Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Die ontstaan van Valentynsdag

18 Kommentaar

bettyboopvalentineVolgens navorsers, sê ouers is die mees gewilde persone wat Valentys dag kaartjies van hul kinders ontvang met ongeveer een uit elke vyf kaartjies wat aan hulle gaan. Onderwysers, kinders, vroue en geliefdes is ook bo-aan die lys. Volgens die navorsers, is word ongeveer 85% van alle aankope van kaartjies deur vroue gedoen. Additioneel van kaartjies, word miljoene bokse sjokolade en rose verkoop (hoofsaaklik deur mans) op 14 Februarie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Maar waar kom Valentynsdag vieringe oorspronklik vandaan?

Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van die antieke Romeinse fees van Lupercalis, wat 15 Februarie gevier word, gekry. Die feesvieringe is geleidelik geassosieër met die fees dag (14 Februarie) van twee Romeinse martelaars, beide St Valentine genoem, wat in die derde eeu geleef het. St Valentine is tradisioneel eerbiedig as die beskermheer van verliefdes.

Daar is egter ook sekere twispunte aangaande Saint Valentine, na wie die gewilde dag vernoem is. Argeoloeë, wat ‘n Romeinse grafkelder en eertydse kerk opgegrawe het, is nie seker of daar slegs een Valentine of meer nie was nie. Vandag erken die Katolieke Kerk ten minste drie verskillende heiliges was wat Valentine of Valentinus genoem was – van wie almal gemartel was op 14 Februarie – ten minste twee van hulle in Italië gedurende die derde eeu.

Die mees gewilde kandidaat is egter ‘n derde eeuse priester wat Christenskap gepraktiseer het en geheime huwelike uitgevoer het – teen direkte opdragte van Keiser Claudius II wat geglo het ongetroude soldate sou makliker by sy weermag aansluit. Die legende is dat Valentine ‘n nota aan sy vriendin (die gevangene se dogter) gestuur het wat sê “From your Valentine” voordat hy tereggestel is op 14 Februarie in 270 n.C. (Hierdie frase word steeds vandag prominent in kaartjies gebruik).

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Valentyn simbole

red-valentine-hearts-thumb7313614.jpg

Dit is nie moeilik om die konneksie tussen die hart en Valentynsdag uit te “figure” nie. Die hart is in historiese tye verbind tot die oorsprong van alle emosies. Dit is eers later geassosieër met slegs die emosie van liefde. (Vandag weet ons dat die hart basies die pomp is wat bloed deur ons liggame laat vloei).

Dit is nie duidelik wanneer die valentyn hart vorm die simbool van die hart geword het nie. Sommige skoliere spekuleer dat die hart simbool, soos ons dit gebruik om ramanse of liefde uit te beeld, gekom het van vroeëre probeerslae deur mense om ‘n orgaan te teken wat hulle nog nooit gesien het nie.

colour-red-roses.jpg

Volgens legende is rooi rose die gunsteling blom van Venus, die Romeinse godin van liefde. Rooi is ook ‘n kleur wat sterk gevoelens vereenselwig. Kant is lank gelede reeds gebruik om dames sakdoekies mee te maak. Honderde jare gelede het vroue hul sakdoeke laat val wanneer hulle hul oog op ‘n man gehad het en hom daarmee aangemoedig. So het mense aan kant begin dink wanneer hulle aan die liefde dink.

gif_sentence_63.gif

“Lovebirds”, soos ons almal weet, is ‘n kleurvolle voëltjie wat in Afrika voorkom. Hulle is so genoem aangesien hulle so na aan mekaar sit soos verliefdes doen. Duiwe is simbole van lojaliteit en liefde – hulle paar lewenslank en deel die verantwoordelikheid van hul kleintjies.

red_X.jpg

Waar kom die “X” teken wat ‘n soen verteenwoordig vandaan? Hierdie tradisie het met die Middeleeuse gebruik ontstaan. Mense wat nie kon skryf nie, is toegelaat om dokumente met ‘n “X” te teken. Dit is voor ‘n getuie gedoen en die ondertekende het ‘n soen op die “X” geplaas om sy opregtheid te bewys. Dit is hoe die “X” ontstaan het as ‘n teken van ‘n soen onder aan ‘n brief.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ander Valentyn tradisies

Die geskenk met blomme op Valentynsdag dateer waarskynlik terug tot so vroeg as die 1700s toe Charles II van Swede, die Persiese poëtiese kuns genaamd “the language of love” na Europa gebring het. Regdeur die agtiende eeu is ‘n blomme woordeboek gepubliseer wat toegelaat het dat geheime uitgeruil word met ‘n lelie en geselskap het plaasgevind deur ‘n ruiker van blomme.

3813l_Classic-Red-Roses-Bouquet.jpg

Die roos, wat liefde vereenselwig, is waarskynlik die enigste blom met ‘n mening wat universeel verstaan word. Die rooi roos is steeds die mees gewildste blom wat deur mans vir hul geliefdes gekoop word. In meer onlangse jare het mense begin om hul geliefde blom vir hul geliefdes te stuur – in plaas van net rose. Van die gewildste blomme is lelies, tulpe, angeliere en madeliefies. Sjokolade in mooi versierde hart vomige boksies is ook baie gewild.

valentines_day_tournament.jpg

Blykbaar het geskenke van sjokolade en blomme nie die gewilde Valentynsdag kaartjies vervang nie.

Sedert 1915 het Hallmark, die leier in die kaartjie industrie, kaartjies ontwerp wat in koeverte gepos kon word. Die uitvinder, Joyce Hall het reeds so vroeg as 1910 begin deur kaartjies uit twee skoenbokse aan mense te verkoop. Hierdie Nebraska tiener met die groot idees, het ‘n enorme besigheid en wêreld heerskappy gebou. Vandag maak Hallmark kaartjies in 30 tale en verkoop hulle in oor die 100 lande.

Bron

zee-0

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “Die ontstaan van Valentynsdag

  1. Valentynsdag is maar net nog ‘n dag. Maar ai, ek sal nie omgee om ‘n merske groot bos rooi rose te kry nie. 😉

  2. Jip Boends… en Lindt balls!!! Rooies!!! 8)

  3. Dankie vir die navorsing en moeite. Nou verstaan ek ook van Valentyn, maar verstaan nog nie waarom jy dan GEEL rose wil he nie.
    Lovies

  4. Wonder of jy die gesien het!

  5. Ongelukkig dink my man dat Valentine die beskrywing vir ons tuin is na die winter: Vaaltyn!!

  6. Ogies😆

    Ek soek wit rose!!! ‘n Hele groot bos spierwit rose!!

    Lekker inskrywing gewees Zee! 🙂

  7. Thanx dis was lekker om te lees!

  8. Hi Zee,

    Eks nuut op jou page, maar wil net vir jou sê ek LOVE die manier wat jy skryf, dit lees so lekker en eks aan my pc was gegom!!!

    Het jy al daaraan gedink om dalk boeke te skryf?

  9. A3.. ek luvvvvvvv geel rose, dis vir my net baie mooier as rooi!
    Happybeans, baie welkom hier. Nee jinne jong, ek kan skaars die woorde op papier neersit, wat nog van boeke skryf!
    Nikita, ek het op die oomblik geen idee waaroor die video gaan nie, maar ek sal gou vanaand gaan loer!😆 Ogies.. my man glo mos ook nie in Valentine nie.
    Ek hoop julle BOS rose word gou afgelewer!

  10. Dankie🙂

    Wou graag weet, hoe gan dit nou met jou seun?

  11. Ek LUVVVVV OK geel rose! Dit maak my so HAPPY! Valentynsdag is eintlik overated. Mens is suppose om elke liewe dag vir jou maat te wys jy gee om, nie net op een dag nie.

  12. Hi Zee

    ‘n Baie lekker valentyns dag vir julle.😉

    Happybeans ek stem saam. Zee ek wag vir jou maniskrip !!! (het in any case klaar ‘n file vir jou😀

  13. Pingback: A Different View of Reality » Vir my Valentyn

  14. Hi mozzzi… welkom hierso. Nou is ek lekker nuuskierig, watse file het jy om my hmmmm….

    Wie weet, dalk eendag kan ek alles hier vat en iemand vra om te help ‘n boek te skryf!

    Nikita… ai dis ‘n pragtige video.. So asof dit ek en Zeethan in sy stootkarretjie is! Dankie dat jy vir my die link gegee het!!

    Happybeans, ek sal in die week ‘n post doen oor hoe dit met die kinders gaan.

    Wat ‘n wonderlike verassing kry ek nie vandag toe seun my bel en vir absoluut niks vra nie, net om ons ‘n “Happy Valentines” toe te wens!

    Ek hoop almal het ‘n wonderlike dag gehad!

  15. Oulike en interesante inskrywing, Zee!🙂

  16. Dankie vir die navorsing, dit was nou interessant🙂

  17. Baie insiggewend!

  18. Hi Zee, ‘n baie inspireerende blog. Ek het ‘n klein tydskriffie wat ek in ons omgewing uitgee. Ek wil graag weet of ek jou artikel oor Valentynsdag mag publiseer? Ek sal natuurlik sê wie dit geskryf het en waarvandaan dit verkryg is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s