Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

City Centre to C-point

9 Kommentaar

Roer en Wag’nBietjie doen die Argus hierdie naweek.

Argus...

Wag ‘n bietjie, Roer jul litte
dis weer Argus tyd in die hitte

32 keer trap Sondag nader
van “City Centre” tot C-point gaan ons vergader

Vir km’s op en af en om elke draai
die uitsig oop en wild gesaai

Dis sweet wat tap en knieë wat kraak
maar die eindbestemming maak enig saak

Hou bene, hou, en sakkies water
die Kaapse weer roep ons al nader!

Van almal hier spoeg ons die beste
sterkte wens ons aan jaers in die weste

JB Bekker

As julle twee daai mal vrou langs die pad sien wat voor julle inspring met die watertjies om julle bietjie te lawe :)  – Dis nie ek nie!

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

9 thoughts on “City Centre to C-point

  1. 😆 Nee, Zee, daai mal vrou sal ek wees😆

  2. Whahaha mal vrou!!!😆

    Baie mooi gedig Zee (JB)

    Sterkte vir Roertjie!!!

  3. 😆 😆

    Julle, ry Wag ‘n Bietjie nie ook nie? 🙄

  4. Ai, daar sien ek nou net sy ry ook… 😳

    Sterkte aan julle albei!

  5. Dankie girls. Oulik Zee! Ek gaan uikyk vir julle (deur die sweet). Gaan dalk nie ‘n woord uit kry nie, maar sal probeer my hand op lig om te waai (haha…so ‘n Queen of England wuif). Die kans dat julle ons gaan sien is skaars, want daar is miljarde mense, maar lekker om te dink julle is daar.

  6. Julle 2 moet veilig trap! Koes maar vir die mal vroue, ek sal ook een van hulle wees! Ek sal uitkyk vir die Queen-wave!
    JB – mooi poem!

  7. Pragtige gedig Zee .. met sulke aansporing kan hulle net wen!

  8. Zee, jy het ‘n besonderse blog, net jammer ek kom nou eers hierop af!

  9. Ek wonder hoe dit gegaan het met die tweetjies!!

    Gigibaby, baie welkom hier en dankie😳

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s