Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Voor alles te veel raak….

28 Kommentaar

Voor alles te veel raak

Liewe Heer

gee my net nog `n bietjie krag

om weer aan te gaan.


Ek weet, môre voel ek anders

maar vir nou het ek genoeg gehad

ek wil nie nou verder

weet waarom ek deur dit alles

moet gaan nie…nie nou nie Heer

…gee my asseblief net eers

`n bietjie krag.


Ek wil nie nou al – en só gaan nie

heeltemal verward, verbitterd en verleë

help my hier uit, hierdie donker grot

dan kan ek dalk aangaan en weer eendag weet

waarom ek hier – hierso moet wees

en wat ek als nog moet doen

gee my net eers bietjie genade

bietjie krag en bietjie liefde

uit hierdie ene uit,

sodat ek bietje-bietjie

ánderkant môre, weer terug kan gee.


Amen

Geskryf deur Lyanda


Lyanda, baie dankie dat ek hierdie gediggie kan gebruik…  Dit is so asof jy dit vir my geskryf het, so raak het jy my gevoelens opgevat in hierdie gedig.


Zeethan het ALWEER mangel ontsteking.  Die dokter het vir hom gevra om hy ‘n paar fluitjies ingesluk het so sleg is sy borsie op die oomblik.  Sy vermoed dat hy dalk asma mag hê.  Ai julle, hy het so gehuil toe hulle moes bloed trek vir die allergie toetse.  Dit het 2 van ons gekos om hom vas te druk sodat die suster kon bloed trek.  Ons sal Woensdag middag weet wat die uitslag is.  Ek vat maar elke dag soos dit kom..


O ja, intussen probeer ek weer bietjie leer.  Ek moet vir my hernuwing van my vuurwapen lisensie (op aandring van BB) gaan.  Dit is glad nie meer so maklik om te probeer leer as jy jare laas geleer het nie, en dan wil hulle sulke hê ek moet sulke snaakse wette leer.


Bottertjie , baie dankie vir my pragtige “signature”!!!! – gaan voeg hom daar by jou “headers en stuff” bladsy…..

zee-7

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

28 thoughts on “Voor alles te veel raak….

  1. Ag, ou Zee.

    Dit kon net sowel vir my ook geskryf gewees het.

    Sterkte met die siek mannetjie. 😦

    Ek hoop die gemoed is gou beter. 😉

  2. Aai, Zee! Blommie kry ook gereeld mangelontsteking en elke keer as sy tande kry, so ek weet hoe jy voel! Laat weet ons maar wat is die resultate van die toetse. Gaan lees bietjie op my blog: http://bottertjie.wordpress.com/2009/02/23/live-life-happier/
    dalk laat dit jou bietjie beter voel.

  3. Hello Zee,
    n Pragtige gedig inderdaad!
    Sterkte met Zeethan hoop hy is sommer gou weer gesond.
    Mooi bly
    Nimsie

  4. Sterkte, Zee! As ek mag raad gee: laat haal daai mangels uit! My twee kinders was 2 en 4 jaar oud toe ek hulle s’n laat uithaal het. Hulle het gedurig mangelontsteking gekry. Die 2 jarige het wakker geword, gesê sy is honger, ‘n stukkie pizza geëet en blikkie Coke uitgedrink en gaan speel. Oor en verby. Sussie was bietjie sieker. Haar mangeltjies was so vrot gewees, hulle moes steke insit omdat dit nie wou ophou bloei nie.
    Hoe jonger, hoe beter! Die moeilikste deel is om vir hulle te sê hulle mag nie voor die tyd eet nie.
    Voorspoed!

  5. Zee, myne is ook altwee nou siek. Franco het ook mangelontsteking, en Mia het gisteraand begin koors kry, sal haar seker vandag dr toe vat. Ons sukkel om die twee se koors onder beheer te kry, en siestog, hul ogies is sommer so diep in hul gesiggies. Dit breek my hart dat hulle so sleg voel. Franco het op 2 behandeling vir asma begin kry en dit het die ongelooflikste verskil gemaak. Hy het sy eerste twee winters ten minste elke 6-8 weke bronghitus gekry en sy borsie was baie sleg. Hy’t nou vir die eerste keer in 1.5 jaar weer siek geword! Praat met jou dr oor ‘n Neubilizer. Ons’t ene aangeskaf en gebruik hom baie. Daar is Atrovent en Combivent wat die bronchi vinnig oopmaak en hul haal sommer beter asem. En Berotec is wonderlik om al die slyme dun te maak. Dan hoes hul dit makliker uit. Franco was 6 weke oud toe hul vir die eerste keer moes bloed trek by hom. Dit was vreeslik. Hul het hom so seer gemaak en my arme kindjie het vreeslik gehuil!
    Sterkte. Ek weet hoe jy voel!

  6. Dit is sommer stront dat ‘n kind vasgedruk moet moet word om bloed te trek. (Ek weet, ek weet . . . . cruel to be kind. Dit is vir sy beswil). Ek voel sterk daaroor dat as die mediese personeel nie die kind se samewerking het nie, moet hulle aan alternatiewe metodes dink om dit gedoen te kry. Hy gaan ‘n lewenslange vrees vir dokters kry.

    Ek hoop Zee is gou beter.

  7. Sterkte Zeetjie!!! Dis ‘n total bummer as mens se kosbare besittings siek raak… en bly!!!! Ek sal beslis aan jou dink in my stiltetyd…

  8. Hoop hy voel al beter? Wat sê die uitslae?
    My dogtertjie het darem net veltoetse laat doen op 2 en dit was negatief – laasjaar eers bloedtoetse en dit was ook negatief. Na die mangels en adenoids uit is en grommets in die ore, is sy maar nog steeds dieselfde. Allergies vir iets en ons weet nie wat nie!!
    Hier in ons geweste is sinus maar algemeen, so almal drink maar so met die draai van die seisoene permanent allergex of iets soortgelyks!

  9. Update… Ek het nou net met die dokter gepraat en sy sê die toetse is negatief. Sy sê ons moet maar die kurses medisyne klaar maak en dan moet ek hom terug bring om net weer na sy borsie te luister. Sjoe, wat ‘n verligting!!!

    Pikkie… ai ons mis jou jong!

    RB, snaaks,ek sukkel ook so met die sinus jong.

    Adrie, jy wil nie weet hoe dit my hart gebreek het om hom so vasgedruk te gesien het nie, en die eina in sy huil was verskriklik gewees.

    Ogies, ons het ook ‘n neubilizer maar die meneertjie wil niks weet van dit nie, ek moet maar speletjies maak om net die medisyne in te kry. Ek het darem ‘n groot voorraad van al daardie medisyne wat jy genoem het.

    Nella, ek het haar gevra oor die mangels uithaal… maar sy sê ons moet maar nog so bietjie wag, maar die volgende keer as hy dit kry sal ek beslis daarop aandring.

    Dankie Nimsi, hy is klaar heelwat beter, maar vandag sukkel ek met brandboudjies… ek dink dit is seker maar die antibiotika.

    Botter, ek sal beslis daar gaan lees, ek wonder nou net, het hy nog tande om te sny… ek sal bietjie moet gaan lees wanneer kom die laaste tande uit.

    Boendoe, ek voel nog so bietjie af… maar ek werk aan myself!

    Dankie almal vir die omgee!

  10. Ek wonder nou net Zee, as sy borsie regtig so sleg raak, kan jy nie dalk wag tot hy slapies nie. Dan hou jy net die masker so voor sy gesiggie dat die wasems net by sy neusie bykom? Wetie, wonder maar net.

  11. Ogies, ek het dit ook al probeer, sodra hy die masjientjie hoor skrik hy wakker. Ek het nou al die maskertjie afgehaal sodat ek net die pypie voor sy neusie kan hou maar nee….

    Raas julle masjientjie ook so? Ek dink dis meer die geraas van die masjien as die stoompies wat uitkom wat hom laat skrik.

  12. Zee, moet nou nie kwaad raak, net omdat ek dit nou so oop en bloot hieso oppi blog se nie…ek bedoel nie om jou in die proses seer te maak nie, maar hoor my net eers uit.

    Zeethan het nou al so een of twee keer hierdie mangel-paadjie gestap,ne? Nou is dit sy bors. Lees net self bietjie hierdie week se postings mooi deur…eish, man, eish!

    Kursus medisyne klaarmaak…klink na antibiotika, ja? Mens gee nie deesdae sommer Antibiotika vir siektes nie, daar is hoeveel alternatiewe kure. Meestal nog beter as die dokter se alewige Antibiotika.

    My handsak uitgooi, ja? En wat sal ons kry? Gifpyltjies…eish, nou noem jy hulle ook nog so mooi. Jy`s `n girl so na my hart, behalwe dat jy natuurlik
    die goed rook!

    Mangels uithaal, ja? Waarvoor? Oor die rokery dit nou klaar vol gifstowwe het en Zeethan hetnie daarvoor gevra nie.

    Weet jy? Ag, as jy maar net geweet het. Die nuutste navorsing het nou bewyse gekry dat waar kinders grootword in huise waar gerook word, kry hulle na 40 jaar die nagevolge daarvan. Hulle kry voedsel-allergie, sinus-probleme, doofheid agv sinusverstoppings van jare, longkomplikasies soos ou rokers en siektes wat met die imuunstelsel verband hou omdat hulle alewig Antibiotika moes drink as kinders.

    Nou gaan jy se jy rook net buite die huis. Weet jy hoeveel nikotien en teer klou aan jou klere, jou vingers jou tande, jou handsak wat die gifpyle dra? Iewers kry die kind nog tweedehandse rook afvalstowwe in.

    Gooi weg, siesa man! Jy sal jouself bevoordeel in die proses.

    Moenie kwaad raak nie, dis net my mening en niemand hoef saam te stem nie.

    Ek wil net weet…die ou wat Zeethan se nuwe gedig geskryf het, is hy `n sanger? Gospel sanger dalk?

    Leef mooi!
    Sigeuner aka Lyanda

  13. Gypsey girl… ai, ek wens ek het die krag gehad om dit net weg te gooi. Dit is nie so maklik vir my nie, en ja, ek weet ek moet soos seun net sê tot hiertoe en nie verder nie… wat is ek dan nou eintlik beter as hy met die verslawing van my!

    Ek dink na ek hierdie gelees het gaan ek seker drasties ‘n plan moet maak!!

    Sover ek weet is JB nie ‘n gospel sanger nie!

    En nee, ek is nie kwaad nie, net skaam vir myself omdat ek die waarheid hierso lees wat jy skryf!

  14. Lyanda

    Ek dink regtig jy oordryf so ‘n bietjie. Die rede? Ek het in ‘n huis groot geword waar my ma en pa voor ons, in die huis en die kar, orals behalwe in die kerk gerook het. Ons is 4 kinders, waarvan die jongste 19 is. Drie van ons het nog ons mangels. Ironies genoeg het 3 van ons 12 jaar 100% skoolbesoek gehad. Die een wie se mangels verwyder is, was weens omstandighede van jongs af in ‘n koshuis. Hy was selfs nog minder aan rook blootgestel.

    Daar is 7 jong kinders (2 – 9 jaar oud) in ons familie. Hulle ouers en grootouers stook ook die heeldag, net waar hulle wil. Al 7 van hulle is (vir nou) so gesond soos ‘n vis in die water. Hulle het ook nog hulle mangels.

    Ek stem saam dat rook ‘n afskuwelike gewoonte is. As Zee kan en wil ophou, is ek agter haar. Maar Zeethan se probleme se oorsprong le^ nie in haar rokery nie (wat soos ek verstaan nooit in sy teenwoordigheid plaasvind nie). Dit mag dalk ‘n bydraende faktor wees, maar ek twyfel nogal.

    Zeethan het ‘n komplekse mediese geskiedenis. Mens moet ook onthou dat hy voldag in ‘n kleuterskool is, waar daar hoeveel ander kinders is. Kinders is nie die mees higieniese mensies op aarde nie. Juis omdat hy so baie op antibiotika is, is hy makliker vatbaar vir siektes. Daar is ook heelwat siektes op die oomblik in omloop. Goed wat deur virusse en bakteriee veroorsaak word, nie rook nie.

    Ek sidder as ek aan van die alternatiewe kure dink. Ek hoop Zee is slim genoeg om eers ordentlik navorsing te doen voordat sy dit op Zeethan beproef. Navorsing wat meer as een website betrek. Ek stem wel 250% saam dat antibiotikas te maklik voorgeskryf word.

    Rook is vieslik. Dit is ‘n bydraende faktor tot baie kwale. Maar dit is nie die wortel van alle kwaad nie.

    Vir die rekord. Ek rook nie en haat dit ook met ‘n passie.

  15. Adrie, ek stem hier volkome met jou saam. Rook is beslis nie die hoof oorsaak van Zeethan of for that matter enige ander kind se mangelontsteking nie. Dit is in die meeste gevalle ‘n “komplikasie” as gevolg van verkoue of groep wat die kind onderlede het of gehad het.

    Sigeuner

    Zeethan is in die kleuterskool, daar is maaitjies in die kleuterskool. Maaitjies kry verkoue, Zeethan kry verkoue en daar het jy die begin vir mangelontsteking. Nig, dieselfde gebeur met ander kindersiektes (waterpokkies, ens). ‘n Mens kan nie nou die veralgeming gebruik dat rook die oorsaak van all evel is nie, want dit is nie. Laat ek jou een ding vertel die lug in hierdie Gauteng provinsie is 10 000% vuiler en gevaarliker as die bietjie rook reuk wat hy kan inasem vanaf Zee’tjie se kleure af.

    Maak nie ‘n fout nie, Zee sal dit ook beaam alle rokers weet en besef dat rook vir ‘n roker lewens gevaarlik is en tot verkeie kwale en skete kan aanleiding gee. Ek weet want ek was self ‘n roker gewees, maar ek gaan beslis nie iemand oordeel oor hy rook nie. Dit is ‘n persoonlike keuse, net soos wat dit ‘n persoonlike keuse is waar en wanneer en om watter rede ookal is om op te hou rook.

    (((( Zee)))) Wat jou besluit ookal is, ons ondersteun jou volkome (en dit beten nie ek gaan ophou oor die rookery nie😉 )

    love is the fuel that enables a normal human being to do the impossible. ~Marion C. Garretty

  16. Wel Zeethan is nou gesond, die toetse etc het jou nou gerus gestel!

    En regtig hoor, ek weet mos jy rook glad nie voor hom nie, om die waarheid te sê jy is baie erg paranois daaroor! En ek sê dit op ‘n mooi manier, ek is jou vriendin en probeer net die ware feite hier oordra!

    Soos Bossie sê lugbesoedeling is baie erger as die bietjie rook aan jou klere!

    Wanneer hou ons op rook??? :mrgreen:

    Het jy al gehoor hoe dit by die see gaan? 😆 Ouma verlang haar dood en hy het ‘n jol!!!!

    En jy is ‘n fantastiese Ouma, wat Zeethan se belange altyd voorop stel!

  17. Wippie, ek het nog Zybans in die kas, maar hulle het al verval. Jong daai goed is duur, nou wil ek hoor by Rosie of Adrie hoe lank na iets verval het kan mens dit nog gebruik….

    Ja, meneertjie het n lekker jol, maar blykbaar wil hy weer nie naby die see gaan nadat hy vanoggend baie opgewonde was toe hy die see uit die kar gesien het nie.

    Boskind en Adrie, dankie ook vir julle input!

  18. Nee, ai Zee – ek wou jou nie skaam maak nie…genuine, girl. En die goeie mense wat so vir jou opkom, vertel…dis nie alles waar nie…So kyk nou hoe paddle-back ekke…sorry, girl.

    Ekself het gerook vanlat ek 14 was tot ek 22 was…is nou , uhm? Dinsdag 38. My longe voel op hierdie stadium oraait en my pa het Gunstun gerook binne die huis, binne die kar, binne enige dem plek waar hy wou, toe ons nog in die huis was. So, ek glo ek kon nie anders om maar maar agterna te karring nie!

    Ekself het nou kinders wat 7 jaar oud is en hulle was nie aan sigaretrook blootgestel nie…wel, nie direk nie. En hulle het nog nooit met mangels gesukkel nie. Ek gee nie eers antibiotika vir virus-siektes soos bosluisbytkoors nie – dit werk nie! Die kids was al 3 keer daardeur en elke keer het ek hulle met alternatiewe kure reggedokter. MAAR jy MOET weet wat jy doen. Daar is deffinitief veilige maniere, as jy ingelig is waaroor dit gaan.
    Wat my gat lam maak, is my sussies met hulle kleintjies was permanent `n snot-neus-mangel-kompleks het. Die ouers rook almal. Niemand rook in die huise nie, nie een kind was in `n kleuterskool nie. Nie een ouer rook in `n kar nie. Nou waar kry hulle die mangel probleem? Twee van die kinders het “pypies” in die ore en ek het dit nog net teegekom met ouers wat rook sien? So , vertel my – ek wil ook net elkeen se mening hoor, sodat ek kan leer hieruit, nie om `n dabat te voer daaroor nie.

    MAAR kyk, ek stem helemal saam met kleuterskole wat `n uitbroeiplek is vir al wat kieme en aansteeklikekindersiekte is ! Dis seker nou en ding wat mens sweet blou aan kan doen. Of is daar? So dit is een aandeel in Zeethan se probleem gewees? Ek sien, en het ook geweet hy gaan kleuterskool toe en gerieflikheidshalwe vergeet…sorry, Zee.

    Adrie, dan het ek seker oordryf, ja ek glo ek het. Sal my leer om den bek te hou en eers te dink.

    En mense, ek en Zee het al saam gekuier. My bedoeling was eerstens om iets oor klein Zeethan te se. Dis nie lekker as `n kind so siek is en jy voel jy wil naderhand VIR hom asemhaal nie. Ek weet van sy mediese geskiedenis ook. Ek is nie `n outjie wat uit my pad sal gaan om iemand seer te maak nie.

    Zee, ten minste is jy `n considered roker. Weeg maar eers die voor en nadele van ophou-rook teen mekaar af. As jy jou senuwees, wat ek glo soms rou kan raak, effens kan kalmeer met `n ou “gifpyltjie” so dan en wan…waarom nie? Moet dit om liefdeswil net nie vergelyk met Seun se gewoontes nie.

  19. Lyanda

    Ek is jammer as jy my kommentaar as ‘n aanval gesien het, dit was net om ‘n ander perspektief aan die saak te gee.

    Allergiee is baie kompleks. Ja, rook kan ‘n bydrae lewer daaraan, maar dit kan nie die allergiee begin nie. Immunologie is nie my sterk punt nie, maar allergiee word deur jou eie immuunstelsel veroorsaak. Ek weet van kinders wat ook pypies het al rook hulle ouers nie.

    Party mense is net meer vatbaar vir infeksies as ander. Ander is weer meer vatbaar vir allergiee. Party mense het rooi hare en ander weer blonde hare.

    Asb, ek se^ glad nie dat rook onskadelik is nie. Mens moet net nie die baba met die badwater uitgooi nie.

    Antibiotika is ‘n mors van geld vir virus siektes, dit is net effektief teen bakteriee. Terloops, sover as my kennis strek, is Riketsia ‘n bakteriee. :mrgreen:

  20. Nou wil ek ook ‘n stuiwer in die blik gooi! (lol klink dit reg)

    Ek het nou gevind in die paar keer as Zeethan antibiotka kry sy magie verskriklik spoel… En ek haat dit! Hoekom doen antibiotika dit? Ja, die dok gee ander goed soos probiflora of iets om saam te drink maar dit stop nie die magie se spoel nie.

    Lyanda……. ek het nooit jou skrywe as ‘n aanval op my gesien nie, eerder net die omgee wat jy vir my en Zeethan het. Dit het my maar in elke geval net weer aan die dink gesit oor hoekom dit wel belangrik is om op te hou rook! En jou siening is altyd welkom hier!!
    ((((((Gypsey girl))))))

    Tsk, ek moet ophou rook…. ophou rook….

    My Zyban’s is al te lank expire so ek sal maar ander moet gaan kry. Ek moet net gou my briefie van die dokter soek wat hy ‘n maand terug vir my gegee het, want jy kan dit net op voorskrif kry!

    Ek het eintlik baie geleer by julle!! Dankie vir almal se input… Dit gee mens nogal iets om aan te dink!

    Mmm… eintlik weet ek nie wat om te sê nie.. behalwe dankie vir almal se omgee!!!!!!!!!

  21. Goed en wel om probiflora te neem, maar onthou dat die maagsappe se pH 1 is. Dit maak die meerderheid van bakteriee dood. Dit kan wees dat die daling in sy bakteriee getalle die maagwerk veroorsaak. Dit is egter moeilik om te se^. Daar kan ander oorsake ook wees. Ek is net ‘n nazispook, nie ‘n dokter nie.

  22. Die afgelope 3 dae was vieslik! Dis mos soos – praat vannie dywil en jy trap op syn stert. Twins het effe koors gehad (altwee) van dem bosluise, die 4de keer nou! Maar dink jy hulle sal ophou om bo-op die honde te le? Nee! So, dis nou eers weer biekie beter. Sonder om dr toe te gaan, bygese.

    Dinsdag – op my verjaarsdag kry ek nuus dat ousus innie hosp is vir toetse…dr dink dis moontlik longkanker. Ek huil my oge uit en is niks lus vir enige-iets nie. Karring aan en wag vir uitslae…later sms ek en hoor of sy ok is? Shit! Hoe kan mens ok wees onder sulke omstandighede? Sy sms terug, nie longkanker! Kolonkanker (sien ek is doof en die foon is `n nagmerrie vir my) Nou wat nou, vra ek myself? Is dit nou beter of slegter nuus? Ek huil my neus rooi, my oe rooi, my keel rooi…

    Uitslae kom vanmiddag – als is ok. Dankie Liewe Heer, dankie.

    Nou, myse energie is kaput! Ek voel ek wil net nog `n ietsie se, voor hierrie post te oud raak.

    Adrie, man – jy spook by my. Ek het juis NIE gesien jou comment is `n aanval nie, en was so skaam vir myself met my groot bek en vinnige vingers…ek het nie geweet HOE om sorry te se nie. Ek se net die hele tyd, ai Sigeuner, ai Sigeuner, ai jou vieslike bek kort peper! Ek wou net vure doodslat, want ek haat nie eers rook so erg nie, en dis ok as iemand rook en gesond voel. Daar is mense wat oor 90 geword het en gerook het. Maar dis nou verby, ek wil liewer nie weer da-oor praat nie – net sorry se.
    WANT wat ek als kwyt geraak het, was nie als waar nie, ek het mos gese julle se so en ek weet Zee het nie naby Zeethan gerook, toe sy hier gekuier het nie. En sy is `n beter mens as ek, om nie eers kleinserig oor my kleingeestigheid te wees nie.

    Kyk, ek sou iemand darem maar `n snotklap wou gee, as hy so met my praat..uhm, toe ek nog gerook het.

    En boonop is jy weer reg meddie Rickettsia. Dit IS `n bakteriee of dit kan ook gesien word as `n bakteriese parrasiet.

    Ek is ook nie `n dokter nie, nette ou Sigeuner.

    Zee, nogmaals jammer.

  23. Ai Gypsey girl, jy het regtig niks om oor jammer te wees nie. Ons mag elkeen ons opinie hier lig, en dit is hoe jy op daardie oomblik gevoel het…

    (((((((((((Gypsey Girl)))))))))))))

    Ns… sien hoekom ek jou gemail het vir jou b’day…😦

  24. Hi daar, my naam is Petro. Ek het nou al 5 dae ophou rook, maar dit voel ek kan almal onderste bo moker. Is dit die moeite werk om so te saffer.

  25. Hi Petro, welkom hierso…🙂 ek rook maar nog steeds, eerder om almal en als om my om te krap, maar ek dink tog dit sal op die ou einde die moeite werd wees. Mens proe alles beter, alles ruik skoner ens. Baie sterkte!!

  26. hi julle ek en my vrou het n seuntjie van 18 mande en was vannand by ons skool se ouer aand en ons wil grag weet wat is die wette by n kleuter skool en wat is die moets en moenies en is ons net maal om so oor ons kind te wees ASB EK KORT HELP

    DANKIE

    MY MONSTER SE PAPPA PIETER

  27. hi wie kan my se hoe veel kinders per onderwyse by n kleuter skool

  28. Ek het n kind van 5jaar oud kan glad nie praat nie het asma kry epelepsie an valle het hom al by soveel dokters gehad ma nie een kon my regtig se wat is fout met hom nie het somer verklaar hys gestremd ma glo my hys baie slim kan net nie praat nie help my

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s