Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Zeethan word 2

33 Kommentaar

zeethan

http://www.nuclearcentury.com/ - Glitter Maker

Zeethan, die laaste twee jaar kyk ek en oupa trots na elke nuwe beweging wat jy maak en al die nuwe woordjies wat nou so vinnig kom. Jy bring net plesier binne-in ons lewens in. Ons kyk elke dag in verwondering toe en sien hoe jy vorder en groei, van die dag toe jy twee jaar terug gebore is. Ons lief jou stukkend!!! Oupa en Ouma.

Hierdie jaar het ouma nie vir jou ‘n koek gebak nie want ek weet dat dit weer ‘n “disaster” sou wees. Ouma het vir jou ‘n vliegtuig koek laat bak omdat jy so mal oor “tuie en koppers” is op die oomblik…. Gaan grawe binne-in die versiering in en geniet jou presentjies want jy is een baie spesiale seuntjie.

JP Bekker het spesiaal hierdie gediggie vir Zeethan geskryf vir sy 2de verjaarsdag.

JP, baie dankie vir die mooi gediggie. My opregte dank aan jou!

Zeethan

Dis ouma se blou oog kind,
se voete so diep gesink
in die water waar donker
diep poele binne roer.

Met jou laggie wat in
my hart rinkink,
sal ouma jou seëninge tel.
my kind.

Elke krul op jou blonde
kop is getel my lief.
Nie een sal vermis raak
sonde Sy wete.

Met jou toekoms so wyd
verspreid, raak ouma se
bekommernis iets van die
verlede.

Maar eendag sal die tyd ryp
met opgewondenheid
jou meer vertel van
ouma en oupa se stryd.

Dis nou met jou tweede
wat ondervinding, gebed
en liefde jou nog meer
oulik gaan laat.

Onthou

Jy is ouma se hart se punt;
oupa se oogappel en
Sy liefdes geebaar
spesiaal aan ons.

JP Bekker

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

33 thoughts on “Zeethan word 2

  1. ♪♫♪ Happy Birthday Zeethan!! ♫♪ Ons lief jou vreeeeslik baie!!

    Geluk ook aan Zee en Oupa!!!

    JP se gedig is baie mooi!!!

    x x

  2. Ai, Zee, hoe vlieg die tyd nie! Dit voel soos gister toe hy 1 geword het. Baie, baie geluk! Ek hoop hy gaan ‘n baie lekker dag he, en baie nice presentjies kry! 😉

  3. Baie geluk, Zeethan! Hoop ouma en oupa gaan jou stukkend bederf vandag!

  4. Baie geluk kleinman. Jy is pragtig! Mag jou toekoms net so blink wees as daardie 2 blou ogies van jou!

  5. Kinderlik onskuldig staan die blondekop vlerklose wonderwerkie daar. ‘n Klein warrior wat in sy kort lewetjie harder as meeste van ons moes baklei en tog dop hy emmers vol liefde op elkeen van ons se strande om en bou vir ons kastele van vreugde so ver soos sy voetjies hom kan dra. Jou spore het diep in ons almal se harte getrap Zeethan, mag die pad vorentoe gelyk wees vir jou en mag die skulpies van geluk, seen en voorspoed nooit vir jou of Ouma-hulle opraak nie. Baie baie geluk Zee, hoop elke sekonde van hierdie spesiale dag gaan julle altyd bybly. xx

  6. Baie geluk met Zeethan se verjaarsdag – mag hy nog baie plesier in Ouma en Oupa se lewens bring.

    Daardie gediggie is pragtig.

  7. Baie geluk Zeethan! Mag jy hope pret hê vandag!

  8. Happy Happy!
    Aquarians bly die BESTE mense!

  9. Veels Geluk Zzz’tjie!! Mag hy gebless wees elke dag van sy lewe!! xx

  10. Baie geluk Zeethan. Ek hoop jy verloor nooit jou goue lokkies nie en dat jy vandag baie geskenke gaan kry.

  11. Baie geluk Zeethan met die verjaarsdag!

  12. Jinne Zee, ek kan nie glo die klein mannetjie is al 2 nie! Baie geluk met sy verjaarsdag! xx

  13. Baie geluk, klein Z! Hoop jy kry BAAAAJAAA presentjies en maak jou ouma en oupa se harte bly elke liewe dag.
    Dis ‘n pragtige gedig!
    Mmm, jou Z en my Z sal ‘n goeie couple maak!! Moet ‘n ontmoeting reël, sodat hul solank gekys kan raak.

  14. Happy b-day grootman! Mag jy vir almal in jou lewe net sonskynlaggies bring en mag jy net mooi dinge in jou lewe he!

    Baie mooi gedig!

  15. Baie geluk Zeethan! Geniet elke happie van jou koek!
    Die gedig is baie mooi
    Nimsi

  16. Baie geluk met jou verjaarsdag Zeethan.

    Lekker verjaar Zeethan !!!

    My geseënde lief soldaatjie
    met die wapen van geloof
    sal die ritme in jou mars
    jou hou op die regte paadjie!

    Nes ons Pappa ons beloof,
    sal Hy voorkom dat ons verdwaal
    en elke struikel, val en seerkry
    ons optel, paai en troos.

    Nog ‘n jaar is tot ‘n einde
    en dis vandag wat ons wil vier.
    Jou geboorte twee jaar later,
    en elke oomblik vol plesier.

    Laat ons mars van nou af vorentoe,
    met elke slag met Hom by ons,
    want Hy dra ons reguit soontoe.
    By Sy huis berei vir ons.

    Lekker verjaar my sterk
    soldaatjie. Ons is hier vir jou sowaar.

    http://www.woes.co.za/gedigte/vertoon/46136_Lekker_verjaar_Zeethan.htm

    Aan ouma en oupa ook baie geluk met die herdenking van julle pragtige kleinseun se geboorte dag. Mag hy elke dag soos ‘n sonstraal jul lewens vul.

  17. happy bday boetie, hoop jy geniet die dag, en hoop daar is velle meer!!!

  18. Geluk! Hy’s pragtig…

  19. Veels geluk Zeethan!

    Vat jou plathand en klap jou ouma so voorrie kop – behoorlik hoor – ‘n blessing moet ordentlik gedoen word!😀

    En dan gee jy haar ‘n lekke vet soen en stywe drukkie!

  20. Baie geluk, mooiste engelkind.

  21. Sjoe, kan nie glo tyd vlieg so nie…?

    Baie, baie geluk.

  22. WOW…..

    Zeethan sê baie dankie vir almal se mooi gelukwensings. Hy het homself gate uit geniet gisteraand en het toe wel altwee sy handjies in die icing gehad….

    Boskind….. ek is sprakeloos. Baie dankie!

  23. Zee,

    Jammer dis biekie laat, maar se vir Zeethan geluk met sy verjaarsdag van my af.

    geniet jou dag

  24. Zee Baie Geluk met Zeethan se verjaardag. Mag hy vir jul nog baie vreugde bring!!!!!!!!!

  25. ♪♫♪ Geluk met jou verjaarsdag Zeethan! ♫♪

    Mag ons hemelse Vader hom seën met tonne en tonne liefde!

  26. Ook bietjie laat, maar hier gaan hy, Happy Birthday Zeethan, dit klink of jy die dag geniet het. Alles wat mooi is vir die res van die jaar.

  27. Oh my word ZEE!!! Ek kannie glo dis al twee jaar nie!! En hy is TE pragtig – opvreetbare pruilbekkie! Baie geluk aan julle almal -vir hom op sy verjaarsdag en vir julle as “ouers” wat die w^reld vir daardie mannetjie wys!

  28. Ook weer laat maar baie geluk Zeethan!!

  29. Baie geluk, mag hy vir lank nog ‘n klein seuntjie bly.

  30. Baie geluk Kleinman!

  31. BAIE geluk van die agteros! Twee is ‘n “cute” ouderdom, mag hy vir julle sommer nog baie meer geluk/pret verskaf en ons sien uit na alles wat jy met ons gaan deel hierdie jaar. Drukkie/soentjie!

  32. Ai ai ek is ook altyd laat met als,,, baie geluk met jou verjaarsdag klein Zee. Zee gee die mannetjie n lekker fireman drukkie van my asb.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s