Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Wat is in my handsak?

17 Kommentaar

Wipneus het my getag… gelukkig het ek Sondag so bietjie skoongemaak, so julle kan nou nie eintlik sien watse winkeltjie ek eintlik in my handsak het nie🙂

Photo Meme

  • Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
  • List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
  • Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
  • Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway).

Nou ja, hier is my handsak en sy inhoud!

25-feb-09-006

My suster Doreen het vir my hierdie Guess handsak, Guess leesbril en Gucci sonbrille gegee.  Jinne, ek het nie geld om sulke branded items te koop nie.  Ek pas hulle mooi op, en my leesbril het al sy derde stel lense weg.  O ja, as ek nie die leesbrilletjie op het nie, kan ek nie sien wat julle skryf nie😉

25-feb-09-008

My goue Sarita beursie… het nie veel in nie, net my debiet kaart en die gewone Dischem, Clicks, Florafarm aflsag kaarte.  Mediese fonds kaart en my bestuurslisensie.  Mmmm, en sommer baie papiertjies wat eintlik al weggegooi moes gewees het.

My Myprodols vir my migrane met so bietjie Gaviscons.

My gifpyltjies wat ek seker nou baie vinnig sal moet opgee, my memory stick, lipgloss (ek is glad nie ‘n make-up persoon nie), my Intuition parfuum en room, my kar sleutels, kantoor sleutels en access kaart, naelknipper, stimorols, my pienk en pers gel penne en my belangrike boekie, waar so baie informasie ingskryf is dat ek hom soos goud bewaar.

25-feb-09-017

Hierdie is maar altyd in my handsak.  Mens weet nooit wanneer Zeethan dalk ‘n doek nodig het, gesiggie wat afgevee moet word of ‘n magie wat honger word nie.  Hy het vandag die Smarties opgeeët…  Die Dettol instant hand sanitizer het al baie keer handig te pas gekom!  Dan het ek ook die Spot Remover pen want glo vir my, elke keer as ek iets nuuts aantrek sal ek op my mors😆

25-feb-09-014

Die volgende item is vir my baie kosbaar.  My skoonsus Cristene wat in Moz bly het hierdie sleutelhouer vir my gegee met Zeethan se doop.  Dit het ook al baie handig te pas gekom as Zeethan ‘n dummy gesoek het en syne nie byderhand was nie.

25-feb-09-022

Ek tag vir Nelba, Jomana, en Neykie.  Kom wys bietjie wat is in julle handsakke!!

zee-7

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

17 thoughts on “Wat is in my handsak?

  1. Ek dink dis ‘n baie netjiese handsakkie en inhoud wat jy daar het! Ek dra baie selde ‘n handsak, maar dis gewoonlik vol tissues en sweet papiertjies…😳

  2. Hie hie! Sowaar! Daar is die doek en wetwipes!!! My handsak het gewoonlik naweke sulke goed in. Meestal is dit ‘n bottel melk, ‘n bottel oros en ‘n dummy. En as ek by die winkels was, dan prop ek sommer die strokies in die handsak. Sondae maak ek gewoonlik my handsak weer leeg. Het nou die dag sommer Manlief se Blou Bul Ballas sleutelhouer ook in gehad. Wat ‘n nice ding. Ek moet vir my oorbelle daarvan maak!

  3. Zee ek love daai dettol anti-bacterial gel, ons moet vir wippie daarvan vertel sy is mos so bang vir kieme.

    Jy lyk vreeslik georden en netjies as mens gyselaar gehou word iewers sal mens nogal saam met jou kan oorleef.

  4. Hehehehe dames ek lag nou te lekker. Wel ek dra nie n handsak nie, ek is so straight soos n telefoon paal🙂 ) Maar ek kan een ding sê my vrou se handsak het van n knipmes, skroewedraaier tot n dooie polisieman in. Die mes en skroewedraaier het ons al een of twee keer uit die strooi gehelp, ons ou kar se mobiliseerder het eendag gelol ek kon darm dit reg kry met die goedjies in vroutjie se sak. Ek soek nog net n doel vir die dooie polisieman😛 ok voor ek vergeet en my vrou my neek moet ek ook net sê daar is ook maar die normale in soos make-up ens ens.

    Mmmm, ja en moet nie die sweeties vergeet wat ek so mal is oor nie.

  5. EK is te bang om my handsak te begin uitpak! Hier in die vreemde dra ek allerhande goeters saam! Dalk moet ek bietjie kyk…netnou broei daar iets uit😉

  6. Baie netjiese handsak, Zee! Ek sal maar liewers niks sê oor myne nie!
    Ek sien op die vorige post sê jy Zeethan het brandboude. Ek wil gou iets vertel: ek het vir my ‘n gesondheidsplantjie in my tuin geplant. Sy groot naam is Bulbine – kry dit by enige kwekery (so R25). Sy blare is amper soos ‘n vetplant s’n. As jy ‘n blaar afbreek loop daar so ‘n sousie uit – glad nie taai nie en ruik ook na niks. Ek kry ekseem en sukkel al 30 jaar daarmee. Veral in die somer is dit erg as ek hooikoors kry. Toe kry ek die plantjie en as die ekseem uitslaan gaan breek ek ‘n blaar af en smeer dit aan. Werk soos ‘n bom! As jy jou hand by die stoof brand of met stoom, smeer aan. Sonbrand – vat al die seer en rooi weg! Goggabyte se jeuk is weg binne sekondes.
    Ek wonder of dit vir Zeethan se brandboude sal werk? As mens kinders in die huis het behoort jy ‘n Bulbine bossie in jou tuin te hê. My kinders gaan pluk sommer self as hulle ‘n muskietbyt het of hul vinger gebrand het. Jy kry salf ook by gesondheidswinkels, maar ek vind dit werk nie so goed soos die blaar self nie. Sterkte!

  7. Jou handsak is netjies en jy kry baie in daai klein handsakkie!! :LOL

    Rosie die sanitiser is daar, altyd! Maar ek gaan nie te veel oor die fobie uitwei nie, hulle sal my bêre😯

    Dit was lekker om jou weer te sien😉

  8. Dankie Dellie – maar glo vir my, hy het nie Sondag so gelyk nie!!!
    Bottertjie, ek het nou al mooi geleer, Liefie sal sommer vinnig sê kom ons ry net gou gou, sal so 5min weg wees, dan gryp ek net my handsak. Ek wag om jou oorbelle te sien hoor!😆
    Rosie, weet jy, ek dink nogal baie daaraan dat ek gestrand kan raak iewerste… nou dink ek, miskien moet ek so klein survival kit ook saamdra🙂
    Izak, ek is baie bly dat ek jou so bietjie kon laat lag hoor! Nee kyk, met my man se tools in my handsak rondry.. hy sal stuipe kry!
    Kaalvoet, is jy nie getag nie hmmm… kom kom, wys nou vir ons😆
    Nella, baie dankie, ek sal beslis gaan kyk of ek hierdie plantjie kan kry, dit klink wonderlik… brandboudjies, ek ek juk juis so met muskietbyte! Hulle swel behoorlik op! Ai, ek het hom so jammer gekry gister, jy kon sien hoe seer hy het, maar gelukkig is dit vandag baie beter!

  9. Wippie…. ek kan nog baie meer daar inkry, maar dan soek ek te veel😉

    Dankie weer vir gisteraand… jy weet nie wat jy vir my beteken het nie!

  10. Dit was vir my lekker om julle te sien, Zeethan word nou so groot en jy het die pragtigste meisiekind!!

  11. Dit lyk na ‘n baie ge-organiseerde hansakkie! Ek wonder of jy dalk ‘n ouma kan wees……?

  12. Nella, het gou FloraFarm gebel.. Hulle hou sommer vir my 2. Gaan hulle bietjie later optel. Ek dink ek sal een van hulle sommer kleuterskool toe vat. Baie dankie vir die raad!

  13. Ja Zee, ek is getag🙄
    Sal seker maar moet wys ne😉

  14. Jinne, jy’s hip-and-happening vrou en ek is mal oor daai fopspeen.

  15. Roer, ek is net so mal oor my fopspeen🙂

    Nella, ek het toe 2 plantjies gaan koop nou die dag, een met ‘n geel blom en een met ‘n oranje blom. Sy boudjies het alreeds die volgende oggend ‘n merkwaardige verbetering getoon.

    En ek lief dit…. vir die muskiet byte!

  16. Pingback: Handsakstories « Windpompe & Vygies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s