Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Skype stalker…

20 Kommentaar

Ek skrik my boeglam toe my Skype foon lui net na 10 uur.  Ek bekyk die naam so en wonder by myself…  ken ek nou die persoon want daar is mos nie baie wat weet ek is op Skype nie.  Die volgende kry ek n popup…..

Hier volg die gesprek.

[10:21:43 PM] Alladin says: hi
[10:26:17 PM] Zee says: “baai”
[10:26:45 PM] Alladin says: I just say hi
[10:27:36 PM] Zee says: sorry dont know u.baai
[10:28:03 PM] Alladin says: that is what skype is all about
[10:28:13 PM] Zee says: not for me sorry
[10:28:40 PM] Alladin says: my name is alladin I am 50 years old from Egypt
[10:29:04 PM] Zee says: o ok, my name is Sue and i am 80 years old from iceland
[10:29:25 PM] Alladin says: nice to meet u sue
[10:30:19 PM] Alladin says: do u know why I am trying to chat with u
[10:30:35 PM] Alladin says: u have a wizdum in ur profile
[10:31:45 PM] Alladin says: only few appreciat the real friends
[10:34:23 PM] Zee says: what do u mean i have a wizdum in my profile
[10:36:24 PM] Alladin says: people come and go in ur life ……..
[10:36:38 PM] Zee says: a ok i see
[10:37:21 PM] Alladin says: will only ppl with good heart can see that
[10:37:32 PM] Zee says: mmm
[10:38:37 PM] Alladin says: I mean ,can have a footprint
[10:39:48 PM] Alladin says: r u busy, that is fine with me if u r, I will stop
[10:40:02 PM] Zee says: sorry i am quite busy
[10:40:10 PM] Zee says: and i dont really like to talk to strangers
[10:40:16 PM] Alladin says: ok, I am sorry too
[10:41:09 PM] Alladin says:  I will not be a stranger if u keep talking to me
[10:41:27 PM] Alladin says: and that is what skype is all about
[10:41:46 PM] Zee says: thanks but no thanx bye

Ek kon aflei dat hy van my “People come and go in ur life but only true friends leave footprints in ur heart” gepraat het wat op my profiel is.

Ek het dadelik gaan navors hoe kon ‘n wild vreemde persoon my Skype…

Hoekom?

Want my settings was nie reg nie.  Dit was die vinnigste wat ek nog ooit ‘n verstelling gaan doen het.

Lag maar saam met my🙂

Alladin is nou op my blocked list… 😆

zee-signature2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

20 thoughts on “Skype stalker…

  1. /me lag nog steeds 🙂 🙂

  2. Bossie, jy moenie lag nie, maar ek het van jou idee gehou om hom te vra oor sy finansiële status, net jammer ek het hom klaar geblok😆

  3. 😀 😀 😀

  4. Zee ek het ook so stel afgetrap maar hoe kan ek nou se, ermmmmm die dames van die nag is die wat geduurig op my skype deur kom, die wat wil he jy moet op hulle sites gaan en betaal om te sien hoe hulle strip. Tsk hulle het beslis die verkeerde ou probeer. Ek betaal nie vir iets wat ons Vader verniet gegee het nie, plus ek kyk verniet na my pragtige vrou. Toe ook nou maar die settings gaan verander, die rede hoekom ek my skype “oop” gehad het vir almal om my te skype is om “verlore” vriende of familie op te spoor. Nou het nie die verlore siele my op gespoor, nee wat nie vir my nie dankie.

  5. Bwahahaha – skuus Zee – bwahahaha😆

    Jy moes hom gevra het of jy sy lampie kan opvryf Bwahahaha!

  6. ek dink ek wil net met digters blogvriende wweees ek het vas besluit steve is ‘n digter en hy moet vry bly

  7. Dit was nogal snaaks! Maar eintlik ook scary…

  8. Nee genade, ek betjorts myself!!!! Ek dink jy het dit goed hanteer… Ek sou beslis nie so ordentlik gewees het nie!!! Maar ai, dis funny…. ‘I will not be a stranger if u keep talking to me’! Hy het jou probeer opchat!!! 😯 😆 😆 😆

  9. Dalk as hy ‘n magic carpet gehad het… 😆

  10. Hie-hie – snork – hoes – proes – whahahaha!

  11. 😆😆😆
    Ek dink nou dit is ook skreeusnaaks, maar glo vir my, op die oomblik het ek nie geweet wat ek moes doen of sê nie.

    En nou sien ek tot die Skypeme is aan…

    /me maak nota aan haarself… As jy ‘n nuwe program kry lees eers die “alles” voordat jy dit begin gebruik!!!

  12. Whahahaha! Aai, die Alladin darem. Hy sê Hi en jy sê baai, maar hy gaan nog aan? WTF?

  13. Skerp Zee. Ek meen Sue.😆

  14. lol, ek het nie geweet tannie oor 80 skype nie!

  15. Hi Zee,
    Ek het dadelik my “skype privacy settings” gaan regstel!!
    Ons kleinkind is gebore! Ons is so trots! Het vir jou epos gestuur!
    Lekka dag!

  16. Carolina, dankie jou kleinkind is te pragtig, geen wonder sy oupa swel so van die trots nie!!! Geniet jou kleine mannetjie….

  17. Gelukkig is jou settings nou reg en jy kan weer veilig voel🙂

  18. Het Alladin nie ‘n lampie wat jy kon gevryf het virre wish nie???
    Who knows… Egipte nogal…. jy’s dalk ‘n paar kamele werd, Zzz’tjie!!:mrgreen:

  19. wow ek is eintlik verbaas hoeveel mense gebruik skype… Zee my blok lys is n myl lank…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s