Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Voorspoedige 2009!!!

22 Kommentaar

Aan al my blog maats en lesers

Elke liewe jaar maak ek nuwejaar voornemens.  Ek gaan ophou rook, ek gaan maer word.  Hierdie jaar het ek net besluit, wat help dit om voornemens te maak as ek dit nie kan nakom nie.  Totdat ek ons Kersfees kaartjie van ons vriende in Engeland gekry het.  Ek het besluit ek maak sommer sy voornemens myne.

Hierdie jaar het ek net een wens:

Ek wil fiks genoeg wees om ver genoeg te kan swem om self by my SKIP uit te kom – anders gaan my SKIP nooit inkom nie  (of dalk te laat….)

Sien julle daar onder…………..

Ons het vandat Zeethan by ons is nog nooit weer gaan duik nie behalwe vir ‘n vinnige dam duik of twee.  Liefie het gou sy laaste duik Dinsdag gaan doen vir die jaar……  sommer in ‘n kwarrie…  ek skop myself nou nog omdat ek nie saam gegaan het nie, mmmmmmmmm….  ok, ek het geweet ek gaan nie in my wetsuit pas nie!

Hierdie jaar gaan ons beslis plan maak om weer bietjie daar diep onder in die see te gaan duik….  Om myself weer bietjie te gaan vind met die wonderlike wêreld wat ons Skepper gemaak het.  Ek wil dan sommer ook my haai tande aanvul.

Sien jou daar onder Willem!

zee-signature-3

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

22 thoughts on “Voorspoedige 2009!!!

  1. Hello Tannie!! Kom net gou inloer en alle voorspoed toewens. My wens vir jou is ‘n groter “wet suit” vir 2009. Lekker dag!🙄

  2. Ja, ek maak ook nie meer nuwejaarsvoornemens nie, dan is daar niks om te verbreek nie. Baie voorspoedige 2009. Daar is ‘n klomp mense in ons kerk wat gereeld gaan duik en ek hoor hulle sê dit is wonderlik daar onder die water. Die gogga het my nog nie gebyt nie. Ek wag nog dat ek eers ‘n paar kiewe groei voordat ek daardie stap neem.

  3. Voorspoed vir jou ook Zee…. ek swem saam!

  4. Voorspoed vir 2009 Zee. Alles wat mooi is vir die jaar. Wil net sê jy is baie brave, ek wil so graag ook gaan duik, maar hel ek is bang vir daardie sharks, nou nie die rugbyspan nie, ek ondersteun hulle. Ek dink ek hardloop op water as ek een van daardie JAWS ouens hier om my moet sien swem.

  5. Ek soek ook ‘n haai tand!!:mrgreen:

    Ek werk nog aan my voorneme! Ek wil baie dinge aanpak en doen die jaar!

    Ek glo in nuwejaars voorneme, dit hou my aan die gang! Dis eindelik drome….. Daardie lysie kan verander ook deur die jaar, dinge kom by of word verwyder en ek merk af soos ek die lysie kaf draf! Die lewe is kort, mens moet alles daarin pak, terwyl daar tyd is…..

    Whoop whoop! Voorspoed vir 2009 Zee! Geniet daai duik!

  6. Zee

    Ek het vandag vir die eerste op jou blog kom lees. Ek het die grootste bewondering vir jou en jou kop is reg aangeskroef want jy weet waar jou hulp vandaan kom.

    Alle sterkte vir 2009 en mag jy God se nabyheid elke dag ondervind.

  7. Zee, Voorspoedige 2009 vir julle – mag dit ‘n wonderlike jaar vir julle wees.

  8. Zee, mag 2009 ‘n jaar vol geluk , liefde en goeie gesondheid wees vir jou en jou gesin!

  9. Mooi voornemens daai Zee’tjie!! Life’s just that little bit more easy to live, if we have a little less ‘baggage’ to schlepp around with us😉
    Mooi jaar, skat! Liefde BBx

  10. As daardie duik gogga jou eers het nê! Manlief het ook maar min by die duik uigekom vandat ons kiddies hier is, maar ons het besluit, kom wat wil, April gaan hy duik en basta met die res.

  11. Zee,

    Geniet 2009 en mag jy en jou gesin hierdie jaar oorvloed van liefde en vreugde ervaar.

  12. Mag julle geseen word in 2009 met baie liefde!

  13. Hi jy net die beste vir 2009, baie liefde, geluk, vrede, voorspoed jou toegewens!!

  14. Goeie voorneme, Zee! En ek dink dis ‘n goeie idee om weer te begin duik. Mens word mos so opgevang in die kiddies te goete, dat jy later vergeet jy is ook MENS.
    ‘n Baie gelukkige 2009 vir jou en joune.
    x

  15. Net voorspoed en mooi wense vir 2009.

    Lekker dag!

  16. You WILL be blogging again in the near future, won’t you???😦
    Ek mis jou!! x

  17. Hey Zee
    ‘n Gatskop, lek-lekker, awesome 2009 vir jou! Ek begin volgende week weer blog!

  18. Dagse Zee

    Net kom inloer om vir julle die beste, voorspoedigste en vreugdevolste toekoms ooit toe te wens.😎
    Groete

  19. Hi jy!

    Ek maak nie Nuwejaarsvoornemens nie, want dit sneuwel gewoonlik binne die eerste week. Maar ek is sooo trots op my Liefie – Oujaarsaand lig hy ons ewe koeltjies in dat hy nou klaar gerook het, en wragtig, tot vandag toe nog nie weer eenkeer gerook nie!😯 Ek het probeer, maar teen 3uur die middag op die tweede, toe voel ek so: “Next mood swing in 5 minutes… please stand back!” Ek kan nie so cold turckey quit nie, maar ek probeer baie hard en is nou al af na so 5 ‘n dag. Van 20 per dag af is dit seker nie te sleg nie…:mrgreen:

    Mag jou jaar so mooi wees dat jy heeltyd wil foto’s neem om alles te onthou!😉

  20. Mooi jaar vir die 3 van julle ook hoor.
    P.s. onthou om my saam te vat op ‘n rubberboot (jy moet asb roei/trek) as jy uitgaan om jou skip te soek.

  21. Onthou om môre aand vir Zeethan die maan te wys. Die 10de en 11de, gaan hy die grootste en helderste die jaar wees! Geniet dit! Hoop net dit is clear skies!

  22. Dankie Wip, ek sal verseker die maan vir hom gaan wys!
    Rosie, ons kry sommer ons liefies om vir ons te roei…
    Dellie, baie sterkte… Ek probeer ook hard, probeer om by elke 2uur te hou maar dis moeilik!
    Ridder, baie dankie vir jou ook.
    Botter… ons gaan verseker gatskop hierdie jaar!
    Een van die daggies gaan ek weer blog BB, my muse is weg…………….😦 (((BB))) Ek hoop hierdie jaar is beslis sonder daardie excess goeters vir n paar van ons!
    Dankie Witperd, wanneer blog jy weer?
    Boendoe dit is so, dis hoekom ons besluit het hierdie jaar moet ons omtrent 8 keer gaan duik!
    Meermin, ek wens dit dubbel toe vir jou!
    Dankie Paula, jy ook.. Het jy al jou pille gekry?
    Mmm Ogies, het jy nog nie besluit om ons te join nie…
    Dankie Carolina vir jou ook. Hoe gaan dit met ouma se babatjie? Jy moet weer bietjie foto mail asb.
    Dankie Ninette, vir jou ook alles van die beste.
    Linda, baie welkom hier… Dit is maar party dae baie swaar as die duiwel so lustig is hoor… Dankie ek weet dat Hy elke dag saam met my loop!
    Wip, die eerste haai tand wat ek weer optel daar onder op die most awesome seesand… is joune!
    Dankie Beertjie Ai, tsk vir daardie sharks rugbyspan… Jy gaan dit nie glo nie, die haaie is eintlik baie mens sku… Kon dit myself nie glo totdat ek dit gesien het nie. Alles wat goed is vir 09 daar in NZ
    Vir jou ook Jo-Ann… Jy is meer as welkom om saam te swem, hoe meer ons is hoe meer oge is daar om daardie skip raak te sien🙂
    Dankie Riaan, vir jou en jou familie ook n great 09. Jong as die gogga eers byt is dit tickets!
    Dankie Rustig.. Ek sien my wetsuit gaan weer een van die dae pas…. Ek is hard besig om iewers langs die pad excess ietsie te verloor!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s