Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Die teorie van duisend albasters / R.I.P. Purdygirl…

30 Kommentaar

Gister doen ek hierdie stukkie oor hoeveel albasters jy nog oor het tot ongeveer die ouderdom 75 jaar.  Min het ek geweet dat die uurglas 13/11/2008 vir Purdygirl sou uitloop.  Ons het haar gisteraand vet toe gevat en ons moes die moeilike besluit maak om haar uit te sit.  Purdygirl was 11 jaar oud en as ek dit in mense terme moet sit was sy nou 77 jaar oud.

PurdygIrl……   R.I.P. my liefste hondjie…..  Ons gaan jou baie mis…..

Ek kry hierdie epos van moeder A3 af.

Ek het gaan soek op die www en die oorspronklike skakel hier gevind

More julle,

Hier is die mooiste en waarste storietjie wat ek vanoggend per epos van my stiefseun in Ficksburg ontvang het. Die storie doen al ‘n geruime tyd die rondte in die Vrystaat en ek hoop dat dit vir ons seniors hier ook iets sal beteken:

marbles

DIE TEORIE VAN DUISEND ALBASTERS

“Hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek Saterdagoggende. Miskien is dit die stil alleenheid wat daarmee kom om eerste op te staan, of miskien die uitbundige vreugde om nie werk toe te gaan nie.  Hoe dit ookal sy, die eerste paar ure op ‘n Saterdagoggend is die lekkerste.

“‘n Paar weke gelede was ek op pad na die motorhuis met ‘n stomende koppie koffie in die een hand en die oggendkoerant in die ander hand.  Wat as ‘n tipiese Saterdag begin het sou draai in een van daardie lesse wat die lewe van tyd tot tyd vir ‘n mens gee.  Laat ek vir jou hiervan vertel.

“Ek is ‘n radioamateur en het my ontvangstoestel ingeskakel op die telefoniese band om na die Saterdagoggend gesprekke te luister.  Met die luister na die gesprekke kom ek af op ‘n man wat ouerig klink, met ‘n sterk sein en ‘n goue stem.  Jy weet ‘n stem wat klink of hy in die uitsaaiwese hoort.  Hy was besig om te vertel, wie ookal wou luister van ‘n ding met ‘n duisend albasters.  Ek was skielik geinteresseerd en besluit om te luister na  wat hy te sê het.

“‘Wel Tom, dit klink sekerlik dat jy baie besig is in jou werk.  Ek is seker dat hulle jou goed betaal, maar dit is hartseer dat jy soveel weg is van die huis en jou gesin.  Dit is moeilik om te glo dat ‘n jong man sestig tot sewentig uur ‘n week moet werk om deur te kom.  Dit is hartseer dat jy jou dogter se dansopvoering gemis het.  Maar laat ek jou iets vertel wat my gehelp het om my prioriteite reg te hou.”

“Dit is toe wat die man sy teorie van ‘n duisend albasters verduidlik.

“Jy sien, ek het eendag gesit en ‘n bietjie somme gemaak.  Die gemiddelde persoon leef 75 jaar. Ek weet, sommige leef meer en sommige minder, maar gemiddeld, leef mense ongeveer 75 jaar.  “Wat ek toe doen is om 75 te vermenigvuldig met 52 en ek het die getal 3900 gekry – dit is die aantal Saterdae wat die gemiddelde mens in sy hele leeftyd het.

Hou nou net ‘n bietjie uit Tom, ek kom nou by die belangrike deel.  Ek het eers op die ouderdom van 55 jaar begin dink aan hierdie detail, en by daardie tyd het ek reeds deur meer as 2800 Saterdae geleef.  Ek het nog ongeveer ‘n duisend Saterdae oor om te geniet.

So het ek na die speelgoedwinkel gegaan en al die albasters in die winkel gekoop.  Uiteindelik moes ek by nog twee speelgoedwinkels ingaan om by ‘n 1000 albasters uit te kom. Ek het die albasters huis toe geneem en hulle in ‘n groot, helder deursigtige plastiese fles geplaas – alles hier in my stoorkamer langs al my goed.

“Van daardie dag af het ek elke Saterdagoggend een albaster uitgehaal en weggegooi. Ek het agtergekom soos ek die albasters sien minder raak, ek al meer gefokus het op die regtige belangrike dinge in die lewe.

“Daar is niks soos om te sien hoe jou tyd op die aarde besig is om uit te hardloop, om jou te help om jou prioriteite reg te kry nie.

“Wel, laat ek jou vertel voordat ek van die lug afgaan om my lieflike vrou vir ete uit te neem. Vanoggend het ek die laaste albaster uit die fles gehaal. Ek reken indien ek dit volgende Saterdag maak, is ek ‘n klein bietjie ekstra tyd gegun. En die een ding wat ons almal kan gebruik is ‘n klein bietjie ekstra tyd.

“Dit was lekker om met jou te kon gesels, Tom, ek hoop jy spandeer meer tyd met jou gesin, en ek hoop ons ontmoet weer hier op die lug.  Dit is ‘n 75-jarige ou man, K9NZQ wat groet, oor en uit.”

“Jy kon ‘n speld op die lug hoor val toe die man van die lug afgaan. Ek reken hy het vir ons almal iets gegee om oor na te dink.  Ekself het beplan om die oggend te werk aan die antenna van my radio, en daarna was ek van plan om met ‘n paar van die ander radioamateurs saam te werk aan ons klub se nuusbrief.

“Ek het egter – instede daarvan om dit te doen – die trappe opgeklim na ons slaapkamer en my vrou met ‘n soen wakker gemaak.  ‘Komaan my vroutjie, ek neem vir jou en die kinders vir ontbyt. Sy het regop gesit met ‘n glimlag:  ‘Wat het gemaak om dit mee te bring?’  Ek het na haar gekyk en gedink hoe gelukkig ek is.  ‘Ag wat, niks besonders nie, dit is slegs ‘n lang tyd gelede dat ons ‘n Saterdagoggend saam met mekaar en met die kinders spandeer het.  En terwyl ons nou uitgaan, kan ons stop by die speelgoedwinkel?  Ek het nodig om albasters te koop.'”

Nouja, ek is nou ook oppad na ‘n speelgoedwinkel om 416 albasters te koop en in ‘n glasbottel te bere.

Maak mens dink ne!!!!!!!

Groete,

A3

Hoeveel albasters het jy nodig om te gaan koop?  Ek het 1507 nodig!

zee-signature2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

30 thoughts on “Die teorie van duisend albasters / R.I.P. Purdygirl…

  1. Dis baie waar Zee! Ek het 2392 albasters nodig – en is bitter bly dat ek nog so baie het!

  2. Dit laat mens dink, j, Zee. Ek het ongeveer 2028 albasters nodig… dankie vir hierdie inskrywing.

  3. AWESOME!!! Dankie!!

  4. Puik!
    Laat mens dink!

    Ek sal maar so 5000 gaan aanskaf…;)

  5. Oulike storie.

    Ai, hier gaat die geheim van my ouderdom ook… hehe : 1589

  6. Sjoe, ek is nie goed met wiskunde nie, so ek gaan nie eers try nie. Dis ‘n baie mooi verhaal, ek dink net ek sal nie wil sien hoe my dae/lewe minder word nie.

  7. 2236 oor vir my. Ek is gelukkig nog nie oor die halfpad merk nie!

  8. 2490. Maar ek beplan om 133 te word. Dit gee amper so 5500 albasters.

  9. mmm ok dan is daar nog 2080 albasters wat gaan baas kry

  10. wow 2912 vir my ek dink! Baie mooi storie Zee. dankie!

  11. 2467. Die klink nie na vreeslik baie nie!

    Laat jy my nou dink Zee!

  12. Ons twee het dieselfde albasters nodig Zee, Ek beter vinnig hierdie rekenaar afsit en gaan lewe:mrgreen:

  13. Pingback: Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin’s Klasak

  14. Zee, ek is so jammer oor Purdy … ek dink aan jou!

  15. Jammer oor julle Purdy woef. Maar, ek moet saam Bottertjie stem. Glo ook nie ek wil sien hoe my albaster flessie leeg raak nie. Ons het kragonderbreking gehad hier gisteraand. My meisiekind sê so ewe, dis aaklig om so in die donker te moet sit, en jy kan nie gaan slaap nie, want dis te vroeg… en dan moet jy nog luister na die getik tik tik van die horlosie en luister hoe jou lewe verby tik 😮

  16. Sorry oor jou se Purdy-‘baba’, skat!😦

  17. Jammer oor Purdy, Zee. 😦

  18. Siestog, jammer oor Purdy. Dit is hartseer.

  19. Jammer om te hoor van Purdy!!

    Mooi stuk oor die albaster, laat mens beslis bietjie dink!! Ek het 2184 albasters nodig!!

  20. Ai jammer om te hoor oor Purdy. Die goedjies is nes kinners in die huis. Laat my dink aan die dag toe ek oor my “kind” gery het. Het 60km ver gejaag om haar by die vet te kry, R3000,00 later en 4 dae in die hospitaal seg die vet daar is niks fout met haar nie. Wel ek sal dit weer betaal as dit moet. Sterkte ((((Zee))))

  21. jammer om te hoor…:(

  22. Ai, jammer oor jou woefie😦

  23. Baie jammer oor Purdy girl (((Zee)))

  24. Geniet jou dag, jammer oor Purdy girl.

  25. Jammer oor die woef, hulle is soos kinders.
    Ek het so 2236 albasters nodig. Dalk moet mens die albasters aanskaf, vir jou ouers, vriende, man/vrou, sonder hul medewete, en hulle dalk meer waardeer??

  26. nee man ek was nog besig om te tik, wat het nou gebeur??????

    Ja seblief gaan support die kind, hoe meer cd’s hy verkoop kan kry hoe meer geld kan hy verdien!!!

  27. So jammer oor ou Purdie…

  28. Skuus oor Purdie, Zee, dis maar seer jong.😦

    Die storie oor die albasters is regtig besonders. Ek moet 1924 gaan koop.

  29. Eish, sterkte met die verlies:/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s