  Die babatjies verkoop vir R15 elk en besluit toe, vat sommer twee net ingeval daar nog ene doodgaan.  Ek kry toe sommer ‘n klein suurstof pompie en ook die druppels wat chloor verwyder (dankie winkel 1 dat julle nie dit vir my gegee het nie, dis tien teen een hoekom Nemo deur die nag dood is) en weg is ons.

By die huis rus ons Nemo en Dori se nuwe tuiste uit en maak presies soos winkel no 2 vir my gesê het.  Ek hou maar duime vas dat die vissies sal bly lewe want hulle is darem maar te oulik vir woorde.   Marcia dink natuurlik dat dit die lelikste vissies is wat sy al in haar lewe gesien het.

Zeethan gaan loer kort kort na sy vissies en staan sommer vir ongeveer so tien minute en staar net na hulle.  Dan gil hy sommer so uit die bloute uit………  Nemo, Dori SWEM!  Hy meen hulle mag nie rus nie!

Red Capped Oranda goldfish

red capped oranda

An oranda is a fancy goldfish characterized by a prominent raspberry-like hood encasing its head. The hood or headgrowth (also known as wen) encases the whole head except for the eyes and mouth

Description

Due to the fleshy outgrowth on the upper half of its head and sides of its face, the oranda has become one of the most popular goldfish.It is described as wen by the aquarists. The oranda is a metallic or matte scaled goldfish that is similar in appearance to the veiltail. It has a large, long and deep body accompanied by a long quadruple tail. This four-lobed and contracted tail normally spreads out broadly when the oranda stops swimming. The back does not rise up to form a ryukin-like hump.

Orandas are available in a variety of colors, most often orange, red, red-and-white, red-and-black, black, blue, chocolate, bronze, white or silver, black-and-white (panda-colored), red-black-and-white (tricolor), and calico colors.

The headgrowth of young fry may take one to two years to develop.The oranda can reach 8 to 12 inches (20 to 31 centimeters) in length.

Sometimes the wen grows enormously covering its eye,due to this the eye sight is limited or no vision.These fishes should not be destroyed because they can still manage to survive. Special care should be given to the wen because it is prone to bacterial infections.Oranda can tolerate temperatures from 65-78 °F.More recently blue scale oranda have been developed but these fishes are very rare. Oranda goldfish are especially sensitive to cold temperatures, more so than other goldfish.

Special care

Orandas are sensitive to low water temperatures and susceptible to the attention of other active goldfish aqarium fish.

Eish….. plaas ek eers hierdie gelees het voor ek die tweeling gekoop het!

Dis nou 2 dae en die tweeling het dit oorleef.  Dankie tog!!

zee-6

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

12 thoughts on “Zeethan se tweeling

  1. Ag moeder … dit klink asof hy die vissies baie geniet! Jy het beslis meer moed as ek. Sterkte!

  2. Daar is leliker vissies daarbuite…Ek persoonlik hou baie van mollies, maar ek houliewer ie visse aan nie. Myne wil net nie bly swem nie;-)

  3. Geniet jou vissies Zeethan en sterkte ouma.

  4. Dierbaar! Franco het al twee keer vissies gekry. Maar as ons hom soek staan hy bo-op die vistenk, want hy wil saam swem!! Ons’t toe maar vir ons kind se veiligheid besluit om die vissies vir ‘n meer verantwoordelike ouderdom (60 miskien???) uit te stel.

  5. Ag dierbaar!!! Ek het nog nie vandat ons hier is Ouboet se vissies replace nie! Ek sal dit maar seker weer moet oorweeg, maar om eerlik te wees het ek nie op hierdie stadium krag vir tenk skoonmaak nie!

  6. Visse is die beste kalmeermiddel wat daar is, my broer het altyd hierdie moeviese vistenke en as hy van die werk af kom gaan sit hy voor daai tenke en bekyk daai visse vir maklik 3 ure aaneen. Dit het ‘n baie kalmerende effek. Vissies is te oulik, ons het ook gehad vir die kinders maar mamma moet die heeltyd na hulle kyk en kosgee en toe sit ek voet neer en sê of julle kyk self daarna of die visse is weg. Nodeloos om te sê ons het nie meer visse nie. Ek weier nou enige troeteldier alhoewel ek smag na ‘n Boxer hond maar moenie vir my man sê nie seblief.

  7. Jy moes hulle Een en Twee genoem het soos BB…😆 As Een doodgaan, het jy darem nog Twee oor!😆

  8. Hi, dis cool vissies daai!😆 Dellie, ek het ook aan BB se storie gedink.

  9. Regtig mooi van lelikgeit vissies daai Zee!

    Het ook 2 groterige goudvisse en toe gee iemand my ‘n klomp kleintjies, moenie vra watse soort nie, sal maar sien hoe lyk hulle as hulle groter is!

    Zeethan sal hulle seker met ‘n valkoog dophou!

  10. Dellie, ek dink nou die hele tyd aan hierdie vissies as Een en Twee😆
    /me mail vir Beertjie se man! Beertjie, weet jy, ons kan vir ure vir ons koi’s sit en kyk… jy is reg, dit is baie kalmeerend!
    DMI, ek het ook gedink hulle is baie cool, al is hulle so lelik!
    Gigi, hy boer voor die visbak, amper erger as ek met my laptop🙂
    Pikkelik, dis hoekom ek sommer maar net die fishbowl gekoop het, hulle het gesê ek moet net elke dag een koppie water uitskep en een koppie koue kookwater bygooi, met so druppel of twee van die muti wat die chloor uithaal, en ek moet sê, die water is nogal skoon. Hoop dit bly so!
    Ogies😆 @ 60, nou dat jy so praat, dis hoekom ons maar ‘n net oor die koipond ook gesit het, hy wou ook heeltyd net daarin.
    Nimsi, hy sê dankie, hy LUV sy eie vissies!
    Kaalvoetkind, gelukkig lewe hierdie tweetjies nog, ek het eers gedink die ene gaan dooi, toe stel ek maar die suurstofpypie wyer, en nou swem die tweetjies te lekker, ek kan my verkyk hoe vriendelik hierdie twee vissies is!
    Paula, gelukkig is manlief daar om ook ‘n ogie te hou oor hulle, jong, dalk het ek seker maar ‘n lat vir my eie bas gepluk met die aankopery… tyd sal wel leer😉

  11. Hulle is regtig iets allerleliks – net ‘n ma kan daai twee liefhê🙄 – but they’ll probably grow on you after a while?? Het jy hulle jammer gekry oor jy bang was niemand anders sal hulle wil hê nie Zzztjie??
    Hey, Zzztjie – daardie vis-kykery is goeie terapie, regtig!! Kry vir hom ‘n stoeltjie (of barchair) om op te sit voor die tenk… jy kan nie glo hoe goed dit ‘n kind doen om net vir ‘n paar minute elke dag regtig te sit en kyk (jaja ek weet hulle doen dit voor die tv en dvdplayer ook – but this is different – no sound!!! en so soothing vir die kyker). Erich het grootgeword met Oscars in ‘n tenk – hy’t met hulle gepraat en hulle het ongelooflik gereageer as hy net die vertrek instap en al begin chat… (ok, ek wéét iemand gaan nou-nou hulle ogies vir my rol – so i’m outta here!!)

  12. BB, kan jy nou glo….

    Ons is besig om sy kamer oor te doen in pastel kleure.. en ek het net vandag vir hom ‘n geel “poef” gekoop om op te sit om sy vissies te beskou. Hy kan vir baie lang rukkies by die koi’s spandeer, so as hierdie vissies nou eers in sy kamer is, kan ek net al imagine hoe hy hulle gaan lief.

    Ek gaan hom sommer vandag al leer om elke oggend en aand vir hulle te sê om saam met hom te bid ook… (Ag jinne, dis te bleddie cute as hy op sy kniegies gaan en sê “Ek is lief vir liewe Jesus. Amen)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s