Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Oppad…..

25 Kommentaar

Oppad......

My “muse”  is weg. Gelukkig het ek iets gekry om oor te skryf!

Wipneus het my getag oor ses goed wat julle nie van weet nie, en dit het my aan die dink laat sit.  Maar hier is ‘n paar wat julle dalk nie weet nie, aangesien ek eintlik maar ‘n ope boek is op my blog.

Ek haat myself…. ek is vet en probeer hard om gewig te verloor maar ek doen dit elke keer op die verkeerde manier!  (/me hidz for BB)

Ek haat die reuk van drank….  al is dit my brood en botter!

Ek haat dit dat ek rook…. en ek wil nie ophou nie!

Ek laat mense oor my loop…. ek kan nie nee sê vir iemand nie en deur dit het ek en my man al menigte kere oor baklei!

Ek haat grond….  ek kan dit nie hanteer om my hande vuil te kry met tuinwerk nie, ek gril my dood vir die gevoel van grond op my hande!

Ek is ‘n komplusiewe koper….  as stress my baas word vaar ek winkels in en koop goed wat nie nodig is nie!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ek het toe eintlik besef dat ek eintlik baie ander “issues” het om deur te werk!!

Ek is verlore….

Ek weet nie meer wie ek is nie….

Ek weet nie of ek kom of gaan nie….

STOP net hier Zee…  dink bietjie hieroor!

Dis ok om nou verlore te voel omdat dit is hoe jy op die oomblik voel.  Dis ok om sleg te voel oor jou gevoel dat jy op die oomblik verlore voel.  Dis nie nodig om jouself te kasty omdat jy verlore voel nie….  Ja raait…

Is ek die enigste wat wil weghol van die gevoel af….  Dis asof die alles net te oorweldigend is vir my op die oomblik. 

Dis  amper so iets…. Doen alles en doen dit groot en doen dit nou en dit is besig om my vinnig in die hakstene te byt. 

Ek het te veel projekte wat ek wil doen.  Ek wil alles dieselfde tyd doen maar het nie die krag of energie om dit meer te doen nie.  Ek wil net weghardloop… Ek haat hierdie gevoel.

Vir my gaan die eerste stap wees om myself weer te vind en om myself toe te laat om verlore te wees.  Ek voel eintlik so beskaamd omdat ek nie weet wie of wat ek is nie. 

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ 

Ek het by Thasia se malhuis iets baie interessant gelees.   

If you’re stuck in the past and God is trying to take you to a new level in Him … LET IT GO!

If you are holding on to past hurts and pains… LET IT GO!

Gaan lees dit gerus hier

 ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ 

 

Life’s greatest happiness is to be convinced we are loved

–Victor Hugo–

 ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ 

Happiness cannot come from without.

It must come from within. 

It is not what we see and touch

 or that which others do for us which makes us happy;

It is that which we think and feel and do,

First for the other fellow and then for ourselves.

-Helen Keller- 

 ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ 

 My pienk kampstoeltjieSo, solank as wat my “muse” weg is en ek myself nog nie gevind het nie, sal ek maar rustig op my pienk stoeltjie op Ding se rooi stoep gaan sit en net lees en om te dink waar het alles verlore geraak…. 

OPPAD…

 

UPDATE

My vriendin Elize stuur vir my hierdie mail nadat sy my blog gelees het.  Ek dink ek moet so bietjie na die raad ook gaan kyk

 huis-skoonmaak

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Oppad…..

  1. Dit moet iets met die maan te doen he! Voel self ietwat verlore, maar twyfel of jy jouself regtig haat. Miskien moet jy net die spieels toegooi vir ‘n rukkie en vir jou bloedrooi lipstiffie koop🙂

  2. Zee, ek hoop jy vind jou “muse” en vir jouself ook! Sterkte met die pad wat voorlê!

  3. Dit kon net sowel ek gewees het wat hier geskryf het – ek voel presies dieselfde. Ek het nie raad met myself nie, dus gaan ek maar jou raad volg. Verlore voel en rustig wees. 😉

    Dankie, Zee, dis seker nie wat jy wil hoor nie, maar dis tog ‘nice’ om te hoor ander mense worstel met dieselfde goed.

  4. Zee, jy benader die gewig verloor ding heeltemal. Ons almal doen dit verkeerd. Ons probeer op ‘n vreeslike diëet gaan om ‘n paar kilo’s af te skud en dis nie hoe dit werk nie.
    Ek was laasweek by die dokter om cholesterol te laat toets en daar slaan hy my plat met ‘n cholesterol van 9! (het dit eintlik so half en half verwag – familie probleem, jy weet)
    My man is ‘n diabeet ( die afgelope drie jaar) en hy moes sy leefstyl verander wat kos aanbetref en dit is nou maar presies wat ek sal moet doen. EN DIT IS PRESIES WAT JY MOET DOEN! Geen diëet nie – verander jou leefstyl. Jy sal gewig verloor en dit nie weer optel nie. Sny vet en suiker uit. Geen gaskoeldrank, eet net een maal per week rooivleis, geen lekkers, chips, roomys, ens.
    Nog ‘n tip: as jy kos wil koop (enigiets), kyk agterop pakkie – as dit meer as 5g vet per 100g porsie bevat, sit dit neer!
    Sterkte, Zee. Van vandag af eet ek net gesond en soos die dokter vir my man gesê het, hy mag eenmaal ‘n week kroek. Gewoonlik Vrydagaande eet ons take aways. Komaan, join my! Teen Kersfees kan ons ons bikini’s op die strand dra!
    (My dogter (13jr) vra vanmiddag vir my of ek vir haar ‘n sweetie het, toe gee vir haar ‘n perske!)
    Carina, ek hou van jou rooi lipstiffie idee!

  5. Zee ja man dis nie lekker om so te voel nie,
    Nella ek gaan ook jou dieet volg, ek het alreeds my tee en koffie verminder want ek drink maar baie suiker.
    Soms voel dit vir my ook of ek sommer als terselfde tyd gedoen wil kry, maar ek glo ook vat als rustig. Na my man se ongeluk gebruik ek calmettes en dit help as ek voel als word te veel vir my.

  6. Eish, Zee, ek hoop jou muse kom en slat jou oor die kop met haar towerstaffie en sommer gou ook!! Ag, ons almal gaan maar daardeur, party meer as ander en kom net nie uit die donker gat nie.
    Ek het reeds brood en suiker uit my “leefstyl” gesny, dis moeilik, maar mens moet maar net vasbyt.

  7. Ons het net vandag gepraat oor dieët, ek stem dis mens se leefstyl wat moet verander en ek sal sommer dadelik wegspring! Ek verban van vandag af enige koekies en sjokelade uit die huis!!😈

    ((((Zee)))) Sterkte vir jou en veral vir A3, ek dra haar in my gebede op!

    En ek dink nou glad nie jy het ‘n gewig probleem nie! :schock:

    Kompulsiewe koper??? Join my ek is nou in rehab!!!😆

  8. sterkte Zee, ek weet hoe dit voel, ek is ook daar. Soms voel ‘n mens of jy op ‘n ‘tightrope’ loop, moet net mooi balanseer om nie af te val nie.

  9. Zee – Ek voel net om vanoggend hierdie vir jou te gee van Marsha Burns

    SMALL STRAWS IN A SOFT WIND by Marsha Burns –January 14, 2009:
    I speak to many who are trying to keep your head above water, but you feel like you are going down for the third time. The waves created by the storms of life have overwhelmed you. But, I say to you, do not despair; do not give up hope. I am your very present help in times of trouble, and I will bring you through these times of adversity in triumph. Trust Me, and let Me guide your steps to make your way perfect. Refuse to allow the enemy to make you feel lost or forgotten, for I am with you; I see what you are having to face and endure. Keep your faith in Me, says the Lord, and persevere.

    James 5:11 Indeed we count them blessed who endure. You have heard of the perseverance of Job and seen the end intended by the Lord–that the Lord is very compassionate and merciful.

  10. Ai Zee. Ek hoop jy voel sommer baie gou beter. As jou Zeethan ‘n middag slapie inkry vandag, gaan staan net by hom, kyk na hom en voel hoe jou batterye begin “charge”. Dit werk vir my. Wel, darem vir ‘n klein rukkie ten minste.

  11. Ek hoop jy vind jouself gou weer! ((Zee))

  12. Hi Zee

    Jy sal my nie glo nie, ek loer elke dag hier in en dan trek iets my aandag af voordat ek kon comment (Raas met Wip, dit was waarskynlik sy).

    Ek dink jou karretjie hierbo is cute.

    Grond onder my naels pis my bigtime af.

  13. Sjoe…. net toe ek dink ek is weer alleen met hierdie gevoel van my. Baie dankie vir julle mooi woorde.

    Wipneus, dankie, het nou nou net vir moeder gaan haal by die hospitaal en sy is regtig baie beter. Gaan volgende paar weke vir ‘n hele paar toetse gaan.

    My vriendin Elize stuur vir my ‘n mail, sy lewer nie sommer kommentaar nie maar lees gereeld my blog. Sy sê toe ook dat sy ook so voel. Ek add iets by my post hierbo – HUIS SKOONMAAK… so waar!

  14. ((Zee)) jy weet ek dink nie dit is negatief nie, al voel dit vir jou “sleg”. Ek dink jy herevalueer net jou lewe, ek glo dit is ‘n goeie ding eerder as om op dieselfde ou paadjie aan te hou?
    Moenie slegvoel dat jy net ‘n gewone mens is nie, ons almal is so. Elke liewe vrou wat hier lees voel met tye (meestal ;)) vet, ons koop goed as ons sleg voel, want dit troos ons.
    Ek dink ook nie mense loop oor jou nie, ek dink jy het ‘n goeie hart.

    Lief jouself liewe Zee.

  15. Jinne, ek is so bly om te hoor ek is nie die enigste een wat so voel nie. Ek wil ook maar net dankie sê.

    (En ook spesiaal vir Rosa’tjie wat altyd ‘n erg situasie sin laat maak. Dankie)

    (((((Zee))))) Sterkte ou girl!

  16. Zee, jy is beslis nie alleen nie – meeste mense voel met tye so, so ons verstaan waarvan jy praat. Ek self kry myself maar so bietjie jammer hierdie naweek … maar ek weet ek sal weer beter voel en dit hou my maar aan die gang.

    Sterkte.

  17. Ai Zee, ek hoop jy voel sommer gou weer beter!

    Baie goeie stukkie advies wat Elize vir jou gestuur het! Wil jy dit nie asb vir my ook aanstuur nie?

    Jammer om van jou ma te hoor, ek gaan haar sommer nou bel en hoor hoe dit met haar gaan.

  18. Zee, ek sien jou op Facebook en wonder by myself hoe kan hierdie mooi vrou haarself haat. Jy’s pragtig en jy straal vroulikheid en liefde uit. Ek hoop jy voel gou beter en sien in die spieël dieselfde pragtige vrou wat ek sien, want God maak nie gemors nie.

  19. Ek stem saam met Roer, Zee! Jy’s ‘n looker!!

  20. Zzz!!!😯 dis friggin’ scary hoe baie ons dieselle is!!! Elkeen van #2-6 … behalwe vir #1 (en nee, ek MAL jou nes jy is!!) – but I can relate – I can’t say I hate my (physical) self – but there’s things about this body I can’t stand much (gotta live with it though – I was issued like that😳 ) drank, rook, mense, grond, koop – tick, tick – all true to the letter!! xx

  21. geniet jou dag!

  22. aai girl, ek dink as jy rerig gaan probeer uitvind, sal jy agterkom omtrent elke tweede persoon voel soos jy voel … Dis eintlik nogal interessant, want ons almal ervaar eintlik dieselfde goed, maar ons ervarings is anders.

    Ek dink dit is omdat ons almal net anders besnaard is!!
    Hou net moed…. this to shall pass!

    ps. No one can validate you as a person … only you can realise the value of your existance and through that your validation will be true🙂
    Hoop dit maak bietjie sin!

  23. Zee!!! Kom loer of jy okay is. Die heel ergste is om stof en water te eet vir ‘n dieet, en dink net ons is nog nie daar nie. Ons kan nog kroek met ‘n doughnut.😉

  24. Aaaaag kom hier, man … Ouding druk jou sommer styf vas … pienk stoeletjie en al!
    Kry die gemmerkoekies en kom sit by Ouding en dan maak Ouding vir ons lekker troos – net waarvoor jy lus is, gooi ons in jou keber en dan lees ons sommer net, ja.
    Zee, dis helemal gaaf om so dan en wan te voel of jy iewers tussen die bottel en die lable vassit, of tussen die vloer en die politoer. Maak manman mos sommer weer mens, sien jy. Solank jy net daarna darem iewers weer onthou dat jy meer as die moeite werd is, hoor.

  25. Ja, ekke is ok verlore.
    Mens gaan op vakansie, alles is ok, kom by die werk, alles ok en ja dan skielik eendag is alles NIE MEER OK NIE. Jou lewe val uitmekaar, jou gedagtes weet nie meer wat om te dink nie, jou hart weet nie hoe om te voel nie, jy weet nie meer wie om te vertrou nie.
    Ja, ekke is ok verlore.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s