Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Seeperdjies

19 Kommentaar

Ek loer so vandag by Carina wat in haar handsak is, en sien toe die mooiste seeperdjie sleutelhouer.  Skielik val dit my by dat ek nog ‘n artikel oor seeperdjies wou skryf nadat ek die Submerge gekoop het die naweek en hulle die mooiste seeperdjies op hulle voorblad gehad het.

Het ek al genoem dat ek saam met seeperdjies geduik het?🙂 Hier is my eie seeperdjie wat ek op die strand opgetel het na ‘n lekker duik!

my-seeperdjie

Ek het bietjie gaan soek en op hierdie artikel afgekom op Mielestronk

Die geblaarde seedraak

Foto : Wendy Rathey

Die geblaarde seedraak  (Phycodurus eques) is so deur die blare dat ‘n mens hom nie maklik vir ‘n vis sou aansien nie!  Tog is hy ‘n neef van die seeperdjie en pure vis.  Die aanhangsels wat soos blare lyk, word nie gebruik om hom in die water te stu nie, maar is slegs daar om hom te kamoefleer.  Hierdie koddige geblaarde seedrake kom in die see by Suid- en Wes-Australië voor.


animal-love

Seeperdjies

Seeperdjies doen alles op ‘n heel “moderne” manier: die verantwoordelikheid van ouerskap rus vierkant op die skouers van die mannetjie.  Hy het ‘n spesiale sakkie aan sy maag waarin die wyfie eiers lê.  Die mannetjie bevrug dan die eiers, wat aan die wande van die sakkie vassit en gevoed word deur ‘n spesiale vloeistof  uit sy lyf.  Vier tot vyf weke  later lê hy tot honderd eiers, terwyl hy sy lyf wild heen en weer ruk – asof  hy geboorte pyne kry.



Seeperdjies in ‘n akwarium…..Ek het nog nooit van so iets gehoor nie.  As ek weet waar om so iets hier te kry, sal ek seker net môre vir my so ‘n akwarium vol seeperdjies gaan kry!

Dr. R Verhasselt van  Duitsland het sy eie “amazing” akwarium.  Gaan loer gerus daar om die volle weergawe van hierdie awesome wonder te sien!

The beautiful colored seahorses belong to the most magnificent and most remarkable organisms of the seas. Actually a seahorse is quite normal fish, coming along only in a very special dress. There are about 35 different species of seahorses spread all over the world, but only a small spectrum of this variety is frequently imported for aquarist purposes. While the smallest species, the dwarf seahorse, is just 1.5 inch in lenght, others achieve a body length up to 14 inch (giant seahorse).

PferdOrangeI2Test1.jpg (15446 Byte)

As charming as the appearance of a seahorse is the majestic and graceful way it swims. The optical attraction of these creatures is increased by the contrast of their colours to the green of the eelgrasses and seaweeds in which most of the seahorses live.

Pferde33Test2.jpg (9342 Byte)

Pferde11Test2.jpg (7596 Byte)

Keeping male and female seahorses in a tank they will soon start courting. In the morning and in the evening the couple does a round through the tank holding each other with the end of their tales.

Pferde2Test2.jpg (7991 Byte)

Their bodies are in form of a “V” as they swim through the tank, remaining for a while at different waypoints in order to examine their neighbourhood in every detail.

Pferde14Test2.jpg (8880 Byte)

Besides it they often “dance” by circling each other for a few seconds to several minutes.

With the fidelity seahorses in tanks do not take it as strict as seahorses in nature, where the partnership lasts as long as their life. Keeping one male and several females in a tank, the male changes its partner again and again (in extrem cases almost daily). If there are several couples in a tank, one can observe stable linkages over a long time. After the death of the partner the surviving seahorse usually chooses a new partner, but sometimes it also dies within a few days.

Strange: If no suitable partner of the same type is available, the seahorse looks around for a seahorse of another species.

Pferde158futTest1.jpg (10780 Byte)

Unequal pair: H. reidi and H. comes

PferdJung41Test1.jpg (10655 Byte)

7 month old ponie

Ek kan nou nog nie glo dat jy hulle in ‘n akwarium kan aanhou nie………. Absolutely amazing!!!

zee-7

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

19 thoughts on “Seeperdjies

  1. Zee, jinne dis n nice artikel… ek is mal oor seeperdjies, elke keer wat ons mall toe gaan, gaan loer ons eers die seeperdjies in die akwarium. Dis net jammer die skreefies oë van China eet hulle. Ek sou ook graag n see akwarium in my hius wou hê, maar dis vrek duur en baie werk. Dis die eerste keer wat ek sien mens kry so baie verskeie soorte en kleure dis vrek mooi. Ook die eerste keer wat ek die geblaarde seedraak sien heel cool.

  2. Izak…. watter akwarium?, ek klim sommer nou in my helikopter!

  3. Zee, Dankie vir hierdie pragtige artikel, ook die eerste keer dat ek van die geblaarde draakie hoor…
    Nimsi

  4. Baie mooi en interessante inskrywing! Dankie! x x

  5. aaw ek love see perdjies!! hulle is soooooo cuuuuute!!!

  6. WOW! Dit was nou interessant. Hulle bly maar interessante visse. Gaan sommer nou nog bietjie verder lees.

  7. Baie interessant, dankie Zee! Daai geblaarde drakie is vreeslik mooi.

  8. Ek is mal oor seeperdjies, maar hulle is maar boring goedjies om aan te hou hoor. Ons navorsingspan het twee in ‘n tenk gehad in Hermanus by ‘n perlemoenplaas en hulle hang maar net daar rond en klou vir lewe aan die plantmateriaal.

    Die interessante deel van die outjies is dat die mannetjie die een is wat die kleintjies kry😆

  9. Ek het gewonder waar jy saam met hulle geduik het?

    In Mosselbaai se skulpie-museum is ‘n tank met lewende seeperdjies in. Maar dis soos kaalvoet vertel: Hulle hang maar net daar rond en is beslis nie resiesperde nie.

  10. Kaalvoet – Dit klink vir my na die toekoms: Mans wat die kleintjies kry!!!

  11. Dit is regtig amazing.

  12. Haai jettetjie Zee! As jy hulle kry wil ek ook so een kry, dis so sweet! Ek het rerig nie geweet hulle is maar net ‘n vissie nie, ek het altyd geglo die moet een of ander fancy spesie wees… nou dit sommer net ‘n vis…

  13. Freddels, ons het saam met hulle in die meer in Bilene, Moz geduik….. Ek ken juis iemand wat binnekort Mosselbaai toe gaan, ek gaan hulle bietjie vra om daar te gaan loer en kyk wat dit sal kos om so iets op te stel.. Ag, net om vir hulle te kyk sal vir goed vir my gemoed wees..
    Pikkie.. ek laat jou weet😉
    Kaalvoet, boring of not… ek soek dit ook…😆 ek klink nou soos my kinders wat tantrums gooi as hulle nie iets kan kry nie🙂
    Nimsi en Dellie, ek het ook nog nooit van die geblaarde dingetjie gehoor nie.. maar dit bly darem te wonderlik om elke dag iets nuuts te ontdek nê😆 @ Ogies, ek dink my man sal bly wees dat ons tyd vir kleingoed nou verby is!
    HappyBeans ek luuuuuvvvv hulle ook!
    Wippie, ek probeer darem so nou en dan iets interessant op my blog sit😉
    DMI en Emil… amazing verby!

  14. Zzz’tjie – was daai dingetjie so stokstyf ini onderlyf toe jy hom opgetel het??? Of het jy hom probeer ini coolerbag saamvat huistoe soos Boends mettie boompies maak?? LOL!! ek spot net!!
    Hulle is seriously magnificent creatures!!

  15. Dit is awesome! Ek dink dis die see se feetjies.

  16. BB… sjuut nou nou is die fauna en flora op my (Moenie vir Boendoe sê nie, sy stuur hulle dalk net na my toe)

    Gypsey girl… dit is omtrent nou die regte benaming vir hulle!

  17. Om te dink so ‘n verstommende dingetjie is aan my sleutels vas!!🙂 Baie baie interessant Zee, nou baie lekker geleer.

  18. Hi !🙂
    I am Piter Kokoniz. oOnly want to tell, that I’v found your blog very interesting
    And want to ask you: will you continue to post in this blog in future?
    Sorry for my bad english:)
    Thank you:)
    Piter Kokoniz, from Latvia

  19. Hallo, ek wil baie graag weet waar kan mens seeperdjies koop en mag mens dit aanhou in n vis tank. Ek sal ook wil weet wat kos dit. Kan iemand my e-mail met die nodige inligtig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s