Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Mom, dad and sis…. (My storie 10 )

26 Kommentaar

Vandag het ek en my man vir die eerste keer die jaar vir seun gaan kuier in die tronk.

Ek het die laaste twee maande nie vir hom gaan kuier nie omdat ek in die laaste ruk nie reg gevoel het om te gaan nie. Miskien was dit die wete dat hy nog steeds dagga rook. Miskien wou ek hom net nie sien nie. Miskien….. ek weet nie. Maar al wat ek weet is dat ek baie bly is dat ons vandag gegaan het.

Gister toe hy my bel en vra of ons kom kon ek hom nie ‘n antwoord gee nie. Hy het gevra as ons dalk kom of ons asseblief vir Zeethan kan saambring maar ek sê toe nee, hy het bietjie vakansie gaan hou by die see saam met sy sus en haar verloofde.

Ons het lekker gekuier maar so tussen deur sien ek dat sy tande nog steeds sleg lyk. Hy sê toe dat hulle hom nog nie gestuur het nie, en hy kla toe ook dat sy oog baie seer is en hulle niks daaroor wil doen nie.  Hy het die 27ste Des in die stort gegly nadat hy ‘n blackout gehad het, en het ‘n groot gat bokant sy oogbank gehad.  Dit het intussen gesond geword, maar ek is behoorlik boos dat hulle hom nie vir steke gevat het nie.  Nee kyk, al is hy in die tronk, het hy darem seker ook die reg op mediese behandeling.

Net daar klim ek toe op my perdjie en gaan vra dat ek asb die hoof van die tronk kan sien.  Hoekom?  Omdat ek so vra en dit my reg is!  Jis, ek het amper gesê want ek betaal tax…

Sowat 15 minute later kom die hoof van die tronk hospitaal ons toe sien.  Ek verduidelik toe vir hom dat ek sowat 3 maande terug al gevra het dat hulle ‘n vol medies op hom moet laat doen, van niere, lewer, longe, tande, oë, maar dat daar nog steeds niks aan gedoen is nie.  Seun het beslis skade aan sy binnegoed opgedoen (my opinie) en ek wil asseblief die regte behandeling hê vir hom nadat hy ‘n volle evaluasie gehad het.  Eerste op die lys moet sy oog wees, en dan sy tande.  Ek maak toe seun se mond oop en wys vir hom… En kyk sy oog, lyk dit vir hom ok?

Hy het toe vir seun gesê dat hy hom môre moet kom sien en hy sal toesien dat die dokter hom verwys om ‘n volle mediese verslag te kry en die nodige behandeling te gee as dit nodig is.

Toe spreek ek die dagga probleem aan.  Seun rook nog steeds dagga.  Hy sê hy weet hy moet ophou maar dit is orals om hom.  (Dit sê ook vir my dat sy wil nog nie heeltemal sterk genoeg is nie – soos met my rokery!!)

Ek vra toe vir die kaptein…. Hoekom is daar so baie dagga in die tronk?  Hoe word die goed ingebring? Hoe gaan hulle die probleem oplos as daar dan tot van die bewaarders is wat die goed inbring?  Hy kon ons nie eintlik antwoord nie.

Terug by seun…  hy was baie emosioneel vandag… veral oor Zeethan saam met sy suster hulle weg is vir die naweek.  Ek verduidelik toe vir hom dat hy moet onthou dat hulle amper soos ‘n ma en pa is vir hom op die oomblik, en hy kan nie verwag dat hulle hom nie mag oral saamvat nie.  Hy sê toe hy verstaan, maar hy is hartseer oordat dit nie hy is nie, en dit is sy eie skuld.  Ek het toe ook aanstaande skoonseun sê vrese vir hom gesê en dit is dat seun Zeethan van hom gaan af weghou die dag as hy uitkom, en hy moet nou al mooi verstaan dat ek dit nooit ooit sal toelaat nie.  Daar is plek vir almal van ons in sy lewetjie!  Hy moet ook nou al besef dat Zeethan vir altyd by ons gaan bly omdat daar nie ‘n manier is wat ons sy lewetjie oor ‘n jaar of vyf gaan ontwrig nie.

Vandag het hy ons goed vertel wat my hare regop laat rys het.  Hy wou ons eintlik baie meer vertel het maar kon nie alles onthou wat hy wou vertel nie.  Ek het toe weer voorgestel dat soos iets in sy kop kom hy dit moet neerskryf… (Ek sien hy het in die kort briefie wat hy vir ons geskryf het, melding daarvan gemaak.. So lyk my hy begin darem weer goed onthou!) Wie weet, eendag kan ons dalk iemand kry om vir ons ‘n boek te skryf oor sy lewe.  Hy wil graag as hy eendag uitkom by skole en kerke sy verhaal gaan vertel en mense bewus maak wat sal gebeur as jy die euwel goed gebruik.  Miskien kan mens so 20 bladsy boek doen wat ‘n mens by die skole kan uitgee…

Hy het ook die paroolraad gesien Donderdag.  Hy sê dat hy dalk ‘n ekstra ses maande sal moet doen vir sy vorige oortreding wat beteken dat hy dalk eers November sal uitkom.  Hy sê egter dat daar dalk ‘n rede is dat hy langer moet inbly.  In totaal sal dit dan drie jaar wees, waarvan hy die helfte moet doen.  Een van sy parool voorwaardes sal wees dat hulle hom vir drie maande na ‘n rehab toe sal stuur vir die dagga….  (Ek hoop hulle hou by hulle woord)  Een ding waaroor ek vandag baie bly was is dat hy erken het dat hy dit nog steeds rook, en nie vir ons gejok het en gesê het dat hy wel opgehou het net om my te kalmeer nie, omdat hy weet hoe ek oor die sakie voel.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Mom, Dad and sis….

To start off with my problem the (THC) one.  This place is really full of it, and I really want to stop with all my soul.  I am clean of all the other drugs for almost 1 year!!

ZEETHAN, only now I have  realized the importance I play in his life!  My love, faith has grown to a large amount.  Please read Psalms 23 for him, the role I should play as well.

I have gone through this for a reason and not for nothing  (*** I did not forget about my life story…)

For the first time I feel like myself.  Thank you for the support all the way, dom om dit nie te verstaan het van die begin af nie.  But I got it with love from all of you!

Because faith allows it, we are so blessed,  specific all of you!

Once again sorry, I was lost, but now I am found!  My spirit is almost one again, because I want to!

Love is great!

Thanks…

Yours M…

A Family that prays stay together – forever!!

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

26 thoughts on “Mom, dad and sis…. (My storie 10 )

  1. Ek is altyd so hartseer wanneer ek die stories oor jou seun lees, maar net God weet hoekom al hierdie dinge in ‘n mens se pad gegooi word. Groete.

  2. (((Zee)))

  3. ((((Zee))))

    “My spirit is almost one again, because I want to!” As die wil daar is, dan is hy al halfpad daar. (You can do it M)

    Soos ek altyd vir jou sê Zee, ons moet positief dink en glo alles sal regkom.
    En kyk net watse positiewe dinge het al die laaste ruk gebeur. Elke klein dingetjie (soos hierdie briefie) is een tree in die regte rigting. Baby steps…..
    x x

  4. Wat kan mens se wat nie reeds gese is nie? Zee, ek dink so baie aan julle almal.
    x

  5. Dis baie sad maar terselftertyd nogal ‘n baie positiewe post. Ek hoop dat hy “sincere” is en dat hy wel ‘n nuwe bladsy wil begin skryf. Dat Zeethan sy pa kan leer ken soos hy is en nie soos dwelms hom gemaak het nie. Ek dink aan jou Zee, soos altyd. xxx

  6. Woordjie van waarskuwing:

    Onthou, papier is geduldig. Dade nie.

  7. Baie sterkte, Zee. Ek sit en huil groot krokodiltrane op die Maandagoggend. My twee meisiekinders is nog op skool en ek bid elke dag dat ek nie deur dieselfde hel moet gaan as jy nie. Jy is ‘n baie sterk mens, Zee. En jy moet vasbyt!

    Ek is bly jy het van die plantjies gekry. En dat dit werk vir jou – ek glo nie altyd in al die homopatiese medisynes en goed nie, maar hierdie plantjie werk wraggies!
    Lekker week vir jou.
    XXX

  8. Jou hart moet sekerlik breek as jy jou seun so sien! Ek dink so baie aan julle! Sterkte Zee. Ek hoop dat jou seun sal leer om sy ware kleure te wys en nie dit wat die verkeerde besluite van hom gemaak het nie!
    xx

  9. Zee,

    Maklik vir ‘n buite-staander om te sê, maar oenie opgee nie. Ek weet dis hartseer en jy’s kwaad vir hom, maar hy is nie net jou seun nie. God het hom lief en vir Hom is niks onmoontlik nie. Ek hoop en bid dat jou seun eendag heeltemal sal genees wees van gewoonte formende dwelms (selfs rook) en dat hy ‘n geseënde verhouding met sy seun sal hê. Is dit nie wonderlik en al klaar positief, dat hy bostaande (vir my lyk dit opreg) brief geskryf het nie.

    Sterkte vir julle en natuurlik ook vir jou seun.

    ((((Zee))))

  10. Zee,

    Good luck met als, die dagga is ‘n irritasie, en mense probeer hul self bluf en sê dis ”goed” vir jou en al sulke nonsens…dis ‘n irritasie in my lewe ook….

  11. ((((((((((zee))))))))))

  12. ((((Zee))))
    Liefde
    Nimsi

  13. Roer, dankie, jy wil nie weet hoe diep ek op moedverloor se vlakte was nie, maar ek is baie bly dat ek wel Sondag gegaan het… net so bietjie meer gemoedsrus gekry!
    Ogies, die trane was maar baie vlak gewees die hele tyd toe ons by hom was… Van hartseer maar tog ook blydskap!
    Nella, een van drome nou is om eendag vir kinders in die skole te gaan vertel van sy verslawing, en hoe dit sy hele lewe verwoes het. Hopelik kom sy droom waar. Snaaks, toe hy dit noem het dit deur my gedagtes gegaan dat dit presies is wat ek al baie gedink het… is dit nie dalk die Here se doel met alles nie, maar net tyd sal ons leer.
    Irma… dit was een van die goed wat ons toevallig ook bespreek het Sondag.. want ons was al hoeveel keer teleurgesteld gewees oor beloftes wat hy gemaak het. Ek kan maar net bid, dis al!
    Carina, ek dink dit het hom baie hard geslaan dat sy suster sy seun op vakansie gevat het en nie hy nie, en ja, sal dit nie wonderlik wees as Z sy pa kan leer ken soos hy regtig is sonder die dwelms nie.
    Boendoe, ek weet. Dankie vir die omgee!
    Beertjie, eendag sal ons God se plan weet…. op Sy tyd!
    Maxi.. dankie
    WIppie, sulke waar woorde – Baby steps…. Een treetjie op ‘n slag vir nou!
    Izak, dankie vir jou omgee, ek waardeur dit regtig
    Nimsi… dankie

  14. Zee, Sterkte!!! Bid nog steeds vir jou en jou gesin!!
    Liefde groete

  15. Dankie Carolina, ek weet! Wat van bietjie foto’s van daardie kleinding van julle? Hy word seker nou al hoe groter en ouliker!

  16. Zee,
    Hulle was hier die hele Januarie! Dit was so wonderlik. Klein Daniel het by my in die kamer geslaap! Ek het hom elke dag gebad. Vir hom gesing en ……My seun is getroud en ons hele familie was saam. Vir ‘n volle maand lank. En toe die afskeid!! Dit was so vreeslik swaar!!! ……..
    Het vanaand weer met hulle geskype. Daniel ken my stem! As ek begin sing dan lag hy oop mond vir sy ouma!! En ek wens ek kan hom net druk……
    Sal vir jou foto’s stuur. Lekka aand!

  17. Sterkte Zee, soos ons almal weet, jy is sterk en jou voorbeeld sal afdruk op hom, ons glo so. Hy sal uiteindelik wen, met Sy genade.

    Hy moet aangemoedig word om by skole te gaan praat as hy uitkom, want dan’s dit ‘n motivering om die drugs te los en positief te dink/praat/wees. Ek was betrokke by ‘n dwelm/alkohol-skole-program (Castle Carry) en ek het daar ook verhale gehoor wat jou aangegryp het, jong outjies en hulle het by ons skole kom praat en kinders het aan hul lippe gehang – (laerskool – Gr6/7) en dit motiveer die jongeres om nie deel daaraan te he nie.

  18. Carolina, dankie vir die foto’s…. Daardie D van jou word by die dag al hoe ouliker!!

    Nikita… Jis, die gedagte bly al hoe lank in my kop draai, so asof dit hoe dit moet wees wat hy moet doen as hy uitkom, en toe hy ook die idee genoem het, weet ek net dat hy dalk een of twee kan red eendag! Ek wonder nou (jy sal seker weet) hoe benader mens ‘n skool vir so iets?

  19. hi Zee

    Die beste is as jy ‘n afspraak kry met ‘n hoof. Vra hom of hulle in hul skool ‘n Dwelm/Drank-program het vir kinders gr6/7 (of selfs Gr5 ook, ek weet nie of hulle dit nog het nie, laas was dit vir Gr6/7). Verduidelik wat julle beoog en laat loop met die idee. Moenie dat een skool jou afsit as hulle se hulle het nie so iets nie. Stel voor dat hy nogtans die kinders toespreek en wat hy daarmee beoog/wil bereik. Ek glo ‘n hoof wat sy “sout” werd is, sal toegee. Moenie dat stories soos “hmm…onnies te besig/kinders te veel werk” jou afsit nie, dis bog. Onnies wil graag tyd maak vir sulke goed en waardeer sulke inisiatiewe van “buite”, want dis juis ouens soos hy wat die ondervinding het, wat meer kan beteken vir daardie kinders as net wat die Onnie self vir die kinders “opdis”. Ek het Lewensorientering gegee by twee skole en ek sal jou se, ek sal so iets aangryp as dit na my kant toe kom! Ek het ook hier ‘n inskrywing gemaak, jy ken seker die website-link…die SA-site. Ons het selfs videos gehad wat ons vir kinders kon vertoon. Met my Gr3’s het die Moot Polisie vir ons Gr3’s ‘n praatjie kom gee oor drank en die gevolge van alkohol.
    http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/10/11/epilepsy-drug-helps-alcoholics-quit-the-bottle/
    Hulle het met die allerverskriklikste plakkate gekom en ek dink hulle het daardie kindertjies (hopenlik) permanent van drank laat afsien – en ek dink hulle het hul ouers ook gaan “genees” lol!
    Jy kan ook Castle Carry toe gaan en die ouens daar vra of hulle nog daardie program in die skole het.- Ek hoop so! Ek glo dit hang ook van skole af, as hoofde/onnies regtig omgee, sal hulle iets reel/doen. Maar soos ek jou se, moenie julle laat afsit nie, geensins, moenie “nee” vat as ‘n antwoord nie, wees voorbereid om hulle teen te staan en oortuig hulle. (stuur hulle vir my! LOL!) Moot Polisie, in samewerking met SunnySide Polisie, het ons een aand in Pretoria se strate geneem (twee van ons skool + ‘n paar onnies van naburige skole en hoofseuns/dogters van 2 skole) en ons al die gag-plekke van die stad gaan uitwys…van 9-12nm..skrikwekkend! Ek het nie besef wat in “my” stad aan die gang was nie…en dit terwyl ek daar gebly het..ek hoor SunnySide het intussen ontwikkel in ‘n “Little Hillbrow”…en daar het ek as student ure deurgebring…baie sad om dit te hoor. Hou my op hoogte met hierdie saak. Sterkte! (as jy skole kontak, vra ook dalk om ‘n afspraak te he met die skool se Lewensorientering Onnie) (Lifeskills…ek weet nie of dit nog die benaming is nie)…daar mag dalk ‘n nuwe benaming wees. Dit was tot onlangs ‘n volwaardige vak vir Gr7 …2003..ek het dit vir Gr7 aangebied. Ek hoop jy kry positiewe reaksie!

  20. hi Zee,
    Ek het so pas my rekenaar deurgegaan, dis is Lewensorientering wat die vak genoem was(is). Ek sien toevallig dat was Julie/Aug wat die dwelm-tema behandel was. Ek kan jou (via email) in kontak bring met ten minste 3 hoofde wat ek persoonlik ken. Een se vrou hou steeds skool waar ek ook was, baie oulike hoofde en ek glo hulle sal positief wees.(soos ek hul ken) en dan kan jy na ander hoofde gaan en se dat julle reeds so iets aan die gang het by ander skole. Soms wil skole nie “uit” wees nie, as hulle hoor dit is op ‘n ander skool se program, wil hulle dit ook dan doen om te “beindruk”, as jy weet wat ek bedoel.🙂

  21. hi Zee
    Alweer ek! Vind bietjie uit of daar nie organisasies (soos Castle Carry se program) is wat dit doen nie en laat Seun daarby aansluit, as daar nie is nie, sal ek hoofde aandurf as ek jy is. Sterkte weereens. Sjoe, ek sien ek spel hul naam bietjie verkeerd! Castle Carey..🙂 hier’s hul site link…
    http://www.addictionrehab.co.za/

  22. Nikita, BAIE DANKIE vir al jou moeite, ek gaan dit defnitief opvolg!! Iewers sal ek wel geholpe raak.. Ek mail jou as ek vashak!

  23. My liewe Maritjie,

    I can’t begin to tell you how much I respect you for this blog. I spent all morning reading every thing on your blog, and ended with this letter from M, and with C’s letter. I am an emotional wreck!

    As your uncle, living in America, I am very much out of touch with what is going on with my family in South Africa. I had no idea about the heartbreak. the pain, he feelings of loss and despair experienced through these years. Yes, I had a hunch, but I chose to sweep it under the rug of my conscience.

    Reading your stories about M and C broke my heart. Seeing the pictures with Marc and Zheethan tugged at my emotions, and I probably cried more this morning than I have in many years combined.

    Since you were a baby I have always loved you and have always felt you were special. Those many years ago when your dad was killed in a car accident and your mom and the three of you had to move in with the rest of us, were very special to me as a young college student. No matter that I had to give up my bedroom and sleep in the living room so that the four of you could have my bedroom. That’s what family does for each other. You were probably two or three, living in a small house with ouma and oupa, and my three sisters, your brother and sister… nine of us – one happy family.

    Now I know HOW much I love you, and HOW special you are.

    How lucky we are to have such a special family, who cares so much for each other, over these many generations! How wonderful that you share these experiences. You cannot begin to understand how many other people you are helping and touching.

    Oh, by the way, you writing is excellent. You mentioned that maybe someone could someday write a book about it. YOU should do that.

    With all my love, admiration and respect,

    Oom Willie

  24. Pingback: My kosbaarste kommentaar! « Zee Se Scribbles

  25. Julle is almal in ons gebede. Aan dit wat verby is kan ons niks doen nie – behalwe ‘n les of twee leer – maar ons kan bepaal wat met ons toekoms gaan gebeur. Ek glo dat julle almal anderkant gaan uitkom en sterker sal wees. Vasbyt! M gaan ok wees en gaan anderkant heel uitkom – glo dit en dit sal gebeur! As hy die monster van harde dwelms kon oorwin, kan hy dagga ook oorwin. Sterkte vir julle almal daar doer in die ou Transvaal. Groete uit Ficksburg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s