Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Wipneus to the rescue

14 Kommentaar

Gisteraand het ek, Marcia en Zeethan na BB se CD launch toe gegaan.  Ek was baie opgewonde omdat ek haar vir die eerste keer kon ontmoet.

Die pad soentoe het my al klaar in ‘n spin gehad omdat hulle besig is met die Gautrein konstruksie en ek is nie juis verkeer gewoond nie.  Dit het al my konsentrasie gekos om net veilig anderkant te kom.  Op die koop toe het Zeethan besluit dat vandag is die dag wat hy nie in sy karstoeltjie wil sit nie en het omtrent die hele pad soentoe gekerm om uit te klim..  Toe raak ek nog meer verboureerd.

Ons het darem veilig by die Centurion teater aangekom en begin die hele pakasie uit die kar te kry  (Zeethan, handsak, doekesak).  Ons begin aanstap teater toe en ek maak my handsak oop om my beursie uit te haal want weereens het ek mos nie kaartjies vooraf gekoop nie.

Nou kyk, ek was al klaar geflush gewees van al die verkeer oppad teater toe. 

MY BEURSIE WAS NIE IN MY HANDSAK NIE!!!!

Ek het seker vir 15 minute gesoek maar nee, die beursie is spoorloos.  Intussen hardloop Zeethan die hele wêreld vol en raak al klaar vuil, nog voordat ons eers binne is.  Marcia sê toe, hoekom plaas ek nie gou geld met my selfoon na haar toe nie, dan kan ons maar gou gaan trek.  Mmmmm, my selfoon was in my beursie.  Jinne, ek wens julle kon my toe sien, my gesig het soos ‘n rooi lap gelyk so rooi was ek in die gesig. 

Dankie liefie dat jy my winkel toe gestuur het net voordat ons wou ry!!

Intussen het ek vir Wipneus se Jeep gesoek maar kon dit nie sien nie…  Sy sou mos raad hê vir my!

Volgende stap? 

  • Gaan na Krista en Jaco toe en verduidelik dat ons maar net gou ogies wys aangesien my beursie by die huis was…
  • Vra of ek maar die geldjies vandag vir hulle kan oorplaas?

Ek steek my trots toe maar in my sak en ons stap na die ingang toe, daar staan Jaco en Krista toe en ek verduidelik my dilemma.  Nee, dis geen probleem nie, ek kan maar gou vandag die geld vir hulle oorplaas.  (Jinne, as ek nou daaraan dink, het ek hulle ook nie eers ordentelik gegroet nie!!  :oops: 😳

JULLE WIL NIE WEET HOE EMBARRESSED EK WAS NIE!

Die voldgende oomblik stap Wippie en haar familie deur die deur.  Eish…. ek val haar om die hals (ek dink ek het vergeet om hallo te sê – alweer :oops:) en sê vir haar ek is nou so verleë.  Nou hoekom Zee?  Ek vertel haar toe die storie. 

Ai, julle moet omtrent dink ek het nie maniere nie, maar julle weet nie hoe onsteld ek was oor die hele storie nie!!  My ma het my mos maniere geleer… net jammer dat ek dit gisteraand vergeet het.  Lessie vir my.. fokus en onthou die belangrike ding!!

Net daar pluk sy haar ID boek (Ja, sy steek geldjies daar weg) uit en haal vir my die R200 uit.  Ek het diè toe vir Krista gegee, darem een struikelblok uit die weg.

Ons gaan sit toe in die teater en gesels toe so bietjie en daar word ek al weer verleë…😳

Wat wil julle drink?  En die volgende daag daar ‘n bordjie eetgoed ook nog op!

Wipneus…. jy weet nie wat jy vir my gisteraand beteken het nie.  Ek skuld jou groot!!  (Ek wag nog vir jou bank besonderhede asb!!!)

Zeethan was alweer gespoil gisteraand deur tannie Wipneus!  Dankie tannie Wippie, ek en oupa het baie lekker gespeel vanoggend met my nuwe speelgoed!

Jaco en Krista dit was ‘n voorreg om julle gisteraand te kon ontmoet!

BB… ek het nie woorde nie!!! 

Jy was awesome gewees. 

Ek is so bly vir jou part dat jou droom gisteraand waar geword het!

Ek is net jammer dat jy te “famous” was gisteraand om regtig te kon gesels… 🙂

Ja, jou CD is in my CD speler vanoggend hoor!  😉

zee-7

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Wipneus to the rescue

  1. Whahahaaaaa nee man chill Zee, sulke dinge gebeur gereeld met my! Dis hoekom ek geld in my ID boek wegsteek, maar dit help niks as ek sommer my hele handsak by die huis vergeet nie😳

    Die geld is nie ‘n probleem, sien dit as BB se cd wat ek vir jou as geskenk gegee het!

    Ons almal weet mos hoe besig is die lewe deesdae!

    ((((((Zee)))))

  2. Zee

    Regtig, ek voel saam met jou. Ek het al my beursie op die eerste dag oorsee verloor en die laaste dag terug gekry.

    Ek het al gaan petrol ingooi, net om te ontdek dat my beursie nie daar is nie.

  3. My hart gaan uit na julle toe… dit moes ‘n vernedering gewees het.

    Gelukkig is ek nog jonk en nie so deur die bollie nie……. nog nie!!!!
    HA-HA-HA 😛

  4. Sy’s maar net wie sy is, nê Zzz… sy sal vir jou die maan en die sterre loop pluk as sy kan – sy hét al en doen steeds gereeld vir my… daai flikkerlig in donkernag – dis sy daai! x

  5. A friend in need is a friend indeed.

    Ek is bly Wippie kon jou help! En Zee, dit het al met almal van ons gebeur. Staan bietjie by ‘n till met ‘n vol trollie sonder ‘n beursie…😳

    Dit klink of dit ‘n heerlike aand was. Ek wens so ek kon daar wees.😦

  6. Jinne Adriana, wat het jy toe gemaak sonder geld? Ek sou tien dode gesterf het!

    (((((Pampoentjie))))))))

    BB – daai flikkerlig in ‘n donkernag…. jy kon haar nie beter beskryf het nie!!

    Dellie dankie tog dit het nog nie met my gebeur by ‘n till nie. Praat so, ek stuur aanstaande skoonseun nou die dag gou Spar toe met Liefie se debit kaart. Daar wil die ding nie deurgaan nie want hulle sê toe tjek in plaas van spaar. O, hy was so kwaad gewees omdat hy soos ‘n fool gevoel het, hy moes toe terug gaan en weer swipe, maar die keer met savings en woeps, daar gaan dit toe deur..

  7. Lol ai Zee dis n bad gevoel. Gelukkig het jy wonderlike vriende gehad wat kon uit help. ek’t eendag my beursie leeg gemaak van die ou krediet kaarte, maar die nuwe een uitgehaal en goed gaan koop in Rustenburg, wou toe betaal en daar aanvaar die deng nie my kaart nie, met skok kom ek toe agter dit is die ou een, moes al die pad (60km) terug jaag huis toe om die nuwe een te kom haal. By Spur eendag vriende genooi vir ete, en daar wil die speed point nie kaart aanvaar nie, gelukkig was dit net dat hulle toe van lyn af was, moes toe in die ry gaan staan by OTM om geld te trek, maar mens voel so klein soos n ertjie in n Rugby Stadium.

  8. Ag, foeitog, man! Sarna, wat saam met my studeer het het ons almal in trane gehad (van die lag) met haar vertelling van hoe sy na haar ouerhuis toe is in Namibie vir die vakansie en op Jhb Internasionaal raak haar beursie weg. Sy was veronderstel om in Windhoek ‘n buskaartjie te koop om die nag deur te ry na haar mense toe op ‘n klein dorpie. Wat sy toe natuurlik nie kan doen nie.Toe huil sy vir haar ‘n plek oop op daai bus, seg sy.

  9. 3 Hoera’s vir Wipneus! Nee, kyk, dit kan met enigiemand gebeur, Zee! Moenie sleg voel daaroor nie, sê net dankie vir die Here dat hy vir jou sulke goeie vriende op jou pad gesit het, want wat sou jy gedoen het as jy niemand daar geken het nie? Jy sou seker moes omdraai en huis toe gaan. Gelukkig was jou kar vol petrol anders moes julle duimgooi😆

  10. Zee eendag moes ek bande opsit, en sulke goeters doen ek op saterdae, ons ry so 12hoo deur na die bandewinkel, maar die vorige aand het ek ook gou iwers gegaan net my beursie saam gevat en dit op my bedkassie neergesit, Ons kom toe by die bandewinkel en toe ek moes betaal geen beursie, ek kan nie eers gou huistoe ry nie want hulle maak 13hoo toe. Gelukkig het ek my tjekboek, hulle neem ook nie tjeks nie maar omdat iemand my verwys het wat hulle ken is dit toe reg so.
    Dis is n verleentheid, em mens voel soos n gek daarna en wil jou eie g@t skop.

  11. Zee, ons lag nie een vir jou nie,glo my ons lag saam met jou! Ek dink daar is maar bitter min van ons wat nog nie in n soortgelyke situasie was nie…
    En onthou altyd…
    Thats what friends are for…
    Lekker naweek
    Nimsi

  12. Pingback: Heuwels val op my « Dorings en soms Rose

  13. Ai Izak, jy wil nie weet hoe van ‘n bad gevoel dit was nie…
    Nelba… ek kan glo die trane het gewerk! Ek vertel anderdag hoe my trane ons in Singapore gehelp het!
    Bottertjie, kan jy imagine ek moes vir my man bel en sê ek staan langs die pad sonder petrol!
    Parkes, ek kan dink hoe jy gevoel het… gelukkig vir die verwysing van iemand wat jou geken het daar!
    Nimsi… ek dink as ek nou regtig daaroor is, gaan ek seker die hardste lag vir myself!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s