Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Geseënde Kersfees!!

30 Kommentaar

Baie dankie aan Pikkie vir hierdie baie besonderse geskenk, ek sit hierdie kosbare geskenkie ook onder my boom neer.
 

 

Zee - ‘n kryger… Wat veg vir haar mense en vir wat reg is! Vir my ‘n rolmodel… Iemand om na op te sien!
Zee – ‘n kryger… Wat veg vir haar mense en vir wat reg is! Vir my ‘n rolmodel… Iemand om na op te sien!

Vanoggend, 15 Desember kry ek die groostse surprise in my inbox.  Gisteraand het ek en Pikkie bietjie op Skype gesels en toe stuur ek vir haar ‘n foto van die nuuste familielid.  ‘n Vroeë kersgeskenk vir Zeethan.   Pikkie, baie dankie dit is so WOW en dankie dat jy die moeite gedoen het tussen gisteraand en vanoggend om dit vir my te maak.

Zeethan en Shaha ons nuwe baby in die huis…  hy spreek dit uit as Shasharkie, want hy ken mos van sharks en dit klink seker baie dieselfde vir hom!

zeethan-en-shasha

Rustig het vir my die volgende geskenk gegee wat ek onder hierdie pragtige kersboom van my sit.

“Zee, what to give a grandmother that already has the biggest gift life has to offer. I bought you a bag of dreams and happy thoughts to share with your family. Unfortunately there was only x-large left. Hope it fits.”

Ek wil graag hê dat almal van julle julle hande in hierdie “bag of dreams and happy thoughts” moet druk en vir julle ook van dit te vat want jinne, ek het genoeg gekry om vir julle almal ook uit te deel!!

Vandag deel ek ook graag van Rustig se “happy thoughts”  uit aan seun.

Mag jy ‘n besonderse Christusfees beleef en besef waarvoor Hy gebore was!!

Ek hoop jy kan voel hoe ek jou stukkend druk!!

 

 

Ek wens vir elke een van julle ‘n wonderlike rustige Kersfees toe!

zee-signature

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

30 thoughts on “Geseënde Kersfees!!

  1. (((((ZEE))))))) Geseënd vir jou ook vriendin, as ek my hand in jou sakkie druk sal ek met liefde bietjie van jou seerkry en bekommernis vat. Gedeelde pyn is mos ligter…Sterkte vir jou in hierdie tyd… Liefdetjies ♥♥♥

  2. Geseende Kersfees Zee!

    Ek hoop dat 2009 vir jou en jou gesin ‘n lieflike jaar sal wees.

  3. Ek hou baie van jou Video en Betty Boop prentjies!!!

    ‘n Geseënde Feestyd ook aan jou en al jou geliefdes Zee! Ook vir A3 ‘n baie mooi kersfees!! Mag 2009 alles wat mooi en goed is vir julle inhou!

    Dankie vir ons wonderlike vriendskap!
    x x

  4. ‘n Baie Geseende Kersfees vir jou en almal rondom jou, naby jou en by jou! Mag Jesus en Sy liefde julle omring in hierdie tyd en net Geluk en Voorspoed vir julle in die Nuwe Jaar wag! Oulike video! en ek stem saam met Wipneus, oulike prentjies!

  5. Hi Zee

    Geseende Christusfees ook vir jou.

  6. Zzz’tjie – ek weet jy weet waarvan my hart vol is en van woorde wat nie uit die keel oor die tong wil vloei nie. Jy, Zzz’tjie, is die toppunt van spesiaal… hou my in jou gebede, soos ek jou in myne, ja??
    Be Blessed – immeasurably!!!
    xx

  7. Pikkie… jy is so special…. Ai, dis so lekker as mens se las so ligter word!

    Maxie, baie dankie en dieselfde vir jou en jou gesin ook!

    Wipneus jy weet natuurlik dat jou vriendskap baie vir my beteken.

    Dankie ek sal vir moeder jou wense oordra!

    Nikita, Baie dankie, ek weet sommer Hy gaan baie naby ons wees.

    Riaan, vir jou en jou familie ook ‘n baie geseënde Christusfees.

    (((((((((((((((((((((((((((((((((BB))))))))))))))))))))))))), weet verseker dat jy ook in my gebede is. Jy wat altyd so ‘n inspirasie is vir almal, weet dat alles reg gaan uitdraai. Hoe sê Wipneus altyd… Ek voel dit in my water! Kan nie anders met so wonderlike persoon aan die stuur nie!

  8. Dagse Zee

    Mag jou en jou geliefdes se Kersfees gekenmerk word deur alles wat beter, mooier en meer gevul met liefde is as ooit tevore.

    Vrede, vreugde,voorspoed en liefde vir julle almal.

    Groete

  9. 😳 Groot plesier!!! 😳

  10. Zee, ‘n baie geseënde kersfees vir jou ook!

  11. Zee,

    Sterkte vir 2009 en ‘n Geëseende Christus-fees vir jou en jou gesin, van my en myne!

  12. Baie geseende Kersfees vir jou Zee!

  13. Geseende Kersfees vir jou ook, Zee🙂

  14. Zzz’tjie – daar’s ‘n geskenkie vir jou daar by my xx

  15. Geseende Kersfees, Zee. x

  16. Ek kom groet ook vir die jaar! Geseende Kersfees vir julle, en mag Zeethan en daai karnallie jou nie te veel grys hare gee nie! Ons gesels weer in 2009!

  17. Zee Geseende Kersfees vir jou en jou gesin!!!

  18. Dankie Zeetjie mag Kersfees vir julle en Zeethan oneindige vreugde inhou en 2009 die beste van jul lewe wees.

    Mooi dag vir jou.

  19. Dankie, Zee – wonderlike, sagte mens – vir jou wense ook aan ons – dubbel terug vir julle!

  20. Geseënde Kersfees vir julle Zee. Gelukkig hou ons so bietjie vroeër as julle Kersfees, so ons vier sommer dit ons tyd en julle tyd. Alles wat mooi is en God’s rykste seën vir julle.

  21. Zee, Geseënde Kersfees vir jou en jou familie. Hoop julle het n wonderlike dag saam met God. Dankie vir die boodskap op my blog.

  22. Zee, Geseënde Christusfees aan jou en jou familie.

  23. Zee, het aan jou gedink in ‘Game’ gister. Mooiste Betty Boob sak by die luggage afdeling. Hy het jou naam opgehad. Dink jy kort so een!

  24. Ek wens jou en jou gesin ‘n gesëende Kersfees en wonderlike en voorspoedige Nuwe Jaar toe. Mag al jou drome waar word en mag jy oorlaai word met liefde, vrede en geluk!

  25. Zeekerasie – ‘n wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en jou mense. Ek wens julle vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

  26. Olalalalala – Ek is mal oor jou skoen! Was dit ook ‘n Kersgeskenk??? 😆

  27. Voorjarige nuwespoed!

    Ek wens julle ‘n fab 2009 toe, gevul met alles wat mooi, lekker en vol goeie herinneringe is.

    Geniet die silly-brations

    *hugz*

  28. Hello Vriendin

    Voorspoedige Nuwejaar vir jou en al jou geliefdes. A3 ook vir jou ‘n baie mooi jaar vorentoe!!!! 🙂
    x x

  29. Gelukkige Nuwe Jaar vir jou en almal en ‘n lekker drukkie vir Zeethan! Sien jou vooooolgende jaar weer!🙂

  30. Pingback: Zeethan, mag jy vir ewig swerf!! « Zee Se Scribbles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s