Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Sick to my stomach!!!

11 Kommentaar

Sons of Anarchy – Nuwe reeks op Mnet Dinsdag aande. 

Featuring a cast that meshes young up-and-comers with some of Hollywood’s finest older talent, Sons of Anarchy manages to successfully provide a balance of dark comedy, adrenalized drama and action. Focusing on the notorious outlaw motorcycle club called Sons of Anarchy, the show has garnered exceptional Nielson ratings in the US, ranking ‘Number One in its Time Period Among Men 18-34 Versus All Cable and Broadcast Networks.’

The Sons of Anarchy are intent on protecting their town from drug dealers, corporate developers and corrupt law officers. They are also equally determined to protect their thriving illegal arms business.

Newcomer Charlie Hunnam stars as Jax Teller, a man who is torn between his love for the brotherhood that the club provides, and his growing trepidation for its lawlessness. Old favourites Katey Sagal and Ron Perlman star as his mum and stepfather, both who have their own darker vision for the club.

Ek lê so op die bed saam met Zeethan terwyl hy lekker doedoes en begin kyk na hierdie nuwe reeks.  Vroeg in die storie sien ek hierdie hoogs swanger vrou wat redelik deurmekaar lyk.  Die volgende oomblik bring sy ‘n naald te voorskyn en sy soek ‘n aar.  Sy kry uiteindelik ‘n aar in haar hand waar sy haarself “spike” met heroin.  

Later vind haar eks skoonma haar op die vloer in die sitkamer waar jy net bloed sien om haar.  Sy word hospitaal toe gejaag en die baba word omtrent 10 weke te vroeg gebore.  Hy is nie heeltemal normaal nie.  Ek dink hy was met ‘n hart defek en nog iets anders verkeerd gebore.  Later in die storie lyn gee die eks skoonma vir haar ‘n inspuiting met heroin in en sê sy weet wat om te doen.  Hulle kry haar waar die skuim uit haar mond borrel en nou ja, dis die einde van die kleinding se ma. 

Ironies is dat die vader van die kleinding hulle dorp probeer beskerm teen dwelm handelaars….

En die cherry op die koek was toe Weeds net daarna!

Hoekom vertel ek die storie….

Omdat ek “sick to my stomach” was gisteraand.  Ek het Zeethan se moeder voor my oë gesien.  Dit was asof ek haar gesien “spike” het met hom nog in haar liggaam.  Ek het weer Zeethan se hel voor my sien afspeel. 

Ek het hom opgetel en styf teen my vasgehou en die Here gedank dat hy ongedeerd daarvan afgekom het.

Die laaste twee weke as ek by verkeersligte verby ry en ek sien bedelaars op die straathoeke staan word ek naar.  Elke liewe keer.  Dit vat my terug in tyd.  Dit laat my dink aan hoe die kinders gelewe het.  Dan dink ek by myself…. Dit is hoe die kinders vir maande lank gelewe het.  Ek ry verby ‘n sekere plek naby ons huis en ek sien die oop stuk veld.  Dis daar waar hulle onder karton geslaap het party aande.  (Dit het ek eers nou die dag uitgevind). En dan raak ek weer naar.

Hoekom word ek so naar as ek hierdie gebeure herleef….    Ek wil partykeer stop en my motordeur oopmaak en opgooi. 

Ek kan nie verstaan hoekom ek NOU so voel nie…

zee-signature2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

11 thoughts on “Sick to my stomach!!!

  1. Zee ~ ek kan net dink hoe moeilik dit moet wees. Is so bly Zeethan het nog ‘n kans gekry en dat sy ouers se verkeerde besluite hom nie hoef te beïnvloed meer nie.

  2. Ek dink dit is absoluut normaal om so te voel Zee. Partykeer voel mens eers die effekte van stres, lank na die stresfaktor verwyder is.

  3. Dalk bietjie laat skok wat nou intree.

    Ja, Zee, as jy so praat, dan dink ek M is tog op die beste plek.

    BTW, ek land Vrydagaand 8 uur. Seker bietjie laat vir ‘n kuiertjie?

  4. Skok sou ek ook se. Walging. Vrees vir wat kon wees. En dank die liewe Vader nie is nie. Zeethan was gelukkig – en is gelukkig om jou vir ‘n ouma te hê.

  5. Gits Zee, dit wat met julle gebeur het was nie net ‘n klein ervaring nie. Dit was ‘n skrikwekkende, onaangename ervaring wat ontwrigtend is. Alles wat seker en veilig was is van jou ontneem. Alhoewel Zee genadiglik ongedeerd daarvan afgekom het en die kinders tans veilig is, dink ek die realiteit van wat kón gebeur het, dalk met hierdie program se verlammende waarheid weer bevestig is óf dalk jou nou eers wérklik tref.

    Ek stem saam met Eilandkind en Boendoe, post-troumatiese stres kan op enige tydstip ontwikkel. Dis heeltemal normaal. Maar ek dink tog dit sal nie kwaad doen as jy met iemand gaan praat wat weet van hierdie soort van ding nie. En hierdeur wil ek glad nie van jou ‘n pasiënt maak nie. Ek is die eerste een wat sê moenie van iemand ‘n pasiënt maak wat nog nie een is nie, maar post-troumatiese stres gaan nie altyd vanself weg nie.

    Sterkte.

  6. Alhoewel Zeethan… (skies)

  7. Zee al wat ek kan se is sterkte, hier is so baie al gese so ek kan niks byvoeg nie, net dat julle in ons gebede is

  8. Zee: Op die oomblik is daar so geval van ‘n kleuter wat dood is in Engeland. Die ding is dat hy in haaglike toestande geleef het, en tog het die welsyn besluit dit is nie nodig vir pleegsorg nege dae voor sy dood. As enkel persoon grief dit my verskriklik dat regerings en mense sulke dinge toe laat. My ouers het al vier klein kinders groot gemaak vir groot gedeelte van hul lewe. Vandag is ouma en oupa alles in hulle lewe. Hulle spandeer meer tyd by my ouers as by hul eie. Dit is nie altyd maklik nie, maar jou kleinkind weet waar hy veilig voel en sal dit nooit vergeet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s